http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Nita Griessel biografie

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Nita Griessel in die distrik Vryburg, in die amperse Kalahari, gebore en as plaasdogter grootgeword en het aldaar gematrikuleer. Daarna het sy H.P.O.D. aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en skoolgehou te Parow, Warrenton en Calvinia. Op 4 Julie 1964 het haar man, Ernst, na Loxton in die Karoo aangekeer, en hokgeslaan op hul plaas, “Nuwelande”.

Haar eerste roman “Geliefde voog” verskyn in 1969 en daarna sommer vele meer. Om karakters en ‘n verhaal rondom hulle te skep, bied geweldige bevrediging. Dit is egter ook uitputtend aangesien elke een se afsonderlike emosies en lief en leed persoonlik deurleef word agter die tikmasjien (deesdae die rekenaar!).

Hulle het twee kinders en vyf kleinkinders, en dan ook twee “amper-kinders” - ’n Labrador en ’n Jack Russell. Sy is van nature ‘n boekwurm en ’n musiekslaaf.

Ménse met hul kleurvolle persoonlikhede en geite is en bly vir haar ’n groot genot, asook ’n groot bron van inspirasie vir haar verhale wat immers ’n greep uit die lewe bied. Nita Griessel is ‘n intense gevoelsmens. Betroubaarheid, opregtheid en nederigheid in haar medemens werf altyd waardering by haar omdat ware adel daarin opgesluit lê. In geveinsdheid en meerderwaardigheid het sy ‘n hekel.

Nita Griessel hou van drome droom, vars kersies en kaalvoel loop. Heel bo-aan haar lys neem Ernst en hul kinders hul plekke egter baie prominent in.

 Kliek hier om meer te lees van die 76 romans wat al van haar gepubliseer is. Gelukkig is sy van plan om aan te hou skryf totdat haar kop uithaak.

 

Kliek hier vir ‘n lys van haar boeke

 

Nita Griessel

Nita Griessel

Nita Griessel skryfster

Nita Griessel

Kliek hier vir ‘n lys van haar boeke