http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Nita griessel

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Nita Griessel het verskeie (meer as 70) liefdesromanse geskryf. Van haar liefdesverhale het ook in omnibusse vervat. Van haar liefdesromanse sluit onder andere in:

  1. Ankers vir Anabel
  2. Ballade van die Liefde - Nita Griessel-liefdesroman
  3. Bewaar die knikkertjie - Nita Griessel-roman
  4. Bloeisels vir jou Elani - Nita Griessel-roman
  5. Blomme vir more - Nita Griessel-roman
  6. Cul-de-sac vir Terida - Nita Griessel-roman
  7. Cupido versus Cato - Nita Griessel-roman
  8. Die brose hart - Nita Griessel-roman
  9. Die dogter van Tallie - Nita Griessel - Nita Griessel roman
  10. Die enkele blaar - Nita Griessel-roman
  11. Die goue glinsterdraad - Nita Griessel-roman
  12. Die goue kandelaar - Nita Griessel-roman- Nita Griessel roman
  13. Die jare roep - Nita Griessel-roman
  14. Die jare van ons herfs - Nita Griessel-roman
  15. Die lewe bly 'n lied - Nita Griessel-roman
  16. Die liefde van Tallie - Nita Griessel-romanNita Griessel roman
  17. Die liefdepaljas van Kadot - Nita Griessel-roman
  18. Die skadujare - Nita Griessel-roman
  19. Die skemermeisie van Nova Vita- Nita Griessel roman
  20. Die vlinder van Amanzi - Nita Griessel roman
  21. Die wewenaar van Kapoet ... soek ‘n nooi - Nita Griessel-roman   koop 'n boek 4
  22. Dierbare doringlelie - Nita Griessel-roman
  23. Dure beloftes - Nita Griessel-roman
  24. Emmer vir Tinkie - Nita Griessel-liefdesroman
  25. Geliefde voog - Nita Griessel-liefdesroman
  26. Gety van geluk - Nita Griessel-liefdesroman
  27. Haar geleende naam Nita Griessel roman
  28. Haar naam is Erika - Nita Griessel-roman
  29. Harpsang van die wind - Nita Griessel roman
  30. Hartskoot in die skrikkeljaar - Nita Griessel roman
  31. Herfswinde oor Mon Repos - Nita Griessel-roman
  32. Indringer Op Dassiedraai - Nita Griessel roman
  33. Intrige op Afsaal
  34. Jana se geheim - Nita Griessel-roman
  35. Karen van Duinesee - Nita Griessel roman
  36. Katryntjie van Soebatsfontein - Nita Griessel roman
  37. Koesterende maskerade - Nita Griessel roman
  38. Liefde in paaiemente - Nita Griessel-roman
  39. Luister na die gisterwind
  40. Marykie se tuiskoms - Nita Griessel-roman - Nita Griessel roman
  41. Met ‘n minnelied - Nita Griessel-liefdesroman - Nita Griessel roman
  42. Met komplimente aan Kapokkie - Nita Griessel roman
  43. My lied sonder woorde - Nita Griessel-roman
  44. 'n Flentertjie vryheid
  45. 'n Handvol sewejaartjies - Nita Griessel-roman
  46. 'n Lenteruiker vir Ounie - Nita Griessel-roman
  47. ‘n Ligter daeraad - Nita Griessel se tweede roman
  48. 'n Melodie vir Salomien- deur Nita Griessel - Nita Griessel roman
  49. 'n Pand vir Katinka - Nita Griessel roman
  50. n ReŽnboog oor voetpad - Nita Griessel-roman
  51. 'n Temmer vir Tinkie- deur Nita Griessell - Nita Griessel romanGriessel roman
  52. Nag sonder sterre - Nita Griessel roman
  53. Net vir jou, Dienkie, 1982   Nita Griessel - Foto : Nita Griessel
  54. Oor die duine heen,1992 - Nita Griessel-liefdesroman - Nita Griessel roman
  55. Sewe munte vir geluk - Nita Griessel-liefdesroman
  56. Sieraad van my hart
  57. Sluier oor Friedenau - Nita Griessel roman
  58. Skemermeisie van Nova Vita - Nita Griessel-roman
  59. Somerliefde, 1986 / 1997 - Nita Griessel-roman
  60. Sonnige straatmusikant - Nita Griessel-roman
  61. Sterre vir Paulien - Nita Griessel-roman
  62. Tamaryn van die veld - Nita Griessel roman
  63. Tolbos van verlange - Nita Griessel-roman
  64. Tussenspel op Weltevrede, 1989 - Nita Griessel-roman
  65. Veel meer as juwele - Nita Griessel-roman
  66. Velde van offergawes - Nita Griessel-roman
  67. Vergeet-My-Nietjie - Nita Griessel roman
  68. Verlore liefde - Nita Griessel-roman
  69. Vier mans en 'n hartedief - Nita Griessel roman
  70. Vinkel en koljander- Nita Griessel roman
  71. Viooltjies in die reŽn - Nita Griessel-roman
  72. Vredeslied van Kavango - Nita Griessel roman
  73. Vurige Victoria, 1998 - Nita Griessel-roman
  74. Waaisaad in die wind - Nita Griessel roman
  75. Wees my Troebadoer - Nita Griessel-roman
  76. Wie die verlange ken - Nita Griessel-roman
  77.  - Nita Griessel roman

koop 'n boek 4

Nita Griesel-myliedsonderwoorde

My lied sonder woorde- 1976 uitgegee en geskryf deur Nita Griessel

Die vreugde wat die skielike reŽnstorm in Franzi se gemoed ontketen het, was van korte duur. Dit het spoedig oorgegaan in vernietigende hael en ‘n onstuitbare waterstroom wat selfs vir die damwal te veel was...

En daardie dag toe die reŽnstorm oor Edenville getrek het, het daar nuwe lewe begin vir Franzi en haar klien broertjie, Brink , en oupa Herkie. Want Franzi het besef dat hulle nie langer op die plaas sal kan bly nie.

Vriende bewerkstellig dit so dat hulle na Oesterbaai trek en ‘n plot aanskaf, terwyl Franzi ‘n betrekking as assistente by ‘n veearts aanvaar. Groot, sagmoedige, Org Conradie vir wie Franzi heel gou bewondering begin koester oor die manier waarop hy met siek en beseerde diere kan werk.

Maar die lewe is alles behalwe met rose besaai. Hul buurman, aan wie hul deel van die plot behoort, is Fritz von Pletzen, ‘n eens gevierde pianis op wie die lewe ineens sy rug gekeer het. En trou aan sy aard, slaan von Pletzen hou vir hou terug. Die nuwe lewenswyse wat hy nou syne gemaak het, laat nie ruimte vir vriende of vriendskappe of gunste of buurmanskap nie. en dit druis direk in teen die lewe waaraan Franzi en Brink en oupa Herkie gewoond is....

Toe Franzi besluit dat hulle ‘n hondehotel op die plot gaan begin, haal sy haar die gramskap van haar buurman hewiglik op die hals, maar dit is toe net daar dat haar Henning-koppigheid tevoorskyn tree en toe spat die vonke!

My lied sonder woorde deur Nita Griessel is ‘n heerlike ontspanningsroman van Pronk-boekklub.
Lees ook Nag sonder sterre (opvolg op My lied sonder woorde)

 

NitaGriesel-omnibus -nagsondersterre en my liedsonder woorde -Afrikaanse liefdesromanse Afrikaanse liefdesverhale

Nita Griessel omnibus:

My lied sonder woorde en Nag sonder sterre is afsanderlike verhale, maar dis ook in der waarheid slegs een aangrypende vertelling wat duisende lesers geboei het toe dit jare gelede in boekvorm verskyn het.

Hier maak die leser kennis met die jang Franzi Henning. Saam met haar oupa Herkie en kleinboet Brink voer hulle ‘n stryd om Edenville, die erfplaas te behou. ‘n Vernietigende haelbui knak hulle egter oplaas en hulle is verplig om tydelik elders ‘n heenkome te soek. Op Oesterbaai gaan woon hulle in die ou huis op ‘n lappie grond wat Fritz van Pletzen aan hulle afstaan en Franzi gaan werk by ‘n veearts op die dorp.

Fritz is ‘n konsertpianis wat besig is om blind te word, maar Franzi is vasbeslate om deur sy kors van selfbejammering te breek — en Brink maak kennis met die liewe klein Liesel Gerber met die onpaar oŽ wat by haar oom Fritz kom kuier. In hulle kinderspel word sy Brink se Patrys en hy haar Majoor — voordat hulle paadjies geleidelik begin skei toe hy universiteit toe is...

Op ‘n dag oorrompel die oontreklike, skatryk Con de Heyer haar en hulle trou halsoorkop. . . en sy vergeet van Majoor wat haar held was; Majoor wat haar nog altyd liefgehad het, maar Con verloor eensklaps sy aardse rykdom. Hy word verplig om ‘n betrekking te aanvaar en word verpaas na Kromdraai — en Majoor praktiseer as veearts op Kramdraai, omdat dit naby sy plaas, Edenville, geleŽ is.

Tot oormaat van ramp besef Liesel spoedig dat haar gevoel vir Con gesterf het, dat hy skynbaar met onheilige dinge besig is en dat sy en Majoor mekaar na al die jare hartstagtelik liefhet.

 

nitagriesel-nagsondersterre

Nita Griesel (nie Griessel nie) - Nag sonder sterre (eerste uitgawe 1978)

 

Lees ook liefdesverhale deur Vera Wolmarans

Lees oo Liefdesromanse deur Lize Swart

Lees ook romanse deur Chanette Paul

 

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

   Nita Griesel-Wie die verlange ken

Wie die verlange ken- deur Nita Griessel

Die twee en twintigjarige Karlien Truter, wat by haar grootouers grootgeword het, het nie geweet wie haar ouers was nie en van kleintyd af wou sy baie graag uitvind. Maar haar ouma wou nooit daaroor praat nie en dit het haar verontrus.

Haar grootouers is in ‘n noodlottige motorongeluk betrokke en op haar sterfbed prewel Ouma Nell iets van Oliensdrift en ‘n ivoorkissie...

In die kissie kry Karlien ‘n sonderlinge ring met die naam Gerrie daarop gegraveer en ‘n bridle wat lui: Mag geluk haar nie ook verbygaan nie. Chrisna. Met die inligting tot haar beskikking aanvaar sy die pos as ‘n nuwe kindertuinonderwyseres op Oliensdrift in die Kalahari.

Karlien sit by oom Sors op die watertenk toe sy haar nuwe skoolhoof, Adriaan Wessels, vir die eerste maal sien. Boonop sien sy hom vir ‘n kollega aan en vra: “Is ons indoena darem menslik?” Karlien en Adriaan loop gereeld potjies, maar die koshuiskinders, Taleen, dominee Hugo, haar ander kollegas, tannie Ina, oom Hardus en Ouma Griet is lief en dierbaar.

Sal Karlien, die wilde wingerdlootjie, ‘n ankerplekkie op Oliensdrift vind? Wie die verlange ken deur Nita Griessel is ‘n aangrypende verhaal oor ‘n meisie se soeke na geluk en die koesterende warmte van ‘n huisgesin.

 

 

 

NitaGriesel-indringeropdassielaagte

Indringer op Dassielaagte - Nita Griessel (Eerste uitgawe 1993 en daarna weer in 2003)

Thanet Stegmann erf onverwags die helfte van Dassiedraai. Dit sluit ‘n huis, ‘n halwe krip, ‘n halwe dam, ‘n trop skape, ‘n trop bokke en ‘n effens onvriendelike maar tog ook hulpvaardige rooikopbuurman in.

Vir Thanet is Dassiedraai ‘n uitkomkans en ‘n wegkruipplek. Dis ‘n erfenis wat dit vir haar moontlik maak om ‘n stille belofte aan ‘n sterwende man na te kom.

Sy en klein Marilee vee hulle spore in die stad dood en vertrek na Dassiedraai. Thanet is vasbeslote om ‘n suksesvolle boer te wees. Haar aanvanklike pogings is egter rampspoedig. Gideon Oelofsen besluit om in te gryp as leermeester, al is dit net om sy helte van Dassiedraai te red.

Geleidelik begin Thanet om vir haar ‘n plekkie oop te skrop op Dassiedraai. sy slaag egter nie heeltemal daarin om die vrees wat yskoud in haar binneste lŽ, te stil nie...

Indringer op Dassiedraai is ‘n pragtige, humoristiese verhaal uit die pen van die beminde Nita Griessel, waarin die leser opnuut die waarde van onbaatsugtige liefde sal ontdek.

 

koop 'n boek 4

 

 

nitagriesel-vinkelenkoljander

Nita Griessel se Vinkel en Koljander (eerste uitgawe 1988)

Vinkel en Koljander, die een is soos die ander, maar tog ook nie! Vinkel is ‘n bekoorlike , sonnige maltrap met ‘n impulsiewe geaardheid en ‘n guitige glimlag - ‘n opperste platjie. Koljander is eweneens bekoorlik, met ‘n vietse lyfie, selfversekerde stappie en ‘n koppige kennetjie, maar besadiger en verantwoordeliker as haar ewebeeld - ‘n privaatspeurder van beroep.

Eendag op ‘n reŽndag ontmoet Vinkel haar droomman, met goudgeel spikkles in sy bruin oŽ, plat in die middel van ‘n nat teerstraat. Getrou aan haar aard, doen sy terstond aansoek om ‘n betrekking as sy sekretaresse. Daar is net een klein probleempie: Vinkel is nie taalkundig aangelÍ nie - Koljander wel....

Vinkel droom reeds van Oumagrootjie se robynring aan haar vinger pryk. Die eerste kleindogter wat trou, erf die pragstuk!

Toe verskyn Frik vosloo op die toneel - ‘n Riemlander wat sy hart op Koljander verloor.... Vinkel se droomman en Koljander se Riemlander is onbewus daarvan dat hulle ‘n identiese tweeling is...

Met Vinkel en Koljander, Nita Griessel se sprankellende lentebrieseverhaal, gaan die leser met genot verkreukel in en skaterlag oor die twee blondekoppe se manewales!

koop 'n boek 4

 

 

nitagriessel-dieskadujare

Die skadujare deur Nita Griessel (eerste uitgawe 1995)

Twee jaar gelede is die jonggetroude Anton Stegmann op sy motorfiets by die huis weg om vir sy vrou ‘n verrassing te gaan haal. Hy het nie weer teruggekeer nie; daar was ‘n ongeluk. Sederdien lÍ hy in ‘n koma in die hospitaal en dis sy laaste woorde van daardie dag wat Madalena nie kan vergee nie: “Hou uit, want dit gaan die moeite werd wees.” En sy wonder: hoe lank moet sy dan nog uithou?

Totdat ‘n verpleegster op ‘n dag bel en sÍ Madalena moet dadelik kom : Anton toon tekens dat die lewe na hom toe terugkeer. Sy jaag hospitaal toe en toe sy na ‘n halfuur weer by die gebou uitgaan, maak sy kennis met Heinrich von Arnim - en daarna verander hulle lewens ingrypend, totdat die skadujare ook op ‘n dag vervang word deur helder sonlig

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

nitagriessel-npandvirkatinka

Nita Griessel se “’n Pand vir Katinka” is die eerste keer in 1980 uitgegee

Lees meer oor die liefdesverhaal.... Kliek hier

 

Lees ook liefdesromanse deur Ena murray

Lees ook liefdesverhale deur Wille Martin

 

Nita Griessel-karen van duinesee  NitaGriessel-karenvan Duinesee

Karen van Duinesee - Nita Griessel

Na haar verlowing met Deon verbreek is en haar verhouding met Philip Rahl ook skipbreuk gely het, is Karen de JOngh, dogter van die ryk en snobistiese Gertrude de Jongh, sielsongelukkig.

In haar soeke na haarself, na ‘n eie identiteit, besluit sy om weg te breek van die oppervlakkige maatstawwe van die swierige gemeentskap waarin sy haar bevind. Sy aanvaar ‘n pos as hoof van die eenmanskooltjie op Duinesee, ‘n vissersdorpie.

Min het sy besef toe sy met soveel gemengde gevoelens die eerste maal oor Duinesee gekyk het, wat daar vir haar agter die duine wag ...

Waarom koester die stil, forsgeboude Wald Hofmeyer vanuit die staanspoor so ‘n sterk afkeer teenoor haar? Gaan die res van Duinesee se gemeentskap van wie sy soveel teenkanting kry en wat Wald byna slaafs aanbid, haar met hulle ongenaakbare houding wegdryf van Duinesee?

In hierdie omstandighede, uiters moeilik vir die verfynde stadsmeisie, is dit die sjarmante Leon Saunders wat haar gereeld geselskap hou.

Nita Griessel slaag daarin om met hierdie diep menslike verhaal oor die lief en leed van Karen de Jongh die leser deurgans te boei.

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

nitagriessel-Cupido versus Cato

Cupido versus Cato - Nita Griessel

 

 

Nita Griesel-Marykiesetuiskoms

Marykie se tuiskoms deur Nita Griessel


As gevolg van verdere studies was Naas Reynecke ‘n wyle weg van Lukashof Hospitaal. Met sy terugkeer na Lukashof Hospitaal wil hy Marykie Ludick die hof maak, maar daar is iets terughoudends, iets geheimsinnigs aan haar waarop hy sy vinger nie kan lÍ nie …

(Lees ook Die liefde van Tallie asook Die dogter van Tallie vir nog gebeure by Lukashof se hospitaal)

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Nita Griesel-diegoue kandelaar  Nita Griesel-diegoue kandelaa1972

Links is die tweede uitgawe van 1992 en regs die eerste uitgae van 1979 van Nita Griessel se “Die goue kandelaar”

 

NitaGriesel-omnibus -sonnige straatmusikante

Nita Griessel omnibus

  • Sonnige musikant
  • Vurige Victoria
  • Dure beloftes
     

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Nita Griesel-diegoueglinsterdraad

Die goue glinsterdraad - Nita Griessel (1980) Daan Retiefuitgewers

 

Nita Griesel-dieleweblynlied eerste uit indiekol  Nita Griesel-dieleweblynlied

Die lewe bly ‘n lied
geskryf deur Nita Griessel (Eerste uitgawe in 1979 deur “In die kol-boekklub”. Die tweede uitgawe was in 1992 en deel van J.P van der Walt se romankeur-reeks)

Meiring Naudť kan sy oŽ nie glo nie. Iewers langs die pad moes sy plaasarbeider, wat nou telkens met groot oŽ oor sy skouer loer, die vraggie agter op die sleepwa gelaai het. ‘n Beneswaaiende swartkopmeisie met ‘n wye glimlag, ‘n knapsak en ‘n woldhond...

Die stof wat met haar aankoms op die plaas opgedewarrel het, sal nog lank nie gaan lÍ nie, want tot sy grootste ontnugtering blyk dit dat Mitzi Adler hier is om haar eiendom te kom opeis. En die eiendom, waaroor hy persoonlik ‘n oog moes hou, is avondsrus, die plasie wat haar oupa aan haar nagelaat het.Bid jou aan - ‘n onervare stadajapie van ‘n vroumens wat sonder ‘n sent hier aanland om te begin boer op ‘n plaas wat arbeid en kapitaal dringend benodig!

As die jong boer aanvanklik dink dat hierdie lewenslustige nooi voor sy kille minagting en onoorbrugbare probleme sal swig, weet hy nog nie van watter stofasie sy gemaak is nie! Sy sien kans vir al die uitdagings van haar nuwe omstandighede, selfs vir vreemde gevoelens wat haar vreemde kritikus by haar wakker maak. Daarteen moet sy haar doelbewus verskans, want die gesofistikeerde Hester het Meiring klaar vir haarself afgekleim.

Die Lewe is ‘n lied is seker een van Nita Griessel se mooiste liefdesverhale

 

koop 'n boek 4

 

Lees ook verhale deur Hannah du Plessis

Lees ook romanse deur Ella van der Mescht

 

Bo

Nita Griesel-nligterdaeraad

‘n Ligter daeraad - Nita Griessel 1970 uitgegee deur Die Eike boekklub

Vir Henri Dreyer wat deur oom Jos en tante Mien aangeneem is, was die plaas Kloofhoek ‘n veilige hawe waar hy ‘n ware ouerhuis gevind het — so totaal anders as die weeshuis waarin hy sy vroeŽ jeugjare deurgebring het. Daar, in die groot inrigting wat die tuiste van die onterfdes is, was hy die weeshuisbrak, soos die bevoorregtes hom genoem het.

Hierdie skeldnaam was die brandmerk op sy jong gemoed. Dit het so diep gebrand dat dit in sy latere jare weer na vore gekom het. Dit het ook daartoe aanleiding gegee dat daar ‘n verwydering tussen hom en Hanti Streicher gekom het.

Die feit dat die vrou wat hom in die wÍreld gebring het so harteloos was dat sy hom, ‘n klein bondeltjie mens, op ‘n vreemdeling se stoep neergesit het, het sy hele lewensuitkyk vertroebel. En toe die onverwagte — hy het op die spoor van sy moeder gekom, maar die ontnugtering wat op hom gewag het, was so groot dat die verbitterIng in sy hart nog hoŽr gevlam het. Dit het hom van binne verteer en by kon Hanti se liefde nie aanvaar nie. Hy het gevoel dat hy geen reg daarop het nie, want hy is die weeshuisbrak, die weggooikind wat nie werklik ‘n naam het nie — die naamlose.

Op een of ander wyse moes daar klaarheid in hom kom. Hy het geweet dat hy sy lewensuitkyk moet suiwer, maar daar is sekere dinge wat so deel van jou word dat jy nie daarvan ontslae kan raak nie. Soos ‘n skaduwee het sy verlede oor hom gehang en die ligter daeraad wou maar net nie kom nie, want daarvoor was sy gemoed te donker.

Hierdie was Nita Griessel se tweede roman — toe nog ‘n jong skryfster wat reeds met haar eerste boek ‘n stewige vastrapplek gevind het en van wie daar nog baie verwag sou word.

 

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Nita Griessel-nhandvolsewejaartjies

‘n Handvol sewejaartjies - Nita Griessel (1981 uitgawe)

 

Nita Griesel-janasegeheim

Jana se geheim (Romanza)- Nita Griessel

Jana ontdek 'n brief tussen haar oom se goed na sy dood. Dit laat Jana na Vergenoeg-vakansieoord toe gaan. Haar plan - sy moet Armand Schutte ontmasker. Armand dink sy is maar bloot 'n werker in sy perdestalle. Wie sy is, mag hy nooit weet nie...

 

Lees ook liefdesverhale deur C.F Beyers-Boshoff

Lees ook liefdesverhale deur Vera Wolmarans

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Nita Griessel-tolbosvanverlange

Tolbos van verlange- Nita Griessel (1989 uitgawe)

 

Nita Griessel-n melodie vir salomien liefdesverhale liefdesroman

'n Melodie vir Salomien
liefdesverhaal deur Nita Griessel

Salomien Munnik, pragtige blondekop-onderwyseres, is besig om haarself in die trein tuis te maak, toe ‘n ou witkopvroutjie met ‘n klein dogtertjie aan die hand vir haar vra om na die kleinding, wat in dieselfde kompartement as Salomien sou reis, om te sien. Blykbaar is klein Ina Eloff se bestemming dieselfde as die van Salomien: De Bron.

Gou vind Salomien uit dat sy nog heelwat meer gemeen het met klein Ina, soos die geval met Salomien is, of soos sy glo, is albei Ina se ouers ook oorlede. Ina gaan nou by haar ouboet, Raynier Eloff, op De Bron woon omdat haar ouma ouetehuis toe trek. Maar waarom haal hy sy ouma soveel moeite en kommer op die hals? Is by dan gevoelloos?

Op De Bron voel Salomien gou tuis, want tant Gesie, by wie sy tuis gaan, is ‘n moederlike ou dame wat ook vir haar ander loseerders baie lief is. Daar is die platjie, Leon Rabie, ‘n kollega van Salomien; daar is ook die Italianer-skilder, Roberto Rossini, ‘n gevoelsmens; en daar is Dina wat by die sentrale werk.

Salomien maak ook kennis met die ou alleenloper, Johannes die Swerwer, wat later ‘n baie groot rol in haar lewe speel. Daar is Edna Coetzee, ‘n klerk in Raynier se winkel wat na haar man se afsterwe haar visier op Raynier gestel het.

Met Melodie vir Salomien het Nita Griessel verseker dat die leser ‘n paar genotvolIe ure lank weggevoer word na die wÍreld van die mense op hierdie klein dorpie op die platteland.

 

Nita Griesel-4mansennhartedief

Vier mans en ‘n hartedief - Nita Griessel (1985 uitgawe)

 

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

nitagriessel-sewemuntevir geluk

Sewe munte vir geluk - geskryf deur Nita Griessel

Toe Jolene Nihan se koelbloedige buffel van ‘n stiefpa haar in ‘n huwelik met ‘n biljoenÍr wil dwing om sy sakeryk van ondergang te red, besluit sy genoeg is genoeg! Sy vlug uit Suid-Afrika na die Britse platteland, waar sy onder ‘n skuilnaam weer mens probeer word terwyl sy die tyd omwens tot haar mondigwording, wanneer sy vir ewig verlos sal wees van haar stiefpa se jurisdisie.

Wat in die paar weke gebeur, sou sy egter nie in haar wildse drome kon raai nie. Die moederlike Nell Anderson, eienares van die gastehuis waar sy tuisgaan; die skilder-buuman, Ulrich Jouin, wat haar leer hoe om haar eie kunstalent te vertroebel, en die selfversekerde trapsoetjies van ‘n Ronald Malloy, wat homself as haar beskermheer aangestel het en oral volg, eis uiteindelik stukke in haar lewenslegkaart op wat die hele prentjie voltooi.

 

Nita Griessel-waaisaadindiewind

Waaisaad in die wind - Nita Griessel (1986 uitgawe)

 

 

Nita Griessel-viooltjiesindiereen

Viooltjies in die reŽn - Nita Griessel (Eerste uitgawe was 1991, hierdie tweede uitgawe was in 2003 deur Lapa uitgewers)

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

griesselnita-bleosels vir jou, elani

Bloeisels vir jou, Elani - deur Nita Griessel - 1979 uitgegee

Wanneer die hospitaal in die stad waar verpleegster Elani Wiehan werk, gereed maak vir die koms van dokter Wilhelm Lochner, is almal in rep en roer oor die aankoms van die briljante chirurg wat oorsee verder gaan studeer het.

Net Elani deel nie haar kollegas se opgewondenheid nie - want ses jaar gelede was diť dokter Lochner in ‘n motorongeluk betrokke.... ‘n motorongeluk waarin haar moeder die lewe gelaat het en sy, gestroop van enige verdere ideale, haar ma se plek in die huis moes inneem om haar jonger suster en broer te versorg.

Vanuit die staanspoor spat die vonke behoorlik tussen Elani en Wilhelm - ‘n snydokter wat die mes soos ‘n meester hanteer ... en iets wat in ‘n mate Elani se bewondering afdwing.

Wilhelm kan haar antagonisme glad nie verstaan nie. Trouens, hy voel vreemd aangetrokke tot die suster wat so koeltjies teenoor hom optree - veral omdat haar oŽ hom herinner aan ‘n paar oŽ wat hy lank gelede, voor sy vertrek oorsee, gesien het toe ‘n byna opgeskote jong meisie op haar fiets met sy motor raakgery het... Maar iets het hom bly ontwyk - totdat hy eendag die ontdekking doen - en skielik ook besef wat dit is wat Elani teen hom hou.

Louw Burger , aan wie elani op haar stiefpa se verjaarsdag sou verloof raak, sien al die dinge met benoude beklemming om sy bors en hy weet dat hy ook ‘n keuse sal moet maak. Maar voor die dag aanbreek, raak Elani se stiefpa ernstig siek - en leer sy op ‘n vreemde manier watter eienaardige paadjie die liefde soms loop

 

 

Nita Griessel-weesmytroebadoer

Wees my troebadoer - Nita Griessel

 

Bo

Nita Griesel-dieliefdepaljas van kadot

Die liefdepaljas van Kadot - deur Nita Griessel - 1987 uitgegee

Codette Heroldt, erfgenaam van die Heroldt-miljoene, se besluit om eerder op Rockybaai te gaan kampeer as om in Switzerland te gaan ski, verander haar hele lewe.

Vermom met ‘n litteken wat sy opplak, ‘n geleende tandedraad en met haar hare twee boksterte vasgebind, leer sy die lewe ken soos dit regtig is. Sy kom agter dat die kosbaarste goed diť is wat ‘n mens nie kan koop nie: ‘n gesondmaaksoentjie, die vrede om ‘n kosmaakvuurtjie...

So kruis haar paadjie met die van groot Eloff Potgieter, wat haar uit die staanspoor laat verstaan dat geen vroumens ooit weer baas van sy hart gaan word nie, wat haar aanmoediging om liefdespaljas voor te berei waarmee sy ‘n sjef sonder ‘n maag kan vang.

Die liefdepaljas van Kadot is ‘n genotvolle verhaal waarmee Nita Griessel die leser weer laat besef wat regtig saak maak in die lewe.

 

Nita Griessel-nlenteruiker vir ounie

‘n Lenteruiker vir Ounie - deur Nita Griessel

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Nita Griesel-omnibus geliefde voog liefdevantalie dogtervan tallie

Omnuibus : Die geliefde voog / Die liefde van Tallie / Die dogter van Tallie
 - deur Nita Griessel

Met Geliefde voog, die eerste roman wat Nita Griessel geskryf het, het sy haarself onmiddellik gevestig as een van die heel gewild

 

Nita Griesel-Die liefde van Tallie 

Die liefde van Tallie - geskryf deur Nita Griessel

Tallie Verster is die liefling van die dorp en die omgewing - was dit nog altyd sedert sy as negejarige weesdogtertjie saam met haar suster daar aangekom het. Onnut is sy, maar haar grootste vreugde lÍ in naastediens, daarom ook dat sy verpleegster geword het. Vir haar is geen mens te eenvoudig, geen huis te onpretensieus nie - al wat belangrik is, is wat binne die mens is.

Dokter Wouter Reyneke is ‘n nuwe intrekker, maar as gevolg van sy vaardigheid en behulpsaamheid het hy sommer baie gou ‘n geliede lid van die gemeenskap geword. Dokter is hy, en baie bekwaam, maar hy is ook boer, want nadat Nico Eksteen besluit het om nie terug te keer nie, het Wouter Hoekplaas gekoop en dit sy tuiste gemaak.

Twee mense, albei bemind - maar met mekaar kan hulle nie stryk nie. As dit nie Wouter is wat vir Tallie met sy meederwaardige houding teenoor haar - waarom net teenoor haar? - die duiwel in maak nie, is dit Tallie was sy vriendskapsgebaar in sy gesig teruggooi - of teen sy rug, soos sy met die affodille gemaak het. En die rede vir hierdie kat-en-hond-verhouding? Wel, in elkeen van hulle se binneste is daar ‘n geheim wat diep weggesteek maar tog ook vertroetel word....

 

Lees ook romanse deur Nan Henning

Lees ook romanse deur Ena Murray

Lees ook romanse deur Ilse Steyn

 

nitagriessel-diedogtervantallie

Die dogter van Tallie - geskryf deur Nita Griessel

Voorheen was Nonnie Reyneke se lewe ongekompliseerd. Sy het gehad wat sy begeer het: ‘n stimulerende beroep, die hubaarste jong man van Lukashof as kÍrel, vae toekomsplanne en ‘n liefdevolle ma, pa en kleinboet. Dit was vir haar maklik om die vreugde wat sy uit die lewe gehaal het, daarin terug te sit. Totdat die vreemdeling met sy loodgrys oŽ opgedaag het ....

Van toe af in daar voordurende onrus in die dogter van Tallie. Dokter Jan-Hendrik sien dit en dit kwel hom; Tertius Meiring voel dit aan en dit kwel hom; die Reynekes wag met kommer en ongeduld dat hulle Nonnie weer haar ou self moet word. Hulle weet nie dis ‘n paar loodgrys oŽ en ‘n naam sonder gestalte wat by hulle liefling - Nonnie spook.

Dit is net ouma Let wat die situasie met herkenning in haar oŽ dophou en daaroor glimlag - want is Nonnie dan nie die dogter van Tallie nie?

 

koop 'n boek 4

 

Bo

NitaGriessel-hartskootindie skrikkeljaar

Hartskoot in die skrikkeljaar - geskryf deur Nita Griessel

Marita Eksteen se impulsiewe verlowingstransaksie met die wildvreemde, aantreklike dr. Francois Heyns, gaan aan haar dalk mťťr as net ’n jagtrofee in die skrikkeljaar besorg! Nita Griessel bied aan die leser sakkevol spanning, humor, verrassings… en sprankelromanse!

 

nitagriessel-SkemermeisievanNova Vita NitaGriessel

Skemermeisie van Nova Vita deur Nita Griessel

Lulu Haupt lewe heeltemal afgesonder in ’n huisie by die see. Toe haar ongepoetste buurman voorstel dat sy liewers ’n non word, moet sy haar verlede in die oŽ kyk …

 

Nita Griessel-Dievlindervan Amanzi

Die vlinder van Amanzi deur Nita Griessel

Trizelle Bredell, bedeesde rykmansdogter, het altyd in haar spoor getrap in haar stemmige pakkies en fyn hoŽhakskoentjies. Toe besluit sy om te rebelleer teen al die korrektheid. Sy klim in ‘n denimbroek en begin ryloop na haar pa se vakansieplaas, Amanzi, waar sy as Trix Bell sommer net soos enige meisie ‘n bietjie pret en vryheid wil ervaar .... ‘n vrolike vlinder wil wees....

Maar die rebel se paadjie loop opdraand, veral toe ‘n kwaai Ier soos Barry O’Brien haar sommer sonder seremonie van ‘n sleepwa afruk in een stadium van haar ryloopreis. Op Amanzi aangekom, waar Barry boonop die bestuurder is, spat die vonke eers. Barry is verbitterd na ‘n pynlike liefdesteleurstelling en in sy oŽ is Trix die verkeerde meisie op die verkeerde plek wat gedurig die verkeerde ding doen. Hy moet haar uit badkamers verwilder waar sy nie hoort nie, uit slote dra waar ‘n perd haar afgegooi het, en op ‘n keer betrap hy haar selfs onder sy bed!

Sy beland soms selfs in sy arms, en dan het die rebel skielik niks om teen te rebelleer nie.... Maar terwyl Trix nog hard probeer om Barry weer te leer lag en liefhÍ, verskyn sy ou geliefde, Yvonne, juis weer op die toneel in haar glorie van blonde haardos en skrapse kortbroekies - ‘n uitdaging soos min vir die rebel.

Die vlinder van Amanzi deur Nita Griessel is ‘n sprankelende liefdesverhaal vol opwinding en humor.

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Nita Griessel-haarnaam is Erika

Haar naam is Erika - deur Nita Griessel 

Na haar oupa se dood is Erika Lourens vingeralleen in die wÍreld. Sy het haar ouers reeds as jong kind in ‘n motorongeluk verloor en is daarna deur haar pa se stiefbroer in ‘n kinderhuis gestop om haar onder hulle voete en oŽ uit te kry.

Erika slaag haar graad in fisioterapie met lof en word dadelik deur haar professor aanbeveel vir ‘n pos. Die Duitser Heinz Ericksen benodig die dienste van ‘n voltydse fisioterapeut op sy plaas Daheim. Erika besluit om die pos te aanvaar.

Wat die toekoms vir haar gaan inhou op die onbekende pad weet Erika nie, en nog minder hoe dit met haar verlede verweef is ....

koop 'n boek 4

 

Bo

Nita Griessel-n Temmer vir Tinkie liefdesverhale liefdesroman

‘n Temmer vir Tinkie
liefdesverhaal deur Nita Griessel 

Lemmer Jordaan, ‘n boer met brandende ambisie, en Tinkle Tredoux, eienares van die spogplaas, Kiewietsvlei, se Iiefde vir die grond is net so groot soos hulle afkeer van mekaar. Hy beskou haar as ‘n onmanierlike snip en sy duld hom net op die plaas omdat sy nie anders kan nie. Hoe meer hulle mekaar probeer vermy, hoe meer gooi omstandighede hulle saam.

Misverstande, griewe en vooroordeel stook die onvriendskaplike buurskap tot hoogoondhitte. Sy meisie en haar kÍrels doen ook nie juis iets om die toestand te verbeter nie.

 ‘n Temmer vir Tinkie belowe leesgenot uit die boonste rakke, soos net die gewilde en geliefde Nita Griessel dit kan bied!

 

Nita Griessel-Die wewenaar van Kapoet ... soek Ďn nooi liefdesverhale liefdesroman

Die wewenaar van Kapoet ... soek ‘n nooi
liefdesroman deur
Nita Griessel

Pauline Hamman se lewe strek vaal voor haar uit — ten spyte van haar vader se rykdom en die weelde wat dit vir haar inhou, voel sy onvergenoeg. Sy word ingehok deur die ydelhede van ‘n rykmansbestaan en soek ontvlugting in impulsiewe optrede. Juis daarom reageer sy toe die eienaardige versoek oor die radio kom: ‘n nooi vir die wewenaar van Kapoet!

Sy vertrek sak en pak na die plaas, gretig om die versmorende atmosfeer van haar ouerhuis af te skud. Haar bestemming hou egter ‘n hele paar verrassings in — Kapoet is glad nie ‘n spogplaas nie, maar lÍ in die greep van ‘n knellende droogte. . . Buks de Wet is glad nie ‘n verstokte wewenaar nie, maar ‘n aantreklike, dinamiese jong man...

Op Kapoet leer Pauline opregte mense ken. Sy vind ware vriende in Wynand Beukes en sy suster, Beulah, wat met aanbidding in haar oŽ na Buks kyk. Maar sy leer bowenal wat werk en stryd beteken; en wanneer die reŽn uiteindelik mildelik oor Kapoet uitsak, leer sy ook haarself en haar eie hart ken...

Die wewenaar van Kapoet is nog ‘n heerlike treffer uit die pen van die gewilde Nita Griessel; ‘n
liefdesverhaal wat elke leser sal bekoor!

 

nitagriessel-n Pand vir Katinka liedesverhaal liefdesverhale

‘n Pand vir Katinka
liefdesverhaal deur
Nita Griessel

Katinka Enslin het gedink sy het alles verloor. Kort voor sy dood, speel haar welgestelde vader bankrot en haar vriend Anton los haar soos ‘n warm patat.

Sy is skielik nie meer ‘n sorgelose rykmansdogter nie, maar ‘n meisie met ‘n gebroke hart agter ‘n winkeltoonbank. Smiddae ry sy nou bus na ‘n eenvoudige woonstelletjie wat sy met haar sieklike moeder en bejaarde oupa deel.

Al wat Katinka weet, is dat sy haar nie deur haar probleme gaan laat onderkry nie — en dat sy nůůit met ‘n ryk man sal trou nie, want in die wÍreld van geld en goed is ‘n mens van niks seker nie — allermins van man se liefde!

Paul Jooste is haar soort man — bestendig en nie tť ryk nie. Maar wat gemaak met ryk Ronnie Hattingh wat een reŽnoggend by haar werkplek instap en diep in haar oŽ kyk? En wat Ronnie haar eerstens wil bied, is nie sy geld nie, maar sy hart . Maar kan sy hom regtig vertrou?

Intussen smee Ronnie se snobistiese ma ywerige planne om hom met Yolande Luyt, die beeldskone miljoenÍrsdogter, te laat trou. En Paul vra keer op keer Katinka om die jawoord...

Uiteindelik leer Katinka dat ware liefde anderkant rykdom of armoede lÍ. Maar baie dinge moet nog gebeur voor sy die man van haar hart kry.

‘n Pand vir Katinka is ‘n pragtige liefdesverhaal deur ‘n skryfster wat uit die hart skryf.

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Lees ook liefdesverhale deur Vera Wolmarans

Lees oo Liefdesromanse deur Lize Swart

Lees ook romanse deur Chanette Paul

 

Nita Griessel-Oor die duine heen liefdesverhale boek

Oor die duine heen
liefdesverhaal deur Nita Griessel

Lizeth Lindbergh het weer vir dokter Mynhardt Froneman, wat sy in haar jeug liefgehad het, op Makrielbaai ontmoet, waar sy met haar seuntjie Konrad en haar bediende Patience was.

Die skilder Hein Pentz het dadelik op haar verliefgeraak — maar sy was ‘n getroude vrou. Boonop het Christa Saunders vir Hein as haar eiendom beskou, en dit sou sekerlik vonke laat spat. Dit het ook vir Lizeth spanning meegebring. Sy het gedurig gewonder wat sou gebeur as haar man Deon onverwags daar sou aankom. Sy het nog meer gespanne geraak toe iemand vir Konrad probeer ontvoer het.

Die leser leef saam met Lizeth en die getroue Patience en wanneer alles uiteindelik regkom en Lizeth weer volkome gelukkig is, voel die leser saam met haar gelukkig.

Hierdie eg-menslike verhaal uit die pen van die gewilde Nita Griessel sal die leser end-uit meevoer.

 

Nita Griesselroman-Net vir jou, Dienkie liefdesverhale

Net vir jou, Dienkie
liefdesverhaal deur Nita Griessel

Dienkie Pretorius wou altyd ook graag ‘n oupa gehad het soos ander mense, maar die voorreg was haar nie beskore nie, want haar pa en oupa het reeds voor haar geboorte vervreem geraak.

Na haar pa, broer en skoonsuster se tragiee dood, bly Dienkie alleen agter met Christie, haar broer se klein seuntjie.

Wat is haar verbasing groot toe ‘n vreemde prokureur haar kom spreek en ‘n baie eienaardige versoek tot haar rig. Haar oupa Marthinus is ‘n baie siek man en hy sal dit baie waardeer as sy sy grondjie, waaraan hy baie verknog is, vir hom sal gaan oppas terwyl hy in die hospitaal is.

So beland Dienkie op SolidÍr, waar sy kennis maak met oupa Tienie, ‘n jarelange boesemvriend van haar oupa, sy seun Gideon, en ook Gideon se vriendin, die model Gretha Payne.

Oupa Tienie verower dadelik vir hom ‘n plekkie in Dienkie se hart, maar met sy seun kan sy maar net nie oor die weg kom nie, veral nie toe sy begin vermoed dat hy met allerhande onderduimse bedrywighede doenig is nie.

Net vir jou, Dienkie is die soort verhaal wat Nita Griessel haar gewildheid besorg het, en sal die leser end-uit boei.

NitaGriesselromans-Tussenspel op Weltevrede liefdesverhale

Tussenspel op Weltevrede
liefdesverhaal deur Nita Griessel

Deur die sameloop van omstandighede beland Bernadette Knox op Botha Beneke se plaas, Weltevrede. Sy het geen heenkome nie en ‘n hartseer verlede verhoed haar om terug te keer na waar sy vandaan kom. Sy gee voor dat sy aan geheueverlies ly om sodoende op Weltevrede te kan aanbly, net vir ‘n klein rukkie...

Op die mooi plaas vind sy vrede en liefde by die simpatieke oom Tromp en Maheza, maar die aantreklike baas van die plaas bly stug en onvriendelik. Bernadette weet nie of dit aan die aandag van die buurdogter te wyte is, of aan sy afkeur van die vroulike geslag nie!

Bernadette word herdoop tot Chamudzi en ‘n nuwe lewe begin op Weltevrede, maar dit kan nie vir ewig duur nie, en sy worstel met die vrees wat haar leuens veroorsaak. Wat het in haar verlede gebeur wat haar so beangs maak om terug te keer met die pad waarmee sy gekom het?

Bernadette voel nie opgewasse teen die nydigheid van Alta nie en ook nie teen haar liefde vir Botha Beneke nie. Wat staan haar te doen? Haar besluit sal die res van haar lewe beinvloed.

In Tussenspel op Wellevrede laat Nita Griessel die leser deel in die lotgevalle van ‘n handjievol mense. Lesers sal die verloop van die verhaal ongetwyfeld geniet.

 

NitaGriessel-somerliefde liefdesverhaal

Somerliefde
liefdesverhaal deur Nita Griessel

Nita Griessel-Vurige Victoria plaasverhaal liefdesverhale

Vurige Victoria
‘n
plaasverhaal deur Nita Griessel

Victoria Botha, oftewel Vicky of Vuurbol - soos Speaker die papegaai haar noem - is nie ‘n katjie om sonder handskoene aan te pak nie. As sy ‘n wilde perd wil opsaal, dan doen sy presies dIt en sy ry hom sommer bloots boonop!

 So is dit dan die geval met oom Benno se nalatenskap aan haar ...

Vicky kry die plasie, Goedgemeen, uit sy boedel maar op voorwaarde dat sy vir ‘n jaar daarop gaan boer en wins maak. Ma Berna en ouboet Abert stem teŽsinnig daartoe in, maar dan slegs as hulle vir haar ‘n pensioenaris as plaashulp aanstel.

Sy vertrek dus vol durf en deursettingsvermoŽ Goedgemeen toe, en word vergesel deur haar “kabinet” as lyfwagte - Minister, haar dierbare boerboel; President die kat; Sweep die mak meerkat; Adjunk, haar kwaai gans, en natuurlik Speaker. Die buurman, Jan Henneke, kry van meet of aan met die skerp kant van haar tong te doen - en boonop jaag hy haar lyfwagte die hotnas in! Jan wil haar darem graag van Goedgemeen afhÍ, want dan kan hy dit koop om sy sakdoekgrondjie groter te maak. Netta Pienaar, sy vriendin, is’n bondgenoot, maar tant Malie, sy ouma, bewonder Vicky se pit.

Die plaashulp wat toe op ‘n dag op haar drumpel beland, is alles behalwe ‘n pensioenis en hy het ‘n seuntjie boonop. Matt du Plessis word spoedig onmisbaar, en Donny kruip diep in Vicky se hart. Tog tree Matt soms agterdogwekkend op - hy kry vreemde oproepe en geheimsinnige posstukke - en dan is daar die foto in sy Bybel wat aan die fraings van haar geheue torring ...

Vurige Victoria is ‘n sprankelende plaasstorie so reg die Nita Griessel tradisie - ‘n pragverhaal wat haar bewonderaars nie sal teleur stel nie.

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

koop 'n boek 4

 

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738