http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Verna Vels

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Verna Vels

Verna Barbara Robertson Vels is in Reitz in die Vrystaat gebore. Sy voltooi haar laer- asook haar horskoolopleiding op haar geboorte dorp. Hierna skryf sy haar in 1952 in by die Universiteit van Pretoria vir n BA-graad. Sy behaal haar graad met drie hoofvakke: Afrikaans-Nederlands, Engels en Kunsgeskiedenis. In 1954 begin sy by die SAUK in Durban werk as omroeper, en vir die res van haar professionele loopbaan sou sy nou betrokke wees by die radio- en televisiewese.

In 1963 verhuis sy na Johannesburg waar sy tot in 1974 as programaankondiger by die SAUK werk. In 1968 werk sy vir die buitelandse diens van Radio Suid-Afrika in Hilversum, Nederland. Met die koms van televisie na Suid-Afrika in die middel van die sewentigerjare, maak Verna n loopbaanskuif van radio na televisie. Sy was aanvanklik as regisseur aangestel en met haar aftrede in 1993 was sy die vrou met die hoogste uitvoerende posisie by die Suid-Afrikaanse televisiediens.

In beide haar radio- en televisieloopbaan het Verna groot sukses behaal: as radio-aanbieder was sy verantwoordelik vir verskeie baie gewilde programme, onder andere Afrikaanse vroueprogramme, programme oor kuns, en natuurlik haar programme vir kinders en die jeug. Sy was nou betrokke by die beplanning van TV-programme voor die instelling van die Afrikaanse diens en het die kinder- en joernaalprogramme begin.

Verna het baie vir die radio geskryf, en het reeds reg aan die begin van haar radioloopbaan genteresseerd geraak om vir di medium te skryf. In die vyftigerjare was daar n groot behoefte aan materiaal en met haar dramas en reekse het sy in di behoefte voorsien. Sy was egter veral gefassineer deur die kinderprogramme en het gou gevind dat sy n talent het om vir di luisteraars te skryf. Dit is hierdie skryfwerk wat tot die ontstaan van een van die bekendste en gewildste karakters in die Afrikaanse kinderliteratuur verantwoordelik was, naamlik Liewe Heksie.Ten spyte van al haar sukses en verskeie hoogtepunte in haar loopbaan, beskou Verna self Liewe Heksie as haar grootste sukses. Hierdie verhale wat aanvanklik vir die radio geskryf is was so gewild en is later gepubliseer asook op langspeelplaat en kasset vasgel was. Steeds was die gewildheid van so aard dat dit vir televisie verwerk, op video uitgereik is en CD vasgel was bied dit vermaak reeds vir drie geslagte Afrikaanse kinders. Sy meen die sukses is toe te skryf aan die feit dat kinders met die karakter kan identifiseer. Vir haarself is dit veral Liewe Heksie se onbewuste en eksentrieke humor wat uitstaan.

Verna se stokperdjies is lees, reis, musiek, teater, films, kookkuns en wyn. Die liefste is sy egter vir reis. Sy het uitgebreid in Europa, Rusland, die VSA, Kanada en Egipte gereis en hierdie reise het n diepgaande invloed op haar werk gehad. Die vertoning van Der Rosenkavalier, wat die inspirasie vir Liewe Heksie was, het sy byvoorbeeld in Salzburg gesien. Die Nederlandse tulpe en die Alpe se viooltjies het ook al neerslag gevind in Liewe Heksie se omgewing. Verna vertel dat die idee van Liewe Heksie begin het toe sy die Walt Disney film van Sneeuwitjie met die bangmaakheks gesien het.

Haar siening oor die toekoms van die Afrikaanse kinderboeke, is dat sy geen vrees vir die verdwyning van Afrikaans het nie, maar dat sy wel vrees dat die koste van die publikasie van kinderboeke so hoog word. Dit kan te weeg bring dat uitgewers eerder buitelandse boeke sal laat vertaal as om oorspronklike Afrikaanse kinderboeke uit te gee. Sy s verder dat sy besef dat rekenaars vandag deel van kinders se lewens is en dat sy n voorstander daarvan is dat kinders rekenaarvaardig moet wees, maar sy is tog bang dat kinders ontmoedig kan word om te lees as hulle toegelaat word om alle tyd op rekenaarspeletjies te spandeer.

Baie jare later het sy gedink dat dit dalk pret sal wees om oor n klein heksie te skryf wat n bietjie dom en vergeetagtig is. Die omgewing waarin sy woon, n blommeland met n silwer roos as kosbaarste besitting, is genspireer deur Richard Strausss se opera, Der Rosenkavalier. Die Liewe Heksie-boeke, wat elk uit meestal 6 stories bestaan, is nie vooraf beplan of uitgedink nie. Die stories begin gewoonlik met n kiem van n idee en ontwikkel spontaan vandaar. Slegs as die stories op n natuurlike manier ontwikkel, werk dit vir haar. Verna bevestig dat sy van fantasie, en die vryheid wat dit bied, hou, maar soos die Liewe Heksie-boeke duidelik aantoon, is sy egter ook deeglik bewus van die dissipline wat fantasie opl en die logika daarvan.

Kinders hou nie van oop-einde verhale nie, s sy. Om hierdie rede probeer sy altyd dat daar n sterk begin, middel en einde in haar verhale is. Wanneer daar n stryd tussen goed en kwaad is, sorg sy, dat die goeie altyd in haar werk oorwin. Wanneer daar onregverdigheid in n kinderboek is, moet dit opgelos word, en wanneer daar n boodskap of n les is, moet dit nie as n les of n preek ervaar word nie.

Daar is, aan die ander kant, n groot potensiaal in die ontwikkeling van belangstelling in kinderboeke, spesifiek onder kinders in onderontwikkelde gebiede wie voorheen min toegang tot boeke gehad het. Sy voel sterk daaroor dat dit nie nodig is om net Suid-Afrikaanse onderwerpe aan sulke kinders te bied nie. Daar is n ryk wreld van kinderliteratuur om te ontdek

Pryse en Toekennings sluit in : Die Artes Toekenning van die destydse SAUK is in 1993 aan haar toegeken vir haar bydrae tot die uitsaaiwese terwyl die FAK haar vereer het vir haar bevordering van die uitvoerende kunste in die uitsaaiwese. Wat die kinderliteratuur betref, het die ATKV Dames haar in 1990 vereer vir haar bevordering van kinderliteratuur terwyl die ATKV-oorkonde in 2001 aan haar oorhandig is as erkenning van die buitengewone bydrae wat sy op nasionale vlak gemaak het ter uitbouing van die Afrikaanse kinderlektuur in die besonder. Haar Liewe Heksie-boeke het verskeie pryse verower: n toekenning van die Federasie van Rapportryerskorpse in 1985, n Goue medalje van Dames Aktueel in 1993 en die Tienie Holloway Medalje vir Kleuterlektuur in 2000. Sy wen ook die CP Hoogenhouttoekenning vir Afrikaanse Kinderliteratuur (1998-1999) vir Liewe Heksie en die rekenaar en ander stories.

Verna gee gereeld lesings by leeskringe, boekfeeste en by die ATKV Skryfskool. Sy is steeds in Johannesburg woonagtig.

Boeke: sien reekse

.