http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Sahara-avontuur-reeks

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Sahara-avontuur-reeks

Die Sahara Avontuur-reeks het gehandel oor die Suid-Afrikaner, Theuns Stegmann, in die Vreemdelegioen en was geskryf deur Meiring Fouché - Meiring Fouché was ‘n skuilnaam van die bekroonde skrywer F.A. Venter

 

koop 'n boek 4

 

sahara avontuur no1

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 1 (Heks van die Sahara) - Sirkel publikasies

Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Nog twee arende maak hulle verskyning, duik laag oor die manne heen en een slaan met sy gevaarlike kloue ‘n liederlike haal oor Jack Ritchie se nek. Hy skreeu kort en hard van die pyn. Die ander slaan sy snawel diep in die wang van ‘n ouerige Rus wat hard vloek, sy skouers wikkel toe hy sy bebloede gesig probeer wegdraai.

Hulle kom meer en meer, krassend, wiekend op hulle groot suisende vlerke en elke keer wanneer hulle aanval, loop die bloed. Die manne gooi hulle liggame agteroor en probeer na die gevaartes skop, maar dit vererger net hul woede. die manne beur en draai aan die boeie agter hul rugge, maar hulle gee gou op, want elke keer wanneer hulle dit doen, word hul polse net verder gesny deur die skerp kante van die boeie.

 

sahara avontuur no2 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 2 (Spore na die dood) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Akbar Krim bring sy versierde swaard daar in die woestyn vinnig omhoog en dan weer omlaag. Dit blits in die vroeë son.

Daar is die gedreun van hoewe en duisend jong Doelaks, hul lippe droog omdat hierdie hul eerste geveg is, jaag in ‘n groot sirkel op die klomp Legioensoldate af...

Die ouer krygers hef die oorlogskreet aan en kyk met voldoening na die toneel voor hulle. Vyfig tree verder van die Arabiese offisier met vier koeëls in sy bors.

Akbar Krim versyf in sy saal daar waar hy agter die jong aanvallers op sy swart hings sit.”Hulle het ons verraai..hulle is bewapen. Algemene aanval!” bulder hy. ‘n Paar tekens word gegee en toe kom die hele Arabiese leër in beweging.

 

 koop 'n boek 4

 

Sahara avontuur no 3 - Meiring fouche F A Venter

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 3 (Die skarlaken ruiters)- Sirkel publikasies

Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Die masjiengewere blaf dood en verwoesting uit maar die manne kan niks doen nie want hulle het bevele om hulle nie bloot te stel nie, want as hulle die Arabiere hier onder die muur wil doodskiet, moet hulle oorleun. En die Arabiere lood sing nou warm en dig oor die fortmure. Duisende het binne trefafstand uit die saals gespring en op die sand platgeval. Hulle blaker die borswerings dat die vonke spat.

Perde hardloop in wilde, fantastiese kringe oor die dooies wat soos ‘n donker plaat hier op die sand lê. Maar agter die wat sterf, wag nog duisende...duisende..en toe kom die tweede vlaag aangestorm...donderend en skreeuend, net soos die eerste vlaag.

En toe, met ‘n sagte swisj...swaai die eerste haak hoog oor die borswering en die ysterhaak slaan klappend en klingend agter die borswering vas.

 

koop 'n boek 4

 

Sahara avontuur no 4 - Meiring fouche F A Venter

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 4 (Wraak van die woestyn) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Soos die slag van ‘n vlym sny die warm pyn oor sy skouers waar ‘n arend sy kloue en sy snawel ingeslaan het. Theuns krimp en skreeu van die pyn. Hy ruk sy liggaam en dan hoor hy die fyn gefluit van vere soos die groot voël van sy skouers af padgee.

En dan storm ‘n ander een hom van voor af, daardie geel oë smeulend, die bek groot en rooi oopgesper, die blink snawel en die kloue soekend na sy warm vlees.

Theuns ruk sy onderlyf op en probeer die aanvaller van hom af wegskop, maar die volgende oomblik voel dit of iemand hom met ‘n hete doringtak deur sy gesig slaan, oor sy kop, oor sy bors.

Hy voel warm bloed oor sy lippe... hy hoor die gekras uit die bekke... hy hoor die gefladder van die groot vlerke en dit voel vir hom of hy in ‘n donker spelonk beland het waar giftige vlermuise die bloed uit hom ruk...

 

Bo

 

sahara avontuur no5 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 5 (Die fort is stil)- Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Juin gryp die deurknop en swaai die deur oop. Hy staan wydsbeen daar, met die rewolwer gereed in sy hand, sy oë gloeiend. Die ander twee beweeg agter hom in, kom staan weerskante van hom, hul gewere parallel met die grond, gereed om teen die skouers gegooi te word. Maar hulle is so verbaas en geskok dat hul vingers slap om die snellers lê.

Daar agter die lessenaar wat aan die bevelvoerder van Fort Laval behoort, sit een van die pragtigste vroue wat hulle nog ooit gesien het. Haar welige hare is soon nuwe koper wat gepoets is. Haar oë waarin ‘n geamuseerde trek is, is groen soos die diep kolke van die see, en haar mond is sag.

Haar liggaam lyk so rustig in die gewaad van ‘n sjeik, maar sy het nie die hoofbedekking op nie. Hasar vel het die kleur van ‘n olyf, en ‘n groot rooi robyn glinster aan ‘n ring aan een van haar vingers.

Sahara avontuur no 6 - Meiring fouche F A Venter

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 6 (Dood met sonop) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Brigitte stoot die sabel stadig omhoog en dit glinster sag in die lig wat skerper word. Fritz sluit sy oë. Catroux kyk vas op sy voete. Petacci roer stadig op die planke wat na dennegeur ruik. Podolski kyk weg na waar die son moet opkom. En Jack Ritchie swai sy kop vinnig weg en kyk na waar die wit hings sy stert ‘n slag roer.

Brigitte hou die sabel trillend omhoog. Die stilte is diep, diep soos ver onder die groen branders van die see. Brigitte kyk na waar sy Theuns wil slaan...waar sy sy sterk nek wil afslaan. Sy vat die sabel bewend vaster... trek haar asem diep in...Maar Brigitte slaan Theuns se nek nie af nie. Sy bring die sabel nie omlaag nie. Sy huldig dit nie met die Suid-Afrikaner se bloed in nie. Want een skoot kloof deur die stilte, net een skoot, hard en kort soos ‘n harde klap van twee hande.

koop 'n boek 4

 

sahara avontuur no7 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 7 (Dreunende hoewe) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Hulle kom soos ‘n bont wolkmassa daar agter die horison uit. Dit lyk asof hulle die hele horison vul, nie net aan die suidekant nie, maar oor ‘n groot front amper tot in die ooste, amper tot in die weste. Hy staar en luister fyn en dan kan hy dit hoor - hul dreunende beweging, amper soos ‘n aardbewing wat diep in die aarde roer. Hy sien die son af en toe op jul wapens blits en hy sien hulle nader skuif, stadig maar onverbiddelik soos ‘n golf van die see wat oor sy strand hebreek het en nou stadig oor die dorre woestyn aanrol

 

 

sahara avontuur no8 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 8 (Bloed voor die son) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Jack sak op die sand neer en wag. Hy weet dit is net ‘n kwessie van tyd. Die inspanning om D’Arlan se baadjie in die hande te kry en dit met ‘n gesukkel oor sy rug te plaas, het hom verder uitgeput. Vir hom voel dit asof hy geen krag meer oor het nie, asof hy selfs nie met los hande in staat sal wees om met ‘n aasvoël af te reken nie.

Hy voel die warm sand aan sy gebarste lippe en dit laat hom sy kop vinnig draai. Hy worstel teen ‘n beswyming wat dreig om hom in diep, groen dieptes weg te sleur. Hy veg daarteen, want hy weet as dit hom eers oorval, dan is dit die einde. Die honger en die dors pynig hom met ‘n nuwe drif en hy voel hoe die trane in sy oë brand.

 

koop 'n boek 4

 

sahara avontuur no9 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 9 (Die spore roep) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Die Berber-hoofman slaan Theuns deur die gesig met ‘n dun gevlegde handsambok...een maal ...twee maal... drie maal... vier maal, totdat die lang Suid-Afrikaner later nie meer weet waar om sy gesig te draai om aan hierdie meedoënlose géseling te ontsnap nie. Hy voel hoedat die houe wat soos vlamme vuur sy gesig aanraak , die woede in hom hoër opdryf, hom byna blind, roekeloos maak. Maar hy bedwing homself. Hy weet dat dit nodeloos is om hom nou te probeer verset. Een ding wat die Vreemdelegioen hom geleer het, is dat mens jou kans moet afwag, dat jy op die regte oomblik moet wag.

 

sahara avontuur no10

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 10 (Mademoiselle Julie) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

“Waarom kyk jy nie om nie, Feisan?”
Die Arabier verstyf. Sy oë verstar. Die rewolwer swaai effe skeef in sy hand. Want hierdie keer is dit nie Lefevre wat gepraat het nie. En tog het iemand gepraat, hol en duidelik hier in die muwwe, koel stilte. Iemand hier agter hom.

“Ek sê - waarom kyk jy nie om nie, Feisan?”
Weer daardie selfde stem. Maar nie die stem van Lefevre nie. ‘n Stem wat hy al gehoor het....Waar? Soos die kop van ‘n houtpop draai Feisan se kop op sy skouers. Stadig, meganies, asof dit deur onkeerbare krag gedraai word. En toe kom dit tot stilstand. Want Freisan staar in die donker bek van ‘n ligte masjiengeweer wat so stil op hom gerig word asof dit in ‘n skroef vasgedraai is.

koop 'n boek 4

 

sahara avontuur no11 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 11 (Wraak van die sabel) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Hy lê en staar na die lug op en dit is toe dat hy dit sien - die groot swart skaduwee wat hier oor hom geflits het, want die son het al ‘n rukkie gelede opgekom.

Theuns Stegmann ruk soos hy skrik. Dit was die skaduwee van ‘n aasvoël... Daaraan het hy nooit gedink nie. hy het skoon vergeet dat hierdie verderflike goed beter sien as enige mens. En hierdie aasvoël het hom gesien. Hy soek in die lug. Ja, daar is die vuilgoed weer. Dit draai hoog, maar dit draai seker. Dar kom nog een by...en nog een.

Hy sluit sy vuiste, kners op sy tande en dit voel asof hy ‘n vervloeking kan uitskreeu teenoor hierdie verderflike voëls wat nou blykbaar uit is om sy posisie te verraai. Hulle draai en draai en dik swart skaduwees glip elke keer hier oor Theuns.

 

Sahara avontuur no 12 - Meiring fouche F A Venter

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 12 (Bloedige robyne) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

En daar voor by die offerrots word Elsie, Wimpie en Dirkie aldrie deur gespierde en woedende swartes vasgehou, terwyl die swart vroue vlakvoor hulle staan, hul oë byna rooi van boosheid en bloedlus, hul hande wat die kort steek-assegaaie hou, bewend van ingehoue spanning. Hulle wag net op Umara om die teken te gee, Umara wat halfbedwelmend uit die stof opgestaan het en nou woester as ooit tekere gaan teen die witvelle terwyl hy op gepaste momente duidelik vir sy toehoorders “bewyse” opdis hoekom hy en hulle so ‘n ongeluk oorgekom het.

 

koop 'n boek 4

 

Sahara avontuur no 13 - Meiring fouche F A Venter

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 13 (Bloed oor die duine) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

...die volgende oomblik is dit asof die duiwel by een van die vensters ingevlieg kom. Iets soos ‘n staalbal tref die kok mooi reg op die krop van sy maag en dit gebeur so vinnig dat hy nie eens weet of dit ‘n vuis of ‘n stewel was nie. Hy vou dubbeld soos ‘n knipmes en slaan agteroor neer. Met sy makker gebeur dieselfde, behalwe dat die ongeluk hom erger tref. Hy kry ‘n vernietigende hou, nie op die krop van sy maag nie, maar laag in die maag sodat hy van die pyn skreeu, die snelgeweer uit sy hande val en toe stadig teen een van die tromme omkantel.

 

Sahara avontuur no 14 - Meiring fouche F A Venter

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 14 (Duine van die dood)- Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

 

sahara avontuur no15 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 15 (Dreigende daeraad) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Op daar die oomblik is dit asof die duiwel losgeraak het. Toe Theuns Stegmann hom kon kry, voel dit vir hom asof ‘n groot rotsblok hom getref het. En die volgende oomblik stort hy byna na die afgrond. In daardie kort een oomblik besef hy dat dieselfde met die Arabiere gebeur het. Daar is paar kort snakke, ‘n gekreun, ‘n gestamp, en net so vinnig as wat dit gebeur het, is dit weer oor. Theuns steier orent en in die donker probeer hy vasstel wat gebeur het. Hy hoor nog een man ‘n bedwonge, aaklige skreeu uiter en hy swaai net om om homself te verdedig toe hy ‘n stem hier langs hom hoor...

 

koop 'n boek 4

sahara avontuur no16 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 16 (Bouvalle van die dood) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Hulle het seker drie uur lank beweeg toe Theuns Stegmann op die rug van ‘n hoë huin meteens tot stilstand kom. Hier op links, ‘n bietjie uit hul pad uit, het hy een of twee aasvoëls agter ‘n duin in sien verdwyn. Hy betrag die omgewing en toe sien hy nog ‘n paar aasvoëls aangesweef kom en agter die duin in verdwyn.

Hy fluit een maal hard, beduie vir die manne om te bly waar hulle is. Toe roep hy op Podolski wat die naaste aan hom is. Podolski los die muil wat hy gelei het net daar en kom na Theuns toe. Toe hy by die Suid-Afrikaner kom, het Theuns reeds sy snelgeweer van sy skouer afgehaal.

 

sahara avontuur no17 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 17 (Gaste van die dood) - Sirkel publikasies

Geskryf deur Meiring Fouché (F.A. Venter)

‘n Geringe siddering gaan deur Theuns se liggaam toe ‘n swaar versierde gordyn net langs die kateder weggeskuif word en die lang slanke vrou met haar koperbruin hare en haar saggroen oë meteens haar verskyning maak en op die troon gaan sit. Dit is nie die eerste maal dat Theuns Stegmann haar sien nie. Dit is ook nie die eerste maal dat Theuns Stegmann die onuitspreeklike skoonheid van hierdie Franse vrou aanskou nie. Haar welige hare wat tot laag oor haar skouers hang, glinster en lewe in die sagte lig. Haar boesem is vol, haar hals wit en lokkend en haar hande fyn...

 

koop 'n boek 4

 

Sahara avontuur no 18 - Meiring fouche F A Venter

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 18 (Bitter die wraak) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Theuns voel hoedat sy hande nat van die sweet is. Nou die aand het hy op lewensgevaar op die rampokkers se kampplek afgestorm en van hul perde en twee kamele weggevoer. En van wat hy gesien het, het hy blykbaar ook net betyds opgedaag om D’Arlan se lewe te red. Hy slaan met sy vuis op die sand waar hy nou tussen die perde en kamele skuil, want dit voel nou asof hy alles verbrou het. Hier lê hy nou vasgekeer. Hy weet dat Carlos en sy manne nou desperaat is. Hulle sal enigeiets in die wêreld doen om hierdie perse en kamele in die hande te kry sodat hulle weer kan beweeg na die oase toe. Hier lê hy vingeralleen en dit nogal met ‘n bandolier waarin slags ‘n paar patrone is.

 

sahara avontuur no19 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 19 - Vlamme in die tempel (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché(skuilnaam van F.A. Venter)

Theuns wil praat, maar hy is daartoe nie in staat nie. Hy wil die bek van daardie snelgeweer voor hom wegklap maar dit is asof sy hele liggaam lam geword het. Lam van onuitspreeklike vrees want hy weet hoe volkome magteloos hy nou is. Nog voordat hy daarin kan slaag om sy lebel op Costello te rig, sal hy middeldeur geskiet wees.

In ‘n soort magtelose versonkenheid staar hy na Costello se voorvinger wat stadig maar seker stywer om die sneller klem. Hy voel hoe die lood hom soos ‘n vlam tref.

Die volgende oomblik ruk Costello se liggaam krom. Daar is ‘n verbaasde uitdrukking in sy oë. Bloed vlieg by sy neus uit, en sy oë word glaserig. Die snelgeweer glip uit sy hande en toe sak hy met ‘n sagte sug op die sand neer. Theuns het die een nenkele skoot skaars gehoor. ‘n Oomblik het hy hom verbeel dat daardie skoot vir hom bedoel is.

 

koop 'n boek 4

 

 

Sahara avontuur no 20 - Meiring fouche F A Venter

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 20 (Die dodelike sluipers)- Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

“Gee pad!” skreeu D’Arlan dat die kranse daarvan antwoord gee. Die manne steek hulle perde met die hakke sodat die diere vinnig wegvlieg en Podolski, wat die naaste aan die krans was, in net betyds uit die pad voordat die klippe nerstort. Die pakperde het ook vinnig padgegee, maar die een dier was nie vinnig genoeg nie. ‘n Yslike klip tref hom kort voor sy kruis en slaan hom teen die aarde neer, waar hy sag runnikend bly lê, sy kop swaaiend.

Verbysterd kyk die manne om na die stomme dier en dit is vir elkeen duidelik dat sy rug morsaf is. Fritz ruk sy lebel uit en die volgende oomblik val daar twee skote. Die skote wat D’Arlan, wat tussen die krans sit en opkyk het, omgekrap en opstandig na sy manne laat kyk.

 

 

sahara avontuur no21

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 21 (Mag van geweld) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Gaston Verrier weet wat hier sal gebeur. Sy klein ontploffing sal lei tot ‘n groter ontploffing. Dit sal lei tot ‘n ontploffing wat nie alleen hierdie wapenkamer nie maar die oorgrote deel van die Fort Laval met een helse stuk rooi chaos in die lug sal blaas. Want Gaston Verrier weet wat alles in hierdie wapenkamer is. Hier is nog ‘n hele paar sulke rooi kissies met springstof. Hier is ‘n hele klomp kiste met handgranate. Hier is kiste en kiste patrone. Net een ontploffing is genoeg om alles aan die brand te steek en die hel in hierdie wapenkamer los te laat. Maar hy bekommer hom nie daaroor nie. Die ander manne wat hier is, is vir hom van minder belang. Selfs wanneer hy normaal is, het Gaston Verrier nie veel liefde vir enige ander menslike wese nie. Vir hom bestaan net hyself.

 

koop 'n boek 4

 

 

s22 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 22 (Bloed oor die bouvalle)- Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

 

koop 'n boek 4

 

sahara avontuur no23

 

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 23 - Strik van die dood (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

En nou lê en staar hy met ‘n ligte beweging in sy liggaam na die sonflitse op die loop van die geweer. Hy verbeel hom dat hy hiervandaan die ronde bek van die vuurmond kan sien.

Net ‘n blits en ‘n klap, ‘n harde knal, ‘n oomblik van warm pyn en dan sal hy niks meer weet nie. Sal hy opspring en hardloop? Of sal hy wag op die onmoontlike dat die Arabier misskiet en dan stil lê om sy aanvaller te oortuig dat hy werklik dood is?

Dit is die twee vrae wat deur sy brein flits terwyl hy lê en loer na daardie blitsende geweerloop. Hy kry egter nie kans om daardie twee vrae te beantwoord nie. Want die tweede vraag het nog skaars in sy brein vorm aangeneem toe die geweerskoot hard deur die woestyn steek.

 

sahara avontuur no24

 

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 24 - Spelonk van verskrikking (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

 

koop 'n boek 4

 

sahara avontuur no25 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 25 - Skaduwee van gister (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

En daar in die middel van die tregter by die dooie kameel, hurk D’Arlan, Theuns Stegman en Petacci langs die groot Fritz Mundt. Fritz leun half teen Theuns en hoewel hy nie ‘n woord praat nie, is sy groot rooierige gesig genoeg vertrek om die pyn te verraai. Hy het ‘n skoot hoog teen die skouer gekry.

Terwyl D’Arlan wesenloos, woordeloos daar in die donker staar, seil Theuns Stegmann stadig op sy maag teen die sandsteilte uit aan die noordekant van die tregter waarvandaan hulle vanmiddag ‘n paar Arabiere in die uniforms vasn die Legioenmanne uitgestuur het. Hy beweeg versigtig, luisterend. Hy wil nie graag in hierdie stadium deur ‘n Arabier se koeël gedood word nie, want dan is al sy makkers verlore. Hy beweeg tot op die kant van die helling se top, skuif versigtig oor die kant en lë toe stil. In die vae sterlig sien hy die groot donker massa wat die tent van die sjeik moet wees. Ver wind af hoor hy ‘n perd runnik. Net eenmaal saggies... en dan stite.

 

sahara avontuur no26 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 26 - Die skatte van Marabash (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

 

sahara avontuur no27

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 27 - Storm oor Dini Salam (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Die toneel wat hy daar aanskou, vul hom met vrees en verdwasing. Arabiere tuimel op baie plekke oor die borswering en raak handgemeen met die manne. Dit is bloed net waar jy kyk. En elke keer wanneer ‘n man hom blootstel, gooi hy net sy hande in die lug en sak dan stadig inmekaar soos die Arabiere daar van die sand af nog steeds ‘n dodelike vuur volhou op die borswering.

Die manne veg so al wat hulle kan. Hulle skiet, hulle slaan met kolwe. Hulle steek met die bajonette. Maar elke Arabier wat hulle dood, klouter twee ander oor die borswering, die gevaarlike kromsabels tussen hulle tande vasgeklem.

sahara avontuur no28

 

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 28 - Wraak in die woestynvesting (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

sahara avontuur no29

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 29 - Die verraaier van Dini Salam (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Met ‘n bloedstollende geskreeu stort die Arabiere in klompe en bondels en groepe van die borserings af. Hulle hardloop nie eens met die trappe af nie. Hulle spring sommer van die platforms na onder waar hulle in die sand van die vierkant te lande kom. Die halfmaan manne daar teen die muur, skiet sommer op gehoor af. Dit is ‘n dodelike, bloedige sarsie wat gate ruk uit die aanvallers maar hulle getalle is nou so groot dat hulle deurdring tot vlak voor die manne voordat hulle teruggedryf word. Daar op die poort word ‘n hernieude aanval geloods

Die twee masjiengewere stotter om die beurt aanhoudend en die muur van gesneuweldes daar in die poort styg steeds hoër

 

sahara avontuur no30

 

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 30 - Noodroep uit die woestyn (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

 

 

Sahara avontuur 31 - groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 31(Stille dood oor die Sahara) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Theuns Stegman, die Suid-Afrikaner, bekend as een van die voortreflikste soldate in die Franse Vreemdelegioen, word belas met ‘n haas bo-menslike taak wat hom tot in die kake van die dood voer. Die gevaar waarteen hy moet optree, is iets onbekends in die lang geskiedenis van oorlogvoering in die Sahara, en die manier waarop hy sy taak volbring, laat mens die boek aan die einde nog steeds opgehou asem neersit.

 

Bo

 

sahara avontuur no32 t

 

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 32 (Vlamme in die woestyn)- Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Toe Theuns Stegmann, die blonde Suid-Afrikaner in die Franse Vreemdelegioen, op ‘n dag ‘n heerlike geparfumeerde brief van ‘n onbekende dame ontvang, het dit ‘n hele opskudding onder sy makkers verwek.

Mar die opskudding sou waarskynlik groter gewees het as hulle op daardie oomblik kon weet watter lewensgevaarlike avontuur daardie brief hulle sou lei en watter geheime dit uiteindelik sou ontbloot.

Dit was ‘n dapper vrou, wat daardie brief geskryf het, en sy sou geen oomblik huiwer om selfs haar lewe te gee in belang van die saak wat sy met soveel vuur as reg beskou het nie...

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Tuis 2

 

sahara avontuur no33

 

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 33 (Die raaisel van ABER-EL-MIR) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Kazek het nie meer ‘n sambok in sy hand nie, maar hy het ‘n fakkel in sy hand. Hy doen dit so vinnig dat weinig dit werklik raaksien. Hy slaan vir Steenberg ‘n vernietigende hou deur die gesig sodat die groot Hollander met ‘n vreeslike kreet agteroor steier. ‘n Oomblik het die vlam van die fakkel hom verblind want Kazek het hom voor die voorkop getref en bo sy wenkbroue.

Die volgende oomblik loop hulle inmekaar met die geweld en woede en die doodveragtende roekeloosheid van twee bulle. Kazek probeer die stormende Hollander nog opsy hou met die fakkel maar Steenberg vlieg onder hom in, slinger hom hoog, stort op hom neer en toe is Steenberg se hande aan die keel va Kazek.

 

sahara avontuur no34 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 34 - Die bloedbad van Goras (Sirkel publikasies)
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

 

koop 'n boek 4

 

sahara avontuur no35

 

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 35 (’n Teken in die nag) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

 

sahara avontuur no36

 

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 36 (Die geheim van Fort Laval) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

Die mes vlieg vinnig. Dit vlieg met groot krag want Theuns het dit met mening geslinger. Die uitwerking is droewig. Die lem tref vir du Bois hoog in die bors. Met ‘n klein patetiese uitroep gryp hy daarna met albei sy hande. Hy probeer dit uitruk maar hy het nie die krag nie. Die lem het deur sy borsbeen gedring tot in sy hart.

Met ‘n lang sug stort die majoor vooroor van die stoel af en nog voordat hy die grond tref, val hy in die uitgestrekte arms van Theuns Stegmann. Theuns hardloop met hom na die slaapkamer. Toe hy hom op die klipvloer neerlê, is Julien du Bois reeds dood. In sy hele loopbaan in die Sahara kan Theuns nie onthou dat dit vir hom nodig was om ‘n man so koelbloedig dood te maak soos vir Julien du Bois nie. En tog....dit was noodsaaklik.

 

sahara avontuur no37 groot

Foto: voorblad van Sahara-Avontuur reeks no 37 (Die swaard van verwoesting) - Sirkel publikasies
Geskryf deur Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter)

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Tuis 2