http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Stephanie Meiring

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

‘n Lys van Stephanie Meiring se boeke sluit in:

  1. Anderkant Die Reenboog - boek deur Stephanie Meiring
  2. Blomme in die winter - boek deur Stephanie Meiring
  3. Blye Hoop - boek deur Stephanie Meiring
  4. Branders Van Onheil - boek deur Stephanie Meiring
  5. Die aandwind bring verlange - boek deur Stephanie Meiring
  6. Die Blinde Sirkel - boek deur Stephanie Meiring
  7. Die goue droom - boek deur Stephanie Meiring
  8. Die laggende mandaryn - boek deur Stephanie Meiring
  9. Die pad na die sterre - boek deur Stephanie Meiring
  10. Erfenis van Eensaamheid - boek deur Stephanie Meiring
  11. Erfenis van Geluk - boek deur Stephanie Meiring
  12. Espanja - boek deur Stephanie Meiring
  13. Kasteel in die woud - boek deur Stephanie Meiring
  14. More se goue strande - boek deur Stephanie Meiring
  15. Nonnatjie - boek deur Stephanie Meiring
  16. Op wieke van geluk - boek deur Stephanie Meiring
  17. Perels van geluk - boek deur Stephanie Meiring
  18. Skaduwees van Gister - boek deur Stephanie Meiring
  19. Trane sal verbygaan - boek deur Stephanie Meiring
  20. Vlinder in die wind - boek deur Stephanie Meiring

koop 'n boek 4

 

STEPHANIE MEIRING die aandwind bring verlange

Die aandwind bring verlange
Boek gekryf deur Stephanie Meiring

Stella Gerber se vader het kort voor sy dood aan haar gesÍ: “My kind, daar is ‘n verskil tussen liefde en verliefdheid.” Sy het Deon Malherbe, die afrigte van haar vader se renperde, in die geheim bewonder, maar nŠ haar ontmoeting met Ignasius Versfeldt, die beroemde Sprinbok-rugbyspeler, het sy geweet dat haar gevoel vir Deon niks anders as verliefdheid was nie. Tot haar ontnugtering moes sy later, onder moeilike omstandighede uitvind dat Ignasius nie seker van sy liefde vir haar was nie…
 Deon Malherbe was die persoon wat haar simpatiek behandel het, gesorg het day sy Irish Wind, haar geliefkoosde renperd, behou en haar ‘n aanbod gemaak het om hom te help met die afrigtingswerk. Maar in sy stal was ook Jupiter, die groot swart hings wat behoort het aan die beeldskone Daphne Stewart.
 Stella aanvaar sy aanbod omdat sy glo dat haar teenwoordigheid Irish Wind sal aanspoor tot groter hoogtes en dat hy miskien tog ‘n belangrike wedren sal wen.
 Terselfdertyd leer sy die verskil tussen liefde en verliefdheid ken en wonder of syself eerste in die wedloop om ware liefde sal kom…
 Diť boeiende liefdesverhaal speel af teen die opwindende agtergrond van wedrenbyeenkomste en opreggeteelde perde. Dit is weer eens ‘n sprankelende roman uit die pen van die altyd gewilde Stephanie Meiring.

 

STEPHANIE MEIRING die pad na die sterre

Die pad na die sterre
boek deur Stephanie Meiring

Elana Verwey het met gemengde gevoelens verneem dat Johann Reynders van Hollywood af terugkom Kruisburg toe om ‘n rolprent op sy geboortedorp te kom maak. Nadat hy ‘n ster geword het, het sy net ‘n kort briefie van hom gekry waarin hy gesÍ het dit sou miskien die beste wees as hulle nie met hulle verhouding voortgaan nie. Daardie brief het haar hele wÍreld inmekaar laat tuimel.

En nou het Johann teruggekom, maar hy het vir Maureen Hill saamgebring. Leon Swarts was verlief op Elana en hy was bang dat sy tog nog vir Johann bo hom sou verkies. Dit wou hy verhinder. Tillie Groenewald was verlief op Johann en sy het alles in haar vermoŽ gedoen om hom in haar strikke te vang… Daar het ‘n lelike ding op Kruisburg gebeur en die mense het gefluister dat Johann daarvoor verantwoordelik was. Meer as een persoon het deur diep waters gegaan voordat alles opgeklaar is en die son weer geskyn het na die donker nag… Die pad na die sterre is nog ‘n boeiende liefdesverhaal uit die pen van die gewilde Stephanie Meiring.

koop 'n boek 4



STEPHANIE MEIRING more se goue strande 

More se goue strande
 boek deur Stephanie Meiring

Lizel Joubert was ‘n begaafde ballerina. Sy het haar uitgeleef in haar balletkuns en sy wou nog die hoogtes bereik. Sy wou eendag ‘n prima ballerina word en na die sterre toe dans. Jacques Verwey was ‘n joernalis en ‘n skrywer en hy het haar ontmoet toe hy ‘n artikel moes skryf oor die balletskool. Sy het hom genooi om by haar te eet, en so het hulle verhouding begin ‘n verhouding wat mooi was, maar ook stormagtig. Toe het Jean Cox op die toneel verskyn en saam met Jacques gewerk — Jean wat aantreklik en afsydig was, so koelafsydig dat al die mans haar wou probeer verower; en in die storm wat oor Jacques se lewe losgebars het, is hy onseker rondgeslinger tussen Lizel en Jean, net soos wat Lizel op haar beurt rondgeslinger is tussen Jacques en Herman de Vries — Herman, wat ‘n aantreklike en suksesvolle jong sakeman was, so anders as Jacques saam met wie sy in die reŽn vir ‘n bus moes wag. Saam met wie sou die lewenstorms haar uiteindelik meevoer na mŰre se goue strande toe? Hier is nog ‘n boeiende liefdesverhaal uit die vaardige pen van die gewilde Stephanie Meiring.

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

STEPHANIE MEIRING anderkant die reenboog

Anderkant Die Reenboog
 boek deur Stephanie Meiring

Melissa Greyling se hele bestaan spat aan skerwe toe sy op een-en-twintig jarige ouderdom uitvind dat sy 'n aangenome kind is. Meteens voel dit vir haar asof sy nÍrens tuis hoort nie, maar erger nog : haar pleegmoeder Beulah waarsku haar dat Gerhard Beneke nie meer met haar sal wil trou as hy die waarheid te hore kom nie. Om alles te probeer ontsnap, vlug sy Pretoria toe en probeer aanvaarding vind in 'n eensame hotelkamertjie. Sy probeer van haar hartseer vergeet deur haar met oorgawe te wy aan haar nuwe loopbaan - die van aktrise - en 'n soektog na haar ware moeder aan te pak. Maar sy kan Gerhard nie vergeet nie, want omstandighede dwing hulle telkens weer bymekaar, en haar moeder het skynbaar spoorloos verdwyn...

koop 'n boek 4

STEPHANIE MEIRING Branders van Onheil

Branders Van Onheil
boek deur Stephanie Meiring

"Verpleegster Linda Verwey se verloofde, Paul Meyer, aanvaar ‘n betrekking by ‘n weerstasie in Ysland, en omdat sy naby hom wil wees, gaan werk sy by ‘n hospitaal in Glasgow, Skotland. Na ‘n rukkie kom sy egter agter dat Paul se liefde vir haar aan die afkoel is. Toe word hy ernstig beseer in ‘n ongeluk en na die Boston-hospitaal op Zetlandeiland in die Noordsee oorgeplaas. Omdat sy by hom wil wees, en ook omdat sy hulle verhouding wil probeer red, vra Linda ‘n oorplasing na hierdie hospitaal.

As sy vooraf geweet het wat op haar wag, sou sy twee keer gedink het. Want reeds met haar aankoms op die dorpie Lerwick, is die hoof van die hospitaal, dokter Heinrich Kellerman, openlik vyandig teenoor haar omdat hy ‘n ervare verpleegster vir die pos wou hÍ, nie ‘n prikkelpop nie. Dieselde nag skrik sy wakker ontdek ‘n inbreker in haar kamer . . ."

koop 'n boek 4

STEPHANIE MEIRING nonnatjie

Nonnatjie
boek deur Stephanie Meiring

Daar is ‘n lied in haar hart…
 Carl Reynders praat van die Bosveld asof hy dit ken, asof hy ook daar grootgeword het. Hy ken die wildevy en apiesdoring, die kameeldoring en wag-’n-bietjie. Hy ken die bokmakierie, die piet-my-vrou en die vinke by die rivier. So het Linda gedink nadat die skrywer, Carl Reynders, haar by die prokureurskantoor waar sy ‘n tikster was, kom nooi het om saam met hom te gaan eet, en haar hart het onstuimig geklop. Toe het sy skielik haar afspraak met Stefan Muller onthou. Maar Stefan het haar hart nog nooit laat klop soos Carl Reynders nie .
 Maar spoedig het sy ontdek dat Carl verloof was… aan Yvonne Beneke, die aktrise wat die hoofrol vertolk het in die film waarvan Carl die draaiboek geskryf het — en Yvonne se pa het die rolprent gemaak. Sy moes dus nie op Carl gaan staan en verlief raak nie. Buitendien, sy was op die punt om aan Stefan verloof te raak, en Stefan was baie jaloers.
 Yvonne Beneke was net so jaloers — en kort voor lank kom sy onder vier oŽ met Linda gesels — om haar te waarsku dat Carl aan haar behoort en dat Linda hom moet uitlos.
Maar Carl wil haar nie uitlos nie. Lank voordat hy haar ontmoet het, het hy ‘n roman geskryf getitel Nonnatjie, en die Nonnatjie van sy verhaal was net so ‘n meisie soos Linda wat op ‘n Bosveldplaas grootgeword het waar die wildevy en die apiesdoring groei.
 Uit hierdie prikkelende gegewe weef Stephanie Meiring weer eens ‘n meesleurende liefdesverhaal vol spanning en romanse…

koop 'n boek 4 

STEPHANIE MEIRING omnibus Stephanie Mering

Lees ook Hannah du Plessis se boeke

Lees ook Nita Griessel se boeke

Lees ook Bep du Toit se liefdesverhale

koop 'n boek 4

  1. 1972 - Kasteel in die woud - boek deur Stephanie Meiring
  2. 1973 - Die Blinde Sirkel - boek deur Stephanie Meiring
  3. 1973 - Vlinder in die wind - boek deur Stephanie Meiring
  4. 1974 - Blomme in die winter - boek deur Stephanie Meiring
  5. 1974 - Branders Van Onheil - boek deur Stephanie Meiring
  6. 1974 - Die pad na die sterre - boek deur Stephanie Meiring
  7. 1975 - More se goue strande - boek deur Stephanie Meiring
  8. 1976 - Erfenis van Geluk - boek deur Stephanie Meiring
  9. 1977 - Die aandwind bring verlange - boek deur Stephanie Meiring
  10. 1978 - Skaduwees van Gister - boek deur Stephanie Meiring
  11. 1979 - Nonnatjie - boek deur Stephanie Meiring
  12. 1979 - Anderkant Die ReŽnboog - boek deur Stephanie Meiring
  13. 1980 - Trane sal verbygaan - boek deur Stephanie Meiring
  14. 1981 - Blye Hoop - boek deur Stephanie Meiring
  15. 1981 - Espanja (tweede uitgawe) - boek deur Stephanie Meiring
  16. 1985 - Die goue droom - boek deur Stephanie Meiring
  17. 1986 - Die laggende mandaryn - boek deur Stephanie Meiring
  18. 1986 - Op wieke van geluk - boek deur Stephanie Meiring
  19. Erfenis van Eensaamheid - boek deur Stephanie Meiring
  20. PÍrels van geluk - boek deur Stephanie Meiring

koop 'n boek 4

v

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

 

 

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181