http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php P H Nortje

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

P. H. Nortje is op 20 Oktober 1920 in die hoofslaapkamer van sy ouers se opstal op Klipfontein gebore. Hy was die jongste van vier kinders en die tweede kleinseun van Petrus Hendrik Smith - ‘n Britse settelaar. Daarom word hy Peter Henry gedoop - blykbaar minder grof vir so ‘n klein dingetjie.

Later was hy onderwyser en later dosent -ook waarnemende rektor op Wellingtonse Onderwyskollege.

Dat Peter Henry Nortje begin skryf het, is aan sy vrou en sy buurman te danke. Nortje het een skets na ’n tydskrif gestuur en dit is geplaas. Toe die tweede terugkom, besluit hy hy gaan nooit weer iets skryf nie, en hy bre dit in ’n laai (laai 13?).

Sy vrou, Mikie, pos dit egter stilletjies na Die Huisgenoot. Die verhaleredakteur aanvaar dit dadelik en vra hy moet nog skryf. Meer as tagtig word daarna gepubliseer en ses bundels sketsverhale verskyn. Van die verhale word ook oor die radio voorgelees.

Toe Henry (gedoop Peter Henry Nortje) vir sy kinders stories oor sy Baviaanskloof-jeugjare neerskryf, vertel sy buurman vir die uitgewer J.D. Pretorius daarvan. Di daag onverwags by sy huis op en gaan lees die verhale by die werk deur. “Veertien dae later eers bel hy my, en wat hy versoek, laat my byna van my stoel afval: Ek moet nog ’n stuk of ses hoofstukke byskryf; hy wil ’n boek daarvan maak. ’n Boek. Die man moet van sy sinne beroof wees. Ek ’n bk skryf?!”

Maar ’n jaar later is Nortje se tweede boek ook klaar en vir sy eerste boek, Pennie se Vuur, en Die Groen Ghoen gesamentlik, en ontvang die Akademie se Scheepersprys vir Jeuglektuur.

Daar is ook verdere bekronings - Die wildedruif val word in 1982 met die eerste prys in Sarie en Tafelberg se jeugverhaalwedstryd bekroon. Dit is die ware verhaal van die vloedramp wat die Baviaanskloof in Mei 1916 getref het. Die aangrypende slot van die boek is in die bundel opgeneem.

PH Nortje se verhale klink almal wr. Telkens is dit asof hy eers ’n avontuur tot in die fynste besonderhede beleef het voordat hy daaroor geskryf het. Sy uitsonderlike waarnemingsvermo, sy oorspronklike segging, sy natuurlike dialoog, sy vermoe vir die raaksien van snaaksighede en sy plooibare styl maak hom ’n humorskrywer in ’n klas van sy eie.
 

Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke

 

ph nortje

 

Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke