Die Wikus en Werner-reeks is geskryf deur E.B. Victor. Boeke in die reeks is:
- Avontuur in die vreemde - Perskor, 1991.
- Die spookvrou van Makumba.- Perskor, 1991.
- Die geheim van die skedel.- Perskor, 1991.
- Die raaisel van die bobbejaanklou.- Perskor,1991.
- Die wolfman van Driekoppen.- Perskor, 1991.
- Die wraak van die Nyaminyami.- Perskor, 1991

Boeke kan by ons aanlynwinkel www.lizmarboeke.co.za bestel word

Avontuur in die vreemde - EB Victor Boek een in die Wikus en Werner reeks
Turkye toe! Wikus en Werner se argeoloog-pa het eindelik ingestem om hulle saam te neem op ‘n sending. Oom Hein het hulle mos ook genooi. Waarom hy skielik nie meer gretig is om hulle daar toe te laat nie, is vir die twee ‘n raaisel.
Daardie hartlike ontvangs op die lughawe van Istanbul, die toer deur die stad met sy andersoortige geboue en die beeldskone Cesme verwar hulle verder.
Oom Hein steek ‘n radiosender weg. Hy ontmoet snorman in die geheim. Dokter Oksuz en Dubbelken tree soos skurke op. Wie is Ali Baba, die tapythandelaar? Almal het iets met mekaar in gemeen. Maar wat? Skuil die oplossing van die probleem in die nou straatjies van Istanbul of onder die antieke stad Efese?
Die spookvrou van Makumba is die tweede boek in die Wikus en Werner-reeks. Die boek belowe om net so spannend soos die Avontuur in die vreemde te wees.

Boeke kan by ons aanlynwinkel www.lizmarboeke.co.za bestel word

Die spookvrou van Makumba - EB Victor Boek twee in die Wikus en Werner reeks
Dit is weer vakansie en Wikus en Werner se oom Roelf en sy vrou Getruida nooi hulle en hul maats om op die plaas in Namibië te kom kuier. Daar dwaal glo deesdae ‘n spookvrou rond en die seuns sal hulle nie verveel nie.
Op Makumba begin die poppe sommer reg van die begin af dans. Hulle sien die spookvrou en hulle loop hulle vas in ‘n bende wilddiewe... of is dit werklik wilddiewe?
Hierdie tweede boek in die reeks van Wikus en Werner-reeks beloof om net so vol avontuur en spannend te wees soos die vorige boeke.

Die wraak van die Nyaminyami - EB Victor Boek ses in die Wikus en Werner reeks
‘n Uitnodiging om die Julie vakansies Zimbabwe toe te gaan, is byna te goed om waar te wees! Wikus en Werner het ook nie rekening gehou met Morsig se eksentrieke tant Gertruida wat die seekoeie sommer met die handsambok bydam nie!
By die Victoria-waterval dans die poppe met die intrapslag. Die goue beeld van die totemgod, Nyaminyami, het verdwyn en die oorlogstromme van die inboorlinge, Batonka, roep tot vergelding.
Waarop sluip die huishulp Ziggy snags buite rond? Bestaan daar ‘n verband tussen die ivoorsmokkelaars en die verdwyning van die totembeeld?
Hierdie sesde boek in die reeks van Wikus en Werner-reeks beloof om net so vol avontuur en spannend te wees soos die vorige boeke.
Lees ook H.S. van Blerk se Joof en sy maats reeks

Boeke kan by ons aanlynwinkel www.lizmarboeke.co.za bestel word
Boeke kan by ons aanlynwinkel www.lizmarboeke.co.za bestel word

|