http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Wilma Adamson boeklys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Wilma Adamson se lys van boeke sluit in:

  1. Luitenant Sonja - Wilma Adamson se eerste liefdesverhaal,
  2. Konstabel van Harte - boek / liefdesverhaal deur Wilma Adamson
  3. Motorfietsrabbedoe - boek / liefdesverhaal deur Wilma Adamson
  4. Dr Samantha se geheim - boek / liefdesverhaal deur Wilma Adamson
  5. Die Duiwel het Blou Oë - boek / liefdesverhaal deur Wilma Adamson
  6. Nooit is 'n baie lang tyd - boek / liefdesverhaal deur Wilma Adamson
  7. Pa se Sonde. My laaste boek - boek / liefdesverhaal deur Wilma Adamson
  8. Dr Samantha se Geheim - boek / liefdesverhaal deur Wilma Adamson wat in 2000 verskyn het

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
gebruik die “SEARCH” funksie

WILMA ADAMSON konstabel van harte

Konstabel van Harte
Boek / liefdesroman deur Wilma Adamson

Adéle de Wet, ’n mediese dokter, sluit by die polisiemag aan as ’n konstabel en word na Kroondal se polisiestasie uitgeplaas. Op Kroondal ontmoet sy vir Dawid Basson. Dit is liefde met die eerste oogopslag, maat net voordat die troudatum vasgestel word, ontstaan daar ’n misverstand tussen Adéle en Dawid wat groot probleme tot gevolg het.

Om sake te vererger, word Adéle se kamerdeur ’n ongeďdentifiseerde persoon gestroop en word sy deur ’n bende dwelmsmokkelaars ontvoer.

Gaan Adéle onstsnap? Hoe? Sal omstandighede dit ooit toelaat dat Adéle en Dawid die misverstand tussen hulle uit die weg ruim?

Met Konstabel van harte skep Wilma Adamson ’n liefdesverhaal vol spannende avonture wat lesers sal boei tot en met die laaste bladsy.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
gebruik die “SEARCH” funksie

 

WILMA ADAMSON luitenant sonja

Luitenant Sonja
Boek / liefdesroman deur Wilma Adamson

Luitenant Sonja Erlank se koms na Kromdraai as stasiebevelvoerder van die plaaslike polisiestasie veroorsaak ’n opskuddinkie. Hoe moes die personeel van die polisiestasie nou raai dat luitenant V.S. Erlank eintlik ’n vrou is? Die Kromdraaiers – of liewer, amper al die inwoners van Kromdraai – aanvaar Sonja egter gou as een van hulle.

Net soos wat Sonja in die Kromdraaiers se harte kruip, kruip hulle ook in haar hart – veral ’n sekere aantreklike inwoner van Kromdraai, kaptein De Wet Groenewald… Maar sodra sy begin dink dat De Wet méér as net ’n kollega in haar sien, duik die misverstande die een na die ander op en dryf hulle verder uitmekaar.

Intussen wy Sonja haar volle aandag aan die verbetering van die plaaslike skietklub. Hoe gaan sy daarin slaag om ’n nuwe gebou en moderne skietbaan te laat oprig sonder dat die inwoners van Kromdraai agterkom dat sy die dogter van die miljoenęr, Steyn Erlank, is? En indien hierdie feit wel uitlek, sal De Wet nog in haar as vrou belang stel of sal haar geld eerder die trekpleister wees?

Lees hierdie boeiende eerstelingroman van Wilma Adamson en deel in die lief en leed van luitenant Sonja en die ander mense wat elkeen ’n rol speel in hierdie menslike drama.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
gebruik die “SEARCH” funksie

 

WILMA ADAMSON motorfietsrabbedoe

Motorfietsrabbedoe
Boek / liefdesroman deur Wilma Adamson

Die verkrampte diktator van ’n kaptein Brian Newton jaag Kelly Andrews aan die eerste dag af die harnas in. Op háár beurt is sy vir hom, én die dorpie Doringkrans, ’n algehele verskrikking: sy ry met leerklere op ’n veldmotorfiets, durf dit om met ’n kortbroek en T-hemp in die tuin te werk, swem soos ’n wafferse Isebel in ’n bikini – en waag dit wraggies om ’n bier in die dameskroeg te gaan drink!

Kokaďensmokkelary, ’n ongewenste tienerswangerskap, wilddiefstalle en ’n verdagte plaasbestuurder gooi hulle egter saam in situasies wat álmal laat besef: om iemand op sy (leer)baadjie te takseer, is nié mooi nie.

Motorfietsrabbedoe, deur die beminde Wilma Adamson, is ’n pittige, pikante lekkerleesverhaal wat ’n mens onomwonde daaraan herinner dat jy iemand nooit raak volgens sy uiterlike kan oordeel nie.

 

Lees ‘n kort biografie van Wilma Adamson - kliek hier

 

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
gebruik die “SEARCH” funksie

 

 

Lees ook H.S. van Blerk se boek oor 2 polisiehonde
(Roman en Robyn)

Lees ook boeke deur Helene de Kock

Lees ook boeke deur Nickey van Schalkwyk