http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Schalkie van Wyk

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Louié Schalkie van Wyk (Sckalkie van Wyk, soos ons haar leer ken het) is op 24 Oktober 1940 in Bloemfontein gebore, en woon vandag in Johannesburg.

Sy sê dat haar geboorte was n rampspoedige gebeurtenis, want sy moes ‘n seun gewees het. Die sproete op haar neus het sy al by geboorte gehad, en dat sy meer plooie as plekke het. Sy is Louié Schalkie, na haar Duitse oupa, vernoem.

Sy het op Vredefort skool gegaan, BA-Tale aan Tukkies gestudeer, en is op een en twintigjarige leeflyd as redaktrise van die jeugblad, PATRYS, aangestel. Dertien jaar later het sy voltyds kleuter-, jeug- en klubboeke begin skryf. Later het sy ook radioverhale begin skryf en ook ‘n Engelse boek, “Old Soldiers Never Cry”, onder die naam, Louié Heine. Sy het meer as 100 boeke en ook 12 vervolgverhale geskryf en was verantwoordelik vir vier kinderplate.

Sy was lank met die skrywer, Mike Heine, getroud — die man wat haar geleer het dat liefde nie net ‘n sprokie is nie. Hulle het ‘n seun, Charles George. en ‘n dogter, Michelle-Philippe. Michelle woon tans in London en is die belangrikste mens in Schalkie se lewe.

Elke oggend, van vier tot vyf, stap Schalkie ses kilometer saam met haar hondjie, Muffin. Sy werk graag in haar tuin en sny nog self die gras. Sy is baie lief vir mense, koek en sjokolade, en sy het altyd ‘n hekel gehad aan telefone en vet - haar vet - want sy moes daarmee saamleef. Sy is jaloers op mense met baie kinders maar hoop om eendag ‘n dosyn kleinkinders te hê.

Om te kan skryf is vir Schalkie loutere genot, moontlik omdat sy nog altyd glo dis nie sy wat skryf nie, maar haar Skepper wat deur haar skryf. In haar verhale deel sy haar drome met haar lesers.

 

Kliek hier vir ‘n lys van Schalkie van Wyk se boeke

Schalkie van wyk1

Foto van Schalkie van Wyk soos van die jare 1980’s

Schalkie van wyk2

‘n Meer onlangse foto van Schalkie van Wyk en Muffin

 

Kliek hier vir ‘n lys van Schalkie van Wyk se boeke

Kliek hier vir ‘n lys van Schalkie van Wyk se boeke

Kliek hier vir ‘n lys van Schalkie van Wyk se boeke