http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Speurdersbloed reeks

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Die Speurdersbloed reeks vir tieners was geskryf deur Ben Conradie. Die Speurdersbloed reeks sluit die volgende titels in - (volgens die woordjie wat vooraf in deel ses verskyn):

  • Speurdersbloed-reeks deel 1 : Speurdersbloed (Ben Conradie)
  • Speurdersbloed-reeks deel 2 : Takbokkop se Speurders (Ben Conradie)
  • Speurdersbloed-reeks deel 3 : Nagwolwe (Ben Conradie)
  • Speurdersbloed-reeks deel 4 : Dieprivier se Monster (Ben Conradie)
  • Speurdersbloed-reeks deel 5 : ’n Vis Honderd (Ben Conradie)
  • Speurdersbloed-reeks deel 6 : Die drieling op die spoor (Ben Conradie)

lees ook die Nagwolwe reeks - kliek hier

BEN CONRADIE speurdersbloed-reeks 6 die drieling op die spoor

Speurdersbloed-reeks deel ses : Die drieling op die spoor
Geskryf deur Ben Conradie

In die sesde uitgawe van die Speurdersbloed-reeks, Die Drieling Op Die Spoor, help die drieling, om ’n tergende moordgeheim op te los.

Andre kom een middag tydens ’n wandeling met sy drielingbroers, Arndt en Arnold, op die lyk van ’n man af. Die lyk verdwyn egter op geheimsinnige wyse en André stel op sy eentjie ondersoek in. Verskeie mense se bewegings kom verdag voor en meer as een stel om een of ander rede belang in André se fiets. Een van hulle moet die moordenaar wees, maar wie?

Met elke hoofstuk styg die spanning hoër, tot die verbasende ontrafeling van die geheim deur die polisie, bygestaan deur die drieling.

BEN CONRADIE speurders op die spoor

Speurders op die spoor
eerste uitgawe in 1977
geskryf deur Ben Conradie
 

Niemand wil vir Andre Grobbelaar glo dat hy ’n lyk op die strand gekry het nie. Selfs sy drielingbroers, Arndt en Arnold, staan aanvanklik skepties teenoor hom.

Vasberade om te bewys dat dit nie sommer net sy verbeelding was nie, vat Andre die spoor. Hy beland in die een vreemde situasie na die ander, want hy is nie die enigste speurder op die spoor nie…

Ben Conradie het daarin geslaag om met ’n kombinasie van ’n fyn uitgewerkte speurverhaal en die unieke drielingbroers ’n verhaal te skep wat elke seun se hart vinniger sal laat klop.

Alhoewel dit nie uit die bostaande inligting aanvanklik duidelik is nie, is die twee boeke een en dieselfde. Drieling op die spoor was die eerste en was waarskynlik in 1955 -1956 uitgegee. Daarna is dit in 1977 herskryf en uitgegee as Speurders op die spoor.

Ben Conradie - Speurdersbloed reeks speurders op die spoor par 1

Eerste paragrawe uit “Die Drieling op die spoor”

Ben Conradie - Speurdersbloed reeks speurders op die spoor par 2

Eerste paragrawe uit “Speurders op die spoor”

 

Ben Conradie - Speurdersbloed reeks woordjie vooraf 1
Ben Conradie - Speurdersbloed reeks woordjie vooraf 2

‘n Woordjie vooraf uit Speurdersbloed-reeks deel 6 : Die drieling op die spoor (Ben Conradie)

 

koop 'n boek 4

 

Lees ook die Nagwolwe reeks deur Ben Conradie

Lees ook ander boeke van Ben Conradie - kliek hier

 

koop 'n boek 4

 

Boeke kan besel word by ons aanlynwinkel by www.lizmarboeke.co.za
of skakel 012 345 4040

 

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

 

  •  

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181