http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Tryna du Toit omnibusse

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Tryna du Toit omnibusse sluit in:

 

TRYNA DU TOIT Omnibus 1

Tryna du Toit - Omnibus 1
Die Bolander-trilogie

 Boeke vervat in die trilogie / omnibus is:

  • Die bolander - deur Tryna du Toit
  • Wag-’n-bietjie - deur Tryna du Toit
  • Eendekuil - deur Tryna du Toit

Vir die eerste keer in tien jaar is Tryna du Toit se gewilde romans weer beskikbaar in ‘n nuwe uitgawe. Die Bolander-trilogie was een van die gunstelinge uit die pen van ‘n skrywer wat steeds geliefd is onder Afrikaanse lesers. Hoewel elk van die drie romans ‘n spannende vollengteroman uit eie reg is, vorm dit ‘n geheel wanneer dit saam gelees word.
 Dit is die verhaal van die mense van Saailaagte, ‘n dorpie in die hartjie van die Karoo. Die nuwe skoolhoof is ‘n selfversekerde jong Bolander met deurborende grys oŽ. Annie verstaan net nie waarom hy haar so onverskillig behandel nie... Dan is daar Magriet, die stadsmeisie wat ‘n gerieflikheidshuwelik met die jong boer Barry moet aangaan. En Kosie kry rusie met sy buurman op die plaas Eendekuil, waarna hy moet uitvind die buurman se mooi dogter wil niks meer met hom te doen hÍ nie.
 

 

trynadutoitomni2

Tryna du Toit - Omnibus 2


 Boeke vervat in die omnibus is:

  • Groen koring - deur Tryna du Toit
  • Die goue gerf - deur Tryna du Toit
      • Groen koring
        Meegevoer deur hulle jong liefde gee Debbie en Paul hulself oor aan hulle hartstog en verwoes so amper hulle jong lewens
      • Die goue gerf - hier vind Ryk Malan vir Elizabeth Bornman onweerstaanbaar.

 

 

TRYNA DU TOIT Omnibus 3

Tryna du Toit - Omnibus 3

Boeke vervat in die omnibus vervat is:

  • Die nuwe dokter - deur Tryna du Toit
  • As jy my nodig het - deur Tryna du Toit
  • Die lied in die bos - deur Tryna du Toit

In Die nuwe dokter besluit dr. Hugo Slabbert uit die staanspoor dat geen vrou ’n dokter se skoene kan volstaan nie. Hy bly afsydig en bruusk teenoor dr. Karin de Wet, al wys sy gou dat sy meer as net bekwaam is. En tog is daar tekens dat sy houding ’n masker is waaragter hy sy werklike gevoelens wegsteek. Lees meer

In As jy my nodig het, moet Louise nog altyd in haar pragtige stiefsuster, Monica, sÍ skadu leef. Monica is die een wat Buks Veldman vra om sy lewe op sy Bosveldplaas te deel. Sal Louise haat liefde en geluk ook aan Monica moet afstaan?

In Die lied in die bos is Christine Faure se lewe weer op dreef. Sy is ’n suksesvolle modeontwerper en sy en die aantreklike joernalis, Marius Grovť, is besig om mekaar beter te leer ken. Dan keer haar eks-man uit die buiteland terug.

 

TRYNA DU TOIT Omnibus 4

Tryna du Toit - Omnibus 4

Boeke vervat in die omnibus vervat is:

  • Towerwater - deur Tryna du Toit
  • Die vennootskap - deur Tryna du Toit
  • Wolwehoek - deur Tryna du Toit

Towerwater: Die skryfster Ria de Wet vind haarself onwelkom op Towerwater. Die eienaar, Paul Theron, leef soos ’n kluisenaar sedert die dood van sy vrou en kind en sy’s suster Mona is verbitterd en agterdogtig na jare van siekte en lyding.

Die vennootskap: Dr. Martin Burger gaan ’n vreemde sakeooreenkoms met Marie aan. Sy moet met hom trou en as huishoudster en ma vir sy dogtertjie Rykie optree vir ses maande. Indien sy daarna nie kans sien om in alle opsigte sy vrou te word nie, staan dit haar vry om te gaan. Lees meer

Wolwehoek: Charlotte Verster erf ’n familieplaas met sekere voorwaardes daaraan verbonde. Sy moet self op Wolwehoek boer en Adriaan Visser, haar Oupa se aangenome seun, moet as haar voog optree tot sy vyf-en-twintig is.

 

TRYNA DU TOIT Omnibus 5

Tryna du Toit - Omnibus 5

Boeke vervat in die omnibus vervat is:

  • Huis van die Purperwinde - deur Tryna du Toit
  • Hermina se bedrog - deur Tryna du Toit
  • Verdwaalde liefde - deur Tryna du Toit

Huis van die Purperwinde: Fleur Boshoff word op sewe-en-twintig haar aangenome pa se enigste erfgenaam en hoof van die familiebesigheid. Die res van die familie is glad nie gelukkig nie en Fleur twyfel oor die egtheid van die aantreklike Sias se belangstelling in haar.

Hermina se bedrog: Hermina en Elaine besluit om identiteite om te ruil toe Elaine hoor sy is die erfgenaam van ’n familieplaas. Sodoende kan die koelkop Hermina die impulsiewe Elaine help om die regte besluite te maak. Is Elaine se onbekende neef Jan Kriel se belangstelling in sy “niggie” eg? lees meer

Verdwaalde liefde: Naomi vrees die terugkeer van haar man, Andrew, na die oorlog. Sy het intussen verlief geraak op Eben Jooste, haar vriend en steunpilaar tydens haar man se afwesigheid.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

 

Hardeband Omnibusse deur Tryna du Toit:

 

 

koop 'n boek 4

 

TrynaduToit Omnibus 4 die vierdetrynadutoitomnibus

Voorblad van Tryna du Toit se vierde omnibus

  • Die vierde Tryna du Toit-omnibus
    • Hermina se bedrog - deur Tryna du Toit
    • Ou liefde - deur Tryna du Toit
    • Verdwaalde liefde - deur Tryna du Toit
    • ‘n ReŽndag in April - deur Tryna du Toit

 

      • In ‘n ReŽndag in April skryf Tryna du Toit dat Johan van Heerden drie jaar gelede vir Rosa voor ‘n keuse gestel het: of hulle trou, of dis vir altyd verby tussen hulle twee. Rosa het gekies, en verloor. Kan sy nog Johan se liefde terugwen? Johan is immers verloof aan die beeldskone Anita, terwyl Sakkie du Plooy geduldig op Rosa wag. Maar Rosa het nog een troefkaart....

 

koop 'n boek 4

Bo

koop 'n boek 4

 

trynadutoitomni6

Voorblad van Tryna du Toit se sesde omnibus

  • Die sesde Tryna du Toit-omnibus
    • Donkerpoort - deur Tryna du Toit
    • Die wit ringmuur - deur Tryna du Toit

koop 'n boek 4

Bo

TrynaduToit-die sewende trynadutoit omnibus

Voorblad van Tryna du Toit se sewende omnibus

  • Die sewende Tryna du Toit-omnibus
    • Rooi malvas
    • Die erfgenaam van La Provance
      • Na ‘n lang gevaarlike seereis kom Matilda Jourdan en haar sestienjarige broer, Pierre, in Februarie 1752 met ‘n seilskip in Tafelbaai aan. Sy koester groot verwagtings, maar hoe moes sy weet dat die brief wat sy uit Europa aangestuur het haar onbekende oom Jacques nooit bereik het nie; dat die hooghartige jong man wat al die heel eerste dag tot haar redding kom, haar oom se stiefseun is; dat haar enigste kennis in die Kaap, Eugene Leendert, nie te vertrou is nie.... Lees meer
      • Met die romantiese lewe aan die ou-Kaap as agtergrond en die intrige en spanning om elke draai, is Die erfgenaam van La Provance ‘n boek wat end-uit boei. Lees nog ou-Kaapse verhale, kliek hier

Lees ook verhale uit die ou-Kaapse era - kliek hier

koop 'n boek 4

Bo

  • Tryna du Toit Omnibus 8
    • Op vlerke van die wind - deur Tryna du Toit
    • Agter die berge - deur Tryna du Toit

Tryna du Toit Omnibus 9

Voorblad van Tryna du Toit se negende omnibus

Dwaalspore : Sommer uit die staanspoor is Chrissie en Mike haaks. “jy is die onaangenaamste en vermetelste man wat ek nog teŽgekom het,” snou sy hom toe en besluit om lig te loop vir hom - veral as sy vermoed dat hy en sy eertydse verloofde nog verlief is op mekaar. Die spanning bou op tot ‘n dramatiese einde en bewys weer : min skrywers kan die lief en leed van ‘n liefdesverhaal so boeiend uitbeeld as Tryna du Toit

Sy erfenis : Dit is die roerende verhaal van Elizabeth Verster en haar familie wat afspeel tydens die Tweede WÍreldoorlog. Wanneer haar jong eggenoot sneuwel wil sy haar seuntjie die erfenis laat kry wat hom toekom, maar sy loop haar vas in agterdog en vooroordeel wat geweldige eise aan haar stel.

koop 'n boek 4

Bo

Tryna du Toit Omnibus 10

Voorblad van Tryna du Toit se tiende omnibus

Minnaar uit die vreemde : Aletta Vosloo moet met haar twee susters, Susan en Betsie, die plaas Tiervlei behartig. Die mede-erfgenaam, dr. Frans Naudť, is in Amerika en hy wil nie terugkom of ‘n beslissing gee oor die verkoop van die plaas nie, ten spyte van baie aanloklike aanbiedinge. Skuil daar vreemde motiewe agter die hoŽ aanbiedinge? (lees meer)

Aletta moet van die voorman ontslae raak, maar dit lyk of die nuwe voorman, Jim Muller, die bestuur oor die plaas wil oorneem. Intussen is die dorpsprokureur, Gawie Pretorius, smoorverlief op Aletta.

Laat somer: Agt jaar na haar egskeiding trek Elizabeth Meyer terug na die stad om ‘n nuwe lewe as lektrise te begin. Saam met haar gaan die familie: haar seun, Buks, haar mooi, maar koppige stiefsuster Esmť, die trotse ouma Louw , Elsa en ou Katy. Min het hulle geweet wat in die stad op hulle wag met onder andere snobistiese bure en ‘n lastige snydokter-buurman.

Elizabeth se vorige man verskyn op die toneel om haar verder om te krap. Sy moet ‘n duur prys betaal vir haar gemoedsrus, maar dan vind sy ook die geluk wat sy nie gedink het meer vir haar beskore is nie. (lees meer)

Bo

Bo

TrynaduToit Omnibus 12

  • Tryna du Toit Omnibus 12
    • Net soos ‘n arend - deur Tryna du Toit
    • Die glashennetjie - deur Tryna du Toit

Net soos ‘n arend - Die verhouding tussen die intelligente, stralende Amy de Waal en die wÍreldwyse, selfversekerde joernalis Adam Foster begin op ‘n hoŽ noot en hulle lyk vir almal na ‘n paartjie wat vir mekaar gemaak is. Maar as Amy agterkom dat sy Adam se baba verwag, kom daar ‘n krisis in hul verhouding wat oŽnskynlik te veel wysheid van die twee jong mense verg.

Die glashennetjie - Amanda Louw, die lewenslustige dogter van Johan en Amy Louw, se huwelik ‘n vyf en twintig jaar tevore het ‘n skandaal op Bloemendal veroorsaak en bloedfamilie in verbittering van mekaar geskei.  Nou kom Amanda terug na haar dorp om vrede in die familie te maak, maar hoe kan sy vermoed watter moeilike taak dit sou wees en in watter nuwe emosionele tweespalt dit haar sou dompel?

 

TRYNADUTOIT-gouegunstelinge

 

 

 

Bo

koop 'n boek 4

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181