http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php S.A. Polisie en Swerwerspeurderreeks

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

S.A. Polisie en Swerwer-speurder reeks bestaan eintlik uit twee reekse naamlik:

 

S.A. Polisie reeks (Kobus Roode)

asook

Swerwer-Speurder reeks (Obed de Swardt)

Een van ons groot skrywers, Braam le Roux is in die fleur van sy lewe oorlede voordat hy of die S.A. Polisie reeks of Swerwer-Speurder reeks kon voltooi. Daar was so ‘n halfdosyn stories beskikbaar en het die uitgewers van Sirkel Publikasies (Victor van Wyk) dit goed gedink om die twee reekse met mekaar af te wissel. Die karakters het dus al om die uitgawe gewissel.

Hier volg ‘n lys van die boeke in die Swerwer-speurder reeks: (Obed de Swardt)

  • No 01 - Riete in die wind
  • No 03 - Wraak is myne - Braam le Roux
  • No 05 - Met ‘n druppel wyn - Braam le Roux
  • No 09 - Sterf om twaalfuur - Braam le Roux
  • No 12 - Kettings vir die siel -Braam le Roux
  • No 14 - Twee rye spore -Gys van Graan
  • No 16 - Beeldskone erfgenaam - Gys van Graan
  • No 18 : ‘n Fortuin op die spel - Gys van Graan
  • No 20 - Die verlore Burggraaf - Gys van Graan
  • No 22 - Dreigement uit die dode - Gys van Graan
  • No 23 - Die glimlag van gevaar - Gys van Graan
  • No 24 - Bloedig die donker - Gerrie Radlof
  • No 26 - Kiem van die dood - Gerrie Radlof
  • No 27 - Die bloedhonde blaf - Gerrie Radlof (Aangedui as Swerwer-speurder reeks alhoewel Kobus daarin verskyn)
  • No 29 - Die dood het vlerke -Gerrie Radlof
  • No 30 - Die geheim in die graf - Gerrie Radlof
  • No 31 - Die dood kruip nader - Gerrie Radloff

Hier volg ‘n lys van die boeke in die S.A.Polisie reeks: (Kobus)

  • No 02 - Monster uit die mis - Braam le Roux
  • No 04 - My metgesel die dood - Braam le Roux
  • No 06 - Vallei van wit beendere - Braam le Roux
  • No 07 - Rivier van onheil - Braam le Roux
  • No 08 - Terwyl die nagwolf huil - Braam le Roux
  • No 10 - Vrou van skarlaken - Braam le Roux
  • No 11 - Geen galg vir jou - Braam le Roux
  • No 13 - Een uur vir Satan - Braam le Roux
  • No 15 - Glimmende skedels - Braam le Roux
  • No 17 - Vrou in die skaduwees - Braam le Roux
  • No 19 - ReŽn oor die berge - Braam le Roux
  • No 20 - Die verlore Burggraaf - Gys van Graan (Aangedui as S.A. Polisie reeks alhoewel Obed daarin veskyn)
  • No 21 - Die band van bloed - Braam le Roux
  • No 25 - Nag van geen genade - Gerrie Radlof
  • No 28 - Die slange van Tumara - Gerrie Radloff
  • No 32 - Die skatte van Monomotapa - Gerrie Radloff
  • No 33 - Gees van die toordokter - Gerrie Radloff
  • No 34 - Moord in die myn - Gerrie Radloff
  • No 36 - Die Baron van die Namib - Meiring Fouchť
  • No 37- AasvoŽls van die Kalahari - Meiring Fouchť
  • No 38 - Wraak uit die verlede - Meiring Fouchť
koop 'n boek 4

Hier volg ‘n lys in die S.A. Polisie en Swerwer-speurder reeks:

koop 'n boek 4

 

 

sa polisie en swerwer speurder reeks no 01 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 1
Riete in die wind - Braam le Roux

Skielik gooi die boot ‘n ruk en ‘n swaai. Oombliklik besef Gustav dat die watermuur hom geraak het. Ineens besef hy dat die stukke hout, dooie stompe, teen die boot vasspoel. Dit bruis en stamp hier om hom en hy voel hoe dat die een spaan uit sy greep geruk word. Takke piets hom in sy gesig, en op daardie oomblik besef hy dat hy onder die takke aan die eiland se kant van die rivier ingespoel word. Hy het nou geen meer beheer oor die boot nie. En hy weet dat die groot vloedwaters wat hy verwag het, nou hier is. Hy voel ineens magteloos teen die water wat aan die boot trek en ruk en nou dreig om dit om te smyt.

 

sa polisie en swerwer speurder reeks no 02 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 2
Monster uit die mis - Braam le Roux

Die Maelo beweeg op daardie oomblik vinnig, en ‘n sekonde later weergalm die grotkelder - ‘n skoot klap. Nog ‘n skoot volg ‘n gedeelte van ‘n sekonde later. Die twee weerklanke smelt saam en dawer deur die grot. Die meisie gil en hardloop vorentoe. Kobus sien hoe die oubaas met sy linkerhand na sy bors gryp, hoe dat die rewolwer uit sy hand val. Hy sien die rook uit die Maelo se rewolwer borrel. Toe die grysaard val, is Tersa by. Met ‘n kreet werp sy haar op die ou man se bors.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 03 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 3
Wraak is myne - Braam le Roux

Arno hoor die geroep om hulp. Hy aarsel nie langer. Behendig stuur hy die boot langs die gestalte verby. Dan leun hy vinnig vooroor en gryp die persoon om die arms. Die persoon voel slap in sy hande en hy kan die gesig nog nie uitmaak nie. Hy voel ineens nat hare in sy gesig, en dan steub hy soos hy poog om die liggaam uit die water te lig. Skielik voel hy hoe twee hande hom om die nek vasgryp en oor die rand van die seilskip trek. Hierdie keer is dit Arno wat skree, want te laat besef hy dat hy in die see ingeruk word. Hy maak met die koue water kennis, en die hande het hom nog agter die kop beet. Arno slaan sy arms om die persoon se lyf en skree, maar toe hy sy mond oopmaak, sluk hy die eerste soutwater. Hy hou sy asem op, maar dit voel vir hom op die persoon vir hom met opsel al dieper en dieper die see intrek.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 04 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 4
S.A. Polisie reeks (Kobus)
My metgesel die dood - Braam le Roux

..skielik wor die pistool weggeruk en hy hoor hoe iemand wat hard asemhaal in die gang afhardloop. Met een sprong is Kobus by die deur. Hy ruk dit oop. ‘n Oomblik later sien hy die figuur op die plafon spring. Dit is die gestalte van ‘n man met ‘n rooi tas, Saada. Hy steek skielik vas toe hy Kobus by die kompartement sien uitloer, en vinnig word twee skote na mekaar afgetrek. Kobus het sy kop egter teruggeruk to Saada nog skaars korrel gevat het.

 

koop 'n boek 4

 

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 05 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 5
Met ‘n druppel wyn - Braam le Roux

“Gee my ook een!... Ek sterf van die dors!... Ek wil net een hÍ”

“Daar’s baie water” terg Obed.

“Water kan hierdie soort dors nie les nie” sÍ die meisie en haar oŽ is verlangend op die sigaret gerig.

“Waarom sal ek dit aan julle gee? Ek behoort geen genade te betoon nie. Julle het ‘n aanslag op my lewe gedoen.”

Die man begin kreun en smeek. “Ons was bloot huurlinge...ons het dit nie beplan nie,” grom hy. Obed vryf die daggasigaret feitlik onder sy neus.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 06 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 6
Vallei van wit beendere - Braam le Roux

Kobus weet nou wat hy moet doen. Hy beweeg in hulle rigting, rats, net toe die eerste een in die tonnel inbuk. Die ander een staan sy beurt en afwag. Die voorste een het geen tree gevorder nie, toe klap die byl in Kobus se hand teen die agterkop van die ander Mtagati. Die Mtagati gil en wil omdraai, maar ‘n tweede hou tref hom op sy kop en hy sak inmekaar.

Kobus kon niks voor hom sien nie, maar hy slaan maar wild met die byl. Hy kom tree vir tree nader, en skielik voel hy hoe die byl been en vleis raak. Daar is ‘n uitroep van pyn en ‘n liggaam val hier voor sy voete neer.

 

koop 'n boek 4

 

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 07 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 7
Rivier van onheil - Braam le Roux

Kobus slaag daarin om die man met sy linkerhand voor die bors te gryp. Hy trek die gesig nader na hom toe, totdat hy hom dof-werg kan sien. Dan slaan hy met alle geweld na die gesig van die man wat hortend en grommend asemhaal soos ‘n dier. Sy vuis tref die man op die neus. Die kop ruk terug en onmiddellik verslap sy greep op Kobus se keel. Nog ‘n vuishou tref Kobus se aanvaller op die ken en dit is hard genoeg om enige man aan die slaap te sus, maar nie vir Mike Scott nie.

Mike is van die duiwel besete. Dit is asof hy weet dat hierdie sy laaste kans is, sy laaste hoop om van die galg af weg te bly, sy laaste hoop om hul organisasie te red. As Kobus en Joey nie meer daar is nie, kan hulle ongehinderd voortgaan.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 08 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 8
Terwyl die nagwolf huil - Braam le Roux

Kobus sien hoedat die skaduwee vanuit die donkerte onder die groot boom op hom afspring. Onmiddellik besef hy dat dit te laat is om weg te buk. reeds spring iets teen sy bors vas en die volgende oomblik tref die kolf van ‘n geweer hom teen sy arms. dit klap en dit voel vir Kobus of die kolf die bene in sy voorarm morsaf gebreek het. Hy steier terug, val die volgende oomblik op die grond en skuif ‘n hele entjie teen die steilte af. Net voordat Kobus tussen die takke in die bosse inrol, sien hy wie dia aanvaller is...

 

koop 'n boek 4

sa polisie en swerwer speurder reeks no 09 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 9
Sterf om twaalfuur - Braam le Roux

Obed besef dat sy laaste uur aangebreek het. Hy skuif sy hande voor sy oŽ en wag vir die skoot. Hy weet dat niks hom nou kan red nie. Dit sal nie help om vooroor te val nie. Binne ‘n sekond of wat sal die skoot knal, en die koeŽl sal waarskynlik sy hart deurboor.

Werner se rewolwerloop ruk effens omhoog en dan is daar skielik ‘n klikgeluid. Die man staan haastig terug en gee ‘n uitroep van teleurstelling. Obed beweeg blitsig vorentoe. Binne ‘n gedeelte van ‘n sekonde het hy besef dat daardie klikgeluid sy lewe gered het. Hy gooi hom vorentoe en dan volg nog ‘n klikgeluid.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 10 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 10
Vrou van skarlaken - Braam le Roux

Kohlle kom orent met ‘n baksteen in sy hand, maar Kobus is hierdie keer vir hom te vinnig. Hy slaan na die voorarm van die swart hand wat daardie baksteen omklem. Die dnuppel wat Kobus van die nagwag afgeneem het, kom nou goed van pas en dit klap dof toe hout teen been , spier en vlees raak. So geweldig is die hou, dat die baksteen uit Kohtle se hand val. Die swarte is egter nog nie gestuit nie. Met iets soos ‘n brulgeluid spring hy vorentoe en hy swaai ‘n regtervuis na Kobus se kop. Weer buk Kobus laag en toe hy die swart liggaam hier by hom voel, klap sy linkervuis dof in Kohtle se maag. Dit is ‘n hikgeluid, maar dit maak nie eintlik vir Kohtle seer nie. Hy gryp na die bukkende figuur en slaag daarin om Kobus se baadjie vas te gryp. Nou ruk hy die jong konstabel nader en terselfdertyd gryp hy na die knuppel in Kobus se hand.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 11 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 11
Geen galg vir jou - Braam le Roux

Die byl kap woes deur die lug. Kobus val egter voor die Mtagati se voete plat. Die byl sny deur die lug en die Wit Mtagati tuimel oor Kobus se liggaam. Die halfnaakte wit figuur rol tot onder, tot teen die water. Hy spring dadelik op, maar skaars is hy op sy voete of Kobus swaai sy strydbyl. Hy dink nie meer aan die Wit Mtagati as ‘n ontsnapte nie, ter doodveroordeelde wat lewendig teruggebring moet word nie. Nee, vir hom is die Mtagati ‘n persoonlike vyand, ‘n bloeddorstige wat trag om die land se gesag te ondermyn, wat onskuldige mense tot ‘n pappery gekap het, wat Frieda Erlank in sy mag het, as hy haar nie al doodgemaak het nie.

koop 'n boek 4

 

sa polisie en swerwer speurder reeks no 12 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 12
Kettings vir die siel - Braam le Roux

Dreyer maak sy oŽ stadig oop. Eers kyk hy na die konstabel, dan na Constance. Hy kyk vir sekondes vas in die groen-blou oŽ van die man wat nog altyd sy redding was. Hy weet dadelik dat dit Constance is en glimlag.

Hy ontbloot sy regterarm vinnig en draai sy hempsmou so dat dit styf oor sy bo-arm trek. Die “dokter” kan homself hoor asemhaal. Hy bring die inspuitingsnaald nader, tot by die aar wat in die waai van die arm uitbult. Dan een vinnige beweging en die naald bars deur die aar. Die vloeistof word in die aar geledig, en vinnig en behendig trek die “dokter” die naald uit. Hy draai om en gryp ‘n stukkie watte in ‘n glasbakkie en druk dit op die klein gaatjie in die arm waardie bloed wil uitsypel. Dreyer buig sy arm en sy oŽ val toe. Hy gee ‘n vinnige kreun en dan is hy doodstil.

Sonder ‘n woord draai die “dokter” om en stap by die deur uit.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 13 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 13
Een uur vir Satan - Braam le Roux

Met ‘n hart wat ‘n paar kloppe mis, beweeg Kobus by die deur in en ‘n oomblik later bevind hy hom in ‘n donker vertrek. Hy kan sy hand nie hier voor sy oŽ. Dit is of die duisternis soos ‘n dik vloeistof om hom vaskleef. Kobus begin soek na ‘n vuurhoutjie en dan skielik weerklink ‘n dreigende gegrom uit die duisternis.

Dit is ‘n woedende geknor en Kobus dink dadelik om die hond wat so luidskeels geblaf het. Dit gaan vir Kobus of daardie geknor van ‘n tamaai hond afkomstig is. Kobus neem een tree agteruit. As dit een van daardie groot Deense reuse is, staan Kobus net reg vir ‘n stormloop en die goed vang gewoontlik na die keel.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 14 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 14
Twee rye spore- Gys van Graan

 

Dit is donker in die gang en aan weerskante is daar deure. Obed druk hulle so ver hy gaan, maar nÍrens gewaar hy ‘n trap na benede nie. Net toe hy weer by ‘n vertrek inloer, hoor hy ‘n geluid agter hom wat onwillekeurig sy nekhare laat rys. Dit klink soos ‘n dierlike geroggel of die sinnelose keelklanke van ‘n doodfstom idioot. Hy swaai so vinnig om dat hy sy balans verloor. Sy linkerhand gryp na die deurkosyn om hom te stut... en dan sien hy die kort breŽ gedaante, meer aap as mens, half gebukkend, sy dik gespierde arms grypend uitgesteek, op hom afkom.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 15 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 15
Glimmende skedels- Braam le Roux

Kobus luister aandagtig. Die krieke gaan voort met hul krasserige koorsange. Dit voel vir hom ineens of daar iemand in die donkerte voor hom skuil. Hy dink daaraan: As hulle hom wil doodmaak, hom wil inwag, is hierdi enet die regte plek om hom voor te lÍ. Hulle weet dat hy hierheen moet terugkom. ‘n Gevoel van koue vrees pak Kobus ineens beet. Sy perd roer onder hom en hy buk en streel die geleende dier oor die slanke nek. Daar by die wit geboutjie waarin Pieter se lyk lÍ, het die krieke eenklaps hulle sang gestaak. Hier om en by Kobus sanik die insekte egter nog voort.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 16 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 16
Beeldskone erfgenaam - Gys van Graan

Sonder ‘n woord mik Obed na die tafel waarop die twee kerse staan. Dit lyk egter asof Stiggie sy plan kan raai, want die boef spring op hom af met uitgestrekte arms. Obed pluk hom tussen sy lyf en Klem se rewolwer in en duik blitssnel onder die tafel in. Hy laat stiggie los en swaai die tafel op sy kant sodat dit in sy lengte regop staan. Die kerse waai deur die lug en die vertrek is in donkerte gehul. Dit duur ‘n rukkie voor Obed se oŽ aan die sduister gewoond rak. Wat hy egter in die doflig sien, laat hom soos ‘n veer agter die tafel uitwip. Klem gewaar die beweging en sy spottende stem kom sterk deur die stilte.

 

sa polisie en swerwer speurder reeks no 17 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 17
Gestalte in die skemer- Braam le Roux

Voetjie vir voetjie kruip hy teenaan die toonbank langs, todat ‘n tree hom van die deur af skei. Net een sprong en hy kan buite wees. Hy staan ‘n oomblik na sy asem en snak en maak hom gereed vir die sprong. Erens buite slaan ‘n kerkhorlosie vieruur en skielik lui die telefoon op die Sersant se lessenaar.

Hy tel die spreekbuis dadelik op. Lukas is gereed om die sprong te gee. Net voor hy spring, draai die knop van die deur hier teenoor die toonbank waar Kobus Roode slaap. Die bankklerk verstyf in sy spore, maar toe hy sien dat die deur van die vertrek begin oopgaan, spring hy.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 18 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 18
’n Fortuin op die spel - Gys van Graan

Skielik skiet ‘n flitstraal deur die donker en Obed sien die oop venster en ‘n hand wat die gordyne opsyskuif. Die weerkaatsing van die lig op ‘n edelsteen laat hom besef dat dit Pierre is. Nols se kop word in die ligbaan sigbaar en ‘n ruk lank tuur hy die vertrek binne onderwyl Pierre die ligstraal deur die donker laat swaai. albei klim na binne en die lig speel teen die kamermure, kom op een plek tot rus en ‘n hand druk teen die houtpaneelwerk.

Die lig beweeg weer. In die straal daarvan kan Obed die geheime kruis van Louis Buhle se voorvaders sien. Die lig val al voller op die ruimte. Eenklaps verdwyn die lig en die elektriese lamp gaan in die eetkamer aan.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 19 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 19
ReŽn oor die berge- Braam le Roux

Blitsvinnig staan die man op, en voordat Kobus iets kan doen, word sy voete onder hom uitgeduik. Nou is dit Kobus wat met die grond kennis maak. Die man klouter bo-op hom en begin slaan. Die meeste houe tref Kobus egter op die lyf.

Kobus slaag na ‘n rukkie daarin om die man van hom af weg te stamp. Toe Kobus egter orent spring, is sy opponent ook reeds op sy voete, en hy storm blindelings op Kobus af. Kobus kan nie verstaan waarom hy nie sy rewolwer gebruik nie.

Hierdie keer stuur Kobus sy vuiste behendig uit en die man loop teen ‘n linker vas en toe sy kop agteroor ruk, volg Kobus met ‘n regter op wat hom op die gorrel vang. Die man stort agteroor en bly lÍ

 

koop 'n boek 4

Bo

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 20 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 20
Die verlore Burggraaf - Gys van Graan

Uit die donker van die nag tref die onheil vir Obed de Swardt , die kranige Swerwer-speurder, wat reeds vroeg in sy lewe oorlog verklaar het teen misdaad.

(Obed de Swardt - Swerwer-Speurder reeks )

 

sa polisie en swerwer speurder reeks no 21 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 21
Die band van bloed- Braam le Roux

“Hy is hier teen die bult iewers” roep Falconer uit. Kobus spring uit en nael so al wat hy kan in die rigting waar Witvoet afgeval het. Agter hom klap ‘n skoot en die koeŽl trek vlak by hom verby. Hy hardloop nog ‘n paar tree voluit en probeer se bolyf heen en weer beweeg om sy rug nie so ‘n maklike teiken te maak nie. Nog ‘n skoot knal, maar hy voel niks nie. Dan hoor hy hoe ‘n venynige stuk lood in die grond tussen sy voete ploeg. Falconer skiet te akkuraat met die geweer! Hy swaai skerp weg, hardloop teen die skuinste van die ronding van die rant af en as dit te steil word om op sy voete te bly, spring hy.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 22 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 22
Dreigement uit die dode - Gys van Graan

Vyf Suid-Afrikaners spring agter die vyandelike linie uit hul brandende vliegtuig tydens die Koreaanse oorlog. Hulle bereik veilig die grond maar toe die V.V.O. magte die vyand met ‘n hewige spervuur terugdryf, verdwyn Charl Verwey en word nooit gevind nie.

Terug in Suid-Afrika stig die viermanskap ‘n sindikaat om hul kapitaal -soos hulle in Korea besluit het - in waagsame onderneminge te belÍ. Maar dan begin die dreitelegramme. “Julle het my agtergelaat om te sterf” lui die eerste, en dit is onderteken met die naam van Charl Verwey.

Een van die viermanskap roep die hulp van sy vriend, Obed de Swardt, die Swerwer-Speurder, in om vas te stel waar die dreigemente vandaan kom. Maar dit bly nie net by dreigemente nie - en eers na geweldpleging, moord en brandstigting, word die geheim opgelos.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 23 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 23
Die glimlag van gevaar - Gys van Graan

Uit die donker van die nag tref die onheil vir Obed de Swardt , die kranige Swerwer-speurder, wat reeds vroeg in sy lewe oorlog verklaar het teen misdaad.

Hy word gered deur ‘n aanvallige nooientjie- wat later vir hom ‘n groot verrassing besorg. Op ‘n eienaardige manier beland hy in die verre Kongo (nou Zaire) net toe die eerste stuiptrekkings van die latere onluste daar merkbaar word.

Daar in die Kongo kom hy teenoor duistere, geheimsinnige magte te staan en het hy ‘n paar besondere noue en pynlike ontkomings

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 24 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 24
Bloedig die donker- Gerrie Radlof

Daar is ‘n gefluitster in die vertrek, maar so sag dat Obed nie kan hoor wat hulle sÍ nie. Obed hoor die geskuifel van skoene, maar dit klink nie of die geluid in sy rigting beweeg nie. Hy wag. Die hele huis is stil.

Dan klap die voordeur. Duidelik hoor hy harde voetstappe op die stoep en dan op die gruispad in die tuin. Nog staan hy stil, want hiervandaan kan hy nie vasstel of dit een of meer as een persone is wat daar hardloop nie. Dalk is dit ‘n slim set. Dalk probeer hulle hom om die bos lei. Een wag miskien hier binnekant.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 25 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 25
Nag van geen genade - Gerrie Radlof

Kobus het die loop van die klein rewolwer saam met die flitslig opgedraai. Nou trek hy die sneller. Die koeŽl klap teen die sinkplaat. Op daardie oomblik gil Annie ook hoog en luid want die aap is skaars vier tree van Kobus af. Kobus swaai die pistool op. Weer trek hy die sneller. Dit lyk vir hom asof die gorilla effens ruk, maar ongesteurd kom hy nader. Weer trek Kobus

 die sneller, maar dit lyk of die dier die hou nie eens voel nie - asof Kobus net sowel kon misgeskiet het.

Die lang arm word uitgesteek. Die kort vingers van die regterhand krul om Kobus se kop. Weer gil Annie hard en ‘n geklets en gebabbel ontstaan tussen die ander ape en diere in die koue rondom hulle.

 

sa polisie en swerwer speurder reeks no 26 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 26
Kiem van die dood - Gerrie Radloff

 

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 27 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 27
Die bloedhonde blaf - Gerrie Radloff

Goernich stap weer stadiger en luister aandagtig maar sy rug is op Kobus gedraai!

Kobus aarsel nie. Hy spring van die boom af weg en eers met die tweede sprong hoor Goernich hom. Die man swaai om, maar toe is Kobus al op hom en hy slaan soos ‘n besetene mat albei vuiste eers in die man se maag en dan na sy gesig. Amper indieselfde beweging gryp hy na die geweer en sy hele liggaam swaai om soos hy dit uit die ander se greep ruk. Hy het dit aan die loop beet en hou aan met swaai onderwyl hy die geweer in die lug opslinger.

Goernich gil meteens en hy probeer koes, maar die kolf tref hom teen die skouer. Hy steier eenkant toe. Kobus ruk die geweer op en tref Goernich hard teen die kop. Die man slaan voluit op die sagte grond neer en bly roerloos lÍ

 

koop 'n boek 4

Bo

sa polisie en swerwer speurder reeks no 28 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 28
Die slange van Tumara -Gerrie Radloff

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 29 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 29
Die dood het vlerke -Gerrie Radloff

So vinnig as wat hy kan, maar met so min lawaai as moontlik, hardloop Obed de Swardt terug in die rigting van die motor. Hy het nie te ver daarvandaan uitgespring nie, want hulle het om ‘n draai gegaan. Toe hy die motor weer sien, is hy skaars tien tree daarvandaan.

Die parkeerligte brand nog en hy kan die plek tussen die bome sien waar Davis ingestap het. Enige oomblik sal Ekkie natuurlik om die draai daar anderkant kom.

 

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 30 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 30

Die geheim in die graf - Gerrie Radloff (lees ook Oloff die Seerower-reeks deur Gerrie Radlof)

Die struike kraak van die motor se kant af. Toe Jagter op die graskol verskyn, het die getroue hond reeds gesien in watter penarie sy baas verkeer. Sy aanval is so vinnig dat sy vorm skaars onderskei kan word - dit is net ‘n grys skaduwee wat skielik krappend, skeurend en knorrend in ‘n orkaan van vlymskerpe naels en slagtande tussen hulle invlieg.

Hulle gil. Hulle rewolwers is almal in hulle sakke. Hulle probeer wegkom, maar dan steier ‘n paar van hulle teen die grond soos Obed hulle van hom af wegstamp. ‘n Oomblik later duik hy na die struik waar hy sy rewolwer laat val het. Dit is nog daar. Hy swaai om en vuur ‘n paar skote in die lug af.

Tegelykertyd roep hy na Jagter. Dit lyk eers asof die hond vir die eerste keer grondvat. Net eenkeer kyk hy half teleurgesteld na Obed en dan kom hy stertswaaiend nader.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 32 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 32
Die skatte van Monomotapa- Gerrie Radloff

En dan, tot Kobus Rhoode se ontsteletenis, hoor hy die geklap van perdepoote agter hom. Nie vir ‘n oomblik twyfel hy daaraan dat dit Krymauw is wat langer by die kamp vertoef het as wat hy verwag het nie. Dit plaas hom in ‘n netelige posisie: Krynauw agter en Komutu voor.

Sy eerste reaksie is om die perd uit die pad te pluk maar hy besin hom dadelik. Krater kom openlik aangejaag. Komutu verwag hom dus. Komutu sal nie sonder meer begin skiet nie.

Met een sprong is Kobus in die saal. Hy kap die arme dier ‘n geweldige hou in die lieste en met kragtige spronge is die perd binne oomblikke in volle vaart.

 

koop 'n boek 4

Bo Bo

sa polisie en swerwer speurder reeks no 33 groot

.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 33
Gees van die toordokter - Gerrie Radlof

Die rooi vampier buk by sy slagoffer en die swarte skree wild en woes. Hy sien die tande van die dierasie wat tussen die rooi hare uitsteek, en hy sien die rooi oŽ wat soos kole vuur op hom gloei. Die dierasie kniel by hom en dan druk hy met sy groot hande die kom van die swarte plat. Die knieŽ is op die arme swarte se bors.

Die vuil-geel slagtande kom nader. Die swarte kan alles in die lig van ‘n byna vol maan sien. Die tande sny soos messe deur sy keel. Hy voel hoe dit diep in sy nek ingedruk word. Een van die tande deurboor sy slagaar en dan is dit dat sy geskreeu ‘n geroggel word.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 35 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 35
Vrees vannag - Gerrie Radlof (lees ook Oloff die Seerower-reeks deur Gerrie Radlof)

Obed draai links - maar hy hou aan met draai. So vinnig is die beweging dat hy die eerste van die twee getref het nog voordat hulle selfs daarvan bewus is dat hy hulle aanval. Die kÍrel steier teen die ander vas, en toe nommer twee sy regterhand uit sy sak ruk, sink Obed sy linkervuis in sy maag weg. Die man krul van die pyn. Hy slaan sy hande oor sy maag saam en dit gee Obed geleentheid om die kÍrel, Klaas, twee vinnige houe teen die kop toe te dien. In sy haastigheid om by Alan Dean se kantoor terug te kom, slaan hy so hard as wat hy kan.

Klaas val geruisloos agteroor en sy kop tref met ‘n dowwe plofgeluid die muur.

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 36 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 36
Die baraon van die Namib - Meiring Fouchť

Hy rol en rol teen die duin af. Toe hy onder kom, vlieg hy op en storm voort. Hy is nou hier in ‘n dun straat tussen twee duine. Nou weet hy hulle is met ‘n geweer gewapen. Op ses, sewe honderd tree kan hulle jou tussen die blaaie skiet. Nou besef die konstabel hoe belangrik sy maneuver is. Hoe magteloos die meisie is en hoe onmoontlik dit vir hulle twee is om voor hierdie twee agtervolgers uit te vlug.

Tussen hom en die dood en tussen hom en die gevangeneming van die meisie is daar nou net twee dinge - sy vindingrykheid en sy liggaamskrag.

koop 'n boek 4

Bo Bo

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 37 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 37

AasvoŽls van die Kalahari - Meiring Fouchť

Toe konstabel Buks senekal in ‘n onherbergsame deel van die Kalahariwoestyn op ‘n verlate vliegtuig afkom, het hy dadelik ‘n gevoel dat allles nie pluis is nie.

(Agter in die boek word aangedui dat die die laaste boek in die S.A. Polisie-reeks gaan wees, maar dan verskyn boek no 38 wat ook aangegee word dat dit in die S.A. Polisie-reeks is.)

 

sa polisie en swewer speurder reeks no 38 groot

S.A. Polisie en swerwer speurder reeks no 38

Wraak uit die verlede - Meiring Fouchť

(Reinardt Fouchť verhaal)

 

Bo

koop 'n boek 4

Bo Bo

koop 'n boek 4

Bo Bo