http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Ramala

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Ons land se verlede het soms skitterende pionierswerk, onder baie buitengewone omstandighede, van sy seuns en dogters geverg. Teen so ‘n skatryke agtergrond van durf en daad, leeuemoed en doodsveragting asook van smartvolle lyding en opofferende liefde is die spannende avontuurverhale en oorlogsverhale geskep - Ramala.

Ramala is geskryf deur Gerrie Radloff. Hy was ook die skrywer van S.A. Polisie swerwer en speurder -reeks, Oloff die seerower en die Buiter-reeks. Die stofomslae is deur Chris du Plooy ontwerp.

Boeke in die Ramala reeks is:

Pionierboeke

  • Ramala no 1 : Die oorogsvure brand
  • Ramala no 2 : Die spore loop dood
  • Ramala no 3 : Sterf teen die kranse
  • Ramala no 4 : Twee moet sterf
  • Ramala no 5 : Verraad in die nag
  • Ramala no 6 : Die gevaarlike spoor
  • Ramala no 7 : Die onheilige verbond
  • Ramala no 8 : Die versteekte skat
  • Ramala no 9 : Twee perde struikel
  • Ramala no 10 : Vallei van verskrikking
  • Ramala no 11 : Tot teen die berge
  • Ramala no 12 : Die waansinnige offisier
  • Ramala no 13 : Die vlugteling
  • Ramala no 14 : Die lafaard
  • Ramala no 15 : Angskrete in die nag (1958)
  • Ramala no 16 : Onheilspellend die nag
  • Ramala no 17 : Die verkenners verdwyn
  • Ramala no 18 : Op die verkenners se spoor
  • Ramala no 19 : Onreg op die oosgrens
  • Ramala no 20 : VoŽlvry
  • Ramala no 21 : Net die pistool
  • Ramala no 22 : Die gyselaars
  • Ramala no 23 : Die opstandelinge
  • Ramala no 24 : Die onwillige laksman
  • Ramala no 25 : Die ivoordiewe
  • Ramala no 26 : Die wraak van Ramala
  • Ramala no 27 : Die laaste stormloop
  • Ramala no 28 : Bondgenoot van die nag
  • Ramala no 29 : Vertraagde vonnis
  • Ramala no 30 : Die lokval
  • Ramala no 31 : Die vreemde berg
  • Ramala no 32 : Die silwer koets

Boeke in die Ramala reeks is:

Sirkeluitgawe

 

koop 'n boek 4

 

 

Ramala 1 - groot

Ramala no 1 - Die oorlogvure brand - geskryf deur Gerrie Radloff

Die son het reeds amper weggesak. Die lang skaduwees kronkel deur die valleie onder hom. Meteens is dit asof hy ver van die wÍreld verwyder is. Alles daar onder lyk klein en onbelangrik. Hier bo op die berg is hy onaantasbaar, hier kan die skommelinge en woelinge van die nietige mense hom nie raak nie. Hy word verhef deur die natuur en voel nader aan die Skepper wat alles onder hom beheer. Sy wraak verdwyn. Sy griewe is nie meer so belangrik nie.

Terwyl die skemerte op alles neerdaal, voel Ramala opgewonde. Hy draai om en met ‘n onstuimige gewaarwording in sy gemoed hardloop hy vinnig na die grot toe terug.

 

 

    Ramala 2 - groot

Ramala no 2 - Sterf teen die kranse - geskryf deur Gerrie Radloff

Manie tree uit die rookwolk. Ligte wasems slaan van sy gespierde liggaam af op. Hy sit sy bene wyd uitmekaar en vou sy arms.

Reeds met die ontploffing het ‘n vreeskreet uit honderde Wambandu-kele opgeslaan. Hulle ken almal die waarskuwing wat altyd die verskyning van die oorlogsgod voorafgaan. Maar hier het hulle hom nie verwag nie. Eers toe hulle hom sien, besef hulle die waarheid.

Ver bo verwagting is die ontsag wat hulle vir Ramala koester. Soos een man kom hulle tot stilstand, werp hulle op die grond neer en verberg hulle gesigte in die stof. Krete van “ Ramala, Ramala!” slaan teen die kranse vas. (Ramala no 2 - Sterf teen die kranse - geskryf deur Gerrie Radloff)

 

 

Ramala 3 - groot

Ramala no 3 - Verraad in die nag - geskryf deur Gerrie Radloff

Feitlik aanmekaar swaai hy sy arms, met die pistoolkolf wat by sy vuis uitsteek, beurtelings weerskante toe. Soms raak hy niks nie, maar die meeste kere tref hy iemand langs hom. Skaars vyftien sekondes nadat hy op die perd gespring het, het hy tot binne ‘n paar voet van Renier gevorder. Vlak langs hom aan die een kant is een van die skurke en aan die ander kant skuins agter hom, ongeveer drie ander. Nog ‘n laaste keer slaan hy wild na die kÍrel links van hom, maar die volgende oomblik het hy sy voete uit die stibeuels losgemaak en deur met sy hand op die saalknop te druk, spring hy orent op sy perd. Dieselfde beweging duur voort, en met ‘n geweldige sprong seil hy deur die lug en tref Renier met die skouer in die ribbes. Tesame stort hulle grond toe. ( Ramala no 3 - Verraad in die nag - geskryf deur Gerrie Radloff)

 

koop 'n boek 4

 

Ramala 4 - groot

Ramala no 4 - Twee moet sterf - geskryf deur Gerrie Radloff

Sonder aarseling skuif Manie om die dik paal. Hy beweeg taamlik vinnig, want hy besef dat hulle enige oomblik mag omkyk. Sodra hy binnekant is, skuif hy teen die heining af tot hy skuins agter die naaste stroois in die skaduwees kom. Hier haal hy weer normaal asem en duik vorentoe.

‘n Ruk sit hy doodstil. Dan loer hy om die hoek. Die twee wagte het nog nie beweeg nie. Vinnig glip hy tussen die twee skadukolle uit toe hy die voorste ry hutte wat die binneplaas omhein, bereik. Al vrees wat hy het, is dat hy moontlik gesien mag word; maar dat enige geraas aandag mag trek, glo hy nie. Skielik staan hy doodstil. Sy voete voel aan die grond vasgeanker!!.

 

Ramala 5 - groot

Ramala no 5 - Die versteekte stad - geskryf deur Gerrie Radloff

Hy sien die sweet op hulle gesigte. Andersley se oŽ is vreesbevange soos vroeŽr in die kelder. Roodt het ‘n uitdrukking van magteloosheid. Manie weet dat hy ‘n soos ‘n masjien sal voortbeweeg tot hy van moegheid omkantel. Hy wil hulle verder aanmoedig, maar die pyn in sy gesig is nou sos groot dat hy skaars nog kan praat. Die rouheid wat deur die honderde wondjies van die miere veroorsaak is, brand as gevolg van die sweet wat daarop loop.

Roodt-hulle het effens agtergeraak. Manie leun teen ‘n rotsblok en wag dat hulle nader kom. Skaars dertig tree agter hulle sien hy van die Nikolanti-wagte tussen die rotsblokke deurnael. Binne ‘n minuut of so sal die Nikolanti’s hulle kan inhaal en met die geweerkolwe platslaan as hulle wil. ( Ramala no 5 - die versteekte stad - geskryf deur Gerrie Radloff)

koop 'n boek 4

 

Ramala 6 - groot

Ramala no 6 - Die lafaard - geskryf deur Gerrie Radloff

Greeff neem die pistool. Sonder ‘n verdere woord kap hy hom hard teen die kant van sy kop. Hy slinger asof hy effens duiselig word, maar dan stap hy na een hoek toe en gaan leuend teen die muur lÍ. Bruyt spring agter die deur in. Vlugtig kyk hy of die vensterhortjies gegrendel is sodat Manie daardeur kan sien.

Skaars drie minute later gaan die deur vinnig oop. Dadelik tree Bruyt daarom en hy druk die lope van die twee pistole in sy hande in Manie se maag. “As jy roer, sterf jy! “ sis hy dreigend. Manie se oŽ flits na die hoek waar Greeff op die vloer lÍ. Vir die tweede keer daardie aand verwyt hy homself oor die dom dinge wat hy aangevang het. (Ramala no 6 - Die lafaard - geskryf deur Gerrie Radloff)

 

 

Ramala 7 - groot

Ramala no 7 -Op die verkenners se spoor- geskryf deur Gerrie Radloff)

Die groep ruiters jaag in woeste vaart deur die buitewyke van die stad. hoog teen die hange bereik hulle die grou kasteel van die slawehandelaar. In die binneplaas word Manie van die perd afgeruk, by ‘n sydeur ingesleep en met ‘n spiraal trap af gestoot totat dit vir hom voel asof hulle die middelpunt van die aarde nader. Dan onthou hy die ligging van die plek teen die skuinste en dat hulle dit met ‘n kronkelpad van die kant af binnegegaan het.

‘n Ysterhek knal toe. Daat buite op die sanderige vloer, asof hulle in ‘n half toegemesselde grot is, staan ‘n paar soldate met lanterns rond. Manie vermoed dat hulle op al-Sakar wag. (Ramala no 7 -Op die verkenners se spoor- geskryf deur Gerrie Radloff)

 

                   

koop 'n boek 4

Ramala 8 - groot Ramala 21 - groot pronk

Ramala no 8 (Sirkel publikasies) - Net die pistool - geskryf deur Gerrie Radloff
Ramala no 21 (Pionierboeke) - Net die pistool (1959) - geskryf deur Gerrie Radlof

Met tussenposes raak die vier gevangenis stil. Dan wissel hulle weer gedagtes, maar meer dikwels werp hulle angstige blikke op die reuse skare wat eers ritmies en stadig om die vure begin dans en dan met toenemende tempo van die tamboere in wilder passe oorslaan. Op die oomblik is dit asof hulle Manie-hulle heeltemal ignoreer.

Verskeie kere beur Manie aan die rieme om sy bolyf, arms en bene. Maar na ‘n uur kan hy nog geen verandering aan die styfheid waarmee hulle om hom strek, bespeur nie.

‘n Enkele bloedstollende kreet weergalm bo die oorverdowende lawaai uit. Asof hy deur die lug uit die koningshut gevlieg kom, slaan ‘n gestalte in die stof neer. Vir ‘n oomblik lÍ hy roerloos en dan kom hy met ‘n skielike onverwagte sprong orent. Christine gil onwillekeurig. (Ramala no 8 - Net die pistool - geskryf deur Gerrie Radloff)

 

 

Ramala 9 - groot

Ramala no 9 - Die Die onheilige verbod - geskryf deur Gerrie Radloff

‘n Vreemde, geheimsinnige boodskap word uit ‘n verafgeleŽ deel van die Saharawoestyn aan Teuns Stegmann, die Suid-Afrikaner in die Vreemdelegioen, afgelewer.

Hy en ‘n paar maats word gestuur om ondersoek in te stel. Na ‘n lang reis en vele wedervaringe, kom hulle af op die grusame oorsaak van die onheilsboodskap wat hulle so ver daarvandaan ontvang het.

Selfs vir die vindingryke Suid-Afrikaner is die oplossing van hierdie vraagstuk byna-byna een te veel, maar ‘n man met so ‘n helder brein en soveel jare in die harde leerskool van die Vreemselegioen, laat hom nie maklik onderkry nie... (Ramala no 9 - Die onheilige verbond - geskryf deur Gerrie Radloff)

 

koop 'n boek 4

 

Ramala 10 - groot   Ramala 23 - groot pronk

Ramala no 10 (Sirkelpublikasie) - Die opstandeling - geskryf deur Gerrie Radloff)
Ramala no 23 (Pionierboeke) - Die opstandelinge - geskryf deur Gerrie Radloff)

 

Ramala 11 - groot

Ramala no 11 - Die silwer koets - geskryf deur Gerrie Radloff)

Hulle het pas by die agterste tuinhekkie verbygestap. Manie hoor die geritsel van blare en blitsvinnig, soos hy geleer het om op alle verdagte geluide te reageer, swaai hy om. Hy sien die paar swart gestaltes skaars twee tree van hom af.

“Pasop!” gil van Toorn juis op daardie oomblik en toe Manie reeds na sy pistool gryp, pluk Lucas hom aan die arm asof hy hom opsy wil ruk. Voordat Manie sy ewewig kan herwin, en sy arm uit Lucas se greep kan losskud, tref ‘n harde slag hom teen sy linkerslaap en dit word dof voor hom. Hy hoor hoe van toorn luidskeels om hulp roep en dan sak ‘n swartheid oor hom neer.

 

 

Ramala 12 - groot

Ramala no 12 - Twee perde struikel - geskryf deur Gerrie Radloff)

koop 'n boek 4

 

Ramala 13 - groot  Ramala 11 - groot pronk

Ramala no 13 (Sirkel uitgewers) - Tot teen die berge - geskryf deur Gerrie Radloff)
Ramala no 11 (Pionierboeke) 1957 - Tot teen die berge - geskryf deur Gerrie Radloff)

Toe Manie terugkyk sien hy die dwarrelende rookdampe wat nog steeds uit die kloof opstyg. Daar is die dreuning van rollende rotse soos die gedonder van ‘n groot waterval. Onder in die bek van die kloof is dit asof ‘n vuurspuwende berg stomende lawa uitgestort het. Hier en daar sien hy ‘n Spanjaard hardloop, maar daar is maar min van hulle.

Onder van die Spaanse kamp af slaan ‘n stofwolk op soos ‘n paar honderd berede soldate aangejaag kom. Vooraan sien Manie die strydos van Isabella Velastť (Ramala no 13 - Tot teen die berge - geskryf deur Gerrie Radloff)

 

 

koop 'n boek 4

Ramala 13 - groot pronk

Ramala no 13 (Pionierboeke) - Die vlugteling (1957) - geskryf deur Gerrie Radlof

Ramala 20 - groot pronk

Ramala no 20 (Pionierboeke) - VoŽlvry (1959) - geskryf deur Gerrie Radlof

Ramala 21 - groot pronk

Ramala no 21 (Pionierboeke) - Net die pistool (1959) - geskryf deur Gerrie Radlof

Ramala 23 - groot pronk

Ramala no 23 (Pionierboeke) - Die opstandelinge(1959) - geskryf deur Gerrie Radlof

Ramala 24 - groot pronk

Ramala no 24 (Pionierboeke) - Die onwillige laksman (1959) - geskryf deur Gerrie Radlof

Ramala 25 - groot pronk

Ramala no 25 (Pionierboeke van 1960) Die ivoordiewe geskryf deur Gerrie Radlof

Ramala 29 - groot pronk

Ramala no 29 (Pionierboeke van 1960) Die vertraagde vonnis geskryf deur Gerrie Radlof

 

Ramala 31 - groot pronk

Ramala no 31 (Pionierboeke van 1961) Die vreemde berg geskryf deur Gerrie Radlof

 

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

Gerrie Radlof het ook die Buiter boeke boodskap vir die buiter -gerrie radlofasook Oloff die seerower Oloff die seerower no 5 - gerrie radloffgeskryf

Bo

 

koop 'n boek 4