http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Nickey van Schalkwyk boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Nickey van Schalkwyk se lys van boeke sluit in:

  1. Anderkant die Horison - boek deur Nickey van Schalkwyk
  2. Charade op La Mareschal - boek deur Nickey van Schalkwyk
  3. Dagreis na Arikosta - boek deur Nickey van Schalkwyk
  4. Dans van die marionette - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  5. Die derde seisoen - boek deur Nickey van Schalkwyk
  6. Die geheim van die bergvolk - boek deur Nickey van Schalkwyk
  7. Die herberg van die bobbejaan - boek deur Nickey van Schalkwyk
  8. Die ho muur - boek deur Nickey van Schalkwyk
  9. Die jare tussenin - boek deur Nickey van Schalkwyk
  10. Die klipmure van Neuhof - boek deur Nickey van Schalkwyk
  11. Die Kriges van Sewe Eike - boek deur Nickey van Schalkwyk
  12. Die skipperskneg van Spookbaai - boek deur Nickey van Schalkwyk
  13. Die verdorde hart - boek deur Nickey van Schalkwyk
  14. Die wrak van Lamoe - boek deur Nickey van Schalkwyk
  15. Drie vir klein Olyvenbosch - boek deur Nickey van Schalkwyk
  16. Dwaallig in die duister - boek deur Nickey van Schalkwyk
  17. En buite is die nag - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  18. Geleende erfenis - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  19. Geliefde vyand - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  20. Indringer op Groenkloof - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  21. Kind van die Eensame - boek deur Nickey van Schalkwyk
  22. Lokaas vir n valkenier - boek deur Nickey van Schalkwyk
  23. Maar een dra ‘n masker - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  24. ‘n Dominee vir Somerdal - boek deur Nickey van Schalkwyk
  25. ‘n Erfgenaam vir Ouwerf - boek deur Nickey van Schalkwyk
  26. ‘n Gelukbringer vir Donkerhoek - boek deur Nickey van Schalkwyk
  27. ‘n Niggie soos Amalie - boek deur Nickey van Schalkwyk
  28. ‘n Ridder vir Francesca - boek deur Nickey van Schalkwyk
  29. Ngonyama keer terug - Die avonture van Kristof en die slaweseun
  30. Om te wag as dit sneeu - boek deur Nickey van Schalkwyk
  31. Onheil oor Jarra - boek deur Nickey van Schalkwyk
  32. Seerower van Cadiz - Deel 1 - Die skipbreukeling - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  33. Seerower van Cadiz - Deel 2 - Die ramp van Juno - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  34. Seerower van Cadiz - Deel 3 - Bestemming Groenland - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  35. Seerower van Cadiz - Deel 4 - Land van die ewige ys - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  36. Somer van die bruinmeeu - boek deur Nickey van Schalkwyk
  37. Ver pad na geluk - boek deur Nickey van Schalkwyk
  38. Vlugtyd van die Bosvoel - boek deur Nickey van Schalkwyk

 

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

NICKEY VAN SCHALKWYK dans van die marionette

Dans van die marionette
verhaal deur Nickey van Schalkwyk
‘n Roman uit die Kaap die Goeie Hoop 1685-1710
kliek hier om nog ou Kaapse verhale te lees

Dit was asof daar ’n wolk van onheil oor Neerwinden gehang het, asof ’n naamlose bedreiging onsigbaar nader gekruip het, asof almal op Neerwinden daardie naweek willose marionette in die hand van die noodlot was. Armand de la Queillerie, die aantreklike skeepskaptein met sy swart seemansbaard en sy dwingende o, het Janine Fournier se hart sonder moeite verower, maar Christiaan den Hartog, die nuwe Sekretaris van die Politieke Raad, het Eugenie de la Guerre, Janine se moeder, vertroulik meegedeel dat die heer Armand se vader ’n seerower was. Maar watter bose planne het Christiaan den Hartog self in die skild gevoer?

Waarom het hy stilletjies Francois de la Guerre se dagregister uit die hoekkas verwyder en dit heelnag gesit en lees? En waarom het sy o triomfantlik geglinster toe hy teen dagbreek na die boord toe gestap het? Hy was heimlik verlief op die skone Janine Fournier, maar sy vrou het ’n sterk houvas op hom gehad en hom as haar eiendom beskou. In die boord het Janine na hom toe gekom en hy het haar omhels en haar hartstogtelik gesoen. Armand, wat toevallig ook in die boord was, was op die punt om hom dood te skiet toe hy gemerk het dat Janine nie weerstand gebied het nie en toe was hy bitter. Toe het hy Janine verag, maar sy het hm nog liefgehad. Voordat di stormagtige naweek verby was, is een van die gaste vermoor en die moordenaar was ook ’n gas op Neerwinden. Maar uit di onstuimige naweek is daar vir Janine blywende geluk gebore. Hierdie boeiende romantiese spanningsverhaal uit die ou-Kaapse dae is weereens ’n Treffer soos min uit die pen van ’n vaardige skryfster.

NICKEY VAN SCHALKWYK en buite is die nag

En buite is die nag
verhaal deur Nickey van Schalkwyk

Debbie van Rooyen ontvang van Hugo la Grange, haar jare lange jeugvriend en kameraad, die nuus dat hy spoedig Kaapstad toe vertrek. Die nuus ontstel Debbie geweldig maar toe hy haar terselfdertyd ‘n huweliksaanbod doen, weier sy. Sy het groter ambisie as om die vrou van ‘n plattelandse prokureur te word.

 In En buite is die nag maak ons kennis met die ideale, liefde en hunkering van Debbie van Rooyen en die ander karakters wat haar pad kruis op soek na ‘n ander lewe.

 Die laaste maan voor Hugo se vertrek het Debbie hom doelbewus vermy. Sy afskeidswoorde was egter: “Onthou altyd dat ek dit ter wille van j doen, Debbie!”

Intussen verskyn Fritz Meinhardt, bekende dramaturg en toneelregisseur op Debbie se horison. Sy vertrek stad toe waar sy haar in die toneelwreld begewe.

 Haar eerste rol op die verhoog was ‘n klinkende sukses. Sy is verlief op Fritz. Maar het sy miskien ‘n mededingster in Rnee? Wat van Kay Randall? Dan is Lucien nog daar – die vrou van wie Fritz nog nie geskei is nie…

 Tydens Tim, haar broer, s besoek aan haar in die grootstad dra hy Hugo se groete aan haar oor. ‘n Skielike heimwee oorval haar.

 Fritz, die verhoog, toneel en voetligte vul egter haar lewe. Toe hy haar in haar woonstel besoek om haar ‘n tweede rol, uit een van Shakespeare se dramas aan te bied, lyk sy vir hom meteens skokkend bekend. Skielik fluister die verlede om hom…

 Gaan Fritz haar liefde beantwoord, of het die noodlot ander planne? L Debbie se geluk in die toneelwreld of moet sy terugkeer na Sewe Eike om werklik te leer wat geluk is?

 En Fritz, gaan hy uit die duisternis tree en van die skimme uit sy verlede verlos word, sodat hy weer kan liefh…?

 In hierdie meesleurende verhaal gee Nickey van Schalkwyk op hierdie en nog baie ander vrae, die antwoorde.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

NICKEY VAN SCHALKWYK geleende erfenis

Geleende erfenis
verhaal deur Nickey van Schalkwyk

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

NICKEY VAN SCHALKWYK geliefde vyand

Geliefde vyand
verhaal deur Nickey van Schalkwyk

Heeltemal ontredderd na haar man se dood, werk die pragtige Annelise Keyser in oubaas Krisjan Gunther se antieke winkel op Bekkerskloof.

 Hierdie onderneming floreer, maar dit is hoofsaaklik te wyte aan die deeglike stempel wat Annelise op die ou winkeltjie afgedruk het.

 Oubaas Gunther kry die idee om die onderneming te verkoop en ‘n onbekende prokureur, wat volgens al die Bekkersklowers slegs baie vinnig skatryk wou word en boonop die ganse rustigheid van die seedorpie wil kom versteur, neem sy intrek op die dorp. Annelise, wat weer eens ontredderd is, en haar seuntjie gaan op ‘n dag swem. Die seuntjie verdrink byna, maar word deur die sjarmante Hugo van Zyl uit die see gehaal — ‘n heldedaad wat almal aan die praat het… totdat hulle uitvind wie hy werklik is.

 Hugo raak intussen goed bevriend met Annelise, maar wanneer sy beeldskone verloofde opdaag, begin die poppe dans. Ook dokter Mare, wat al lankal ‘n ogie op Annelise het, hou nie van die vriendskap tussen Annelise en Hugo nie. Cora Beukes, dokter Mare se ontvangsdame, hou die verwikkelinge met belangstelling dop. Ook vir haar is daar heelwat op die spel…

Geliefde vyand is ‘n nuwe verhaal deur ‘n baie gewilde skryfster - Nickey van Schalkwyk, ‘n verhaal waarin die spanning hoog loop, wat eg-menslik is en end-uit boei.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

NICKEY VAN SCHALKWYK indringer op groenkloof

Indringer op Groenkloof
verhaal deur Nickey van Schalkwyk

Jennie Waldeck het Drikus Conradie al vanaf haar veertiende jaar liefgehad. Sy liefde het vir haar iets teruggegee wat die dood van haar moeder op ‘n baie kwesbare leeftyd van haar weggeneem het. Sy het geweet dat hulle liefde nooit sou taan nie en dat slegs die dood hulle sou kon skei, soos dit haar ouers geskei het. So seker as wat sy was dat Drikus sou terugkom na sy geboortedorp met die ringetjie in sy sak, so seker was sy dat Herman Waldeck nooit weer ‘n ander vrou in Judy se plek sou stel nie, selfs nie eens die mooi weduwee, Jacqueline van der Watt, wat die Van Meerhof-huis gerf het nie.

 Op ‘n rustige Sondagoggend, twee dae voor Drikus se terugkoms, het daar egter ‘n telefoonoproep gekom wat haar lewe in duie laat stort het. Rhona-Lee van der Watt — beeldskoon, ryk en heeltemal gewetenloos — het haar nette vir Drikus gespan. In ‘n oomblik van swakheid het hy toegegee en sodoende almal op Groenkloof in ‘n maalstroom van ellende laat beland, want sy was Jacqueline se stiefdogter. Al verweer wat Jennie teen die dorpsmense se bejammerende blikke gehad het, was die simpatieke geselskap van Beau de Villiers wat maar te gretig was om haar te vertroos en haar liefde te wen…

 Dit is eers wanneer almal op Groenkloof deur die smeltkroes van smart en onsekerheid gegaan het, dat die liefde weer suiwer en skoon brand.

 INDRINGER OP GROENKLOOF is ‘n diep menslike verhaal uit die pen van Nickey van Schalkwyk.

NICKEY VAN SCHALKWYK maar een dra n masker

Maar een dra ‘n masker
verhaal deur Nickey van Schalkwyk

Toe die suster die blou koevert aan Lenka Conradie oorhandig, begin die jong stafverpleegstertjie se hart dadelik onrustig klop. Sy het dadelik haar pleegma se handskrif herken; sy wag immers weke lankal op die brief.

 Daarom doen sy nie eens die moeite om dit dadelik oop te skeur nie. Sy weet ma Van Diemen wil h dat sy, Lenka, na die verlate strandplekkie Bakenhoek moet kom sodat sy haar pleegma, wat aan bloedkanker ly, in haar laaste dae kan kom versorg. En net so goed weet Lenka dat sy hierdie versoek nie sal weier nie. Want al het sy nooit van haar pleegma enige liefde ontvang nie, is sy haar tog veel verskuldig.

 Tog is daar ander oorwegings ook, erken Lenka eerlik teenoor haarself. Op Bakenhoek say sy darem af en toe die n persoon sien wat vir haar die belangrikste in die lewe is – tant Amelia se seun Chris. Net drvoor sien sy vir Bakenhoek kans – ja, selfs vir tant Amelia se abnormale vrese. Want Amelia het ‘n obsessionele vrees dat Chris op Lenka verlief sal raak en met haar trou en van Lenka se kinderdae afdreig sy haar dat sy dinge omtrent haar verlede sal onthul wat haar sal vernietig, sou sy dit ooit waag om selfs na Chris se kant te kyk…

 Min weet Lenka hoe gou die spanning op Bakenhoek sal oploop deur watter skokkende gebeurtenis haar verblyf daar kortgeknip sal word.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

NICKEY VAN SCHALKWYK n dominee vir somerdal

‘n Dominee vir Somerdal
verhaal deur Nickey van Schalkwyk

Jare lank het die trotse en skatryk Malie Meiring almal van Fairfield af geregeer. Maar plotseling stort al haar fyn uitgewerkte toekomsplanne in duie.

Haar gunstelingseun, Andr, raak verlief op die dogter van ‘n vrygespreekte moordenares; en ds. Dawid Brink kom neem op Somerdal die plek in wat sy eintlik vir haar ander seun uitgekies het.

 In haar stryd om die aantreklike nuwe predikant uit die dorp te kry, word Malie bygestaan deur haar snobistiese skoondogter, Willa, wat alles sal doen om te verseker dat sy eendag op Fairfield heers. Maar as Willa geheime begin onthul om haar posisie te versterk, het dit ‘n kettingreaksie wat nie net tot vreemdes beperk bly nie.

 

NICKEY VAN SCHALKWYK onheil oor jarra

Onheil oor Jarra
verhaal deur Nickey van Schalkwyk

Toe Patricia Marchand – Patrys met die lag in haar o en die heuningkleurige hare en die stap van ‘n wildsbok – die dag op Jarra aankom, kon niks haar vreugde demp nie.

 ‘n Volle jaar sou sy op Jarra kom woon; ‘n volle jaar op “die mooiste lap aarde in die hele wreld”; saam met Mamma Helne, en Gerhard wat haar lewe lank vir haar soos ‘n broer was al is hy net die plaasbestuurder en haar eie broer, Brett, wat met sy pragtige Sweedse vrou uit die buiteland terugkom om self op sy erfplaas te kom boer…

 En n di wonderlike jaar sou sy met die skatryk en briljante Ernst Taalman trou.

 Maar soveel vreugde en geluk was te goed om te glo. Patrys het nog skaars haar voete op Jarra gesit, toe begin die onheilswolke saampak.

Patrys en Mamma Helne ontvang elk ‘n brief van Ernst se snobistiese moeder. Dis alles goed en wel dat Patrys as baba deur die gesiene Marchands aangeneem is en as “eie” kind in hul huis grootgeword het, maar voordat Patrys met haar seun trou, eis sy om te weet wat Patrys se werklike afkoms is. Patrys weet nie wie haar werklike ouers was nie. Helne weet, maar sy mag nie haar geheim openbaar maak nie. Ernst self s hy gee nie om nie. En tog… en tog…

 Die wolke word swarter wanneer Ernst op Jarra kom kuier. Want Brett, wat intussen teruggekom het, s pragtige vrou het ‘n verhouding aangeknoop met Brett se suster se man en al wat tong is op die dorpie Niemendal is los daaroor. Wat gaan die reaksie van die snobistiese Taalmans op di skandaal wees?

 En om alles te kroon, het haar dierbare “broer” en getrouste vriend, Gerhard, hom al hoe meer van haar teruggetrek. Wat sy nie weet nie, is dat Gerhard skielik besef het dat sy nie meer vir hom die sustertjie is wat sy al die jare was nie, maar die enigste vrou wat hy ooit sal liefh. En sy liefde is geheel en al sinloos – die liefde van ‘n weesseun-plaasbestuurder vir sy weldoener se ryk erfgename wat buitendien op troue staan met ‘n man uit een van die mees gesiene families in die land.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

NICKEY VAN SCHALKWYK ver pad na geluk

Ver pad na geluk
boek deur Nickey van Schalkwyk

Die weg na geluk is ‘n kronkelpad, het Melinda de Waal geweet toe sy Engeland aangekom het. Maar, het sy geglo, di pad is nie vir haar beskore nie. Sy het uit haar sonnige vaderland gevlug omdat sy wou wegkom van die herinnering van die jong dokter met die hartseer o met wie sy saamgewerk het in Johannesburg; die man aan wie haar hart behoort het maar wat sonder afskeid of verduideliking skielik uit haar lewe verdwyn het.

 Tog was daar ligpuntjies in die troostelose Engelse winter: Magriet Burger, joernalis verbonde aan ‘n Britse vroue-tydskrif; en Jeff Jenkins, Suid-Afrikaans gebore modemaker in Londen. Deur Jeff se bemiddeling ontmoet sy later nog twee Suid-Afrikaners: lord en lady Malvern, oftewel Charles en Liza Ranwell. Liza was voorheen getroud en het oorspronklik Liesbet Botha geheet, ‘n arm Karoodogter met groot ideale. En Melinda word koelbloedig deur hierdie listige vrou as pion gebruik in haar eie lewensgevaarlike skaakspel…

 Terwyl die sneeu nimmereindigend neerstuif oor die kasteelagtige ou herehuis op die Ranwell-landgoed, word die gebeure tot ‘n asembenemende klimaks gevoer en besef Melinda dat sy onwetend tg op die liefde se kronkelrige pad geloop het.

Vr pad na geluk is Nickey van Schalkwyk op haar sprankelbeste.

 

NICKEY VAN SCHALKWYK vlugtyd van die bosvoel

Vlugtyd van die Bosvol
boek deur Nickey van Schalkwyk

Toe Julena de Kock die betrekking as private sekretaresse vir Braam van Eck in die magtige makelaarsfirma van Halmstad, Beaumont & Vennote aanvaar, is dit asof sy ‘n nuwe wreld betree. Want nie alleen word die verhouding tussen haar en die aantreklike makelaar-konsultant by die dag intiemer en persoonliker nie; sy kry ook ‘n kykie in die stralerjakker-wreld van die Sweedse magnaat Halmstad.

 Maar dan kom Lara, Halmstad se beeldskone dogter, skielik uit die buiteland terug, en vir Julena voel dit asof alles om haar in duie stort. Want Halmstad maak dit baie duidelik dat hy Braam uitgesoek het as huweliksmaat vir sy enigste erfgenaam.

 Genadiglik kry Julena kans om te ontsnap uit die martelende situasie. Die beroemde skrywer Robert Foley kom uit die buiteland aan om ‘n biografie oor Halmstad te skryf, en dankbaar aanvaar sy sy aanbod van werk. Saam vertrek hulle na ‘n afgele stuk niemandsland waar Halmstad vir hom ‘n ultra-luuksueuse vakansiehuis laat oprig het.

 Gou blyk dit egter dat daar ‘n slang in die idilliese klein Eden is. Dis duidelik dat Halmstad besig is met ‘n magspel van sy eie. Vir hom is die mense wat hom omring bloot pionne in ‘n internasionale skaakspel van enorme omvang. En soos ‘n skaakspeler sy pionne opoffer indien dit hom kan help om die spel te wen, so is Halmstad besig om planne te maak om van sekere mense ontslae te raak. Maar presies wie is die mense wat hy aangemerk het as sy vyande? En presies hoe gaan hy hulle van die gras af maak?

Vlugtyd van die bosvol is ‘n spannende, eietydse verhaal wat die leser reg tot aan die einde vasgevang sal hou.

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

 

Lys van boeke volgens jaar van uitgawe

  1. 1962 - Die Kriges van Sewe Eike - boek deur Nickey van Schalkwyk
  2. 1964 - Die ho muur - boek deur Nickey van Schalkwyk
  3. 1973 - Die herberg van die bobbejaan - boek deur Nickey van Schalkwyk
  4. 1973 - Ver pad na geluk - boek deur Nickey van Schalkwyk
  5. 1974 - Kind van die Eensame - boek deur Nickey van Schalkwyk
  6. 1975 - Charade op La Mareschal - boek deur Nickey van Schalkwyk
  7. 1976 - Dans van die marionette - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  8. 1976 - Dagreis na Arikosta - boek deur Nickey van Schalkwyk
  9. 1976 - Die derde seisoen - boek deur Nickey van Schalkwyk
  10. 1976 - Die verdorde hart - boek deur Nickey van Schalkwyk
  11. 1976 - Drie vir klein Olyvenbosch - boek deur Nickey van Schalkwyk
  12. 1977 - Indringer op Groenkloof - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  13. 1977 - Seerower van Cadiz - Deel 1 - Die skipbreukeling (Daan Retief uitgewers) - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  14. 1977 - Seerower van Cadiz - Deel 2 - Die ramp van Juno (Daan Retief uitgewers)- verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  15. 1977 - Seerower van Cadiz - Deel 3 - Bestemming Groenland - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  16. 1977 - Seerower van Cadiz - Deel 4 - Land van die ewige ys - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  17. 1978 - Die geheim van die bergvolk - boek deur Nickey van Schalkwyk
  18. 1978 - Geliefde vyand - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  19. 1978 - Ngonyama keer terug - Die avonture van Kristof en die slaweseun
  20. 1980 - Die skipperskneg van Spookbaai - boek deur Nickey van Schalkwyk
  21. 1980 - ‘n Ridder vir Francesca - boek deur Nickey van Schalkwyk
  22. 1981 - Geleende erfenis - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  23. 1981 - ‘n Erfgenaam vir Ouwerf - boek deur Nickey van Schalkwyk
  24. 1983 - En buite is die nag - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  25. 1983 - Maar een dra ‘n masker - verhaal deur Nickey van Schalkwyk
  26. 1984 - Vlugtyd van die Bosvol - boek deur Nickey van Schalkwyk
  27. 1985 - Anderkant die Horison - boek deur Nickey van Schalkwyk
  28. 1986 - Die klipmure van Neuhof - boek deur Nickey van Schalkwyk
  29. 1986 - Somer van die bruinmeeu - boek deur Nickey van Schalkwyk
  30. 1988 - Die Jare Tussenin - boek deur Nickey van Schalkwyk
  31. 1992 - ‘n Dominee vir Somerdal - boek deur Nickey van Schalkwyk
  32. Onheil oor Jarra - boek deur Nickey van Schalkwyk
  33. Die wrak van Lamoe - boek deur Nickey van Schalkwyk
  34. Dwaallig in die duister - boek deur Nickey van Schalkwyk
  35. Lokaas vir n valkenier - boek deur Nickey van Schalkwyk
  36. ‘n Gelukbringer vir Donkerhoek - boek deur Nickey van Schalkwyk
  37. ‘n Niggie soos Amalie - boek deur Nickey van Schalkwyk
  38. Om te wag as dit sneeu - boek deur Nickey van Schalkwyk
  39.  

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

     

Bo

  1. Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za

Lees ook boeke van Dricky Beukes

Lees ook boeke deur Nan Henning

Lees ook verhale deur Nita Griessel

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za