http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php skip wessels hugo storm

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

I D Lamprecht skryf verskeie speur & liefdesverhale (romans).

Die dr. Skip Wessels- reeks is:

  1. Die Swart Engel - 1974 (Geskryf deur Jan Lategan)
  2. ‘n Knak in die Kring 1975 (Geskryf deur Jan Lategan)
  3. Vlug van die Feniks - 1976
  4. Pion Op die Blokkiesbord - 1977
  5. Merk van die Vlamlelie -1978
  6. Die Swaai van die Boemerang
  7. Die Bangoed van Agan - 1980
  8. Die Verminker - 1981
  9. Dank jou die duiwel - 1982
  10. Die Judaskeuse - 1984

 

Hugo Storm - privaat speurder

  1. Die derde kant van die Sirkel - 1973
  2. Die Vierkantige driehoek - 1973
  3. Die kleiskyf - 1974
  4. Die plaasvervangers - 1975
  5. Operasie Vyfster 1979
  6. Die Judaskus - 1984
  7. Daar’s ‘n gat in die grond - 1986
  8. Glybaan - 1989
  9. Sonder ‘n Spoor - 1991
  10. Kat aan die Stert

 

Ben Stemmit

Blindemol

koop 'n boek 4

Koot Kampher

Die skaal in my hand - 1973

JAN LATEGAN (Skuilnaam van ID Lamprecht)

Die Rus is Eelders - 1974

Die Swart Engel - 1974 (Dr. Skip Wessels verhaal)

n Knak in die Kring 1975 (Dr. Skip Wessels verhaal)

die Swart Baron - 1976 (‘n Kaapse verhaal)

 

koop 'n boek 4

Die Vierkantige Driehoek - geskryf deur I.D. Lamprecht

 Nog twee koels klap in die motor se bak vas en ek voel hoe die sweet onder my vuil pruik begin uitkruip. Skielik skop ek die remme met alle mag vas, gooi die V8 in laagste versnelling en los die koppelaar. Die gedreun van die kragtige enjin verander in ‘n crescendo van protes en ons skuur skreeuend op die dwarste van die teer af. My agtervolgers gooi ook oombliklik ankers uit, en dit is net waarop ek gewag het. Die rewolwer in my hand blaf vyf keer die nag in. Ek korrel laag, en die laaste skoot tref die motor se voorband.

Hy ruk wild na links en die bestuurder pluk hom terug, maar te hard. Die swart Dodge huiwer net ‘n oomblik op twee wiele voordat dit omslaan, verspot stadig op sy sy tussen die wit klippe deur skuif en oor die afgrond verdwyn.

Dit is ‘n onvolkome wreld di waarin ons leef, het bekende privaatspeurder Hugo Storm gevind toe hy sy vreemdste opdrag ontvang het: om ‘n misdaatbende waarvan niemand iets weet nie, binne te sypel en die hele spul wortel en tak uit te roei - teen ‘n lekker vergoeding natuurlik. Eers gaan dit moeilik en voel dit of Hugo Storm geen vordering maak nie, maar dan begin die wiel te draai en die “visse by aan sy aas”. Hy beleef verskeie spanningsvolle oomblikke, wat verseker enige man se lewe sal verkort, maar Hugo Storm is beslis nie jou algemene privaat speurder nie!

“Ek geniet my werk.” het Hugo Storm altyd ges. Maar dan kom tog dae dat dit moeilik gaan om die regte gesindheid te behou, veral wanneer die hele bende geharde skurke blykbaar geen ander doel voor o het om hom by sy voorvaders te versamel nie. Maar Hugo het , vir die huidige altans, geen sin daarin om die ondermaanse te verlaat nie - veral nie nadat hy met die pragtigste, verruklikste, skatlikste, wonderlikste en lieftalligste blondine van alle tye kennis gemaak het nie.

In DIE VIERKANTIGE DRIEHOEK, van ID Lamprecht, is daar nie eens een vervelige paragraaf nie - dir bevat meer aksie as wat ‘n mens gewoontlik in drie spanningsverhale saam aantref. En die slot is verfrissend anders. Tot op die einde kou mens jou nael en word mens aan die raai gehou. ‘n Man, en moontlik ‘n meisie ook, kan straks veel daaruit leer.

Tuis 2

Daars n gat in die grond   vlug van die fenniks  

Die Rus is Elders - Jan Lategan

Die beeldskone, idealistiese Anna Borman het Stofdraai se stof van haar voete afgeskud om in johannesbug haar jeugdroom te gaan verwesenlik. Ja, sy sou ‘n boeroemde skatryk mannekyn word. Niks of niemand sou haar keer nie...

Maar sommer met haar aankoms in Johannesburg tel sy probleme op. Sy gaan soek vir haar veilig losies in ‘n jeugherberg - en skaars het sy ingetrek, of sy ontdek dat dit ‘n soort ontughuis is.

Anna gryp haar tas en vlug in die nag uit. Maar juis op daardie moment daag die polisie op om ‘n klopjag op die jeugsentrum uit te voer. Anna probeer ongesiens wegsluip, maar word egter deur een van die konstabels as een van inwoners herken, en voorgekeer.

‘n Onbekende man, wat sy ook op die treinstasie opgemerk het, neem haar aan die elmboog, en s aan die konstabel dat Anna sy nooi is en neem haar na die huis van die goedhartige tant Bets.

Behalwe dat Anna later dat haar onbekende helper se naam Georg Bosman is, weier hy om enige verdere inligting oor homself te verstrek. Tog maak hy op die onverwagste tye sy opwagting by tant Bets se huis. Hy help vir anna om werk te kry as mannekyn by ‘n vooraanstaande modehuis en as fotografiese model by ‘n bekende fotograaf. Hy tree op as haar bestuurder en sorg dat sy ‘n fantastiese salaris kry.

Maar wie is hy? Wat doen hy? Hoekom is hy so geheimsinnig. En op ‘n dag ontdek Anna dat daar, sonder haar medewete, naakfoto’s van haar geneem is. Verder dreig die modebaas om die foto’s te versprei en aan haar ouers te stuur as Anna nie alles doen wat hy beveel nie.

Is dit Georg Bosman wat agter alles is? Dit was immers hy wast haar na die afpersers geneem het. Maar Anna kan dit nie glo nie - nie van Georg wat sy intussen liefgekry het nie...

Skryf ook as I.D. Lamprecht.

koop 'n boek 4

Tuis 2

Daar is ‘n Gat in die Grond - I.D. Lamprecht

“Daar is ‘n gat in die grond” s die ou tannie vir private speurder Hugo Storm. Sy praat van prospekteergate, maar vir Storm word dit sommer spoedig duidelik dat iemand hom in ‘n ander soort gat wil bre; ‘n vierkantige gat wat sowat twee meter diep is.

 

Daars n gat in die grond

Private speurder Hugo Storm moet vir sy lewe baklei en sy “vennoot” word sommer ook spoedig betrek. aanslag op aanslag word op Hugo Storm se lewe gedoen en hy weet glad nie hoekom nie. Al wat hy weet is dat dit iets te doen het met die groot gat wat Bill Raymond op tant Em se plaas grawe - maar dis al!

 

Raymond dink skynbaar anders. Om watter ander rede ontvoer hy die skone Myra en dreig hy Storm af? En hoekom dink luitenant Paul Steyn Storm het iets te make met die diefstal van ‘n spul ou juwele en oudhede te doen?

Tuis 2

Kat aan die Stert - I.D. Lamprecht

Met die koue loop van ‘n rewolwer teen sy nek gedruk, hoor Hugo Storm: “Net een beweging en jy is dood...” Hugostorm is ‘n gemerkte man - ‘n private speurder met ‘n oog vir ‘n mooi meisie en ‘n dierlike instink vir selfbehoud anneer gevaar dreig. Van homself s hy: “Ek ken net twee “steps”. Die een in in die moeilikheid en die tweede - nog dieper daarin.”

Sy moeilikheid is hier groot en gevaarlik - Smoothy Johnson en John Edwell kn die onderwreld, en hulle hou nie van Hugo Storm nie. Hy moet blitsvinnig werk. Wat is presies aan die gang by Edwell se kliniek? Jan du Preez is ‘n skatryk magnaat, betrokke by sake van staatsbelang. Watter verband het hy met die geheimsinnige Edwell?

Dinge is lelik deurmekaar. Hoe verder Hugo Storm gaan, hoe groter word die saak, en hoe gevaarliker die speletjie. Skokkende ontdekkings laat hom besef dat hy nie hier die kat aan die stert beet het nie, hierso gaan dit om lewe of dood...

Tuis 2

koop 'n boek 4

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738