http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Rein Pretoius

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Rein Pretorius se lys van boeke sluit in:

  1. Deur persone onbekend - boek geskryf deur Rein Pretorius
  2. Die oomblik van waarheid, 1975 - Rein Pretorius
  3. Die wat met trane saai, 1969 - ‘n Anglo-Boereverhaal geskryf deur Rein Pretorius
  4. In die skadu van Majuba, 1973 - Rein Pretorius
  5. Liefdesdroom - Rein Pretorius - boek geskryf deur Rein Pretorius
  6. Nag van verskrikking, 1972 - Rein Pretorius
  7. Noordwaarts in Suidwes, 1973 - Rein Pretorius
  8. Onverwagte erfenis - boek geskryf deur Rein Pretorius
  9. Opdrag vir 'n ruiter - boek geskryf deur Rein Pretorius
  10. Opwaarts na die hoogtes, 1970 - Rein Pretorius (verhaal oor die goudstormloop)
  11. Ruiters van die duine, 1971 - Rein Pretorius
  12. Rykdom vir Pia - boek geskryf deur Rein Pretorius
  13. Spoelklippies - boek geskryf deur Rein Pretorius
  14. Tydelik is vir ewig - boek geskryf deur Rein Pretorius
  15. Wanneer die akkerbome weer bot - boek geskryf deur Rein Pretorius
  16. Wie, kan die liefde tem? - boek geskryf deur Rein Pretorius
  17. Wit papawers - boek geskryf deur Rein Pretorius

koop 'n boek 4

Bo

 

Rein Pretorius-die oomblik van waarheid

Die oomblik van waarheid - boek deur Rein Pretorius

Teresa Ras maak haar buiging as advokaat in die ou gevestigde firma van Moolman en Bruwer. Uit die staanspoor is die algemene gevoel onder die ander manlike kollegas dat ‘n vrou haar talente op beter en meer gepaste velde as juis die regspraktyk kan toespits.

Dit kom dus as ‘n verrassing toe die verdediging van die Wessels-moord aan Teresa opgedra word.

Emma Wessels is ‘n ou dame; lid van ‘n ou en gesiene familie wat alleen met haar bejaarde blanke kookster en ‘n blanke geselskapsdame in haar groot huis woon.

Die enigste ander lid van die familie, Lambert Wessels. ‘n broerskind van die ou dame, het kort gelede uit die buiteland teruggekeer en by sy tante kom inwoon. Lambert Wessels was egter geen aanwins vir die nagedagtenis van die Wessels-familie nie, want hy was knaend platsak en na ‘n getwis het sy hom gevra om die huis te verlaat.

Emma Wessels word vermoor en al haar waardevolle juwele word gesteel. Lambert Wessels word in hegtenis geneem, nadat die huishoudster, Maria Pienaar verklaar dat sy hom op die aand van die moord in die huis gesien het, Hierdie getuienis, tesame met gereelde briewe waarin Lambert sy tante om geld gevra het, en haar soms selfs half gedreig het, is verdoemende getuienis teen Lambert Wessels.

En nou word Teresa Ras die onbenydenswaardige taak opgelÍ om Lambert Wessels se onskuld te bewys.

Met die bystand van advokaat Wouter During werp Teresa alles in die stryd vir haar kliŽnt. Maar Lambert Wessels is ‘n rare karakter en die feit dat hy reeds voor die verhoor op verskeie leuens in sy verklarings betrap word, maak sy saak nog moeiliker vir Teresa en Wouter. Wouter glo mettertyd vas dat Lambert wel die skuldige is, maar Teresa staan onwrikbaar by haar klient se onskuld.

Wouter During se bewondering en agting vir sy mede-advokaat, Teresa Ras, neem met die verloop van die saak daagliks toe, maar hy kan ook nie help nie om vir haar jammer te voel oor die hopelose stryd wat sy voer om die lewe van Lambert Wessels.

Dit is alleen Teresa se durf en moed en haar onwrikbare geloof dat die oomblik van waarheid moet aanbreek, wat haar steun en haar end-uit laat veg.

Hierdie verhaal ontvou dramaties en is end-uit spannend tot . . . Die Oomblik van Waarheid.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Rein Pretorius-Ruiters van die duine

Ruiters van die duine - boek geskryf deur Rein Pretorius

Dit is die jaar 1904, en in Suid Wes-Afrika kom die Namavolk in opstand teen die Duitse bewind.

Die Namas word aangevoer deur die wrede Hendrik Witbooi, met ‘n ander groep weer onder leiding van sy broer lzak Witbooi.

Daagliks bereik berigte van strooptogte en plundering die hoofkwartier van die Duitse leer. Dusver was dit egter bekend dat Hendrik Witbooi se wraak alleen teen die manlike blankes gemik was, maar toe kom berig van die wreedhede by Swartwater en ook die ontstellende ontdekking dat blanke renegate hulle by die magte van Izak Witbooi geskaar het. Selfs vrouens en kinders is nou nie langer van hul veiligheid verseker nie.

By die fort op Kub stel die Duitse offisiere ‘n plan van aksie op om die mag van die wrede barbare te breek, teen wie dusver weinig uitgerig kon word. Daar bestaan egter nie eenstemmigheid oor die nuwe maatreŽls vir die beveiliging van die bevolking, wat deur Generaal Von Kalter ingestel is nie. Kaptein Sigmar Mueller voel oortuig dat die generaal se planne teen die Namas nie sal slaag nie en word ondersteun deur Sersant Heinz Riessen wat reeds dertien jaar lank in hierdie ongerepte woestyn met die barbare te doene het.

Toe besluit Sersant Heinz dat dit tyd geword het om self handelend op te tree, al moet hy dan teen die bevele van die generaal handel. Maar enkele dae gelede het Ingrid Brandt onverwags by Fort Kub aangekom, en dit is genoeg om enige reggeaarde geregsdienaar te onstel — die teenwoordigheid van ‘n aantreklike jong dame binne die geledere van soveel mans is nie veilig vir ‘n man se gemoedsrus nie. Om Sersant Heinz nog meer te ontstel, verneem by verder dat Ingrid onderweg is na haar broer Írens naby Rietmond is die hoofkwartier van Hendrik Witbooi!

Aksie, spanning en avontuur laai elke oomblik hoŽr op tussen die duine!

Lees ook Doc Immelman se boek (twee honderd gewere) oor Hendrik witbooi asook Karl Kielblock se boek (Lodewyk Alleman) oor die opstande gelei deur Hendrik Witbooi

Lees ook Sarah du Pisanie se boeke oor Suid-wes se vroeŽ dae...

Lees ook W.A. de Klerk se verhaal van Hendrik Witbooi en NamibiŽ

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Rein Pretorius-In die skadu van Majuba

In die skadu van Majuba - boek geskryf deur Rein Pretorius

Die onweerswolke is vinnig aan die opstoot tussen Transvaal en Groot-Brittanje, toe Rufus Brisson uit die Kaap kom besoek bring aan Skrylings, die tuisplaas van die Kellermans.

Skrylings lÍ op die grens tussen Transvaal en Natal, en Rufus vind dat ‘n oorlogsatmosfeer daar heers. Gevoel teen die Transvaalse ‘rebelle’ loop hoog onder die Engelse inwoners van Zoeloeland, hoewel daar ook enkeles is wat hulle ten gunste van Transvaal uitspreek manne soos Malcolm Hamilton.

‘n Ernstige situasie word geskep deur sekere vuurvretende Engelse wat hoop om die Zoeloenasie in opstand te bring en hulle teen Transvaal te laat veg. Die sleutel tot hierdie probleem word gehou deur Jessica Tryon, ‘n beeldskone jong meisie wat tussen die Zoeloes grootgeword het. Op aandrang van Rufus en Malcolm Hamilton, gebruik Jessica haar invloed by ‘n indaba veral op Dabulamanzi, opperveldheer van die Zoeloes. As gevolg van hierdie inmenging word die opstokers gelaat met net een impie.

Met die slag by Laingsnek probeer die impie om die Britte te hulp te gaan, maar word verslaan deur ‘n Boeremag, waarvan Rufus deel is. Gevolglik verloor die Britte by Laingsnek, en enkele dae later gaan hulle ook die neerlaag by Majuba tegemoet.

Intussen het Rufus verlief geraak op sy rabbedoe-niggie, Charlotte Kellerman, en sy op hom. Sy is egter reeds verloof aan Malcolm Hamilton, en omdat hulle albei eerbare jongmense is, besluit hulle om hul liefde te onderdruk.

Dit is egter nie maklik nie, en in wanhoop dring Charlotte aan dat sy en Malcolm onmiddellik moet trou, hopende dat dit haar gemoedsrus sal bring. Malcolm het egter ook kalmering van sy eie gemoed nodig, en Charlotte se planne verloop nie soos sy verwag het nie.

Bo

 

Rein Pretorius-opwaarts na die hoogtes voortrekker groot trek

Opwaarts na die hoogtes
boek geskryf deur Rein Pretorius

Denise Herhault, jonk en beeldskoon het saam met ‘n klein groepie trekkers die lang en gevaarlike pad na die goudvelde by Barberton aangedurf. Denise het haar eie lewenskode gehad; haar eie lewensreŽls waarvan sy nie afgewyk het nie. Alles wat ‘n man kan doen en vermag, sou sy ook doen. Sy het alleen en eiehandig haar perdewa op die reis na Eurekastad bebartig — Eurekastad, waar Denise geglo het dat sy al haar ideale vir die toekoms sou verwesenlik. Want Denise Herhault het geglo dat alles wat mens begeer, op die grootpad van die lewe na jou sou kom; ook haar jong kavalier sou langs hierdie pad na haar op sy perd aangery kom.

Eendag het Bertrand van Rhyn voor Denise gestaan, en sy het geweet . . . Geweet dat hy hare sou word! Maar Bertrand van Rhyn was reeds verloof aan die lieflike Rachel Hugo van Barberton.

Voordat Bertrand vir Denise ontmoet het, was hy onbewus van die peilbare dieptes wat daar in die lewe van elke mens verskuil was. Hy was bewus van die onskuld en eerbaarheid van die skone Rachel Hugo. Ook van haar mooi vriendskap met die ewe karaktervolle Naomi Eckmann. Hierdie was goeie, eerbare vroue.

Maar Bertrand het ook geweet van die verstandhouding en begrip tussen twee ander vroue in die rookgevulde atmosfeer van ‘n berugte dobbelhool; en Bertrand het gewonder. Wie het die reg gehad om te oordeel of Denise Herhault sleg van karakter was?

Bertrand was daarvan bewus dat elke man in Eurekastad haar bewonder het; maar hy het ook geweet dat hulle selfs bereid sou wees om hulle lewens op te offer om haar eer te beskerm. Waarom was Bertrand van Rhyn so gretig om meer van Denise te wete te kom? Hy het tog geweet dat daar vir hom net een eerbare pad na die toekoms was.

En Denise wat elke dag met groter ywer in haar kleim gewerk het; met genoegdoening al meer sakkies met goudklonte gevul het; steeds oortuig dat sy alles sou bekom wat sy begeer het. . . ook die liefde. Sy het geweet van die bewondering van die ruwe delwers en dobbelaars, en van Graham Murdoch, die eienaar van die Queen of Sheba Hotel, wat geweet het watter aanwins sy vir sy hotel sou wees. Maar Denise het geweet dat haar ridder oor die hoogtes na Eurekastad aangery sou kom; sy het geduldig gewag.. . want by sou na haar toe kom !
 

Lees ook Wille Martin se boeke oor die goudstormloop

Lees ook Mike Heine se boeke oor die goudstormloop

Lees ook Elmar Steyn se boeke oor die goudstormloop

Lees ook Annelize Morgan se boeke oor die goudstormloop

 

koop 'n boek 4

Bo

 

noordwaarts na suid wes

 

Lees ook boeke van die GROOT TREK deur F.A. Venter

Lees ook boeke deur L Penning

Bo

 

Rein Pretorius-Die wat met trane saai voortrekker groottrek

Die wat met trane saai
‘n Anglo-Boereverhaal geskryf deur Rein Pretorius

Dreigende oorlogswolke het reeds al digter saamgepak oor die sonnige vlaktes van Suid-Afrika, toe Tessa Lowe en Ivor Savage mekaar ontmoet het — sy ‘n Afrikaner, hy ‘n Engelsman.

Die Lowe- familie was met ‘n hegte band van Iiefde en eensgesindheid aan mekaar verbonde. Aan die hoof van hierdie groot Afrikaanse familie het grootmoeder Martha Lowe gestaan. Met groot agting en liefde het die hele Lowe- familie deur die jare leiding en raad by ouma Martha gesoek, en ook gevind. En Tessa was ouma Martha se Iiefling-kleindogter!

Met die wysheid van meer as negentig somers wat reeds oor haar gegaan het, het Martha Lowe vir Ivor Savage in die intieme familiekring van die Lowes ontvang. Ivor Savage wat nog nooit ‘n intieme en huislike atmosfeer soos die van die Lowes se familiekring ervaar het nie. Ivor wat geleer het om alle vroue met wantroue te bejeen. Ivor wie se hele agtergrond en opvoeding so geheel en al verskil het van die van die Lowes.

Maar Ivor was ‘n Engelsman, en in die geledere van die Lowe- familie was elke weerbare man besig om hom gereed te maak vir die oorlog tussen Boer en Brit wat nou ‘n voldonge feit geword het.

Martha Lowe het egter reeds geweet dat die vlammetjie van liefde wat tussen Tessa Lowe en Ivor Savage ontbrand het, selfs nie deur die geweld van geweer- en kanonvuur gestuit sou word nie.

Maar sou die Iiefde wat so ongevraagd in die harte van hierdie twee jongmense kom skuil het, bestand wees teen die dood en verwoesting van die oorlog — teen die twyfel en wantroue was noodwendig moet kom wanneer broer en minnaar aan teenoorgestelde kante veg?

Die wat met Trane Saai. . . is ‘n pragtige verhaal, waar die leser deel word van die smart en ellende van die Anglo-Boereoorlog, ook ťťn voel met die stryd van Tessa Lowe en lvor Savage — die stryd om hul liefde.
Maar dan sÍ Psalm 126: 5 nie verniet:
,,Die wat met trane saai, sal met gejubel maai,” nie.

Lees ook H.S. van Blerk se verhaal

Lees ook boeke deur Gustav Preller

Bo

Bo

Boeke in jaar van uitgawe:

 

  1. 1967 - Wie, kan die liefde tem? - boek geskryf deur Rein Pretorius
  2. 1968 - Opdrag vir 'n ruiter - boek geskryf deur Rein Pretorius
  3. 1968 - Rykdom vir Pia - boek geskryf deur Rein Pretorius
  4. 1969 - Die wat met trane saai, - ‘n Anglo-Boereverhaal geskryf deur Rein Pretorius
  5. 1970 - Deur persone onbekend - boek geskryf deur Rein Pretorius
  6. 1970 - Opwaarts na die hoogtes, 1970 - Rein Pretorius (verhaal oor die goudstormloop)
  7. 1971 - Ruiters van die duine - boek geskryf deur Rein Pretorius
  8. 1972 - Nag van verskrikking - boek geskryf deur Rein Pretorius
  9. 1972 - Tydelik is vir ewig - boek geskryf deur Rein Pretorius
  10. 1973 - Wanneer die akkerbome weer bot - boek geskryf deur Rein Pretorius
  11. 1973 - Noordwaarts in Suidwes - boek geskryf deur Rein Pretorius
  12. 1973 - In die skadu van Majuba - boek geskryf deur Rein Pretorius
  13. 1974 - Wit papawers - Rein Pretorius - boek geskryf deur Rein Pretorius
  14. 1975 - Die oomblik van waarheid - boek geskryf deur Rein Pretorius
  15. Liefdesdroom - boek geskryf deur Rein Pretorius
  16. Onverwagte erfenis - boek geskryf deur Rein Pretorius
  17. Spoelklippies - boek geskryf deur Rein Pretorius

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738