http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php T C Pienaar

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

T.C. Pienaar (mev.) het verskeie boeke geskryf waaronder die volgende titels:

  1. Die drif - T.C. Pienaar
  2. Die duister pad, 1952 - T.C. Pienaar
  3. Die goeweneur se niggie, 1964 - T.C. Pienaar
  4. Die Goewernante van Blaauwvlei
  5. Die goue septer (Bybelse verhaal) - T.C. Pienaar
  6. Die groot Gebod - T.C. Pienaar
  7. Die groot vraag, 1943 - T.C. Pienaar (UNIE boekhandel)
  8. Die leun, 1959 - T.C. Pienaar
  9. Die liefde is lankmoedig, 1948 - T.C. Pienaar
  10. Die meisiekind, 1968 - T.C. Pienaar
  11. Die onsterflike Eva, 1968 (Delwers era) - T.C. Pienaar
  12. Die reŽnmakers, 1939 - T.C. Pienaar
  13. Die verswygde vonnis, 1947 - T.C. Pienaar
  14. Die vrou kon wag, 1973 - T.C. Pienaar
  15. Die weegskaal -T.C. Pienaar
  16. Die winter gaan verby, 1944 -T.C. Pienaar
  17. En die tweede - T.C. Pienaar
  18. Gebroke, 1941 - T.C. Pienaar
  19. Hoerť vir Driesie (kinderverhaal) - T.C. Pienaar
  20. In diens van die volk : oorsig van die werk en strewe van die Suid-Afrikaanse Vroue-federasie, Transvaal 1904-1944, in 1944 uitgegee- T.C. Pienaar
  21. Kimberley se koets, 1963 - T.C. Pienaar
  22. Kruik vir die wierook, 1958 - T.C. Pienaar
  23. Lieberwald - T.C. Pienaar
  24. My huis, my haard - T.C. Pienaar
  25. My lewe is my eie - T.C. Pienaar
  26. ‘n Merk vir die eeue, 1937 - T.C. Pienaar
  27. Nie vir rykdom ..., 1943 - T.C. Pienaar
  28. Nuwe kollega - Martie Brink, 1971 - T.C. Pienaar
  29. Op die voorpos 1904-1974, 1974 - T.C. Pienaar
  30. Storm op see, 1949 - T.C. Pienaar
  31. Twee paaie, 1952 - T.C. Pienaar
  32. Van anderkant die grens - T.C. Pienaar
  33. Verlate vlaktes, 1936 - T.C. Pienaar
  34. Wonderlik en mooi, 1949 - T.C. Pienaar
  35. Wording, 1939 - T.C. Pienaar
  36. Wrange vrugte, 1949 - T.C. Pienaar

Die boeke in blou, dui aan daar is meer inligting van die inhoud van die boek beskikbaar

koop 'n boek 4

 

TC Pienaar-Die goue septer

Die goue septer - boek geskryf deur T.C. Pienaar

‘n MElSIE uit die burgerstand wen die Iiefde van ’n koning en word vorstin van die land — dis ‘n ou verhaal wat altyd nuut bly. Maar hier is dit geen sprokie of legende nie. Presies so het dit gebeur, meer as 400 jaar voor die geboorte van Christus, toe die ryk van die Meders en die Perse van lndiŽ tot die kuste van die Middellandse See gestrek het. In die dae was daar n jong Joodse meisie wat van die sameswerings en intrige aan ‘n koninklike hof niks geweet het nie, die weeskind Ester was deur God bestem was om in die paleis van Susan te woon.

U sal hierdie verhaal lees met die gevoel dat u daar is in die paleis in die skone vesting Susan, waar die plek van die koningin leeg staan en die koning se lewe op die spel is; waar Mordegai, die skrywer, meer weet as wat dit ’n skrywer betaam, en Haman, die gevreesde waghond van die koning geluidloos sy gang gaan.

Met ‘n rykdom van besonderhede en die vermoŽ om van elke geskiedkundige gebeure die beste gebruik te maak, skep T.C. Pienaar in hiedie werk ‘n atmosfeer wat die lees van ‘n ou verhaal ‘n nuwe beIewenis maak.

biblioteek boek

Hoerť vir Driesie - boek geskryf deur T.C. Pienaar

Die verhaal van ‘n arm seuntjie wat graag ‘n fiets wil hÍ en alles inspan om die geld daarvoor bymekaar te kry. Die storie is vol spanning en ons leef saam met Driesie deur al die teleurstelling en teenkanting wat hy ondervind. Dis ‘n verhaal wat hom op elke dorp kan afspeel - eenvoudig maar eg.

koop 'n boek 4

TC Pienaar-Die onsterflike eva

Die onsterflike Eva
boek geskryf deur mev T.C. Pienaar

Hier is T.C. Pienaar op haar sprankelendste beste... Die onsterflike Eva is ‘n verhaal met al die bestandele van ‘n aangename lekkerlees—roman, tog is dit veel meer as dit.

Dit is die lewe self. . . so onberekenbaar,so onromanties,so verrassend,so ironies soos die lewe self is.

Ons weet immers dat geld die wortel van alle kwaad is ,dat deug beloon en ondeug bestraf word, Ons voel dat hierdie stellinge dwarsdeur die verhaal gemaak word, en tog.. . as ons klaar gelees het,wonder ons: wat het nou van hierdie klinkklare, handige gesegdetjies geword?

Dan moet ons glimlag, al is dit ‘n suur glimlaggie, oor die stukkie ironie waarmee die skryfster ons been liefderik getrek het.

Die Onsterflike Eva is die verhaal van ‘n jong Amerikaanse egpaartjie eintlike reŽlregte fortuinsoekers, albei van hulle- wat in Kimberley se vroeŽ dae na die delwerye toe kom. Hulle hoop ook vir daardie “grote” wat hul fortuin gaan maak, maak dan later noodgedwonge ‘n kompromis met hul ideale, nog later ‘n kompromis met hul beginsels.

Jan Pilkinton is die held van die verhaal maar hy is, voorwaar geen engel nie. Sy grootste deug is sy eerlikheid: hy wil met onwettige diamante niks to doen h nie, maar dis ironies dat hy juis deur die verkragting van hierdie deug sy geluk vind.

Lees ook Annelize Morgan se verhale oor die diamantdelwers en gouddelwers

Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin

 

koop 'n boek 4

 

TC Pienaar-Die vrou wat kon wag

Die vrou wat kon wag
boek geskryf deur mev T.C. Pienaar

“As jou man nou al so met jou begin, moet jy hom maar liewer los voor daar kinders is,” sť Nelia Krige se vriendin nadat Paul haar by hulle woonstel uitgestamp en die deur vir haar toegesluit het.

Maar Nelia dink: Los? Nooit! Dit sal sy nooit eens oorweeg nie. Sy en Paul maak wel baie rusie, maar hulle het mekaar lief. Nee, sy kan nie twyfel dat Paul haar liefhet nie. Sy wil haar huwelik behou; sy wil haar droomhuis met die gewels nog eendag kry. Sy wil kinders hÍ, baie vriende onthaal; ‘n gesellige sosiale lewe voer.

Daarom volg Nelia liewer die raad van tant Malie by wie sy voor haar troue geloseer het:
Sy sal haar humeur in toom hou, Paul nie meer terugantwoord wanneer hy sy humeur verloor nie, al is hy ook hoe onregverdig. Sy sal die minste wees en geleidelik met haar begrypende vroulikheid weer in sy hart in kruip.

Maar Paul beskou haar skielike gelatenheid as blote koppigheid en nukkerigheid. En om die kroon op Nelia se ongeluk te span, ontmoet hy ‘n aantreklike meisie van die platteland af — Matilde Bruwer. Matilde, so glo hy, gee vir hom al die gemoedsrus en liefde wat Nelia nie vir hom kan gee nie.

En Nelia moet magteloos toekyk hoe hy al verder van haar af wegdryf, hoe hy elke aand later van die kantoor af terugkom en al hoe meer aande sonder haar uitgaan.

Wat moet sy doen om die man wat sy liefhet te behou?

Op die ou end kry Nelia dit wel reg om Paul te behou.

Hůť sy dit regkry, word met diepe insig in menslike verhoudings en karakters beskryf deur die veteraanskryfster, T. C. Pienaar.

koop 'n boek 4

 

TC Pienaar-Die goeweneur se niggie Kaapse verhaal

Die goeweneur se niggie
boek geskryf deur mev T.C. Pienaar
verhaal wat afspeel in die ou Kaapse era
lees nog van ou Kaapse verhale

Hy staan op die dek en sy aan die waterkant. Vir twee verliefde jongmense beteken dit skeiding skeiding in ‘n tyd dat die Kaap van Goeie Hoop ‘n hele Ieeftyd van beskaafde Europa af weg is.

Maar Juliana van Nispen is vasbeslote dat die skeiding nie die einde moet wees nie. Haar lewe is die spil waarom hierdie nuwe roman deur T. C. Pienaar draai. Soos mev. Pienaar dit alleen kan doen, word die atmosfeer van daardie woelige, deftige mooityddae vir die leser opgetower in DIE GOEWERNEUR SE NIGGlE

Lees nog Kaapse verhale deur Elmar Steyn

Lees nog ou Kaapse verhale deur Ena Murray

 

TC Pienaar-Kimberley se Koets

Kimberley se Koets
boek geskryf deur mev T.C. Pienaar

Die wiele rol noordwaarts! Die poskoets is op pad.

Langs die koetspad vergader die inwoners van dorpe en herberge om die grasieuse voertuig met heimlike verlange agterna te kyk. Hierdie wa is die simbool van romanse . . dit kom van — van waar die soutwind teen Tafelberg aanwaai, en dit gaan ver — na waar die blink klippies tussen die gruis uitgehaal word as Fortuin jou toelag.

.Aaa . . . die poskoers, die Kimberleyse koets? Watter vrag dra hy hierdie keer?

Opvallend, omdat sy die enigste vrouepassasier is, is die fyn postuurtjie van Mina Ferreira. Sy is goewernante op pad na haar eerste betrekking doer in die Vrysraat. Opvallend vanweŽ sy forse gestalte is Karel van der Westhuizen, die boerseun van die Hotnotsholland, wat reeds ‘n gevestigde delwer is maar in wie se are die jagtersbloed veel vuriger vloei. Opvallend, omdat hy vreemdeling is, is Willens Reynolds, die jong Hollander, wie se lewe soos die koetswiele is; wat verby is, lÍ in diep, diep spore maar voor lok die grootpad, die onbekende.

Hierdie drie mense is die hooffigure in die verhaal wat T. C. Pienaar in haar bekende, gemoedelike trant vir ons vertel. Dit is ‘n verhaal wat sommer dadelik aangryp, nie net vanweŽ die briijant-oorspronklike idee om die koetsreis as agtergrond te gebruik nie, maar ook deur die diep-menslike siening van die hooffigure: Karel, die man van aksie wat tog ook sy drome droom; Willein, die fynbesnaarde wat darem ook ‘n stewige vuishou kan plant; Mina, die onverskrokke wat nooit twyfel oor haar liefde of oor haar plig nie.

Teenoor hierdie drie persone staan daar nog die figuur van Flynn — die gewetenlose fortuinsoeker, wat sy skadu oor hulle almal werp. Flynn ry ook saam Kimberley toe, maar hy ken nie die verrukking van sondeurdrenkre wydtes en sterlignagte nie . . . hy en sy handlangers dobbel en drink die nagte deur en slaap hul roes bedags in die koers af. Flynn is ‘n man wat nie teenkantring kan verdra nie en belediging vergeet hy nooit.

So word die koersreis dan die geboorteplek van ‘n groot liefde en ‘n groot haat. En hoe verder die wiele noordwaarts rol, hoe sterker groei die Iiefde aan en hoe verterender word die haat.

Dit is ‘n verhaal wat teen ‘n nuwe-ou agtergrond afspeel en waarin die romantiek en spanning fyn vervleg word.

 

koop 'n boek 4

 

Lees ook ander Kaapse-verhale

Lees ook boeke deur Ela Spence

Lees ook boeke deur Dricky Beukes

 

koop 'n boek 4

 

koop 'n boek 4

 

koop 'n boek 4