http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Pirrow Bekker

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Pirow Bekker is gebore op 9 Desember 1935 op Smithfield in die Vrystaat. As kind bly hulle op verskeie plase onder meer die plaas Suidoostebank in die distrik Reddersburg, en daarna die plase Draaifontein en Klipfontein neffens die Winterhoekberge in die Oos-Kaap. Sy pa raak ernstig siek en hy onthou ‘n gedig wat hy in dié tyd skryf naamlik oor ‘n treurwilg. Hy durf ook ‘n speurverhaal aan, maar nie die gewone soort nie.

Kort voor sy pa se dood verhuis die gesin weer terug na die Vrystaat. Op hoërskool sit hy sy skryfpogings voort. Hier is egter ‘n onderwyser wat hom die vryheid gun om soms ‘n storie te lewer in plaas van ‘n opstel. Op universiteit sorg sy skryfwerk dat hy ‘n draagbare Olivetti-tikmasjien kon bekostig, iets wat redakteurs met gemengde gevoelens moes beleef het.

Tydens die tyd wat hy as joernalis werk, dig hy gedigte soos “Peins oor ‘n plakkaat” en, “hoger kon inklim”: wat gedigte was wat verwysende na die destydse Standpunte. Die gedigte is later opgeneem deur Opperman en Le Roux in Stiebeuel 2 en uiteindelik deur Opperman in sy Groot Verseboek.

Hy verlaat die joernalistiek en word dosent. In 1968 behaal hy die doktorsgraad aan die destydse RAU (tans Universiteit van Johannesburg) met die titel In die poësie. Die proefskrif word twee jaar later onder dieselfde titel gepubliseer. Opperman neem ‘n verwerking van sy verhandeling oor die kwatryn in sy reeks blokboeke, op.

Na ‘n doseerperiode, onder meer by Unisa, word hy hoof van die Dokumentasiesentra van die RGN.

Tans woon hy en sy vrou, Annatjie,(gebore Bosman) uit die Noordwes-Kaap en ‘n onderwyseres, langs die see by Boggomsbaai. Hulle het twee seuns en ‘n dogter en is die grootouers van vier seuns en drie dogters