http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Stefan Radloff

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Boeke (meestal uit die ou-Kaapse tydperk) deur Stefan Radlof sluit in:

 

Boeke deur Stefan Radlof vertaal, sluit in:

  • So goed as dood
  • (Ian Flamming se James Bond boek - Dr No)

 

Stefan Radlof-n slaaf vir Jacqeline Kaapse liefdesverhaal

‘n SLAAF VIR JACQUELINE - geskryf deur Stefan Radlof

Baie, baie jare geIede het ‘n skip van die HOIK in die Kaap geland, ‘n skip vol slawe en seerowers, wat toe in die kasteel aangekla is en waarvoor die enigste straf die dood was. Maar onder hulle was een man, José Alberto, wat voorgegee het dat hy nie werklik ‘n seerower was nie, dat hy maar per ongeluk tussen hulle beland het. Hy was die kaptein van ‘n Spaanse handelskip, wat in die hande van die HOIK geval het, het hy vertel.

Niemand wou hierdie verhaal glo nie. Maar niemand wou hom ook summier laat doodskiet nie. Die minste van almal, wou Jacqueline hom dood sien. Jacqueline, die vurige rooikop uit die Franse adelstand, perdeteler, boervrou, bemin en bewonder deur alle mans. Jacqueline, vir wie geen man goed genoeg is nie. Teen haar sin stel sy belang in hierdie onbekende seerower. En by die verhoor is sy een van die wat die meeste voorspraak doen vir hom.

Uiteindelik word daar besluit om José dan as slaaf te verkoop en daar word vir hom gebie. saam met al die ander.
Dit is Jacqueline wat die hoogste prys aanbied, en hy word dus haar eiendorn. Sy wil nie van hom hou nie, sy wil nie eens teenoor haarself erken dat hy haar aantrek nie, want hy is ‘n slaaf. Sy is uit die adel. Omdat sy egter bang is hy sal ontsnap, sluit sy hom saans toe, te meer nog omdat daar kort-kort petisies uitgestuur word om sy saak te heropen en hom skuldig te verklaar.

Maar een nag kry José dit tog reg om onder Jacqueline se wakende oog uit te ontsnap en gaan hy om Galvez te soek — ‘n berugte seerower wat, glo hy; sy storie sal kan staaf en sy onskuld bewys. Na baie maande op see keer José terug. Maar hy kom nie alleen nie. Saam met hom is ‘n pragtige meisie, wat opsigtelik smoorverlief is op hom. En vir Jacqueline is hierdie die bitterste oomblik in haar hele lewe.

‘N SLAAF VIR JACQUELINE is’n boeiende, opwindende, romantiese verhaal uit die ou-Kaap, wat niemand sal kan los voordat die laaste bladsy gelees is nie. Dit is geskryf deur STEFAN RADLOF en deur PRONK-BOEKKLUB uitgegee

Lees ook verhale van die Buiter geskryf deur Gerrie Radloff

Lees ook Olof die seerower-reeks deur Gerrie Radlof

 

Stefan Radlof-swig voor my swaard Kaapse liefdesverhaal

SWIG VOOR MY SWAARD, deur STEFAN RADLOF

Nog lank voordat die skip, Die Gelderland, die hawe van die Kaap die Goeie Hoop bereik, het die drama begin. Dit kon ook nie anders nie, want met passasiers soos die wat by gedra het, en ‘n vrag soos die in sy ruim, moes geweld die een of ander tyd losbars.

Aan boord Die Gelderland, is Nicola de Beaumarchais, ‘n fraai klein weeshuismeisie wat as goewernante, onderweg is na haar nuwe meester, baron Gustave von Boelare aan die Kaap. Daar is ook ‘n Franse hofdame, madame Genevieve Dijon wie se rede vir haar reis soms twyfel wek.

Vlootoffisier Guido Lateur is, sonder dat engiemand anders dit weet, veronderstel om, benewens sy gewone pligte, ook ‘n wakende ogie oor die pragtige Nicola te hou.

En dan is daar die vrag. Onder meer, twee verseëlde kiste met ‘n inhoud wat weldra diepgesetelde gierigheid in die harte van sommige van die passasiers laat ontvlam.

Maar wat het dit alles te doen met die vreemde, lenige, gemaskerde man wat snags oor die dek en deur die ruime van Die Gelderland sluip? Wie is hierdie geheimsinnige man, wat is sy mikpunt? En die doofstom diensmeisie wat soms self vreemd handel; het sy ‘n aandeel in die geheimsinnigheid aan boord Die Gelderland?

Meteens, sonder oplossings vir enige van die vrae, verdwyn die diensmeisie. Saam met haar, een van die verseëlde kiste. Maar waarom is dit dat madame Dijon soveel meer ontstel is as enige ander passasier?

SWIG VOOR MY SWAARD, deur STEFAN RADLOF is een van die verhale waarmee die briljante jong skrywer van Ou-Kaapse romans besig is om een van die gewildste skrywers in ons land te word.

 

Lees ook Olof die seerower-reeks deur Gerrie Radlof

 

Stefan Radlof-die donker uur klub707

Die donker uur - deur Stefan Radlof
Deel van die Klub 707 reeks

“Met verstarde, rukkerige bewegings soos ‘n houtpop kom Ryno de Villiers orent. Sy gelaat is doodsbleek. “Dan . . .was dit sy kind? Bester se kind?" Hy sę dit verslae, toonloos. ‘n Hand trek iets diks en swarts oor sy denke en oor sy logika. Hy vergeet van die meisie op die rusbank. Hy draai om en stap by die vertrek uit. Hy stap by die oop voordeur uit en met die trap af in die rigting van sy bakkie. Nou is die rewolwer se gewig gerusstellend in sy sak, die drukking daarvan teen sy been kameraadskaplik."

Lees nog speur- en moordverhale in die Klub 707 reeks

Lees verhale deur Chris L. Marx

Lees boeke deur Leon van Nierop

 

Stefan Radlof-Mevrou die Goewerneur ou kaapse romans

Mevrou die Goeweneur - ’n ou Kaapseverhaal deur Stefan Radlof

De Groene Sooi is die skip waarmee baron Hubert von Tilburg en sy vrou, Isabella, op pad is na die Kaap die Goeie Hoop. Saam met hulle reis Janella Borgward, oppasster van hul twee dogtertjies, Maria en Saskia. Maar die
reis wat so vreedsaam begin is, eindig in rampspoed.

Tydens ‘n geweldige storm op see val Isabella oorboord en verdrink, Altans, dis wat almal aanvaar. Maar Janella weet van beter. Sy was immers op die bo-dek toe Hubert die vorige aand met Michelle Colbert gesels en gewandel het. Sy was ook in die kajuit toe twee vuil matrose die bewustelose mevrou Von Tilburg kom uitneem het. En tog kan sy niks nie, durf sy nie praat nie, want wie anders as haar geliefde baron sal verdink word?

In die Kaap, wanneer hulle eers daar gevestig is, word algemeen aanvaar dat Michelle die derde barones Von Tilhurg sal word. Maar wat dan van haar verloofde, Estienne Mansart, waarnemende sekunde, wat met sy getroue lyfwag, Baudelaite, op reis is, wat nog wag op die koms van die meisie wat sy ma vir hom uitgesoek het en wat by self nog nooit gesien het nie. Dit is terwyl hy en Baudelaire op reis is in die Land van Waveren dat hy Janella ontmoet. En onmiddellik weet by dat daar vir hom geen ander vrou is as sy nie. Michelle sal net moet verstaan, sy kan nie verwag dat hy met haar moet trou, terwyl hy Janella so onvoorwaardelik liefgekry het nie.

Maar sal sy? Sal hierdie hooghartige Franse vrou, wat self planne maak om die barones te word, sal sy verstaan as ‘n man haar verwerp? As sy nie self eerste besluit het sy wil hom nie meer hę nie?

In hierdie atmosfeer van haat en intrige, liefde en selfs moord, ontvou die pragtige verhaal, MEVROU DIE GOEWERNEUR, geskryf deur STEFAN RADLOF, wat lankal reeds bewys van sy eie populariteit
gelewer het.

 

Stefan Radlof-Slavin Jacqueline kaapseliefdesverhaal

Slavin Jacqueline - ‘n ou Kaapseverhaal deur Stefan Radlof

Vir Jacqueline Toussaint was die lewe in die Burger-weeshuis in Amsterdam heeltemal aanvaarbaar.

Goed, sy was die dogter van baron Lazare Toussaint en sy het op die Iandgoed van Mont Lumaire groot geword, maar dit het haar nie gekwel nie. Na haar ouers se dood, toe die gepeupel die hele Frankryk aan die brand gesteek het, is Jacqueline en haar lyfeienessie, wat meer soos ‘n suster vir haar was, Honoré Renault, hier in die weeshuis geplaas. Uit haar vader se boedel is daar baie goed voorsiening vir hulle gemaak, en hulle ly geen gebrek nie.

Honoré, wat as baba in die stal van Mont Lumaire gevind is en as Jacqueline se aangenome sussie opgegroei het, het egter hoër ambisies.

Wanneer Jacqueline en Honoré meegedeel word dat hulle na die Kaap die Goeie Hoop gaan reis, waar Jacqueline as bruid vir ‘n deftige Kaapse edelman uitgegee sal word, is Honoré in haar noppies.

Haar gierigheid dryf haar, en wanneer De Waterlander, die skip waarmee hulle reis, deur seerowers aangeval word, oorrompel sy vir Jacqueline en sy ontsnap op ‘n sloep saam met ‘n aantal vroue en kinders. Hul aanvoerder is Gustave de Villiers, ‘n aantreklike jong edelman van die Kaap wat daar verloof is aan Jolanda van Gijn.

Intussen ontferm die skipper van De Waterlander hom oor die beseerde Jacqueline en vermom, bereik sy die Kaap veilig. Hier word algemeen aanvaar dat sy Honoré Renault is, die lyfeienes en kamenier van die barones Toussaint.

Hier kry sy te doen met Gustave se verloofde, Jolanda van Gijn — en veel later, wanneer Honoré Renault aan die Kaap opdaag, en voorgee dat sy die barones Toussaint is, besef Jacqueline dat sy ewe veel vriende en vyande het. Die verskil is net — haar vriende beskou haar as ‘n slavin en haar vyande dra die haat van jaloerse vroue in hulle...

SLAVIN JACQUELINE, ‘n aangrypende verhaal deur STEFAN RADLOF wat byna oornag een van ons land se gewildste skrywers geword het. Boek uitgegee deur die PRONK-BOEKKLUB.

Lees ook Olof die seerower-reeks deur Gerrie Radlof

Lees ook boeke van Wille Martin

Lees ook seerowerverhale deur Ena Murray

Lees nog Kaapse verhale deur Elmar Steyn