http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Rian Pieterse

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Rian Pieterse.

Gebore in 1946, spandeer Rian Pieterse sy vormingsjare in die rustige omgewing van Skoonkloof, ‘n tabakplaas naby Rustenburg. In 1964 matrikuleer hy in Johannesburg en sluit by die tegniese afdeling van die destydse S.A.U.K. aan. Terselfdertyd studeer hy sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). Later word hy oorgeplaas na die S.A.U.K. se nuuspersoneel en met die stigting van die Sondagkoerant , Die Beeld, word hy deel van die die Johannesburgse redaksie. Met die samesmelting van Die Beeld en Dagbreek sluit hy by die radaksie van The Star. Later word hy ‘n sakeman en eienaar van ‘n reisburo, toeragentskap en uitgewery.

Rian Pieterse, skrywer en medeskrywer van meer as sestig kleuterboeke, woon tans met sy vrou in Randburg , waar hy homself voltyds met skryfwerk besig hou. Hy het drie dogters.

Lees meer van sy boeke - Siembamba-reeks