http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Vera Wolmarans

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Vera Wolmarans is in die oorlogsjare op Christiana gebore. Sy het haar skoolopleiding op bothaville voltooi en is ‘n paar jaar later getroud. Sy het drie kinders - twee seuns en ‘n dogter - en is ook die trotse ouma van ‘n paar kleinkinders. Vera is versot op rolprente. Gedurende die eerste nege jaar van haar lewe het haar ouers reg langs die bioskoopsaaltjie gewoon en sy het elke rolprentvertonig bygewoon. Sy besoek die teater gereeld, swem graag en is lief vir die buitelewe.

Oor haar skryftalent s sy: “ Sedert my kinderjare het ek graag stories uitgedink en het tallle van my gediggies en verhaaltjies in die skool se jaarblaaie verskyn. Ek het ook boekpryse asook geldpryse vir my skryfwerk gekry. Na my troue was my lewe egter so vol dat ek my skrywery agterwe gelaat het. Noudat my kinders volwasse is, het ek weer tyd om my aandag op my skryfwerk toe te spits en ek vind nou dat die dae te min ure het om alles gedoen te kry.”

Byna op vyftig jarige ouderdom is haar droom verwesenlik en haar eerste manuskrip aanvaar. Nou na meer as sestien jaar het die boeke aangegroei tot meer as vyftig. Sy woon deesdae op Parys - ‘n rustig lewe. Kliek hier vir ‘n lys van haar boeke

verawolmarans biografie

 

Kliek hier vir ‘n lys van haar boeke