http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php sats Oosthuizen boeklys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Sats Oosthuizen se lys van boeke sluit onder ander in:

  • Daar voor brand die lig - 1955 boek deur Sats Oosthuizen
  • Die baas van Lushof - 1969 boek deur Sats Oosthuizen
  • Die derde maal - 1962 boek deur Sats Oosthuizen
  • Die donderberg dreun - 1962 ou Kaapse era verhaal geskryf deur Sats Oosthuizen
  • Die gees van die woud - 1951 boek deur Sats Oosthuizen
  • Die spits - 1965 deur Sats Oosthuizen
  • Die swart ruiter - 1955 deur Sats Oosthuizen
  • Die vampiere deur Sats Oosthuizen
  • En die golwe dreun verby - 1960 deur Sats Oosthuizen
  • Kilindini - deur Sats Oosthuizen
  • Meisie van die berge - 1964 deur Sats Oosthuizen
  • ‘n Nooi vir Oostenhof - 1959 deur Sats Oosthuizen
  • Seun van die berge - 1969 boek deur Sats Oosthuizen
  • Waar die suidooster woed - 1955 deur Sats Oosthuizen

 

koop 'n boek 4

 

satsoosthuizen- meisievandie berge

Meisie van die berge- boek deur Sats Oosthuizen

Die wrede moord op ‘n vrou en haar dogtertjie bring ontwrigting nie alleen vir die vrou se man, Franko Neethling, nie, maar ook vir die gesin van Leon Marquard.

Onmiddellik na die moord vind die polisie vir Fanko alleen by Annette, vrou van Leon, wat uitstedig was. Dit het die skindertonge so aan die praat gesit dat Fanko verdwyn het na die berge en Leon en Annette se huwelik op die rotse laat loop het. Laasgenoemde se dogtertjie, Ananda, gaan woon saam met haar oupa, prof. Albert Barnard, ‘n vooraanstaande in die musiekwÍreld, op sy plasie tussen die berge, waar hy haar meesterlik in sang onderrig.

Nog iemand word deur omstandighede na dieselfde berge gedryf - die belowende jong sanger, Enro Serton, wat gevolg word deur Wessa van de Venter-Swart, ‘n meisie uit die hoŽ sosiale kringe van die stad, wat op hom verlief is.

Tussen die berge kruis die “vlugteling” se weŽ, en dit lei tot vreemde situasies, wat almal na die stad laat terugkeer, waar dramatiese verwikkelinge wag.

 

satsoosthuizen- diegeesvandiewoud

 

koop 'n boek 4

satsoosthuizenboek- die baas vanlushof boek

Die baas van Lushof
boek geskryf deur Sats Oosthuizen

Die feit dat ek met Chris getroud is, maak my nie gebonde aan hom nie, rnaar dit open sy beursie. Nee, Cydric, ek gaan die lewe geniet, ten volle geniet,” lag Vera saggies.

Hierdie woorde aan ‘n ander man uit die mond van sy verloofde het Chris Jooste verbitterd teenoor die vrouegeslag na sy plaas Lushof laat terugkeer — daar waar die mense eenvoudig is maar opreg. Teenoor die gestrenge Chris is daar die komiese karakters — oom Wou, oom Herklaas, tant Sarie en Snoeka, die joernalis, wie se manewales tussen die ,,hooge dames” die leser dit sal Iaat uitskater van die lag.

En dan is daar Allinda, dogter van die bywoners. Sy, met haar goue stem, het intussen vrou geword — ‘n vrou wat liefhet, maar Chris sien dit nie eens raak nie. Teruggetrek in sy wrok is sy vir hom maar net nog ‘n werker op die plaas. En sy besef nog meer hoe te vergeefs haar liefde vir hom is wanneer die verleidelike Vera weer op die toneel verskyn om te probeer om Chris se Iiefde terug te wen.

Deurspek met humor en kwinkslae is dit ‘n verhaal wat elkeen sal geniet. Daar is ook volop aksie en afwisseling wat die leser end-uit sal boei.

satsoosthuizenboek- Seun van die berge boek

Seun van die berge
boek deur Sats Oosthuizen

 

satsoosthuizenboek- En die golwe dreun verby boeke

En die golwe dreun verby
boek deur Sats Oosthuizen

KAPTEIN KASSIE JOOSTE, ‘ n aantreklike en onverskrokke vliegoffisier van die afgelope oorlog, het aan ‘n sterwende vriend beloof dat hy nie sal rus voor hy sy ontvoerde dogter, Rensa Ormond, opgespoor het nie. Jare lank kon hy geen spoor van Rensa vind nie. Dan kom daar in antwoord op ‘n koerantadvertensie, ‘n briefie in Nairobi gepos, waf sÍ dat sy nog leef.

Uit. sowat tweehonderd man kies kaptein Jooste vir hom vier manne uit om hom op sy soektog te vergesel - ‘n oudbokser, ‘n oudmatroos, ‘n oud-renmotorjaer en ‘n oudvlieŽnier. Met sy koddige maar onverskrokke groepie vergesel van sy eie sekretaresse, die mooie Sita Boshoff, vertrek hulle na Kenia.

Hier.kry hulle heel gou te doen met die blanke orgarisasie agter die Mau-mau-opstande. Maar na ‘n paar spannende belewenisse, en as hulle op die punt staan om Rensa te vind, vlug haar ontvoerders met haar na AlexandriŽ. Die vyf ,,musketiers” sit hulle agterna, net om binne in AlexandriŽ teen die magtige Kommuniste-organisasie vas te loop ...

Lees ook ander Egiptiese verhale

Lees ook verhale deur Wille Martin

Lees ook verhale deur Chris L Marx

Lees ook verhale deur Hannah du Plessis

 

koop 'n boek 4

satsoosthuizenboek- die donderberg dreun kaapseverhaal

Die donderberg dreun
ou Kaapseverhaal deur Sats Oosthuizen

ONDER die galante here en sjarmante dames uit die vroeŽ Kaapse geskiedenis het ‘n juweeldief sy verskyning gemaak. Sy waaghalsige en uiters suksesvoile rooftogte het ‘n onsekere nagmerrie onder die gesiene inwoners geskep. Die hele Garnisoen was op sy spoor ...

Diep in die binneland by die kraal van Ndabe het die Donderberg telkens gepraat en is die lyk van een of ander indoena altyd die volgende oggend onder die kranse gevind ...

Om die juweeldief op te spoor en die donker geheim van die Donderberg bloot te stel, het ingrypende veranderings in die lewe van Pieter de Klerk, gesiene jong inwoner van die Kaap, en sy vier vriende teweeggebring.

Die pragtige Elsabe van Graan, dogter van een van, die invloedrykste inwoners aan die Kaap, en lieflike Anita Bosman, dogter van die Kasteelbewaarder, moes ook deur die smeltkroes gaan voordat Pieter de Klerk weer op Juweel, sy prag-plaas, kon gaan woon.

 

Lees ook verhale van die Buiter deur Gerrie Radlof

Lees ook ander verhale uit die ou-Kaapse era

 

satsoosthuizenboek- die spits boeke

Die spits
boek deur Sats Oosthuizen

Die Spits is soos ‘n pragtige jong vrou wat jou nader wink, uitdagend en vol beloftes, maar as jy vol verwagting intiem nader kom, dan stamp sy jou weg met die woorde: Van ver af kan jy my bewonder, selfs begeer, maar daar eindig dit.

Die Spits het verskeie slagoffers geŽis, en party mense het geglo dat daar ‘n vloek rus op die bergpiek. Onder die slagoffers was Frans Luttig, wat saam met ‘n beroemde oorsese bergklimmer ‘n aanslag gedoen het. Op sy sterfbed het hy aan sy vrou, Alma, gesÍ dat sy gees nie sal rus voordat die Spits oorwin word nie. Sy word alleen agtergelaat met haar seuntjie, met ‘n onvoltooide belofte en ‘n onoorwonne Spits.

Dit word ‘n obsessie vir Alma dat die towerkrag van die berg haar nie sal verlaat voordat die Spits oorwin is nie, Maar in die proses verbied sy haar seun om berg te klim, hoewel dit in sy bloed.

‘n Bekende oorsese klimmer kom na Suid-Afrika om ‘n aanslag op die Spits te doen, en dit lei tot ‘n reeks spannende insidente.

‘n Boeiende roman uit die pen van ‘n ervare skrywer, Sats Oosthuizen.

 

 

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

 

 

 

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738