http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Rooi Jan

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Rooi Jan

 

 

Die Gewilde Rooi Jan-reeks was geskryf deur Casper H. Marais

Die boeke is ook in omstredenheid gehul nadat die eerste boek blitsig onttrek moes word, nadat daar klagtes was oor die titel van die boek. Dit het eers verskyn as : Rooi Jan - Skrik van Kafferland, maar is toe verander na Rooi Jan - Skrik van die wildernis.

Hier volg n lys van die ander boeke in die reeks:

  1. Skrik van die wildernis
  2. Smokelaars van Dingaan
  3. Die Kopjagters
  4. Die woestaards van Tierberg
  5. Die wit renegaat
  6. Die rooilem moordenaars
  7. Die heilige grot
  8. Rooi Jan en die rowers
  9. Deur voedwaters en vlamme
  10. Die Vloek van Grootrivier
  11. Die Dag van Afrekening
  12. Die Swart kommando
  13. In die leeukuil
  14. Slaags met 'n gruwelbende
  15. Jagters van die wit hart
  16. Die gifdraers
  17. Die Swart Arend
  18. Die Skedeldraers
  19. Die Valk
  20. Nag van onheil
  21. Skeur van die dood
  22. Maanhaar van die berge
  23. Rooi Jan en die Vampiere
  24. Sluipers van die slykmoeras
  25. Die wit mamba
  26. Die swart Boesmans
  27. Spore van die aasvol
  28. Die swart boogskutters
  29. Bloedspoor van die goue stoel
  30. Dag van die groot slagting
  31. Muiters van die swart arend             koop 'n boek 4
  32. Heerser van die oerwoud

Bo

Hier volg n paar brokkies uit verskeie Rooi Jan boeke:

Rooi Jan no 1 - groot

Rooi Jan no 1 - Skrik van die wildernis

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

As dit nie vir Rooi Jan se haarsny-kuiertjies was nie, sou mens nooit geweet of hy dood of lewendig is nie, want hy dwaal soos n gees rond, was die algemene opmerking.

n Ander treffende verskynsel aan die man was sy wapens - n vlymskerp jagmes aan n skede wat om sy middel gehang het; n vuurslag en tondeldoos in n klein sakkie aan sy regtersy en n vangtou van gebreide osriem, wat oor sy linkerskouer en bolyf, gehang het. Met hierdie, vir selfs daardie dae, primitiewe wapens het die ruiter jaar in en jaar uit die talryke gevare aan die grens trotseer, die woeste vyande met vrese en bewing vervul en menige grensboer se ewige trou deur sy moed, onverskrokkenheid en dapperheid.

Daar was nog n rede waarom n mens Rooi Jan Roux, Rooie, soos hy wyd en syd bekend was, by n eerste ontmoeting sou betrag het, en dit was die feit dat hy sy perd Blits, sonder saal of toom gery het. Blits het nog geen saal nog ooit op sy rug, of toom in sy bek gehad nie

 

Rooi Jan no 2 - groot

Rooi Jan no 2 - Smokkelaars van Dingaan

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Om n mensstem so naby hulle te hoor in die stikke duisternis en dit so kort op die verskyning en verdwyning van die uil, laat die vier se knie lam voel. Wie kan hier rondloop en n wakker vol soos n uil vang? Nee, dit moet n woudgees wees. Hierdie gedagte laat die vier behoorlik spraakloos van angs.

Ek kom julle vang soos ek die uil gevang het s die stem weer, maar hierdie keer, tot hul ontsteltenis, reg agter hullle.

Soos tolle swaai hulle in die teenoorgestelde rigting. Kan n mens so geruisloos beweeg? Aikona. Kermend prewel een: Groot bosgees, maar toe Rooi Jan hom met opset n oomblik tussen die ruigtes in verskynsel vertoon en die swarte dieselfde rooi-haarman van vroer gewaar, is sy blus uit.

 

Rooi Jan no 3 - groot

Rooi Jan no 3 - Die kopjagters

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Rooi wil egter nie h dat die tier hierdie vyand plattrek nie, dus beweeg hy vinnig nader totdat hy ta in die kol maanlig tussen die plaat rivierplante gewaar.

Takkies kraak skielik en die volgende oomblik skiet n geel vlam voor die swarte uit, reg op hom af. Tot Rooi Jan se grootste verbasing bly die swarte totaal onbevrees met die getande vurk in sy hande staan. Hy besef dadelik dat hierdie swarte n ou jagter is en hy bly dus roerloos staan om te sien wat gebeur.

 

 

koop 'n boek 3

 

Bo

 

Rooi Jan no 4 - groot

Rooi Jan no 4 - Die woestaards van Tierberg

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Ek is n vriend roep Rooie skielik uit, dog asof die duiwel self hulle aangespreek het, gee die twee net een deurdringende gil en l rieme neer.

Rooi Jan spring agterna en hardloop behoorlik soos n bobbejaan tussen die takke al hier bo hul koppe langs. Later kan die twee jagtertjies dit nie meer hou nie, en skreeu so hard hulle kan vir iets of iemand en duik soos rotte hier in n gat onder n boomwortel in.

Rooi steek vas en luister. Orals hoor hy van alle kante n ligte getrippel, maar dis verniet of hy hier bo uit die bome iemand of iets kan beken.Hy sak nog n bietjie laer af dog voordat hy nog iets kan sien, fluit die venynige pyltjies om sy ore....

 

 

Rooi Jan no 5 - groot

Rooi Jan no 5 - Die wit renegaat

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Skielik word die drukkende, skroeiende oggendstilte gesteur deur dreunende tromslae. Hoog onder n krans in n skaduweekol sit n reus van n witman en bearbei die trommel voor hom met gebalde vuiste. Terwyl hy die trommel slaan, dwaal sy klein ogies oor die mengelmoes grotte rondom hom teen die hange en n grynslag speel oor sy gesig toe n aantal verrimpelde vuil-geel figure soos dassies uit n brandende klipskeur uit alle oorde onder die kranse borrel, gewere in die hand.

Swape sis hy sagweg waar hy hier by sy grot se bek op die tamboer, waarvan die top n gebreide mensvel is, n paar laaste kragtige hale uitdonder.

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

rooi Jan no 6 Casper H Marais    rooi Jan no 6 Casper H Marais agter

Rooi Jan no 6 - Die rooilem moordenaars

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Soos bloeddorstige wildehonde, hulle o vlammend van moordlus, storm Awudu se volk by die poort uit met Laju en haar troue volgelinge op die voorpunt en peil reg op die vanggat af. Rooi Jan het die aanstormende barbare hoor kom, dog sonder enige gevoel van vrees.

 

Rooi Jan no 7 - groot

Rooi Jan no 7a - groot

Rooi Jan no 7 - Die heilige grot

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Rooi Jan raap n stuk rots op en die volgende oomblik steier Pedro agteroor soos die klip hom vlakvoor die bors tref. Hy het nog nie grond gevat nie of Rooi Jan is op hom en die volgende sekonde verdwyn hy met die Portugees onder sy arm vasgeknel in die duisternis.

Onderwyl die swartes se harte soos hamers teen hul ribbekaste slaan, dreun die nou so gevreesde kreet weer eens vanuit die bos oor die kamp heen gevolg deur die lewende liggaam van Pedro Valez, wat byna in die voorste vuur neerplof.

 

Rooi Jan no 8 - groot    Rooi Jan no 8a - groot

Rooi Jan no 8 - ... en die rowers

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Regs tussen twee rots met haar middellyf half daarin vasgeknel, haar onderlyf in die water en haar kop op die rots, l n meisie met goudkleurige hare wat liggies deur die spattende branders benat word. n Lelike sny waarom die bloed al gekoek l oor haar blanke voorkop terwyl haar kakiehemp aan flarde geskeur is deur die skerp rotse.

Skuins agter haar kreun n matroos liggies, maak sy o oop en staar vervaard om hom heen om die volgende oomblik teen die rots waarop hy halflyf gel het, uit te klouter-klim, sy hande en bene die ene bloed.

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

 

Rooi Jan no 9 - groot

Rooi Jan no 9 - Rooi Jan en die rowers

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Die vloedwaters spoel-spoel nou om haar ken, styg tot onder die kuiltjie in haar wang en dis toe die ou boom weer n keun laat hoor, harder as ooit, dat Jeanette skielik verdwaas haar o oopmaak. n Oomblik besef sy nie wat gaande is nie, maar die dreunende, malende watersee om haar laat haar instinktief met haat hande die wortels om haar beetkry en boontoe beur.

Dit voel asof haar kopvel afgeskeur word soos sy haar bos krulle met alle geweld losruk en die kakiehemp skeur met n giertsgeluidjie verder terwyl die tak los swaai van haar rug af.

 

Rooi Jan no 10 - groot

Rooi Jan no 10 - Die vloek van groot rivier

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Vir n oomblik word Rooi Jan byna wit in die gesig, met die soort gloeiende wit hitte wat mens in n moderne staaloond aantref, en sy vingers omklem die jagmes asof hy die hef wil pap druk tussen sy staalspiere.

Maar net vir n oomblik. Toe verslap hy weer tegelyk skiet hy die naaste boom in om binne enkele tellings op nie een meisie nie, maar twee neer te kyk. Jeanette herken hy dadelik en hy kon raai wie die ander een is. Met een enkele oogopslag neem Rooi Jan die hele helse toneel on onskou, sien hy die wrede, bloeddorstige gesig van Amos Haacker, die volstruisleer op die pap hoed van Stuurman, merk hy die sluwe kyk in die o van Tasman Adder, en kan hy die uitdrukking van dierlike genot op kaptein jonker se plat vuilgeel gesig lees.

 

Rooi Jan no 14 - groot  Rooi Jan no 14 d- groot

Rooi Jan no 14 - Slaags met 'n gruwelbende

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

n Ligte roering skuins voor hom, trek Rooie se aandag voordat hy iets behoorlik kon uitken., knal n pistoolskoot en n koel fluit rakelings oor sy bos rooi hare.

Ineens was dit asof n orkaan rondom hom losbars. Woeste barbaregeskreeu weerklink aan alle kante en tegelyk storm n duisternis van swartes soos miere uit die bosse en loop hom storm waar hy nog (plat op sy maag) op die grond skuil. Die pistoolskut, of oortuig dat sy slagoffer n doodskoot weg het, of vol oormoed danksy die skreeuende en stormende barbare, hardloop met die nog rokende vuurwapen tussen die bosse uit, hier vlakby Rooi Jan en storm op hom af.

Rooi Jan wat dadelik besef dat hy soos n swaap in n lokval beland het, skiet-duik soos n slang vorentoe en voordat die skut besef wat gebeur, vang n stel van vyf vingers hom aan die keel en smoor die halfgeuite Spaanse vloek in sy strot.

 

Rooi Jan no 15 - groot

Rooi Jan no 15 - Jagters van die wit hart

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

n Harde blaflag hier reg bokant haar, laat jeanette instinkmatig haar kop orent ruk en opkyk - vas in n ry grynsende bobbejaangevrete wat soos harige oermonsters vanaf die kranse op die rand van die dieptes na haar af gluur. Met oop bekke skel en raas hulle sodat sy in daardie een haastige blik verskeie rooi keelgate gesien het, met hier voor gekromde geel slagtande en glinsterende ogies onderkant ruie, oorhangende oogbanke.

Glinster-swart vingers onder harige pote uit op die rotse tamboer gespeel soos die trop in hulle opgewondenheid op en neer op hul sitvlakke gewip het. n Skielike hard ruk aan die tou laat Jeanette andermaal verskrik na bo laat loer. Tot haar hewige ontsteltenis merk sy dat een met sy een poot aan die krans vasklou, terwyl hy met die ander poot die tou gepak het en dit nou woedend heen en weer skud oor die skerp snyplaat, terwyl die meisie hier onder soos die gewig van n horlosie heen en weer begin swaai.

 

Rooi Jan no 17 - groot

Rooi Jan no 17 - Die swart arend

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Vier pare voete sweef skaduweeagtig bokant Rooi Jan se kop en hy pak die naaste paar, sleep die eienaar daarvan dieper en skiet omhoog, jagmes nog steeds in die hand.

Skaars was die een dood of twee kom reg van voor na hom aangeswem terwyl n derde skuins verby hom kom met die klaarblyklike doel om hom van agter by te dam. Die een het egter nooit geweet wat hom so skerp in die nek getref het hier vlakby hom nie; hy was immers soos almal, onbewus van Jeanette se aanwesigheid in die gat water.

Rooie het skielik onder die twee swartes voor hom ingeswem, met sy jagmes n woeste opwaartse swaai na die linkerhandse een gemaak, die mes vinnig uit die slagaar gepluk en toe, mes tussen sy kake vasgeklem sy voete om die laaste oorlewende een se nek geslaan en sy staal beenspiere tot die uiterste ingespan.

 

koop 'n boek 4

 

Bo

rooi Jan no 20 Casper H Marais

Rooi Jan no 20 - Nag van onheil

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Voordat die toordokter nog kan snap wat Rooie bedoel, skiet die dooie leeu soos n veer oor Rooi Jan se skouers soos hy hom aan die voorpote swaai en tref dit die smal strooisopening met soveel geweld dat Lerodi met slange, deur en al na binne tuimel. Ek sal op n anderdag kom kuier, Lerodi en met n tergende laggie verdwyn Rooi Jan in die duisternis

 

rooi Jan no 24 Casper H Marais pronk

Rooi Jan no 24 - Sluipers van die slykmoeras

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Terwyl Rooi Jan op n verkenningstoggie uit is, sit Jeanette in n boom aan die kant van n slykmoeras die omgewing en dophou. n Man in n vreemde, skrikaanjaende mondering kom uit die oerwoud te voorskyn en stap die moeras binne. Uit die slykerige water verskyn daar skielik die kop en voorlyf van n reusagtige slang wat reg op die indringer afpyl.

Ongestoord lig die man sy assegaai en die volgende oomblik l die slang met die deurboorde nek in die slykwater en spartel terwyl die vreemdeling sy gang gaan... Dit is maar een van die baie asemrowende insidente uit die Rooi Jan-avontuur wat afspeel in die noorde van die landstreek wat vroer as Transvaal (nou Gauteng en Limpopo en Mpumalanga provinsies) bekend was.

 

 

Tuis 2

koop 'n boek 4

 

 

rooi Jan no 28 Casper H Marais pronk

Rooi Jan no 28 - Die swart boogskutters

Geskryf deur Casper H Marais (Pronkboeke)

 

 

rooi Jan no 29 Casper H Marais pronk

Rooi Jan no 29 - Bloedspoor van die goue stoel

Geskryf deur Casper H Marais (Pronkboeke)

n Klompie avonturiers span saam om n toordokter wat wyd en syd as n groot renmaker bekend is, te vermoor en van sy goue renmaakgoed te beroof. Om die agterdog in die verkeerde rigting te stuur, doen een van hulle hom voor as Rooi Jan. dis ook nie lank nie, of die hele Kafferland is op die spoor van die vermeende rower. Maar dis eers toe die regte Rooi Jan van die spulletjie te hore kom, dat die poppe behoorlik begin dans.

 

 

rooi Jan no 30 Casper H Marais pronk

Rooi Jan no 30 - Dag van die groot slagting

Geskryf deur Casper H Marais (Pronkboeke)

Moord- en plundertogte was in die dae van die groot Trek n alledaagse verskynsel aan afgele Oosgrens, maar toe die plundertogte skielik n nuwe patroon begin aannnem, het die mense geweet dat hulle nou met n nuwe vraagstuk , n nuwe bedreiging te kampe het.

Maar hulle het nie geweet dat dit n man uit die verre vreemde is wat die dryfkrag agter die nuwe bedreiging is nie; hulle het nie geweet waar die middelpunt van die nuwe gevaar l nie... totdat die befaamde Rooi Jan en die ewe knap Jeanette op die toneel verskyn het. Hierdie kranige tweetal het dadelik spoorgevat, en die kwaad by die wortel gaan aantas. Maar hierdie keer was dit so byna-byna of hulle het hul teenstander onderskat en met noodlottige gevolge vir hulself...

 

Koop die boeke

Bo

 

rooi Jan no 32 Casper H Marais pronk

Rooi Jan no 32 - Heerser van die oerwoud

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies) en het maandeliks verskyn en was te koop teen 75 sent

 

rooi Jan no 4 Casper H Marais pronk

Rooi Jan no 4 - Die woestaards van Tierberg

Geskryf deur Casper H Marais (Sirkel publikasies)

Die boekies het maandeliks verskyn en was te koop teen slegs 50 sent

 

Bo

koop 'n boek 4

Africana boeke / Africana books = Boeke uit Afrika oof Afrika

 

  1. Slaags met 'n gruwelbende