http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Pierre fourie boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Pierre Fourie het verskeie boeke geskryf waaronder:

n Leser het aangedui dat die volgende boeke ook deur Pierre Fourie geskryf was:

  • Oumatjie se grootseun
  • Tromme in die skemering
  • Vondeling

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

 

pierre fourie- Die goue sleutel

Die goue sleutel (Ou-Kaapse verhaal)- Pierre Fourie

Sagte voetstappe in die kamer, en dan beweeg die eerste paar pantoffels wat hy gesien het, deur toe.
,,Nag, Yvette.”
,,Nag, mademoiselle Mariette.”
Dan gaan die deur toe.
Danie Rossouw kan sy oŽ en ore nie glo nie. Mariette!

Skielik is hy weer ‘n jong seun in Frankryk . . . en sy ‘n jong dogter. Haar vader is ‘n markies, en toe sy van haar perd afgeval het, het hy haar kom help — en as dank het sy hom met die peits oon die kop geslaan.

Nou is sy in die Kaap — duisende myle van Frankryk af waar die bloedige revolusie woed.

Sy word hier gevange gehou, dink Danie. Maar hoekom?

Hy sou spoedig uitvind dat die hele revolusionťre bewind sy hande op hierdie mooi meisie wil lÍ — om die goue sleutel wat sy om haar nek dra, in die hande te kry.

‘n Oorlogskip is al op pad Kaap toe om haar te kom wegvoer, maar hy sal dit nie toelaat nie.

Hy het Mariette lief, en as sy lewe die prys is wat hy vir haar vryheid moet betaal, sal hy dit gewillig doen.

Wat hy egter nie weet nie, is dat haar vader in die martelkamer van Parys lÍ waar hulle hom wil dwing om te sÍ waar die goue sleutel - en sy dogter - is.

‘n Boek wat die hart sal roer en die senuwees sal aangryp.

 

koop 'n boek 4

 

pierre fourie- n lelie van die laeveld

‘n Lelie van die laeveld - Pierre Fourie
(speel af in die 1890’s in die laeveld)

‘n Lelie van die Laeveld is ‘n mooi, simpatieke roman, vol liefde, deernis, spanning. avontuur en menslike konflikte.

Die verhaal speel in die Laeveld af—die Laeveld met sy soel somernagte. sy mengelmoes van genre in die sonskyn na die reŽn, en sy versengende hitte in die glorie van sy somer. ‘n WÍreld waar boom en plant oor sy wilde diereryk rank. ‘n Stil en rustige wÍreld vandag, hierdie wÍreld met sy sierlike tuine en rye blink motors op sy beteerde paaie. Maar dit was nie altyd so nie.

Eens het hy ook sy stryd en sy woelinge geken en die onbeteuťlde drifte van die mens wat aan die van sy diereryk grens . . . Die tyd toe fortuinsoekers, gierigaards en woekeraars oor sy rante gekorn het om die blink klippers gulsig uit sy bodem te haal; die tyd toe vroue hul reinheid verpand het vir ‘n dag se loon; toe die roepstem aan die pionier gekom het om sy wil te kom knak, sy gees te kom tem. Dit is na hierdie wÍreld waarheen die skrywer ons voer en dis van hierdie mense wat by ons vertel.

Ons ontmoet die jong geneesheer, Daan Roos, vir wie hierdie land en sy siekte uiting bied. ‘n Jong man, besiel met ‘n ideaal en met die wil en vasberadenheid om dit verwesenlik te sien.

Ons maak kennis met Frans Joubert en sy gesin. Met sy beeldkone dogter, Rene. Rene, jonk en rein, wat met vraende blou kykers deur hierdie wÍreld kom loop, wyl ‘n vreemde drang en die pyn wat dit bring, in haar hartjie lÍ.

Dan is daar PauliŮg; Potter en Branninghan. Almal eie aan hul soort; maar bo almal troon die reuse gestalte van Bokwa Scholtz. Bokwa, die sagte, minsame natuurkind en seun van die veld, maar die meedoŽnlose vegter as gevaar sy rein en blanke lelie bedreig.

Anders as sy gebruiklike avontuurverhale waar die flitsende swaard en die sjarmante dames van vervloŽ dae die toneel oorheers, voer Pierre Fourie ons met hierdie werk onverwags mee na ‘n landelike wÍreld en die mense wat daarin gewoon het.

Lees ook boeke van Baberton se delwers deur Wille Martin

Lees ook Laeveld diamant reeks

Lees ook boeke van die goudstormloop deur Mike Heine

 

koop 'n boek 4   koop 'n boek 4

 

pierre fourie- Nag bring die onheil

Nag bring die onheil deur Pierre Fourie

Daan Uys stap na Alice se woonsteldeur en druk die klokkie. Niemand beantwoord die klokkie nie en tog kan Daan deur die boluik sien dat die ligte brand. Die warm gevoel om sy hart word deur ’n yskoue een vervang. Hy haal ‘n loper uit sy sak en sluit die deur oop. Hy druk dit agter hom toe en staan doodstil.

Sy sit op ‘n leunstoel met haar gesig na hom toe. Haar arms rus op die stoelleunings, haar kop teen die rugleuning. Die bruin oŽ is oop — en stil. Tussen die oŽ is ‘n klein swart gaatjie waaruit die bloed nog sypel.

Alice Whittaker is dood.

Daan stap stadig nader en kyk af na die stil gelaat. Die bloed wat teen haar neus afgeloop het, is nog nie droog nie. Hy plaas sy vingers op die gewrig van die een hand. Die veI is nog warm, maar daar is geen polsslag nie. Hy weet dat sy ‘n paar oomblikke gelede om die lewe gebring is.

Sy sesde sintuig, tydelik verstomp weens die skok, flits ‘n waarskuwing. Skielik weet hy dat hy nie die enigste lewende persoon in die woonstel is nie. Hy kyk waaksaam om hom heen.

Die badkamerdeur is besig om stadig en geruisloos oop te gaan. . .

Nag bring die onheil is ‘n spannende spioenasieverhaal deur veteraanskrywer Pierre Fourie

 

koop 'n boek 4

 

pierre fourie- uur van vergelding kaapseverhaal

Uur van vergelding - Pierre Fourie
(ou Kaapse verhaal)

Henri du Plessis keer van Europa na die Kaap terug nadat hy gehoor het dat sy vader deur die jong Willm du Bruyn tot ‘n swaardgeveg uitgedaag en verwond is. Die familie-eer vereis van die aantreklike, onverskrokke Henri om op sy beurt vir Willem du Bruyn tot ‘n tweegeveg uit te daag.

Die tweegeveg vind nooit plaas nie. Maar om die een of ander onverklaarbare rede word daar herhaalde male ‘n aanslag gemaak op sowel Henri as sy vader se lewens en ontstaan daar ‘n meedoŽnlose familievete tussen die Du Plessis’s en die Du Bruyns.

Vir Henri word die saak verder gekompliseer deur die feit dat sy pragtige jong sussie, Anne-Marie, verlief is op een van die Du Bruyn-broers, Dirk, en dat hy self onherroeplik verlief raak op Rita — die mooi nooi met die vurige oŽ en skerp tong. Maar Rita staan in die Du Bruyn-kamp

Wat lÍ agter die Du Bruyns se vete teen Henri en sy vader? Waarom word die water van hul plaas weggekeer en nagtelike strooptogte op hul beestrop uitgevoer? Watter duistere rede lÍ agter die Du Bruyns se pogings om Henri en sy vader, wat hulle nooit enige kwaad aangedoen het nie, selfs om die lewe te bring?

Maar hoe hard Henri en Anne-Marie ook al probeer om uit te vind waarom hulle gehaat en vervolg word, kry hulle geen antwoord nie. Die Du Bruyns weier om te praat. En die vete gaan voort — totdat Henri met ‘n kil, koelbloedige woede besluit dat die uur van vergelding aangebreek het.

Uur Van Verge/ding is ‘n opwindende, romantiese verhaal uit die vroeŽ dae aan die Kaap (1755) — verhaal soos alleen Pierre Fourie dit kan skryf.

 

Lees nog Kaapse verhale deur Kobus Snyman

Lees nog verhale uit die ou-Kaapse tyd van Elmar Steyn

 

koop 'n boek 4

pierre fourie- Die raaisel van Rooikrans speurverhale

Die raaisel van Rooikrans - Pierre Fourie

Dit is die jaar 1838

Petra Marais is oortuig daarvan dat.die herhaaldelike strooptogte op Rooikrans die werk is van ‘n bende, onder leiding van iemand wat hulle finansieel wil verwoes. Die doel is natuurlik om Rooikrans te bekom — maar waarom?
Dit is die raaisel van Rooikrans, die plaas van Andrť Marais, geleŽ in die Worcesterse distrik. Andrť kan weens ‘n beenbesering nie die sake op sy plaas behartig nie, en geen man is bereid om die bestuur van Rooikrans waar te neem nie. Dit is dus Petra, sy dogter, wat met moed en ywer die taak op haar skouers neem, terwyl tant Sophie die huishouding behartig. Tant Sophie aat natuurlik nie na om haar afkeer in die toedrag van sake by elke moontlike geleentheid te lug nie, maar selfs sy is nie bestand teen Petra se ondernemingsgees nie.

Afgesien van die toevallige besoeke van ene Raoul du Prť, ‘n Fransman op ‘n seldsame sending, gaan sake hulle gang op Rooikrans. Totdat ‘n algehele vreemdeling een donker nag ‘n aanbod van Petra ontvang:

Ek weet dat jy ‘n man by name Roberts vermoor het, of so word beweer. My tante dink dat jy ‘n swierbol is, maar beslis nie ‘n moordenaar nie. Teen hierdie tyd sal die mense by die grensposte reeds gewaarsku en op die uitkyk vir jou wees. Dink jy nie jy sal onder die omstandighede veiliger hier wees nie?”

En dan begin die poppe dans . .