http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Staal Burger

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Fanus Rautenbach het verskeie boeke gekryf. Hy het ook boeke - radiovervolgverhaal - met die naam Staal Burger geskryf:

 

Kliek hier vir meer oor ander van Fanus Rautenbach se boeke

 

staal burger

Staal Burger
boek deur Fanus Rautenbach
1963 uitgawe

La’k julle biele iets vertel; julle biele wat nou hier op die stofomslag lees: as julle hier wil lees wie Staal Burger nou eintlik is en dan wil besluit of julle die boek gaan koop, maak julle ‘n baie groot fout. Jy kan ‘n man nooit op sy baadjie takseer nie, en dus ook nie ‘n boek op sy jassie nie. Hoe sÍ die spreekwoord nou weer? “Die toets van die biltong lÍ in die byt daarvan…” of so iets.

Maar vir die van julle biele wat nog nie van Staal Burger gehoor het nie, wil ek net sÍ: ek wens ek was julle twee. Daar wag ‘n baie groot verrassing vir julle in hierdie boekie.

Om julle so ‘n vae idee te gee van watter soort biel die Staal Burger is, kan ek net meld dat hy ‘n wilde endjie mens is: as ‘n wiel pap word, gooi hy melk en suiker oor en eet dit; as hy verkoue kry, gee hy dit terug en…Maar dit is genoeg. Jul1e gaan so van Staal Burger hou, die meisietjie wat langs julle woon, sal dink julle is met langverlof...so gaan julle hom aanhou lees en lees. En ek wed jou vir die geheime lys van die Poqobeweging teen tant Sannie se siek kat, as jy hom eers begin lees het, gaan jy hom nie toemaak voor jy nie met spyt die onwelkome woorde “DIE EINDE” lees nie.

Geniet dit!
 

 

Staal Burger en Mannetjies de Wet FANUS RAUTENBACH avontuur limpopo

Staal Burger en Mannetjies de Wet - Limpopo avontuur
boek deur Fanus Rautenbach

Staal Burger is ‘n held wat geen bekendstelling nodig het nie. Hy is die moderne ridder wat in ‘n Luiperd Merk III ry — vinnig ry en nog vinniger lewe. Daar wag altyd die een of ander avontuur op Staal; hierdie keer Avontuur Limpopo. Maar Staal Burger is nie die enigste held in hierdie jeugverhaal nie, want Mannetjies de Wet is die seun wat saam met Staal alles in die stryd werp om die gewetenlose Kasper Barendse aan die man te bring.
 Mannetjies de Wet word saam met ‘n groep seuns uitgenooi om ‘n Staal Burger-kamp langs die Limpoporivier by te woon, maar hierdie kamp is in werklikheid deur Barendse gereŽl om die jeug aan dwelmmiddels verslaaf te maak. Barendse is ‘n karakter wat ‘n hiŽna as troeteldier aanhou en wat nie toelaat dat iets in sy pad staan om sy doel te bereik nie.

Maar hierdie keer het hy met Staal Burger en Mannetjies te doen. Verder is Willem Coetsee, Dada, oom Zak en Koos van der Merwe ook daar om op die agtergrond te help waar daar gehelp moet word.

Alles gaan natuurlik nie voor die wind nie, want Barendse het ook sy helpers, en in sy grotvesting is alles tot sy voordeel ingerig.

Avontuur Limpopo is ’n tipiese Staal Burger-verhaal, maar tog ook anders in diť opsig dat ’n nuwe karaktertjie bykom – Mannetjies de Wet, ’n seun wat in Staal se spore trap en van wie daar in latere ervarings ook nog baie gehoor sal word, want sy leermeester is ’n meester en die skrywe niemand anders nie as Fanus Rautenbach.

 

Lees ook ander radio-vervolgverhale deur Leon van Nierop
 

     

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738