http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Toek Blignaut

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Toek Blignaut (kliek hier om meer te lees van die skryfster) het in haar 84 lewensjare altesame 82 boeke geskryf. ‘n Lys van haar liefdesverhale, kinderverhale en ander boeke sluit in:

  1. Af met jou masker Kavalier (Toek Blignaut)
  2. Agter die groen deur (Toek Blignaut)
  3. Blinkwater se geheim, 1978 - (Toek Blignaut) (‘n kinderverhaal)
  4. Boodskap uit die stormnag
  5. Die donker kavalier, 1972 (Toek Blignaut) (ou Kaapse verhaal)
  6. Die erfgenaam(Toek Blignaut)
  7. Die klok slaan 13 , 1980 - (Toek Blignaut) (‘n kinderverhaal)
  8. Die wind is haar metgesel (Toek Blignaut)
  9. Dik Dawid skrik groot
  10. Donker op Nebo
  11. Donker skadu's oor Rheinheim, 1999/ 1963 (Toek Blignaut)
  12. Dwaalpad van die hart (Toek Blignaut)
  13. Eduardie se erfenis
  14. Eiland in die son
  15. Geen genade op Kleinbegin, 1975 (Toek Blignaut)
  16. Geen wyn vir die goeweneur
  17. Geheim van La Mouette, 1973 (Toek Blignaut)
  18. Gewels van gister, 1974 (Toek Blignaut)
  19. Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep
  20. In hierdie silwerkruik, 1973 (Toek Blignaut)
  21. Jagluiperd van die see,1974 (Toek Blignaut) - (ou Kaapse verhaal)
  22. Jy, Prins van verre,1978 (Toek Blignaut)
  23. Lig jou sluier, Jesebel, 1976 / 2002
  24. Luister wie daar fluister, (Toek Blignaut)
  25. Merk van die silwersabel, 1972 (Toek Blignaut) - (ou Kaapse verhaal)
  26. 'n Bruidegom vir Marjolein
  27. ‘n Sussie vir Sindie, 1979 (‘n kinderverhaal)
  28. 'n Tyd om lief te h
  29. Nag van die nuwemaan, (Toek Blignaut)
  30. Nag van die uile, 1974 (Toek Blignaut)
  31. Nagkoets na nrens, 1973
  32. Omdat jy myne is
  33. Onmin in Eden, 1992
  34. Oupatjie Knipmes
  35. Pad na geluk
  36. Pad na Monomotapa, 1990 (Toek Blignaut) - (ou Kaapse verhaal)
  37. Pad na Samarkand, 1980 (Toek Blignaut)
  38. Prinses van die volmaan
  39. Rosita -(Toek Blignaut(ou Kaapse verhaal)
  40. Rosita met die swart rapier, 1979 - (Toek Blignaut(ou Kaapse verhaal)
  41. Sewe goue kandelare
  42. Simfornie van die see, (Toe@8@/li>
  43. Sindie se nuwe speelmaat, 1978 (‘n kinderverhaal)
  44. Sindie van die sirkus (‘n kinderverhaal)
  45. Soos wind deur populiere
  46. Stem van die steenuil, 1962 / 1983 (Toek Blignaut)
  47. Tussen bladsy twaalf en dertien (Toek Blignaut)
  48. Tweedrag op Eendracht
  49. Tzigane (Toek Blignaut)
  50. Uit hierdie donker nag, 1975 (Toek Blignaut)
  51. Ver anderkant verlange
  52. Vrou, dwaasheid is onrustig, 1963
  53. Waar die nimmerland eindig, 1983 (Toek Blignaut)
  54. Wanneer die Koriki weer sing - (Toek Blignaut)

 

koop 'n boek 4

 

Toek Blignout - Stem van die steenuil

Stem van die steenuil
geskryf deur Toek Blignaut

‘n Gerieflikheidshuwelik. Dit is waarin die beroemde Johannesburgse sjirurg en gesogte vrygesel, Bernard van Druten, hom begewe. Maar dit pas hom uitstekend want dit los vir hom talle probleme op: Sindie, sy negejarige dogter, het nou weer ‘n jong ma en speelmaat. Terselfdertyd ontduik hy die onvermydelike verpligting om uit dankbaarheid met Ellen, sy oorlede vrou se niggie wat Sindie as‘t ware grootgemaak het, in die huwelik te tree soos sy van hom verwag.

Vir Minette, sy jong Frans-Belgiese bruid wat letterlik per ongeluk in sy lewe gekom het, bied dit ook ‘n uitkoms. Sy het weer ‘n sorg in die lewe en sy kan die stof van die Belgiese Kongo van haar afskud.

Maar die soort huwelik skep self probleme wat eie daaraan is. Wanneer twee mense trou vir die gerief daarvan en albei hou hulle by die ooreenkoms, gaan dit goed. Maar wanneer die liefde sy kop uitsteek by een van die partye, dan vetskyn die kinkels in die kabel. En dit gebeur met Minette. Sy kom tot die besef dat sy haar man liefhet al behandel hy haar soos ‘n kind. Sy besef sy sal moet veg om die liefde van haar man te wen en behou.

Dit is egter moeilik want sy kom te staan teen die antagonistiese Ellen wat Bernard se volle vertroue geniet. Dan is daar ook Sindie wat haar nie goedgesind is nie en daar is veral die donker skadu van Marilese, Sindie se ma, wat steeds oor Ibilanhlolo hang.

Die tasbare kan sy nog aanpak, maar die geheimsinnigheid wat Marilese se dood omsluier, laat Minette byna magteloos. Veral toe sy die sluier probeer lig en allerhande eienaardige dinge begin gebeur... en veral toe Jaco Rossouw, ooglopend ‘n vorige minnaar van Marilese, ook op die toneel verskyn om sake nog verder om te krap.

Stem van die Steenuil is ‘n heerlike emosie belaaide verhaal vol intriges wat hom afspeel in die jare van die ‘ou’ Afrika, vertel soos net Toek Blignaut dit kan doen.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Toek Blignaut-Simfornie van die see

Simfornie van die see
geskryf deur Toek Blignaut

Dis ‘n sonnige somerdag toe Melanie Greyling - deftige stadsnooi en geharde sakevrou - op die ingewing van die oomblik uit die teerpad langs die Kaapse kus die stofpad na Duintjiesbaai kies. En hoewel dit lente is, is dit winter in Melanie se hart.

Martin Lorimer, die man wat sy liefhet, is blykbaar onherroepelik buite haar bereik, maar sy en Martin sien nie kans om ‘n einde aan hulle verhouding te maak nie.

Melanie maak op Duintjiesbaai vir die eerste keer in haar lewe kennis met die soort mens wat net gee en nie vra nie. Mensliewendheid soos hierdie ken sy nie, en sy weet ook nie hoe om daarop te reageer nie. So leer sy vir Bert Eygelaar ook ken - die groot, blonde man van die see wat min tyd vir menslike swakhede het, maar tog ook oneindige deernis vir sy medemens in sy hart omdra.

Soos ‘n vlokkie skuim op die lewensee word Melanie deur omstandighede tussen die twee mans rondgeslinger - Martin van die land, donker, aantreklik en wreldwys, hr soort man. Sal dit hy wees, of Bert van die see - blond, breedgeskouer, maar ‘n vreemdeling wat in ‘n ander soort wreld leef?

Die leser sal hierdie diep menslike verhaal van die gewilde Toek Blignaut geniet en saam met Melanie trane stort oor haar hopelose liefde, maar op die ou end ook weer in haar vreugde deel - want in elke roosknop skuil daar ‘n volmaakte roos.

 

Toek Blignaut-Luiperdvandie see kaapse seerower verhaal

Luiperd van die see
ou Kaapse verhaal deur Toek Blignaut

Hoe voel ‘n adelmeisie wanneer sy in ‘n wit slawehandel beland en sy besef sy sal moet toelaat dat sy as bruid verkoop word aan die man wat die hoogste aanbod maak?

Dit is die folterende situasie waarin Madrilene Delacroix haar bevind nadat sy voor die gepeupel uit moes vlug tydens die Franse Rewolusie. Sy beland in die hande van Le Gepard, die Jagluiperd van die See, ‘n gewetenlose seerowerkaptein wat haar uiterlik geen leed aandoen nie maar haar tog so verneder en kwets dat sy horn hartstogtelik haat. Maar het iemand nie ges die grens tussen liefde en haat is baie onseker nie?

 Boonop is daar ook twee ander mans wat Madrilene se verwarring groter maak: Francois Croutier, die Fransman wat haar aanvanklik wou vermoor en later tog in ‘n tweegeveg baklei om haar eer; en Auguste du Bois, ‘n ryk Kaapse boer wat bereid is om baie geld vir haar te betaal.

Toek Blignaut weet hoe om ‘n verhaal so te knoop dat die leser netjies daarin vasgetrek word, en hierdie boeiende vertelling uit die dae toe die Kaap nog jonk was (lees ook ander Kaapse verhale) , gaan vir haar sommer baie nuwe bewonderaars wen.

Lees van ander seerowerverhale van Gerrie Radlof asook seerower verhale van Kobus Snyman (Seeheks reeks)

 

 

Toek Blignaut-Die donker kavalier

Die donker kavalier - geskryf deur Toek Blignaut
(ou Kaapse verhaal)

Antoinette Cordier het die deur van die koophuis wat aan haar oorledee ouers behoort het, vir die laaste keer agter haar toegetrek en na die Herberg van die Swart Haan gegaan om by haar pleegouers te gaan woon, soos haar oorlede moeder haar gevra het om te doen. Sy het gehoop dat die herberg in die ware sin van die woord vir haar ‘n tuiste kon wees, maar reeds in die koets op pad daarheen, het ‘n vreemde man haar teen die herberg gewaarsku.

Dit was die begin van die vreemde gebeure en belewenisse wat daar op haar gewag het. Die lewe het ewe skielik vir haar opwindend geword; veral nadat sy vir Marcel ontmoet en op hom verlief geraak het, maar Marcel het iemand anders bemin.

By die herberg het daar snags geheimsinnige dinge gebeur, en die vraag het ontstaan of die berugte, romantiese Donker Kavalier iets daarmee te doen gehad het.


Hierdie romantiese oud-Kaapse verhaal, sal groot byval by die leser vind.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Toek Blignaut-Geheim van La Mouette

Geheim van La Mouette
deur Toek Blignaut

Coralie de Cartenet ontvang ‘n telefoonoproep waarin ‘n man aan haar s dat nie sy of haar ma geregtig is op hul titels van markiesin of op hulle eiendom en geld nie. Hy beskik glo oor bewyse dat hul die afstammelinge van ‘n diensmeisie is en dreig om dit openbaar te maak as sy hom nie R10 00 gee nie.

Coralie wil nie haar baie waardige verloofde om hulp nader nie, en sy wil haar ma ook niks van die oproep vertel nie. Sy gaan spreek Karst Laubscher, wat die artikel geskryf het waarin hul herkoms in twyfel getrek word en vra die raad van Don Westmore, ‘n beroepsduiker, in verband met die rnoontlikheid dat die kissie waarin die bewyse opgesluit sal l, by die wrak van die La Mouette uitgeduik kan word.

By die wrak speel daar heelwat dramas af en word meer as een probleem opgelos, maar wie die afperser was, sal niemand voor dIe einde van hierdie spannende verhaal kan raai nie. Almal sal lekker lees aan hierdie spannende liefdesverhaal van die bekende Toek Blignaut.

 

(kliek hier om meer te lees van die skryfster)

 

Toek Blignaut-Geen genade op Kleinbegin

Geen genade op Kleinbegin -
boek geskryf deur Toek Blignaut

Werner pluk die stoel wat die negentienjarige Melissa besig was om te skrop met een hand nader en met die ander vat hy haar stewig aan die arm vas. Met een swaai het hy haar oor sy skoot getrek. . . Dis asof sy eers mooi besef wat gaande is toe by haar hard en vinnig met die plathand oor haar sitvlak begin kasty.

Die klinknaelbroek span so styf dat elke hou soos vuur brand en sy gil en skop en krap teen sy bene. ,,Soek jy nog slae, meisiekind?” vra hy en hou die skoppende, spartelende meisie met albei hande van hom af weg.

Werner het Melissa oor sy skoot getrek omdat sy ‘n emmer vuil water oor sy kop omgekeer het. Sy was kwaad vir hom want sy het gedink by was ‘n aaklige buffel. Werner en sy ma het haar en haar ma en haar onnutsige twee boeties hier na Klein- begin toe laat kom en hier sit hulle nou sonder geld in hierdie onmoontlike ou huis en daar is paddas in die drinkwater, opslaggroente, wegloophoenders, ‘n stoof wat rook, aalmoeskruideniersware en ‘n klomp lendelam meubels op die solder tussen die spinnekoppe.

Tog het die aaklige buffel wat haar sitvlak so warm geslaan het haar hart vinniger laat klop. Toe het Norah Fisher haar uit jaloesie iets van Werner vertel wat haar diep seergemaak en verneder het en sy wou vlug. Maar as ‘n meisie ‘n man liefhet, kan sy nie meer vlug nie en Werner het ges : ,,Ek het jou baie innig lief, my rooikoppie....

Geen Genade op Kleinbegin is ‘n tere liefdesverhaal uit die pen van die gewilde skryfster, Toek Blignaut.

 

Lees ook liefdesverhale deur Lize Swart

 

koop 'n boek 4

Bo

Toek Blignaut-Rosita

Rosita- boek geskryf deur Toek Blignaut
Hierdie romantiese oud-Kaapse verhaal, sal groot byval by die leser vind.

Rosita Cavaleros is die onbeheerbare dogter van die weduwee Janna van Andel en haar eerste man, die Spaanse stiervegter Fernando Cavaleros. Sy is ‘n pragtige, trotse rooikop en doen presies wat sy wil. Haar elegante, vooraanstaande moeder het moed opgegee om haar soos ‘n Kaapse dame aan die end van die sewentiende eeu te Iaat optree, en ten einde raad het die goewerneur besluit dat sy moet trou en vir haar ‘n bruidegom ult Holland Iaat kom.

Toe Rosita hoor dat die skip waarop haar voorgestelde bruidegom is, gestrand het, loop sy weg soontoe om te gaan kyk hoe hy lyk. Sy kry egter met die kaptein van die skip te doen, en vind gou uit dat sy nie oral haar sin kan kry nie. In hierdie geval help selfs haar behendigheid met haar swart rapier haar min.

 

Toek Blignaut-Rosita met die swart rapier

Rosita met die swart rapier
- boek geskryf deur Toek Blignaut
Hierdie romantiese oud-Kaapse verhaal, sal groot byval by die leser vind.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Toek Blignaut-Tussen bladsy twaalf en dertien

Tussen bladsy twaalf en dertien 
boek geskryf deur Toek Blignaut

Elsa het ‘n bedreiging aangevoel, ‘n bedreiging wat al hoe meer toegeneem het hoe dieper hulle Johannesburg binnegery het. En Johan se woorde: ,,Ek het geen vriende of kennisse in Johannesburg nie, en as iemand dink hy herken my, maak hy ‘n fout,” het haar met ‘n skok laat besef dat sy niks van haar man se verlede weet nie.

 Waarom was hy bang dat mense hom in Johannesburg sou herken?

Haar vrees vir haar man se verlede het toegeneem toe hy later heeltemal verseg het om haar saans uit te neem of om ‘n vriendekring in Johannesburg op te bou. Toe was sy daarvan seker dat daar iets in Johan se verlede was, iets onaangenaams, iets wat by nie aan haar durf vertel nie. Sy het geweet dat, indien sy die steeds wyerwordende kloof tussen hulle wou oorbrug, sy die geheim van sy verlede sou moes opklaar.

Toe sy ‘n stukkie papier vind waarop hy geskryf het: ,,Tussen bladsy twaalf en dertien,” het sy instinkmatig geweet dat dit die sleutel tot die oplossing van haar probleem sou wees. Maar in watter boek moes sy gaan soek?

Hierdie is ‘n spannende liefdesverhaal wat nie neergesit kan word voordat die slothoofstuk gelees is nie.

 

Toek Blignaut-Nag van die nuwemaan

Nag van die nuwemaan
boek geskryf deur Toek Blignaut

Andrea se tweelingsuster Adele moet deur omstandighede as pasgebore baba aan ryk Amerikaanse pleegouers afgestaan word. Na ongeveer twintigjaar ontmoet die susters mekaar vir die eerste maal weer. Almal by die kliniek waar Andrea werk, word getref deur die ooreenkoms tussen die twee — die een is soos ‘n spielbeeld van die ander. En tog is daar iets aan Adele wat hinder. Waarom dring sy so daarop aan dat hulle presies dieselfde klere moet dra? En waarheen het Bernard so skielik en geheimsinnig verdwyn?

En toe verdwyn die geld uit dokter Endemann se brandkluis. Andrea word skielik die spil waarom alles draai. Sy besef dat sy Adele ten alle koste moet beskerm. . . maar selfs ten koste van haar eie geluk?

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Toek Blignoud-Pad na Samarkand  Toek Blignaut-Pad na samarkand

Pad na Samarkand
Boek geskryf deur Toek Blignaut

Tinus Eybers kyk af— so half skuins by die lessenaar verby in die rigting van die plastieksak. ,, Wat maak so?” onderbreek hy sy raad aan Debbie met ‘n frons tussen sy o. ,,Iets . . . e . . . roer. Kraak. Hoor jy dit ook? Ek hoor dit al ‘n hele rukkie.”

Debbie hoor dit ook al ‘n hele rukkie. Sy weet ongelukkig maar net al te goed wat so maak; wat so roer en kraak. En buig of bars, sy sal nou maar die waarheid moet vertel.

“Dit Charlie,” s sy gejaag. ”My witmuis”

Debbie-Louise Delport was oortuig daarvan dat sy op pad was om Deborah-Lewiesa, vyftig jaar oud, ongetroud en hooftikster by Abraham Penzhorn, te word.

Daarom dat sy op ‘n sonnige oggend summier bedank, haar kantoorbesittinkies - Charlie inkluis - in ‘n geel plastieksak gooi en padgee.

Op die ingewing van die oomblik gaan soek sy werk by Soleil, ‘n firma wat dokumentre rolprente oor vreemde plekke maak. Tinus Eybers wil haar eers ontmoedig, maar sy ontmoeting met Charlie laat hom van plan verander en hy stel Debbie aan as sy persoonlike sekretaresse.

Debbie sien nou die ver, vreemde plekke waarvan sy nog altyd gedroom het, maar tog vind sy nie dadelik die goue pad na geluk nie. Is Laura, Tinus se beeldskone, gewese verloofde wat daarop uit is om die lewe vir Debbie onaangenaam te maak, dalk daarvoor verantwoordelik? Of is dit Debbie se voorgevoel dat iets onheilspellend gaan gebeur wat die bekoring van die plekke bederf?

Hierdie boeiende verhaal, wat ook in Turkye en Griekeland afspeel, raak die leser weer eens daarvan bewus dat geluk dikwels baie nader is as wat ‘n mens daarna gaan soek.

 

Lees ook verhale deur Susanna M. Lingua

 

 Toek Blignaut-Pad na Monomotapa

Pad na Monomotapa
ou Kaapse verhaal deur Toek Blignaut

 

Lees ook Kaapseverhale deur Ena Murray

Lees ook Kaapseverhale deur Wille Martin

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Toek Blignaut-Ligjousluier, Jesubel

Lig jou sluier, Jesebel liefdesroman deur Toek Blignaut

Die groot omwenteling in Petrie Steenkamp se jong lewe begin daardie dag toe sy die stukkie verjaardagkaartjie met haar pa se handskrif daarop in die Meidoringheining vind. Maar wat haar ontstel, is die naam van die persoon aan wie haar pa die kaartjie gestuur het.

Dieseifde dag ontvang sy ‘n telegram met ‘n nog ontstellender tyding. Vir Petrie voel dit nou of al haar drome om haar in duie stort, want noodgedwonge moet sy die lewe en die mense in die stad waaraan sy so gewoond was, vaarwel toeroep.

Haar nuwe lewe begin op Blydedal, ‘n plaas in die Laeveld, tussen vreemde mense. Maar wat Petrie se vinnige humeur dadelik laat opvlam, is die besef dat sy voortaan geen besluite aangaande haar lewe mag neem sonder die toestemming van haar voog nie.

Baie ontsteld sit Petrie en haar vriendin, Magriet,af na Blydedal.. . en na haar onbekende voog, Alwyn Theunissen. Sy en Magriet kry dadelik planne om Blydedal in ‘n vakansiepiaas te omskep, maar eers moet sy die aantreklike, fris boer van die Laeveld, Alwyn Theunissen, se toestemming daarvoor kry.

‘n Botsing tussen Petrie met haar opvliende geaardheid en Theunissen is onvermydelik. . . maar Alwyn is nie Petrie se enigste probleem in haar nuwe wreld nie. Daar is ook die blonde Ellen Claassen, ‘n meisie met wie Petrie se paadjie tevore al gekruis het en wat so ‘n onuitwisbare merk op haar jong gemoed gelaat het dat dit vir haar voel of Ellen se teenwoordigheid ook haar nuwe iewe in duie gaan laat stort.

LIG JOU SLUIER, JESEBEL, deur die gewilde en bekende Toek Blignaut, is een van daardie romantiese, lekkerlees-verhale wat ‘n mens nie kan neersit voordat jy dit klaar gelees het nie.

 

Toek Blignaut-Luister wie daar fluister

Luister wie daar fluister
boek
deur Toek Blignaut

Linda Welthagen ontmoet Pieter Visagie op ‘n baie ongewone manier. Eers wil sy niks met hom te doen h nie, maar dan vind sy uit dat hy ‘n misdaadverslaggewer is en dadelik stel sy meer belang, want sy moet ‘n verhaal skryf wat anders is ...

Pieter raak teen sy sin betrokke by Linda se verhaal. Hy ontmoet Steve, Linda se werkgewer wat ‘n tema soek vir sy fotoverhaal, en Miranda, die heldin van die Kobrareeks.

Hulle besluit om ‘n verhaal te weef rondom die geskiedenis van die barones Mathilda von Rhomberg, Linda se ouma. Dan word gebeure in hulle moordverhaal egter werklikheid en allerlei vrae duik op. Waarom was een van die rewolwers wat in ‘n fotoverhaal gebruik moes word, gelaai? Wie het die baie kosbare Rhomberg-beeld gesteel? Aan wie behoort die handsak wat in die barones se kamer gevind is? En wie was verantwoordelik vir die aaklige gefluister wat Pieter by die venster en later selfs op een van sy kassette hoor?

Luister wie daar fluister is ‘n ongewone verhaal vol spanning, liefde en verrassings wat die leser tot aan die einde van die boek aan die raai sal hou.

 

Toek Blignaut-Die klok slaan dertien

Die klok slaan 13
‘n jeugverhaal deur Toek Blignaut
Daan Retief uitgewers, 1980

 

koop 'n boek 4

Bo

Toek Blignaut-Sindie van die sirkus

Sindie van die sirkus
‘n jeugverhaal deur Toek Blignaut
 

 

Toek Blignaut-Sindie se nuwe speelmaat

Sindie se nuwe speelmaat
‘n jeugverhaal deur Toek Blignaut
Daan Retief uitgewers, 1978

 

Toek Blignaut-nsussie vir cindie kinderboeke

‘n Sussie vir Sindie deur Toek Blignaut
Daan Retief uitgewers, 1979

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Toek Blignaut-Blinkwater se geheim

Blinkwater se geheim
‘n jeugverhaal deur Toek Blignaut

 

Toek Blignaut-jy,prins van verre liefdesverhale

Jy, Prins van Verre
‘n liefdesroman deur Toek Blignaut

Twee vriendinne is saam op ‘n buitelandse vakansiereis, maar het nooit kon droom dat juis hierdie rit soveel dinge sou ontketen nie. Sidonie, wat van kleins af ‘n begeerte gehad het om Philip Corderos, ‘n aangetroude familielid van haar stiefma, te ontmoet, raak smoorverlief op hom wanneer dit wel gebeur. Haar vriendin, Sandra, probeer nog waarsku, maar Sidonie steur haar aan niks. Philip is hare, hy behoort al jare lank in haar drome aan haar, hoekom moet sy nou anders dink?

Philip se aangenome broer, Manuel, is net so aangenaam en dit wil voorkom asof Sandra nou dalk besig is om verlief te raak op hom. Sidonie besef egter baie gou dat dit alles niks sal help nie. Ou senora Theresa, die twee se ma, wat soos ‘n vorstin in haar kasteelhuis heers, het lankal vir die twee seuns vroue gesoek. Philip moet met Juana Ferreira trou, en Manuel met haar sussie, Christie. Want wat sal beter wees as dat die twee plase deur so ‘n dubbele huwelik verenig word?

Die ou Spaanse vrou het alles kant en klaar uitgewerk en niks gaan haar hierin stuit nie. Sidonie besef gaandeweg dat haar liefde vir Philip hopeloos is, maar wanneer sy Sandra wil ompraat dat hulle liewer moet teruggaan huis toe, begin snaakse dinge gebeur. ‘n Vreemde boot in die hawe trek hulle aandag, Manuel se eienaardige optrede begin agterdogtig lyk en Sidonie begin dink dat sy nooit die rede sal hoor vir senora Theresa en haar suster se rusie van destyds nie. Meer nog, wie is dit wat soms in die nag op ‘n mandolien speel? Sy hoor dit telkens, en altyd is dit rnaar dieselfde melodie. Altyd is een noot heeltemal vals, altyd dieselfde akkoord.

JY, PRINS VAN VERRE, ‘n heerlik romantiese verhaal deur Toek Blignaut.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Toek Blignaut-Merk van die silwersabel liefdesverhale

Merk van die silwersabel
‘n
liefdesroman deur Toek Blignaut
ou Kaapse verhaal

 

Toek Blignaut-nag van die uile liefdesverhale

Nag van die uile
‘n verhaal deur Toek Blignaut

.,ls daar lets waarvoor jy bang is, Cilla?”
..Net die uile. Senora Pauila is ook bang vir die uile... As hulle die vorige nag baie geskree het, kan jy maar weet die volgende dag gaan iets slegs gebeur. Ek het dit al so baie gesien. Regtig, Senorita, moenie dink ek is simpel nie, dit is so . .

En Fernando het ges: ,,Die bougainvillea en die blouren lyk soos bloed en trane.” Sy ril toe sy die vaalbruin uil op die balkon sien l...

Lientjie Louw het nie geweet wie haar regte ouers was nie en omdat dit haar ongelukkig gemaak het, was haar vriend, Anton, ook ongelukkig daaroor. Daarom het hy haar aangemoedig om hier na die Vila Paloma toe te kom, want sy het rede gehad om te glo dat sy haar moeder hier op Ponta do Ouro in Mosambiek sou vind.

Hier het Fernando de Monteiro haar verwelkom en hy was dadelik lief vir haar en sy vir hom. Sy het sy liefde en bystand nodig gehad want sy was bang, en sy het rede gehad om bang te wees. Maar Fernando was ‘n getroude man...

In hierdie aangrypende menslike verhaal van die gewilde Toek Blignaut sal die leser saam met Lientjie ween. . . totdat die sonskyn van nuwe geluk die trane in diamante omskep...

 

 

koop 'n boek 4

Bo 

Toek Blignaut-Donkerskadus oor Rheinheim

Donker skadu’s oor Rheinheim
spannende liefdesverhaal deur Toek Blignaut

Tania Brink, ‘n weeskind, beland teen haar sin op die Bolandse plaas Rheinheim as geselskapsdame vir die verlamde Mathilde van Rhein. Mathilde se seun, Kirsten, het Tania aangestel met die oogmerk om sy ma te laat afsien van haar planne om hom met die buurdogter, Eveline de Villiers, te Iaat trou.

Intussen konkel Eveline en Kirsten se neef, Armand Rodelec, ook om haar en Kirsten getroud te kry, maar met die doel om genoeg geld uit Kirsten te kry vir hul eie planne.Tania luister egter ‘n gesprek tussen die twee af en ry hul planne in die wiele.

Toe skryf Eveline vir Tania dat sy weet wie Tania se ma is en bereid is om die inligting teen ‘n groot bedrag te verkoop. Die enigste manier waarop Tania die bedrag geld in die hande kan kry, is deur Mathilde se juwele te steel en te verkoop. En skielik moet sy kies tussen haar smagting na die ware identiteit van haar ma en haar gewete... en haar heimlike Iiefde vir Kirsten.

Toek Blignaut maak met Donker skodu’s oor Rheinheim ‘n welkome draai in Romankeur.

 

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

 

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738