http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Seeheks reeks -kobus snyman

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Seeheks reeks deur Kobus Snyman

kobussnyman-seeheks

Seeheks - geskryf deur Kobus Snyman (1978)

Wat het van Gerhard de Provance geword? Met die opdrag om die jong edelman, wat spoorloos in die Kaap die Goeie Hoop verdwyn het, op te spoor, vertrek Simone de Provance in die geselskap van Lefras Courtrelle om na haar broer te gaan soek. Hulle weet dat dit n gevaarlike sending is, maar het nooit kon droom dat daar soveel intrige, geweld, korrupsie en hartseer op hulle wag nie.

Alle navrae lei na een naam: Vlambaard van Osse, die gevreesde seerower, wat die seeroete tussen die Kaap en Madagaskar sy jagveld gemaak het.

Is Vlambaard van Osse verantwoordelik vir die verdwyning van Simone se broer? Maar niemand ken hom nie. Niemand weet wie hy is nie. Sodra sy naam genoem word, is daar n vreesagtige stilte en soms bedekte waarskuwings dat enige persoon wat met Vlambaard se aktiwiteite inmeng, nooit lewendig daarvan afkom nie.

Maar Leafras Courtrelle is n man wat nie deur dreigemente gestuit word nie en hy gaan voort om die geheim te ontrafel en ontmoet die geheimsinnige, verleidelike Marise du Val, wat hom ook waarsku om nie verdere navrae oor Van Osse te doen nie.

Wie is Marise du Val? Wie is Vlambaard van Osse?

Kobus Snyman se Seeheks speel af teen die romantiese agtergrond van die Kaap in die agtiende eeu, toe seerowery nog hoogty gevier het, en galante edelmanne die lewens van hulle geliefdes met die swaard verdedig het.

Die skrywer slaag daarin om n spanningsvolle verhaal te vertel, gelaai met intrige en romantiese karakters, wat nog lewensgetrou geskets is en ons n kykyie gee in die lewenswyse van n vergange tydperk in die ou-Kaap.

 

koop 'n boek 4

 

    Godin van die Boekaniers (1979),

    SEEHEKS: Godin van die Boekaniers - deur Kobus Snyman (1979).

Lucas Zeeland-Brabant lees die brief vir die tweede keer. Die brief is geteken deur goeweneur van die boekaniers in Madagaskar. Dit lui: Dit is met leedwese dat ek u moet meedeel dat Vlambaart van Osse se skepe deur n konfooi franse kapers gesink is. Gerugte lui dat Vlambaard seur n sekere Lefras Coutrelle vermoor is. Verdere gerugte lui dat Marise du Val nog lewe en haar in die Kaap die Goeie Hoop bevind.

Ek ontbied jou dringend hierheen, want jy is die man wat ek gekies het om Marise du Val in die Kaap te gaan haal en hierheen terug te bring. Terselfdetyd moet Lefras Coutrelle tot verantwoording geroep word.

Waarom moet Marise du Val na Madagaskar gebring word en wat is die lot wat vir Lefras Coutrelle wag? Wie is die godin van die boekaniers? Na die dood van Vlambaard van Osse, het sy aangenome dogter, die geheimsinnige Marise du Val besluit om die lewe van boekanier vaarwel te s en op haar plaas te bly. Maar nou het die ruwe Lucas Zeeland-Brabant, boekanier en bloedbroer van Vlambaard van Osse, opdrag om haar te gaan haal. Om watter rede?

Hierdie vervolg op die gewilde SEEHEKS reeks vertel die verhaal van Marise du Valle en Lefras Coutrelle en soos sy voorganger, is hierdie ook n ou-Kaapse verhaal uit die hoogste rakke en sal lesers aangryp en verseker dat hulle ook die ander twee boeke in die reeks, sal lees.

    koop 'n boek 4

 

kobussnyman-kapernimf

 Seeheks: Kapernimf - deur Kobus Snyman (1979)

Voor haar staan n man van middelmatige lengte met n indrukwekkende gesig en skerp o. Hy is geklee in n rooi mantel wat tot op die vloer hang en op sy kop pryk n blou tulband. Die man wat voor haar staan, is in sy vyftigerjare, skat sy.

Is u ekselensie, sjeik Wahab? vra sy.

Dit is ek, antwoord hy in flot Frans.
Hy kyk na die gesig wat in die donker skaduwees van die hooftooisel verberg is. Dit is sy, flits dit deur sy gedagte. Dit is Marise du Val, of Kapernimf, soos haar volgelinge haar noem.

En u, Mademoiselle, is Marise du Val en die dogter van die legendariese Vlambaard van Osse.

Sy staan sprakeloos. Hoe het die magtige sjeik Wahab geweet dat sy Marise du Val is? Toe sy op n baie vernuftige manier sy vesting binnegedring het, wou sy hom verras... en nou het hy haar verras! Die sultan het haar gewaarsku teen die sjeik - hom geskilder as een van die wreedste en verraderlikste heersers in Saoedi-Arabi, maar in haar ywer om Lefras Coutrelle uit die sjeik se hande te bevry, het sy dalk hierdie man onderskat?

Kapernimf is die derde in die SEEHEKSreeks deur Kobus Snyman en lesers sal die verdere avonture van die onverskrokke Lafras Courtrelle en die mooi seerowersvrou, Marise du Val, netso spannend vind as die eerste twee verhale.

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

kobussnyman-wraakoordiesee-seeheks

    Seeheks: Wraak oor die see - geskryf deur Kobus Snyman - is deel van Klub Saffier en in 1982 die eerste keer uitgegee.

    Jare lank reeds verkies die beeldskone Marise du Val die opwinding van n seerowerbestaan bo die rustigheid van n huwelik en n man se liefde.

    In haar omswerwinge ter see met n ontsaglike fortuin in die ruime van Seeheks, het sy te kampe met die sluheid van markies Junot Faggot en kapteins Coligney en du Toit wat die skat vir hulself wil inpalm. Na n seegeveg in Madagaskar word Marise so te s gedwing om saam met Lefras Courtrelle na die Kaap die Goeie Hoop te vaar, met die verstandhouding dat sy daar in die huwelik sal tree en haar seerowersbestaan prys sal gee. in diem Kaap word sy egter onder Lefras se o ontvoer en beland sy in die wrede kloue van die geheimsinnige Bakkebaard. Daar is ook die skurk, Nicolas Lajard, wat sy vir dood in sy villa in Indi laat l het wat skielik weer op die toneel verskyn met wraakgedagtes van sy eie.

    Sal Marise du Val ooit uit hierdie penarie kom? Selfs vir die onverskrokke meisie is daar die keer geen uitkomkans nie, wil dit voorkom. Of sal Lefras Courtrelle, die enigste man wat nog ooit haar belangstelling gaand egemaak het tot haar redding kom? En indien hy daarin sou slaag: sal die ontembare Seeheks ooit aan sy dwingwende huwelikseis gehoor gee?

    Naelbyt spanning, moord, swaardgevegte en listige intrige maak Wraak oor die see n besonderse leeservaring.

     

    Lees meer oor nog ou-Kaapse verhale

 

Klik hier om meer te lees van Kobus Snyman se ander boeke

koop 'n boek 4

Bo