http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Tryna du Toit biografie

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Catherina Charlotte Kotzenberg (skuilnaan van Tryna du Toit) is op 13 Januarie 1910 in De Aar, Noord Kaap (Karoo), gebore en het in 1930 'n onderwysdiploma aan die Wellingtonse Opleidingskollege verwerf, waar sy ook onderwys tot 1932 gegee het. In 1932 is sy getroud met Wilbert Kotzenberg wat in die Staatsdiens werksaam was. Hulle het sedertdien in Pretoria gewoon tot met haar afsterwe. Sy het eers begin skryf toe sy reeds 30 jaar oud was en het eers haar boeke begin publiseer toe aldrie haar kinder alreeds volgroeid was.

Sy vertel dat benewens skryf, haar ander stokperdjies die volgende insluit : tennis, die toneel en ‘n kleinkinders.

Catherina Charlotte Kotzenberg, wat onder haar nooiensvan Tryna du Toit, in 45 haar meer as veertig romans en 12 Omnibusse, gepubliseer. Die boeke “Wag ’n bietjie”, “Die erfgenaam van La Provence” and “Donkerpoort” was verskeie kere herdruk as gevolg van hul gewildheid.

By haar roudiens 22 Oktober 2005 het haar seun dr. Gustav Kotzenberg van Hermanus, haar enigste oorlewende kind die volgende woorde gesÍ "As daar ooit 'n engel sonder vlerke was, dan was dit Tryna du Toit." van die 95-jarige romanskrywer

Ten tye van haar afsterwe 16 Oktober 2005, het sy meer as veertig romans in 45 jaar gepubliseer, het, Sy is Sondag,16 Oktober 2005 in die Fleurenville-aftreeoord in Arcadia, Pretoria, oorlede. Haar seun sÍ sy ma was die afgelope jaar baie siek en semi-komaties nadat sy een van haar bene weens gangreen verloor het. Na hul huwelik het hulle na Pretoria verhuis.

Sy het ook twee kinders aan die dood afgestaan nnamlik Anna (de Beer) en Wilhelm.

Tryna du Toit was reeds dertig jaar oud toe sy begin skryf het. Sy het op 81 in 'n onderhoud oor haar lewe vol liefdesverhale gesÍ: "Ek dink nie ek was so danig romanties in die sin van drome oor galante jong mans en skone vroue nie. Maar ek kan mos my verbeelding laat werk. Ek kan mos skryf. En toe het ek probeer."

Maar sy hou nie van 'n "mooi" man nie. "Hy moet karakter en charisma hÍ."

Tryna du Toit onthou graag ‘n persoonlike gunsteling, Wag 'n Bietjie asook Eendekuil, Donkerpoort, Die Erfgenaam van La Provence, Die Bolander en veral Groen Koring.

Groen Koring het gehandel oor 'n gewaagde onderwerp destyds: 'n agttienjarige meisie wat swanger geraak en haar kind laat aanneem het. Diť gewilde boek is verfilm onder die titel Debbie, maar toe terstond deur die destydse strenge sensors verbied omdat dit "te gewaag" was. NŠ 'n groot polemiek is dit tog toegelaat, met 'n ouderdomsperk van 21 jaar. Haar seun onthou die afgelope week dat selfs nie eens die aktrise in die hoofrol, die agttienjarige heldin, na die prent kon gaan kyk nie - omdat sy te jonk was. Oor diť episode het Du Toit en haar kinders later gelag. "Dit was glo te gevaarlik om iets van buite-egtelikheid op film te sien. Vandag is dit flou teen wat alles verfilm word."

Du Toit was altyd beskeie oor die gewildheid van haar meer as veertig romans en twaalf omnibusse wat sedert die vroeŽ jare veertig gepubliseer is. Veral later toe Suid-Afrika 'n televisiediens gekry het, het sy 'n slag opgemerk:"Dit verbaas my dat mense in die dae van televisie nog boekies soos myne koop" . En ook het sy gesť: "Ek wonder self hoe daar 'n vraag na hulle (haar boeke) kan wees in hierdie tyd van geweld en seks." Maar sy het vermoed dat baie mense ontvlugting of 'n bietjie vermaak soek in "eenvoudige liefdesverhale", om vir 'n wyle te ontsnap aan hul lot van elke dag, aan hul vaal lewe miskien.

Die gewilde Britse skryfster van die liefdesverhaal, Barbara Cartland, het oor haar karakters gesÍ: die held is vlekkeloos en die heldin 'n maagd. Tryna du Toit se heldinne was dikwels naÔef, maar defnitief nie altyd maagdelik rein nie. "Vandag se jong mense word nie so onskuldig groot soos my geslag nie," het sy hieroor gesÍ.

Hoewel sy haar sterk uitgespreek het teen pornografie, het Tryna du Toit die insig gehad dat kwessies van seksualiteit niks nuuts is nie, mmar ook deel is van vandag se lewe. Owerspel, byvoorbeeld, kom al eeue met die mensdom saam.

Oor moderne Afrikaanse boeke wou sy haar nooit uitlaat nie. Van sommige het sy gehou, ander "het ek nie so goed verstaan nie". Maar sy het geglo dat elke skrywer sy eie gehoor en sy eie storie kies - en soos die ou gesegde sÍ : as jy in 'n glashuis woon, gooi jy nie klippe nie. Die "eenvoudige Boeremeisie", wat ook 'n potjie brug geniet het, het baie hartseer gehad, maar vir 'n wonderlike, vol lewe het sy tipies net een woord vir haar eie grafskrif gehad: “Dankbaarheid. “

 

koop 'n boek 4

 

Klik hier vir ‘n lys van Tryna du Toit se boeke

 

koop 'n boek 4

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


http://jv.news24.com//Rapport/Tydskrif/0,,752-806_1821581,00.html

22/10/2005