http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Sarah du Pisanie

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Sarah du Pisanie was ook ‘n geliefde skrywer van Afrikaanse liefdes romanse. Van die boeke wat sy geskryf het sluit die volgende titels in:

  1. Aandeel in die liefde - Sarah du Pisanie
  2. As sweep klap , 1990 Sarah du Pisanie
  3. As die Nina-wind waai Sarah du Pisanie
  4. Danskraal - Sarah du Pisanie
  5. Die Baron van Rauenshof , 1991 Sarah du Pisanie
  6. Die huis van Makir -Sarah du Pisanie
  7. Die Kralebruid, 1989
  8. Die losprys - Sarah du Pisanie
  9. Die meisie van toekomspoort - Sarah du Pisanie
  10. Die rooiduiwel van Rotskloof - 1985
  11. Die Suidwestertjie - 1985 - Sarah du Pisanie
  12. Die vrouens van Nonniesrus - Sarah du Pisanie
  13. Die voorskootbataljon - Sarah du Pisanie
  14. Die voshaar van Biesiesvlei
  15. Die winskopie - 1986 - Sarah du Pisanie
  16. Die woestynplantjie - Sarah du Pisanie
  17. Dierbare drosters, 1987 - Sarah du Pisanie
  18. Emma - Sarah du Pisanie
  19. Erfgenaam vir die Baron - Sarah du Pisanie
  20. Fontein in die dorsland - Sarah du Pisanie
  21. Fort van die kappiedraers - Sarah du Pisanie
  22. Gedeelde geluk (nou weer heruitgegee deur Lapa)         koop 'n boek 4
  23. Hard soos kameeldoringhout - Sarah du Pisanie
  24. Jakkalswater, 1982 - Sarah du Pisanie
  25. Katrietjie - 1986 - Sarah du Pisanie
  26. Liefde is 'n sprokie - Sarah du Pisanie (eers verskyn onder skuilnaam Elna Senekal)
  27. Liefde per dosyn
  28. Liefste Koos, 1984 - Sarah du Pisanie
  29. Maroelas uit Libanon - 1990
  30. My hartjie, my liefie - 1984 / 1995
  31. 'n Juffrou vir Skurwekop
  32. ‘n Kans vir Liefde
  33. 'n Nooi vir Omdraaikrans - 1987 - Sarah du Pisanie
  34. 'n Prinses vir Somi (opvolg van “Prins van die duine)
  35. Piet se beurt (nog stories oor Jakkalswater se mense)
  36. Prins van die duine, 1988 - Sarah du Pisanie
  37. Sandroos uit Meob - Sarah du Pisanie
  38. Soentjies vir Lani - Sarah du Pisanie
  39. Toe kom Klaartjie, 1989 - Sarah du Pisanie
  40. Ver reis na die liefde - 1992- Sarah du Pisanie
  41. Vir 2 koppies meel - 1990
  42. Vrou vir Herman
  43. Waar die Suiderkruis hang - Sarah du Pisanie

koop 'n boek 4   koop 'n boek 4  koop 'n boek 4  koop 'n boek 4

 

sarahdupisanie-as die sweep klap

As die Sweep klap - Sarah du Pisanie
Die boek is in 1990 uitgegee deur Tafelberg

Toe al hoe meer mense uit die Kolonie besluit om oorkant die Grootrivier vir hulle ‘n nuwe heenkome te gaan soek, laai Piet Vermeulen van die Tarka ook sy wa. Sy skoonsuster Letta weet dat sy noodgedwonge met hom en sy gesin sal moet saam. Die laaste ses jaar al moes sy in sy o kyk vir haar onderhoud. Ses jaar lank moes sy die hartseer en vernedering deurmaak om by hom en haar jonger sussie te moet inwoon. En dit terwyl dit aanvanklik sy was aan wie hy hom verloof het.

Onverwags kom daar uitkoms. Omdat hy self te oud is om Hendrik Potgieter se trek mee te maak, bied Meester van der Doorn vir Letta die pos as onderwyser aan. En nie net dit nie: hy gee vir haar ‘n wa, toegerus met alles wat sy sou nodig kry in die vreemde. Nou kan sy uiteindelik onafhanklik word en ‘n eie lewe begin.

Van die liefde vir Piet Vermeulen, wat in weerwil van alles nog in haar hart is, kas sy haar egter nie maklik losmaak nie. Selfs nie toe die fors, simpatieke vrygesel, Brand Fouch, by hul trek aansluit nie.

Teen die agtergrond van die Voortrekkers se stryd om vryheid en ‘n nuwe vaderland, is As die sweep klap die verhaal van ‘n jong meisie se eie worsteling om nuwe lewensruimte, en ook om hoop vir haar geknakte gees.
 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

 

Bo
 
sarahdupisanie-die baron van rauenshof

Die baron van Rauenshof - Sarah du Pisanie
die boek is uitgegee in 1991

Adolf von Rauenstein trou teen sy aristokratiese veder se wil met ‘n meisie benede sy stand, wat verwydering en verbittering tussen hulle veroorsaak.

Hy en sy jong bruid gaan na Duitswes- Afrika (Namibi) om die land te help mak maak. Adolf sterf in ‘n oorlog en laat Maria met drie klein dogtertjies agter.

Maria se longe word deur ‘n seldsame longkwaal aangetas en sy moet dringend gespesialiseerde behandeling in Switzerland ondergaan. Sy het egter nie genoeg geld vir die reis of behandeling nie.

Sonder Maria se medewete skryf haar suster, Heidi, ‘n pleitbrief om geldelike hulp aan Adlof se familie in Duitsland. Baron von Rauenstein laat weet dat hulle Maria se behandling sal betaal indien sy haar oudste seun in Duitsland sal laat bly om ‘n volwaardige erfgenaam van die Rauenshof-kasteel en Rauenstein rykdom te laat opvoed.

Heidi weet goed dat Maria nie ‘n seun het nie, tog antwoord sy per kabelgram dat die baron se voorwaarde aanvaar word en sy, Maria en die drie dogters vertrek spoedig na Europa.

Maria word in die kliniek opgeneem en Heidi en die dogtertjies gaan na Raunshof. ‘n Hele paar verrassings wag op Heidi na hul aankoms in die Rauenshof-kasteel. Sy het nie rekening gehou met die jarelange verwydering van Adolf se vader, baron Oscar, en sy jonger broer, die verbitterde, siniese baron Johann nie!

Sarah du Pisanie sorg vir vuurvonke en romanse in een van haar heel beste liefdesverhale, Die baron van Rauenshof, waarin die skanse van verbittering, haat en afsydigheid verkrummel voor die aanslag van onskuld en opregte liefde.
 

koop 'n boek 4  koop 'n boek 4

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

Bo
 
sarahdupisanie-prins vandieduine
 Prins van die duine - Sarah du Pisanie - 1988 uitgegee

Dit is die begin van die agtiende eeu. Die jong Gustav du Bois, op pad om ‘n erfporsie in Frankryk in ontvangs te gaan neem, word aan die Kus van die Dood aan wal gesit nadat die skeepsdokter verklaar het dat hy pokke het.

Hy kom egter te wete dat dit ‘n slim set was van Pierre Menanteau om van hom ontslae te raak sodat hy sy erfporsie kan inpalm.

Vyftien lange jare bring Gustav aan die Kus van die Dood deur, jare waartydens hy die byna onmoontlike vermag en nie net oorleef nie, maar ook hoof word van ‘n magtige stam en ‘n pragtige stad, Somi, in die woestyn laat verrys. In die jare groei sy haat vir Pierre Menanteau tot iets sterker as hy self, word sy voorneme om hom te laat boet vir sy wreedheid, steeds meer onwrikbaar.

Uiteindelik breek die oomblik aan. Groot is prins Gustav se ontnugtering wanneer Pedro nie vir Pierre Menanteau aan wal bring nie, maar wel sy dogter, Marietjie. Vir Marietjie is dit soos ‘n nagmerrie. Sy word op ‘n verlate kus wakker nadat sy die vorige aand soos gewoontlik gaan slaap het; sy weet dat die skip met haar verloofde op sy reis na Frankryk voortsit - sonder haar. Sy glo dat haar verloofde na haar sal kom soek, maar sal sy dan nog leef op hierdie barre en onherbergsame landdeel?

Sy word gered, maar beland in die mag van ‘n man wat skynbaar van plan is om haar sy persoonlike slaaf te maak vir die res van haar lewe....

Prins van die duine is nog ‘n meesleurende, romantiese verhaal uit die pen van Sarah du Pisanie

Lees ook die vervolg “n Prinses vir Somi

 

Lees gerus ook Annelize Morgan se boeke/ liefdesverhale oor die woestyn

Lees Ena Murray se boek / liefdesverhaal oor die woestyn

Lees gerus ook Chanette Paul se woestyn liedsesverhale

 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

Bo

 

sara du pisanie -die kralebruid

Die kralebruid- Deur Sarah du Pisanie geskryf en in 1989 uitgegee

Isa het in ‘n weeshuis in Holland grootgeword. Op twaalfjarige ouderdom word sy aan ‘n herbergier in die Kaap de Goede Hoop verkoop, en ‘n lang seereis na die land in die Suide begin. Toe die skip in ‘n storm tot niet gaan, spoel Isa uit op ‘n vreemde strand in ‘n vreemde land.

Die dierbare Ma-Nina maak haar “kind van die gode” as haar eie groot en Isa verleer in ses jaar alles wat die beskawing haar kon geleer het.

Gerrit en Pieter van Reenen gaan gereeld op ekspedisies in die Noorde. Die wyse Ma-Nina vertrou die agtienjarige Isa aan Gerrit toe, maar dit is by Pieter wat haar aardsheid aanklank vind. Terug in die beskawing word Isa eiendelik aan die gemeentskap as ‘n dame voorgestel, totdat sy die aand met die natuur in haar bloed losbars... met verreikende gevolge.

Die kralebruid is ‘n puik roman met pittige dialoog en volronde karakters. Sarah du Pisanie wys weer eens dat sy ‘n fyn sin vir humor en romanse,asook ‘n unieke skryfstyl het.

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

Bo
 

sarahdupisanie-die voorskoot batteljon  sarah du pisanie -die voorskootbataljon2

Die voorskootbataljon deur Sarah du Pisanie

Anna Joubert, haar vyf dogters en tannie Maud vertrek sak en pak uit Kaapstad Suidwes toe om hulle erfporsie in besit te neem. By die prokureur aangekom, verneem hulle egter dat hulle nie die plaas Standersfontein gerf het nie, maar net ‘n gedeelte van die plaas met die huis wat haar pa later vir sy voorman laat bou het, daarop. En waarvan, dink haaroupa, moet sy, haar vier susters, en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?

Dit is vir Anna ‘n geweldige skok, maar veral vir Karlien, haar dogter wat haar oupa se liefde vir grond gerf het. Karlien het gehoop dat sy nou haar ideaal om te kan boer, sal kan verwesenlik.

Hulle ontmoet vir Johan Lindeque, die nuwe eienaar van Standersfontein, en Karlien is dadelik vyandiggesind teenoor hom. Karlien vermoed dat Johan geknoei het om Standersfontein in die hande te kry, en haar vermoede word deur Bert Landman, haar oupa se stiefseun, bevestig.

Die Voorskootbataijon deur Sarah du Pisanie is ‘n lekkerleesverhaal met baie humor en misverstande. Dis ook ‘n verhaal wat Suidwes-Afrika sommer diep in die leser se hart laat kruip.

 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

 

sarahdupisanie-virtweekoppies meel

Vir twee koppies meel - deur Sarah du Pisanie. Die eerste druk was in 1990

Die rooikop-Anke, die verleidelike Hilka, die goedige Liesl, die huislike Gretchen en die frisse Marthe - vyf uiteenlopende meisies op pad na die vreemde land, Suidwes, om met wildvreemde mans te gaan trou. Wat nie een van die ander meisies egter weet nie, is dat Anke spesiaal “bestel” is as vrou vir Kurt von Brandis - die kaptein met die vlasblonde hare en helderblou o.

Kurt is Anke se jeugliefde, en dit is met ekstatiese opgewondenheid wat sy uitsien na hulle hereniging en ‘n lang gelukkige lewe saam met Kurt. Maar kaptein Kurt von Brandis is egter Suide toe op een van sy talle inspeksies, en as alternatief om terug te keer na Duitsland, gebied ‘n wildvreemde man Anke om dag in en nag uit brood te bak. Haar rooikopgesindheid vat vlam ... en die hare waai!

Vir twee koppies meel is ‘n sprankelende roman wat borrel van lewe en die liefde - ‘n pittige boeiende verhaal soos net Sarah du Pisanie dit kan skryf!

 

Lees ook boeke deur Helene de Kock - speel af in die Riemland

 

koop 'n boek 4  koop 'n boek 4

Bo

 

sarahdupisanie-fonteinindie dorsland

Fontein in die dorsland - Sarah du Pisanie

Dit is die jaar 1874. Maria Lodewyk Groenewald maak deel uit van ‘n trek oppad Angola toe. Hulle moes twee weke gelede by die Ngami-meer laer trek omdat Maria siek geword het. Die afgelope drie maande se ontberings en swaarkry deur die Kalahari-woestyn het sy tol geis - Maria het haar lankverwagte baba verloor.

Hoe hard sy ook probeer om die sinvolheid van die trekkery in te sien, kan sy net nie die verskriklike dors en hitt van die dorsland vergeet nie. Vir Lodewyk gaan dit egter om ‘n wondelike toekoms wat daar anderkant op hulle wag, terwyl sy ‘n voorgevoel het dat hulle twee saam uit hierdie woestyn en moerasse gaan kom nie.

Nou is hulle weer an die trek - ‘n roete wat na kinderspeletjies gelyk het omdat die dro woestyn agter hulle gel het: ‘n paradys het verentoe op hulle gewag, so het hy geglo. Maar nou is hulle in ‘n donker poel van moerasse, vlie, muskiete en tsetsevlie, en kommer, verslaentheid en vrees oor die dag van more hang soos ‘n donker kleed oor die laer.

Toe verskyn Kas Jordaan een aand langs die kampvuur - ‘n lang, skraal vreemdeling wat aanbied om hulle uit die moerasse uit te lei, maar dan weer deur die woestyn...

In Fontein in die dorsland vertel Sarah du Pisanie die deernisvolle verhaal van ‘n vrou se stryd om oorlewing: ‘n vrou wat deur haar vese, leed, haat en bitterheid gelouter word totdat sy op ‘n dag as ‘n heel ander mens ‘n kosbare soenoffer in ontvangs neem.

 

(Lees ook Tryna du Toit se Die wit magnolia)

Lees gerus ook Annelize Morgan se boeke/ liefdesverhale oor die woestyn

Lees Ena Murray se boek / liefdesverhaal oor die woestyn

Lees gerus ook Chanette Paul se woestyn liedsesverhale

 

 

sara du pisanie -my hartjie my liefie  sara du pisanie -my hartjie my liefie2

My hartjie, my liefie - Sarah du Pisanie

Alet besluit dat Walvisbaai die aangewese plek is om haar hartseer en verlange te gaan vergeet. Na ‘n treinrit van vyf dae in versegende hitte kom sy op hierdie ouwreldse dorpie aan. Die algehele verlatenheid, die digte misnewels, die eenvoudige houthuisies en die vaal sand laat haar twyfel oor die wysheid van haar besluit om so ver weg te vlug. Om alles te kroon, is daar niemand om haar op die stasie te ontmoet nie.

Louis Erlank, Alet se prinsipaal, is alles behalwe ‘n ou man naby aftreeouderdom. Hy is jonk, ongetroud en baie sinies, veral oor meisies soos Alet, met blonde hare en blou o.... Van die begin af spat die vonke tussen hulle, want Alet het ook al genoeg gehad van ongeskikte mans.

Gerhard, ‘n aantreklike, jong wewnaar op die dorp, begin by Alet kuier en Louis sien deur sy sitkamervenster hoe vriendelik Alet van hom afskeid neem. En by ‘n filmvertoning ontmoet Alet die pragtige Ilze, ‘n lang, Duitse blondine wat heelaand besitlik aan Louis se sy bly.

My hartjie, my liefie is ‘n liefdesroman wat in die veertigerjare in Walvisbaai afspeel.

koop 'n boek 4

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

Lees ook boeke deur Helene de Kock - speel af in die Riemland

Bo
 

sara du pisanie -Ver reis na die liefde   sarahdupisanie -Verreisnadie liefde-lapa

Ver reis na die liefde - Sarah du Pisanie

Dit is 1892. Ernst Kreft, ‘n luitenant en mediese dokter in die Schuttruppe, kyk na die vyf tentwaens van die eerste Duitse setlaars wat pas in Duiswes (Namibi) aangekom het. Hy en sy regiment gaan die setlaars na Windhoek vergesel, maar daar blyk ‘n probleem by een van die waens te wees.

“Luitenant!” ‘n Skraalgeboude meisie met ‘n lang, blonde vlegsel kom staan uitasem langs Ernst se kameel. Sy vra hom of hulle kan uitspan aangesien daar ‘n baba ia wat baie siek is.

Ernst maak ‘n leersak los wat aan die kameel se saal hang, klim af en stap ‘n ent terug.
“Waarheen gaan jy?” vra sy vererg.
“Ek gaan na die kind kyk en besluit of dit ernstig is of nie.”
“Sal ek nou vir jou staan en jok?” vra sy vies.
“Hierso!” Ernst druk die teuels in haar hande en sien hoe sy vinnig wantrouend na die loslip-klosvoet kameel loer. “Hou vas die kameel en hou op om jou oor alles te wip.”
 

Dit is die begin van Hilka Auge en Ernst se avontuurlike lewe saam. Hulle oorkom die talle struikelblokke wat ruwwe en ongetemde land meebring. Selfs die skermutselinge met die inboorlinge kan hulle nie onderkry nie. Dis net die misverstande in die weg van die liefde wat onoorbrugbaar voorkom.

Sal Hilka se onverskrokkenheid haar help om die liefde te laat sevier? Gaan die trotse Ernst glo dat van geloof, hoop en liefde, liefde die grootste is?

 

(Lees ook Tryna du Toit se “Die wit magnolia”)

 

sara du pisanie -die voshaar van biesiesvlei

Die voshaar van Biesiesvlei - Deur Sarah du Pisanie geskryf

Verpleegster Ester Marais ril liggies toe die koel aandluggie oor haar arms vee. Sy wag nou al drie dae by die sendingstasie vir die sendeling om op te daag en haar met sy ossewa na ‘n sendinghospitaal te neem. Sy besluit om maar ‘n lamp op te steek en een van die vergeelde boeke in die studeerkamer te lees.

Skielik hoor sy perdepote en toe ‘n luide geklop aan die agterdeur. Toe sy oopmaak, staan ‘n verwaarloosde jongman voor die deur wat dringend die sendeling wat ook ‘n dokter is, soek. Hy s daar is ‘n man op hulle plaas, Biesiesvlei, wat dadelik ‘n dokter nodig het. Ester verduidelik dat die sendeling ongelukkig nie daar is nie.

“Kan ... kan jy ook ‘n mens dokter?” vra die jongman vervolgens kortaf.
“Ja...”s Ester benoud. “Wat... makeer die persoon?”
“Dit maak nie saak nie....kom!”

Ester word hardhandig by die huis uitgesleep en na die plaashuis geneem. Daar word sy voorgestel aan Wittes, Poena, Kleinjan en Dries., wat haar kom haal het. Die gewonde man se naam is onbekend aangesien niemand hom vantevore gesien het nie.

Ester verplaag die man se skietwond, maar kom gou agter dat die vier manne, wat haar senuweeagtig help, iets vir haar wegsteek. Op haar vra oor waar die man geskiet is, hoekom hy geskiet is en hoe hulle hom gekry het, gee die mans mekaar onderlangse kyke en vir haar soms teenstrydige antwoorde.

Alles is nie pluis nie. ester besluit dat sy gaan uitvind wat die ware toedrag van sake is.

Op Biesiesvlei in die ou Suidwes ontrafel Ester die raaisel, ontdek skokkende gebeure en leer dat die pad wat na die ware liefde lei vol hindernisse is.

koop 'n boek 4

Bo
 

sarahdupisanie-jakkalswater

Jakkalswater- geskryf deur Sarah du Pisanie
wenverhaal in die kategorie vir nuwelingskrywers in die J.P. van der Walt se landwye wedstryd van 1981

Ver in suidwes ontvang oom Bennie ‘n brief van Grieta - aan wie hy baie jare gelede verloof was - waarin sy hom vra om na haar dogter Magtiet om te sien. Hy het ‘n ereskuld om aan Griete te betaal en hy kan nie weier nie. Magriet kom op Walvisbaai aan en Daan - een van die mans wat saam met oom Bennie op Jakkalswater woon - moet haar nie net gaan haal nie, maar boonop met haar trou voordat hy haar plaas toe bring, want op Jakkalswater woon net ‘n klomp wilde mans wat nie aan vrouegeselskap gewoont is nie.

Magriet kom met goeie bedoelings daar aan, maar toe sy hoor hoekom Daan ingestem het om met haar te trou het die vonke begin spat...

Jakkalswater was die wenverhaal in die kategorie vir nuweling skrywers in die J.P. van der Walt se landwye wedstryd van 1981.

 

Lees ook Piet se beurt, wat ook handel oor Jakkalswater se mense

 

 

sarahdupisanie -die woestynplanjie

Die Woestynplantjie - geskryf deur Sarah du Pisanie

In die ongerepte woestynwreld van Suidwes-Afrika is dit slegs die geharde woestynplantjie wat die aanslae van die natuur en elemente kan weerstaan. Ongeag skroeiende winde, ‘n bloedige son en vrieskoue nagte, staan die woestynplantjie fier en regop en verleen skoonheid aan die dor en verlate landskap.

So ‘n woestynplantjie is Estelle Retief. Op ‘n sendingstasie in die woestyn het sy gewoond geraak aan die harde lewe, geleer om op haar eie voete te staan, maar ook om die klein dingetjies in die lewe te waardeer.

Na haar ouers se dood aanvaar Estelle ‘n betrekking as verpleegster en geselskapdame in die herehuis van baron Hein von Lindeque, waar sy die versorging van die baron se verlamde jonger broer moet behartig. Christo von Lindeque is ‘n verbitterde jong man, terwyl die baron onder die groot las van skuldgevoel al bykans afgeleer het om te glimlag.

Karin von Lindeque, hulle hooghartige stiefmoeder, skroom nie om haar misnoe uit te spreek oor die “boerse skepseltjie” wat Christo moet versorg nie.

Na slegs een dag in die Von Lindeque-woning slaan Estelle byna op die viug. Maar ‘n geharde woestynplantjie laat hom nie sommer deur elke stormwind onderkry nie — en Estelle besluit om te bly!

Sarah du Pisanie het reeds ‘n tradisie geskep. Hierdie verhaal, wat speel in die dae van die Suidwes van ‘n paar dekades gelede, is geen uitsondering nie. Die woestynplantjie is suiwer leesgenot van begin tot einde!

 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

Bo

sarahdupisanie-n juffrou vir skurwekop

'n Juffrou vir Skurwekop - Sarah du Pisanie

Toe Annie Delport die oggend op Skurwekop as die nuwe onderwyseres aanmeld, word sy die eerste vrou wat die heiligdom van hierdie seunskool betree. Want Skurwekop se horskool bestaan slegs uit die skoolhoof, Bertus Kruger, nog ‘n onderwyser, Anton Fourie, en dertig lewenslustige tienerseuns!

Bertus Kruger weier dan ook volstrek om haar as lid van sy personeel te aanvaar. Hy regeer die seuns met ‘n ysere hand en sien geen plek vir ‘n vrou op Skurwekop nie. Maar dan beland Bertus in ‘n penarie, want Anton Fourie word ernstig siek en by kan nie man-alleen vir al die seuns skoolhou nie. Hy moet die teenwoordigheid van Annie by die skool en in die koshuis noodgedwonge duld, maar by weier om iets te doen om die lewe vir haar makliker te maak.

Annie Delport is egter nie ‘n vrou wat weghardloop van ‘n moeilike situasie nie, en met ‘n hart vol menseliefde en ‘n onblusbare lewensvreugde begin sy die stryd om Bertus en die seuns te leer om mekaar te aanvaar, en om hulle te leer dat ‘n kind se skooldae ook daar is om geniet te word. Maar veral wil sy aan hom bewys dat sy in staat is om die seuns te beheer, en dat sy ‘n goeie onderwyseres is.

‘n Juffrou vir Skurwekop deur Sarah du Pisanie is ‘n boeiende verhaal wat die leser laat deel in die wel en wee van die personeel en skoliere van klein landbouskooltjie iewers naby Otjiwarongo in Suidwes-Afrika.

sarah du pisanie -Die vrouens van Nonniesrus

Die vrouens van Nonniesrus - deur Sarah du Pisanie

    Op ‘n klein en stowwerige dorpie soos Nonniesrus, is hubare jongmans so skaars soos hoendertande, en dus is die hele gemeenskap in rep en roer toe twee jongmans hulle hier kom vestig: Dokter Anton Greyvenstein neem ou dokter Walters se praktyk oor en sy boesemvriend, Hugo van Wouw, het ‘n plaas in die omgewing gekoop waarop hy gaan boer.

    Vir die Van Wyk-gesin, wat uit drie pragtige dogters bestaan, is Anton en Hugo ‘n welkome gesig maar tog is dit vir Maria van Wyk, ma van die oulike klomp dogters, asof Anton met ‘n geheim rondloop. ‘n Geheim wat dalk die lewe vir die Van Wyk-gesin baie moeilik kan maak.

    Hugo is dadelik aangetrokke tot Tilla, terwyl Anton met sy koue o die lewe vir haar as sy ontvangsdame onuithoudbaar maak. Waarom is Pollie en Maria so vreesbevange met Anton in die omgewing? Watter geheim word weggesteek vir die o van Nonniesrus?

    Hierdie verhaal getuig van ‘n sinlose en allesvernietigende haat wat een persoon se menswees so ingeneem het dat dit amper die lewens van ander onskuldige mense vernietig het.

Sarah du Pisanie se boek Die vrouens van Nonniesrus is ‘n diep menslike verhaal vol onsekerheid en vergifnis.

 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

Bo

sara du pisanie -Sandroos uit Meob

Sandroos uit Meob - deur Sarah du Pisanie

Toe diamante op Oranjemund ontdek is, het al wat delwer is in dolle haas opgepak en soon toe vertrek. Ook die delwers van die dorpie Meob het verkas, sodat daar van al die inwoners uiteindelik net twee oorgebly het: Ansa en die gelowige suster Theresa.

Dan daag die gewonde vader, Sebastiaan, by hul nederige huisie op en ten spyte van hul getroue verpleging, sterf by. Alleenwees op die spookdorp is skielik hul voorland. Iemand sou hulle egter wel kom haal, of s het hulle geredeneer, want hoe sou twee vroue alleen die mas opkom in die dor, genadelose woestynland?

Sandroos uit Meob is ‘n pragroman deur Sarah du Pisanie — ‘n vaardige skryfster met ‘n diep liefde vir haar hartland. In hierdie verhaal word die leser weggevoer na die ou Suidwes en die karakters en gebeure is in ‘n waas van ou-wreldse romantiek gehul. Die leser beleef as‘t ware sm die gebeurde en maak ook deeglik kennis met die ongenaakbaarheid van die streek.

 

sara du pisanie -Fort van die kappiedraers

Fort van die kappiedraers - deur Sarah du Pisanie

Toe Stieneke Kitshoff besluit om die geborgenheid en gemak van haar ouerhuis op Stellenbosch te verruil om vir ‘n paar kinders op ‘n eensame plaas in Suidwes-Afrika private onderrig te gee, was sy onbewus van wat op haar gewag het.

Op die buurplaas van Piet Coetzee waar sy onderrig gaan gee, was Teuns Marais — Teuns wat haar op Stellenbosch, waar hulle saam studeer het, laat belowe het dat sy Suidwes toe sou kom sodat hulle kon trou.

Stieneke se aankoms in Suidwes val egter saam met ‘n Herero-opstand en berigte van geplunderde plaashuise, vermoorde mans, vroue en kinders en ander wat die wildernis in gedryf is.

Saam met die Coetzee-gesin en nog ander vlugtende vroue en kinders soek Stieneke-hulle skuiling in ‘n verlate fort op Ovikokorero. Hier sou Stieneke haar fyn en beskermde opvoeding meer as een dag verwens wanneer sy met die bekwaamheid en bedrewenheid van die vroue en meisies van hierdie harde wreld kennis gemaak het. Magtelose woede het haar lam gelaat wanneer die reuse en geharde Jaap Venter met haar onbeholpenheid die spot gedryf het.

Sy leer boonop die pragtige, lenige Karo ken — bedrewe in die hantering van ‘n geweer, ‘n kranige.ruiter en alles wat ‘n man in hierdie harde wreld van ‘n vrou kan begeer. Boonop hoor sy dat Teuns knaend by Karo gekuier het. Sou dit die rede wees waarom Teuns juis skielik op ‘n jagtog vertrek het met Stieneke se aankoms in Suidwes?

Die leser loop saam met Stieneke op die harde pad om haarself te bewys aan die mense om haar; wil saam met haar tou opgooi en liewer na die beskawing terugkeer. Maar groei ook saam met haar allengs al vaster aan hierdie ongenaakbare wreld en sy mense.

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

Bo

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

sarah du pisanie -'n Prinses vir Somi

'n Prinses vir Somi - deur Sarah du Pisanie
(‘n vervolg op “Prins van die duine”)

Ansie Tredoux se pa was ‘n bekende ontdekkingsreisiger aan die Kaap die Goeie Hoop en sy wou altyd graag van sy ontdekkingstogte meemaak. Voordat haar wens egter bewaarheid kan word, sterf hy.

Toe haar oom, die goewerneur aan die Kaap, dus ‘n ekspedisie stuur om die onbekende stuk land noordwes van die Grootrivier te verken, gryp sy die geleentheid met albei hande aan en oorreed hom om haar saam te stuur. Haar eintlike belangstelling l egter in die geheimsinnige stam wat volgens oorlewering iewers in die landstreek in ‘n stad tussen die duine woon. Sy wil hulle opspoor en ‘n boek oor hulle skryf.

Hoewel die ander ekspedisielede vir haar lag en met haar geheimsinnige stam spot, is Ansie vasbeslote om die mense op te spoor. Dit doen sy ook dan toe sy op ‘n dag in die woestyn verdwaal en deur die stamlede gered en na hulle stad, Somi, gebring word.

Al probleem is dat as jy eenmaal in Somi is, jy dit nie weer mag verlaat nie. Boonop verdink die aantreklike prins van Somi haar daarvan dat sy en een van die ander lede van die ekspedisie ‘n slinkse plan beraam het om Somi van sy skatte te beroof.

Met hierdie avontuurlike, romantiese verhaal, ‘n, Prinses vir Somi, het Sarah du Pisanie ‘n waardige vervolg vir Prins van die duine geskryf, waarin ware liefde sevier, ondanks agterdog en afsydigheid.

 

sarahdupisanie -Maroelas uit Libanon

Maroelas uit Libanon - deur Sarah du Pisanie
Die boek is in 1990 uitgegee

4 Julie 1915: die slag van Gaub in Duits- Wes.
Henning de Waal, ‘n lid van die Unietroepe, beloof op die slagveld vir die noodlottig gewonde Duitse reservis, Johan Visagie, dat hy sal omsien na die se sterwende vrou en minderjarige kinders.

Op die plaas, Libanon, aangekom, aanvaar Henning dat Bennie, die oudste, ‘n seun is en niemand help hom reg nie. Sy aanvanklike onbeholpenheid met die versorging van die vier klein dogtertjies ontwikkel spoedig in ‘n taak wat hy met liefde aanpak.

Op ‘n dag, na ‘n spelery in die damwater, kom Henning tot ‘n skokkende ontdekking: Bennie is dan ‘n vrou! Die lewe gaan egter weer rustig voort op die plaas en daar heers harmonie, totdat Pa-Johan se skoonsuster — asof uit die niet — opdaag. Sy wil die jongste vir haar opeis, maar het nie daarmee rekening gehou dat die Visagies ‘n saamkoekerige spul meisiekinders is nie!

Henning en Bennie, wat beide die kinders onvoorwaardelik liethet, word gedwing om blitsig ‘n plan te maak om die situasie te red — anders is hulle die kinders kwyt. Die band wat hulle bind, laat beide stof tot nadenke: Is sy net dankbaar? wonder hy. Sien hy rrig vir so baie van hulle kans? twyfel sy.

Maroelas uit Libanon sal Sarah du Pisanie se baie aanhangers beslis nie teleurstel nie. Dis ‘n pittge, menslike en gewis
romantiese verhaal.

 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

Bo

sarahdupisanie -n Nooi vir Omdraaikrans

'n Nooi vir Omdraaikrans - Sarah du Pisanie

Hilda Cronj is ‘n selfsugtige, bedorwe rykmanskind wat almal om haar altyd manipuleer en die kuns baie goed verstaan om haar sin te kry. So lei sy haar ou skoolvriendin, Mariet Fourie, om die bos toe sy haar laat weet dat sy vir haar die kans van ‘n leeftyd het: daar is ‘n pos as tikster beskikbaar by ‘n sielkundige wat besig is om boek te skryf.

So kom Mariet op Omdraaikrans aan, maar helaas! Haar ontvangs is uiters koud — en alles is anders as wat sy haar dit voorgestel het: die netjiese middeljarige dame wat haar by die deur ontvang, is die dokter se tante en nie sy vrou nie; die dokter is jonk en aantreklik en nie oud nie; daar is ‘n hele kaboedel kinders wat ook die huis met hulle deel; en vanuit die staanspoor behandel die dokter en sy tante haar koel en byna onbeskof— en Mariet kan nie verstaan waarom nie. En hoekom is almal verbaas oor haar optrede? Wat ! agter alles? Sy het onder Hilda se naam gekom en daarom juis daarom verwag sy om ander behandeling te kry.

Mariet vererg haar eers vir die dokter, besef dan dat hy ook vir hr sal wil ontleed en besluit om sy kaarte deurmekaar te krap

Sarah du Pisanie vertel op haar sprankelende manier in ‘n Nooi vir Omdraaikrans “van die slenterslag waarmee twee onnutsige jong meisies ‘n hele klomp mense heeltemal dronkgeslaan het! “

 

sarah du pisanie -Die winskopie

Die winskopie - Sarah du Pisanie
Die boek is in 1986 uitgegee

Gerhard Fouch is hierdie keer vasbeslote om die verslonste ou man en sy seun ‘n les te leer, want het hy nie op Lderitz aan die kortste ent getrek nie? Hy kan nie toelaat dat die soldate hier in die kroeg op Otavi hul swaarverdiende soldy aan die skelmstreke van Jaap Visser en sy seun verloor nie. Toe die geleentheid hom dus voordoen, gryp hy in.

Vas onder die indruk dat hy ‘n seun gekoop en hom derhalwe uit die ou skelm se kloue bevry het, vertrek hulle plaas toe. Gerhard besluit om op Otjiwarongo vir die kind klere te koop en moet toe uitvind dat hy eintlik ‘n kat in die sak gekoop het, want hy sit nou met ‘n meisiekind opgeskeep!

Tilla lyk baie jonger as haar agtien jaar en omdat sy bang is Gerhard los haar net daar, doen sy haar voor as ‘n jong dogter. Op Patryspoort word sy dan ook as ‘n jong dogter verwelkom — deur tannie Estelle, Fanie, Karl en Stellie, maar die pragtige kuiergas, Charmaine, beskou haar as ‘n vuil optelkind.

Alhoewel Tilla soos ‘n jong dogter lyk en optree, besef sy spoedig dat sy die emosies van ‘n volwasse vrou in haar omdra. Gerhard is nie meer ‘n dierbare “Onkie” vir haar nie, rnaar die enigste man wat sy ooit sal liefh. Maar vir hom is sy net “Kiewiet” of sommer partykeer net “Kiewieteier”. En dan is daar ook nog Charmaine wat die hele ent pad van die Kaap afgekom het om vir Gerhard te kom kuier.

Die winskopie deur Sarah du Pisanie beloof om lekker leesgenot te wees, want dit is nog ‘n treffer Suidwes- verhaal uit die vaardige pen van die gewilde skryfster.

 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

Bo

Lees ook boeke deur Helene de Kock - speel af in die Riemland

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

sarah du pisanie -erfgenaamvirdie baron

Erfgenaam vir die baron - Sarah du Pisanie

In die weelderige Ludwiger Schloss in Suidwes-Afrika, wat ‘n replika is van die familie-kasteel in Duitsland, staan baron Karl von Ludwiger verslae met sy oom Hans von Ludwiger se brief uit Duitsiand in sy hand.

Karl is maar te bewus van die seldsame spiersiekte wat reeds verskeie van die Von Ludwiger familie aangetas het. In Duitsland is Herr Hans von Ludwiger juis aan ‘n rolstoel gekluister. Maar Karl kan nog nie verstaan dat dit genoeg rede is vir oom Hans om so ‘n brief aan hom te skryf nie, en teenoor sy sekretaris, oom Pieter van Aswegen, bars hy uit: “Kyk hier, oom Pieter, het jy al ooit van so ‘n stapelgekke ding gehoor? Luister wat skryf oom Hans:
dit is nie nodig dat ek weer die hele familie-verhaal aan jou oorvertel nie maar, as jy dus nie binne die volgende jaar of twee ‘n erfgenaam vir die Ludwiger kasteel kan voortbring nie . . . Ek sal op 30 September in Luderitzbucht aankom. Dit gee jou ses maande tyd om vir jou ‘n vrou te soek. . . Ek sal my testament dan sommer finaliseer, sodra ek jou vroutjie ontmoet het en weet dat die erfgenaam op pad is...”

Oom Pieter van Aswegen kan ‘n glimlag skaars onderdruk, want die baron is reeds dertig jaar oud en na sy onlangse teleurstelling nou rs sku vir die teenoorgestelde geslag. Hy het egter allermins kon voorsien wat sy vriend en werkgewer se reaksie op die brief uit Duitslarid sou wees. Oom Pieter van Aswegen kon vir baron Karl von Ludwiger net sprakeloos aanstaar toe die sy opdrag gee: ,,Oom Pieter, jy sal vir my ‘n vrou moet gaan soek!”

Soos Sarah du Pisanie se ander romans, is ERFGENAAM VIR DIE BARON end-uit heerlike leesgenot.

 

sarah du pisani-Hard soos kameeldoringhout

Hard soos kameeldoringhout - Sarah du Pisanie

Sy is die dogter van ‘n Duitse sendeling — fyn opgevoed, ‘n bekwame verpleegster en deugsame vyf en twintig jaar oud.

Hy is ‘n ongetemde mens, ‘n transportryer met ‘n wilde, swart baard wat bekers bier wegsluk en sy taal kan kruie. Dan beland hulle in ‘n situasie waarin hulle noodgedwonge saam deur ‘n gevaarlike, onherbergsame Iandstreek moet trek.

Die fyn Martie Schlage met haar groot, groen o beleef angs, avontuur en spanning wanneer sy die ruie, beboste noorde van Suidwes-Afrika saam met die onwillige Braam Potgieter moet aandurf. Haar grootste wens is om so gou as moontlik by haar siek vader te kom, maar dit word uiteindelik ‘n lang, uitputtende tog wat haar lewe drasties verander.

Hierdie meesleurende verhaal neem die leser terug na ‘n vervlo tyd toe daar met witseil-waens onder die brandende son getrek is. Sarah du Pisanie vertel in Hard soos kameeldoringhout ‘n spanningsvolle verhaal wat die leser end-uit gevange hou.

 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

Bo

sarah du pisani-die rooi duiwel van rotskloof

Die rooiduiwel van Rotskloof- Sarah du Pisanie

Ansie is verheug toe sy Omaruru op die naambord lees. Sy is siek en sat vir stof en hittegolwe en die eentonige sandlandskap van die afgelope paar dae. Dietmar se geneul raak ook nou te veel vir haar. ..

Dietmar, Ansie se verloofde, sien nie kans om op die primitiewe sendingstasie na ses kinders om te sien nie en hy laat Ansie aan haar lot oor.

Die Damaras kom in opstand, want ‘n bose gees woon in die sendeling se huis. Op ‘n stormnag moet Ansie en die kinders vlug vir hul lewens.

 Herman Vermaak, die rooi duiwel, betrap hulle op sy grond en Ansie-hulle verkeer in doodse vrees.

Hulle het egter geen keuse nie, hulle mt daar bly, want Frans is met malaria in die hospitaal op Otjiwarongo.

Ansie se verloofde keer terug om haar te kom haal, maar sy kan haar skielik nie losskeur van die rooi duiwel met die helderblou o nie.

 Die Rooi Duiwel van Rotskloof deur Sarah du Pisanie bied aan die leser ‘n romantiese en boeiende verhaal uit die hartjie van Suidwes gedurende die dertigerjare.

 

sarah du pisani-Katrietjie  sarah du pisani-Katrietjie2

Katrietjie- Sarah du Pisanie

Dit is die jaar 1910. Suidwes word deur ‘n vreeslike droogte geknel, en boonop breek daar bek-en-klouseer uit in die noordelike deel. Die boere in hierdie streek word dus genoop om so gou moontlik hulle vee te verkoop, voordat hulle nie meer kan nie en dan hulle plase verloor.

Katrientjie Viljoen is deur haar oupa en ouma grootgemaak, en noudat hulle al te oud is om die werk op die plaas self te behartig, rus hierdie taak byna geheel en al op haar skouers. Sy, oupa Faan en ouma Stien vorm een van die gesinne wat in hierdie netelige situasie met die boerdery verkeer, en toe oupa Faan hoor van ‘n koper van Windhoek vir hulle beeste, besluit hulle om dadelik te verkoop.

Daar is egter een groot probleem. Die eienaar moet self die beeste aanjaag tot by Windhoek, en daar is niemand om saam met die beeste te trek tot daar nie, behalwe Katrientjie self. Sy stuit egter voor niks nie, en sy besluit om self die trek mee te maak in ‘n ossewa saam met vier beeswagters en ‘n ou Hererovrou. Aan die stories wat die rondte doen dat ‘n bende rowers die trekke uit die noorde voorl en die vee steel, steur Katrientjie haar min. Sy vind egter deeglik uit dat die stories wl waar is toe hulle haar ontvoer en een van die rowers haar ‘n hele week alleen in ‘n hut in die berg aanhou .

Katrientjie is ‘n opwindende verhaal oor die wreld van Suidwes in die eerstejare van hierdie eeu wat bewonderaars van Sarah du Pisanie sal meevoer.

 

sarahdupisanie-Toe kom Klaartjie liefdesverhaal SuidwesAfrika

Toe kom Klaartjie - Sarah du Pisanie

Braam Verhoef kyk na die brief in sy hand. Vyfpaar o kyk afwagtend na horn. Ou Braam is die enigste een wat ooit pos kry, al is dit ook maar net een of twee maal per jaar.

Priester por hom aan om die brief hardop te lees. Die skryfster is Klaradyn Verhoef, ofte wel Klaartjie. Sy is Braam se suster en verpleegster in Duits-Wes, die Suidwes van die negentiende eeu.

Klaartjie skryf dat sy en die nuwe doktertjie nie met mekaar oor die weg kom nie. Sy het aansoek gedoen om ‘n pos as verpleegster vir ene baron Von Adendorif. Die eksentrieke bejaarde se kasteel is minder as ‘n dagreis van Braam-hulle af en sy sal hulle dus gereeld sien.

Klaartjie en Braam het mekaar ses jaar laas gesien, toe sy sestien, sewentien jaar oud was. Sy is nuuskierig om te sien hoe haar ouboet nou lyk en sy wil graag sy vyf vriende ontmoet. Daarom kom sy eers ‘n paar dae vir hulle kuier.

Terwyl Braam-hulle voorbereidings tref vir Klaartjie se besoek, wag ‘n nors, nukkerige en siek baron in sy kasteel op die koms van sy nuwe verpleegster...

Toe kom Klaartjie deur Sarah du Pisanie is ‘n meesleurende en boeiende verhaal wat die leser moeilik sal neersit!

 

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

sarah du pisanie-liefste koos liefdesverhale suidwes afrika

Liefste Koos - Sarah du Pisanie
 

Sommer met die intrapslag sal Sarah du Pisanie diep in die harte van haar lesers kruip met hierdie heerlike verfrissendlekker verhaal van haar.

om teruggevoer te word na vervlo dae met ‘n trek van drie transportwaens van Walvisbaai tot ver in die ongerepte Noorde van Suidwes, is vir die moderne leser ‘n nuwe belewenis. Vir die ouergarde wat dalk in die verre verlede iets soortgelyks beleef het, sal hierdie boek opnuut ou herinneringe wakker roep.

Elsa Fourie reis vanaf Kaapstad per boot na Walvisbaai, waar sy deur haar verloofde, Kurt Strassen, ‘n lid van die Duitse Schutztruppe ontmoet sal word. In die vreemde land is Elsa heeltemal verlore en alleen toe Kurt nie sy opwagting op die hawe maak nie. Toe sy van die kaptein van die plaaslike troepemag verneem dat Kurt reeds geruime tyd vermis word, besluit sy om hom te gaan soek.

Die enigste manier waarop sy die wilde, ongetemde Suidwes kan binnegaan, is om saam te reis met die transportwaens wat gereeld van die hawe af goedere die binneland in vervoer. Die enigste trek waens wat op daarde stadium in Walvisbaai is, is die van die groot en ruwe Hermaans Potgieter. Elsa is egter vasbeslote om deur te druk tot by Otjimbingwe en met die hulp van die goedige hawehoof op Walvisbaai wat haar voorspraak by Herrnaans Potgieter is, word sy as ‘n jong seun wie se gesondheid nie van die beste is nie, agter in een van Hermaans se waens gemaklik gemaak vir die lang en moeisame reis.

As Kosie Fourie, voer Elsa se reis saam met Hermaans en sy groep Herero vee- wagters en Boesman-spoorsnyer die leser behoorlik mee na ‘n ouwreldse avontuur van ossespanne, tentwaens, kampvure en ook talle ontberinge in die barre woestynwreld van Suidwes.

Liefste Koos se avontuur sal nie lig vergeet word nie!

 

sarah du pisanie -Dierbare drosters suidwes liefdesverhale

Dierbare drosters - Sarah du Pisanie

Om skielik opgesaal te wees met die versorging van ‘n weeskind, is al erg genoeg, maar wanneer dit vyf weeskinders is, en boonop ‘n spul meisiekinders, raak dit eens t erg!

Barend von Throtha, skatryk besturende direkteur van die Ebonymyn, bevind hom skielik in hierdie onbenydenswaardige posisie. Wat nou gemaak? Stuur hulle weeshuis toe, is die voorstel; wat hy toe ook dadelik besluit om te doen. Vir die oudste een, reeds twintig jaar oud, kan hy ‘n werk kry. Dan hoef hy hom ten minste nie oor hulle opvoeding te bekommer nie.

Barend von Throtha ken egter nie die Viljoen-kinders nie: Toe hy sy o uitvee, het hulle spoorloos verdwyn! Hy het die polisie op hulle spoor gesit en ook sy seun, Ludwig, wat nou boer waar hulle eens gewoon het.

Terwyl Ludwig eendag te perd ry op sy nuweplaas, merk hy ‘n pragtige meisie in die veld op. Sy bly later in sy gedagtes, maar hy kan nie uitvind wie sy is nie, totdat hy eendag vir ou Selons, die prospekteerder, onverhoeds betrap ...

Anette Adendorf, Ludwig se gewese verloofde, daag onverwags saam met Barend op en krap Ludwig se goed uitgewerkte planne lelik deurmekaar .

Dierbare drosters van Sarah du Pisanie is ‘n verhaal vol hartseer, spanning en humor. Die liefde tussen vyf pragtige susters en die hegte band wat hulle bind, asook hulle lieftalligheid en onweerstaanbaarheid, spreek tot die leser. Hierdie verhaal uit die ou Suidwes sal lank onthou word!

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

 

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4

Bo

sarahdupisanie -piet se beurt 

Piet se beurt - Sarah du Pisanie

Dis 1921. Suidwes is nog taamlik onontwikkeld en daar is te min vrouense vir al die mans in die land. Daan en Herman is dolgelukkig getroud met Magnet en Estie, maar Piet, die derde broer, is ‘n moeilike kalant. Die skoonsusters doen moeite om hom net soms in Walvisbaai of Swakopmund te kry waar daar ‘n bietjie meer siele is, maar hy raak net altyd haastig. Van die vrousoekery wil hy niks weet nie.

Toe praat hy homself in ‘n penarie in en Jansie, die fyn, fraai meisie met die onskuldige gesiggie geniet sy ongemak terde. Sal Piet homself uit die situasie kan loswikkel, of gaan sy skoonsusters hierdie keer wen?

Piet se beurt is nog ‘n verhaal oor Jakkalswater se mense en is ‘n besondere mylpaal — Sarah du Pisanie se 4O ste boek!

 

 

Sarah du Pisanie Omnibusse:

 

Bo

koop 'n boek 4 koop 'n boek 4 koop 'n boek 4 

 

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

koop 'n boek 4

Bo

KLliek hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se omnibusse

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738