http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php W O Kuhne

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

W.O. Kühne ( 1924 - 1988) is veral bekend vir sy Huppelkind-reeks.

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • Die nagvlieërs (1957)
  • Die indringers (1958)
  • Huppelkind (1958)
  • Huppel maak 'n plan (1958)
  • Kassie Krog in die knyp (1960)
  • Wip-Huppel-Wip (1959)
  • Vrolike Huppelkind (1959
  • Huppel by die water (1960)
  • Huppel verjaar (1960)
  • Die mededingers (1962)
  • Die kring van Keerom (1962)
  • Piet-'n-Jan (1975)
  • Hoera vir Klaas Jas! (1975)
  • My prentepoetseboek (1976)
  • ie wonderbaarlike motor van Barnabas Bombas (1981)
  • Die waterskeiding (1981)
  • Pot, graaf en houtvurk (1983)
  • Pip in Otterland (moontlik 1983)
  • Eendag was daar 'n witborskraai: 'n fantasieverhaal (1985)
  • Goue fluit my storie is uit: verhale, verse en raaisels vir kinders (1988)

 

Huppelkind-boekies / Huppelkindreeks

  1. Huppelkind (1958)
  2. Huppel maak 'n plan (1958),
  3. Wip-Huppel-Wip (1959),
  4. Vrolike Huppelkind (1959),
  5. Huppel by die water (1960) en
  6. Huppel verjaar (1960) wat almal by Tafelberg verskyn het.

wip huppel wip - wo kuhne

Wip-Huppel-Wip - deel van die huppelkind reeks

 

koop 'n boek 4

 

Die verhale word in versamelbundels opgeneem in 1976 (Vrolike Huppelkind), 1982 (Huppel en sy maats, herdruk in 1988), en in 1995 in 'n tweede hersiende uitgawe. Kühne was die eerste ontvanger van die C.P. Hoogenhout-toekenning vir Huppel verjaar. Dorothy Hill, sy vrou, het al die publikasies geïllustreer, behalwe die 1995-uitgawe met illustrasies van Alida Bothma.

Hoera vir Klaas Jas! (1975), Piet-'n-Jan (1975), Die wonderbaarlike motor van Barnabas Bombas (1981), Pot, graaf en houtvurk (1983) en Pip in Otterland (moontlik 1983) en Eendag was daar 'n witborskraai: 'n fantasieverhaal (1985) is ook op die jonger kind toegespits. In 1960 publiseer Kühne sy eerste jeugboek, Kassie Krog in die knyp.

Die kring van Keerom (1962) was medewenner saam met Die goue protea van Mikro van die eerste prys in die wedstryd vir jeugverhale wat die Nasionale Boekhandel in 1961 uitgeskryf het om die verskyning van die eerste Afrikaanse boek in 1861 te herdenk. Dit het twee uitgawes en twaalf herdrukke beleef.

Huppel en symaats- Afrikaanse kinderboek kuhne

Huppel en sy maats, geskryf deur W.O. Kuhne met illustrasies deur Alida Bothma en nie (soos gewoontlik) deur sy vrou, Dorothy Hill, nie

 
Die reeks :

  • Die nagvlieërs ,
  • Die indringers en
  • Die mededingers is ligte avontuurverhale.

In Goue fluit my storie is uit: verhale, verse en raaisels vir kinders (1988) waarvan Linda Rode die samesteller was, publiseer W.O. Kühne ook 'n hervertelling van die Icarus-verhaal onder die titel Die jong man wat te hoog wou vlieg.

Daar is ook een van sy verhale, “Hoe’t ons ou Koos Crous se hawerland sommer in ‘n japtrap omgeploeë het”, is opgeneem in Vertellers- Die groot Afrikaanse verhaalboek.

vertellers afrikaanse verhaalboek kortverhale

 

koop 'n boek 4

Kühne het ook 'n aantal kleuterboeke vertaal of oorvertel, soos Die flukse kabouters van Keulen (1969), My prentepoetseboek (1976) met verse en manupileerbare prente, en vier boekies in die reeks Bybelstories vir die kleinspan, naamlik Die geboorte van Jesus, Moses in die mandjie, Dawid en Goliat en Die kindertyd van Jesus, almal uit 1982.
 

wip-huppel wip huppelkind reeks kinderboeke w.O. Kuhne

Wip-huppel wip - Huppelkind reeks kinderboeke geskryf deur W.O. Kuhne

koop 'n boek 4