http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Paul c. Venter

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Paul C Venter

Paul Christoffel Venter is op 1 Desember 1947 in Johannesburg gebore, die jongste van drie seuns. Nadat hy matriek in 1964 aan HoŽrskool die Burger voltooi het, het hy nege maande militÍre diensplig verrig voor hy as verslaggewer by Die Vaderland begin werk het.

In 1972 het hy tydskrifjoernalis by Republikeinse Pers in Durban geword.

Die joernalistiek het hom die geleentheid gegee om Afrika, Europa en die Verre Ooste te leer ken. In sy eie tyd het hy toe ook draaiboeke vir films, fotoboeke, kleuterboeke, jeugboeke, feitelike boeke en storieboeke geskryf. Hy was ‘n jaar lank verhaleredakteur van Die Brandwag.

Toe televisie in 1975 in Suid-Afrika aanland, het hy onder toesig van die ervare Jan Scholtz draaiboeke vir die heel eerste Afrikaanse dramareeks, Keertyd, geskryf. By Jan het hy soveel geleer dat hy daarna Opdrag, ‘n militÍre dramareeks, op eie houtjie vir Kavalier-films se Bertrand Retief kon aanpak.

Paul is intussen met sy eerste vrou, die fotograaf en kunstenaar Cornelia Storbeck, getroud. Hulle het vyf dogters en nege kleinkinders.

In 1979 het hy heeltyds skrywer geword en daarna besluit om met sy gesin op Hermanus te gaan woon. In die Kaap het ‘n ontmoeting met film- en televisiemaker Dirk de Villiers tot die skryf van die gewilde Arende-reekse aanleiding gegee.

Uiteindelik het Paul 25 jaar van sy lewe aan televisiedrama gewy. Hy het verskeie toekennings daarvoor ontvang, in ‘n stadium self vervaardiger en regisseur geword, en van sy reekse is in die buiteland verkoop.

 Op 6 Oktober 1999 is hy getroud met Dalene Kotzť, lank hoof van Afrikaanse kinderprogramme by televisie en later opdragredakteur: Afrikaanse drama SABC 2.

 In 2005 het Paul en Dalene besluit om in Engeland af te tree, maar om persoonlike en gesondheidsredes moes hulle terugkeer en woon nou op Hanover in die Karoo.

 

Klik hier vir ‘n lys van Paul C Venter se boeke

 

 

Tussen tiers oorlogshelde-paulcventer

Tussen Tiers- ‘n boeke oor S.A. oorlogshelde deur Paul C Venter