http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php W.O. Kuhne biografie

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

W.O. Kühne


Wilhelm Otto Kühne is in 1924 gebore in die distrik Graaf-Reinet. Na vier jaar in die onderwys tree hy toe tot die redaksies van Die Burger, onder andere as seiljagverslaggewer, Die Huisgenoot en Sarie Marais. Hy skryf sy ‘n paar kinderverhale wat in Die Klein Burger verskyn, terwyl hy nog onderwyser was. In 1960 redigeer hy 'n tydlank Die Jongspan en maak ook self enkele bydraes. In 1951 trou hy met die bekende kinderboekillustreerder,Dorothy Margaret Hill. Sy het ook die meeste van sy boeke geïllustreer.

W.O. Kühne is by uitstek bekend vir sy ses Huppelkind-boekies: Huppelkind (1958), Huppel maak 'n plan (1958), Wip-Huppel-Wip (1959), Vrolike Huppelkind (1959), Huppel by die water (1960) en Huppel verjaar (1960) wat almal by Tafelberg verskyn het. Die verhale word in versamelbundels opgeneem in 1976 (Vrolike Huppelkind), 1982 (Huppel en sy maats, herdruk in 1988), en in 1995 in 'n tweede hersiende uitgawe. Kühne was die eerste ontvanger van die C.P. Hoogenhout-toekenning vir Huppel verjaar. Dorothy Hill, sy vrou, het al die publikasies geïllustreer, behalwe die 1995-uitgawe met illustrasies van Alida Bothma.