Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Afrikaanse liesdesverhale
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Afrikaanse liesdesverhale
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

PJ Schoeman

Pieter Johannes Schoeman (P.J. Schoeman) is op 20 September 1904 in die Utrecht-distrik (Natal en deesdae Kwazulu Natal provinsie) gebore en was die derde jongste van die gesin van 13 kinders.

Sy seunsjare bring hy op die familieplaas St. Helena deur en kry van sy kinderjare af met die Zoeloes te doen. Hy martrikuleer aan die HoŽrskool Helpmekaar in Johannesburg. Reeds in op skool kom sy talent as skrywer na vore toe hy 'n opstelkompetisie (in Engels) met 'n opstel getiteld: "The Inundation of the Nile." wen.

Nadat hy vir 'n geruime tyd sy broer Martiens help boer het, gaan Schoeman na die Universiteit van Stellenbosch en behaal daar sy M.A.-graad (1933) met 'n tesis getiteld: Grepe uit die lewe van die Swazis. Hy wen 'n studiebeurs en gaan na Londen waar hy onder Professor Molinowski studeer. Hy behaal daar sy D.Phil. met die proefskrif The Sacred and the Profane in the Swazi Household ( ongeveer 1937).

Schoeman werk as joernalis totdat hy in 1939 'n pos in Maatskaplike Antopologie (Volkekunde) aan die Universiteit van Stellenbosch aanvaar. Hy het dan ook altesaam 30 boeke gepubliseer. Verder was hy ook baie lief vir rose en natuurlik ook ‘n kenner daarvan.

“n uiteensetting van sy lewensjare is as volg:

  • 1939 - 1947: Professor aan die Universiteit van Stellenbosch.
  • 1947 - 1950: Voltydse skrywer.
  • 1951 - 1956: Hoofwildbewaarder in Suidwes-Afrika.
  • 1956: Vestig hom weer eens as voltydse skrywer in Stellenbosch.

Schoeman en sy vrou, Dr. Esther Hofmeyr, het twee dogters gehad, Esti en Elize.

P.J.Schoeman is op 5 Julie 1988 in Stellenbosh oorlede.

Toekennings deur P.J Schoeman ontvang was:

  • Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur (1956 en in 1967)
  • Perskorprys vir Jeuglektuur (1982).

 

kliek hier vir ‘n lys van sy boeke

 

Kliek hier vir sy gewilde jagboeke met die FANIE karakter

PJ SCHOEMAN fanie se vuurdoop

Voorblad van Fanie se vuurdoop
(boek geskryf deur dr PJ Schoeman)