Mikro (die skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn) was gebore op 8 Oktober, 1903. In sy leeftyd het die bekende Afrikaanse skrywer vir ons 113 boeke nagelaat. Van hom word gesê: “Om stories te vertel was vir Mikro werk, ontspanning, stokperdjie en passie”. Hy is oorlede op 17 April, 1968 en was veral bekend vir “Ruiter in die nag” (1936) en “Die jongste ruiter”(1954). In 1968 verskyn sy autobiografie van sy 65 lewensjare, met die titel “Hy koop toe vir hom 'n pen”. Ten tyde van sy afsterwe was sy laaste boek, Ursula, nog onvoltooid en neem C.F. Beyers-Boshoff dit op hom om die laaste paar hoofstukke te voltooi, sodat die boek ook vir die nageslag behoue kon bly.
Mikro in 1927, SU Argiewe
Hy is gebore op Van Reenensplaas, in die distrik Williston. Hy gaan skool in Robertson en Carnarvon. Na skool studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch. (Dit is hier waar hy sy bynaam gekry het wat hy later as skuilnaam sou gebruik. Die storie is dat hy laat was vir 'n klas, en dat hy as verskoning aangevoer het dat hy gesoek het na sy 'troetelmikro-vlooi' en die nie kon kry nie. Hy is steeds uit die klas gejaag, maar die bynaam is gebore). Hy verkry die graad B.Sc. in Landboukunde, asook 'n Hoër Onderwysdiploma. Hy word die skoolhoof by die Kuilsrivierskool, en later 'n dosent by die Oudtshoorn Opleidingskollege. Hy dien baie jare in die Landsdiensbeweging en word ook die nasionale leier daarvan tot 1964. Tussen 1930 -1931 word verskeie van sy gedigte in “Die Huisgenoot” gepubliseer. Hy was die hoofredakteur van Boerdery in Suid-Afrika vanaf 1956 -1960. Hy is twee keer getroud. Sy oudste dogter Corlia Fourie is ook 'n bekende Afrikaanse skrywer. Corlia Fourie was ook verantwoordelik vir ‘n samestelling van 12 stories of "fragmente" van sy werk: Want die lewe is goed - keur uit die werk van Mikro (2003).

In 1936 ontvang hy die Hertzogprys vir sy twee werke 'Toiings' en 'Pelgrims' - die eerste twee boeke van die Toiings-trilogie . Verder ontvang hy in 1956 ook die W.A. Hofmeyrprys vir 'Die wa-as' en in 1957 word hy vereer met die Scheepersprys vir Jeugliteratuur vir 'Die jongste ruiter'. 1961 word hy vereer met Nasionale Uitgewers toekenning. Sy boeke is was ook op die verhoog en TV te sien - PG du Plessis het sy romans 'Gonnakolk' en 'Soetwater' verwerk as dramas vir die verhoog, terwyl hy ook 'Matewis en Meraai' vir televisie verwerk het.

Boeklys van Mikro se Afrikaanse boeke:
1.Diplomaties (1930) 2.Die grootste genot (1931) 3.Toiings (1934) 4.Rou rieme (1935) 5.Pelgrims (1935) 6.Noekies die klonkie (1935) 7.Die ruiter in die nag (1936) 8.Net een dag / Die vakansiegangers (1936) 9.Kaptein Gereke (1937) 10.Ghoen (1938) 11.Oeslande (1938) 12.Kompartement 1001E (1939) 13.Huurlinge (1940) 14.Huisies teen die heuwel (1942) 15.Moord in hotel Barnard (1942) 16.Saluut korporaal (1943) 17.Boerseun (1943) 18.Daar was nege (1944) 19.Vier mense (1944) 20.Basjan Bastiaanse (1944) 21.Vreemdelinge (1944) - vervolg op Pelgrims 22.Coert Bloemsen se geheim (1945) - Kroon speurreeks no 3. 23.Die geheimsinnige M9 (1945) 24 Op die spoor (1946) - Kroon speurreeks no 10 25 Die Donker Stroom (1946) 26 Elke Huis het sy Kruis (1946) ( geskryf deur Mikro en Marie Schoeman) 27 Alberdine Bandjies speurder (1947) - Kroon speurreeks no 15 28 Klaradynstraat (1947) 29 Moord na ete (1948) 30 Nog Geen Herberg (1949) 31 Die Vrou van Petrus Delft (1949) 32 Die Oue en die Nuwe (1949) 33 Ons lampe gaan dood (1949) 34 Daar kom die Alibama (1950) 35 Anna Beyers (1950) 36 Wagters in die nag (1950) 37 Die geheimsinnige Salome Rüdiger (1951) 38 Lente (1952)) 39 Die wa-as (1952) 40 Die jongste ruiter (1954) 41 Die houtswaan (1954) 42 Die wit arend (1955) 43 Die Porseleinkat (1955) 44 Die eensame wag (1955) 45 Die parskuip (1955) 46 Die Dae van ons Jare(1956) 47 Die Kleingeld - Kommando (1956) 48 Die nooiensuil (1957) 49 Die Bont Takbok (1957) 50 Die silverpotlood (1957) 51 Gonnakolk (1957) 52 Die bont takbok verken (1957) 53 Burgers van die Kleingeld - Kommando(1958) 54 Die Bont Takbok word Bittereinder (1958) 55 Generaal Kleingeld (1958) 56 Môre is dit Nuwemaan (1959) 57 Die Weduwee Meraai (1959) 58 Die Koperkan (1959) 59 Sias en Mias (1960) 60 Sias se Spoetnik(1960) - Later uitgegee as Sias se ruimtetuig 61 Die Blou Soldatepak (1960) 62 Voëlvlei se konsert (1961) Later uitgegee as Die Konsert (Sias en Mias no3) 63 Drie Vroue en ‘n Hond (1961) 64 Die Swart Hings (1961) 65 Jasper, die Molslang (1961) Sias en Mias no4 66 Die Hanskalfies (1961) Sias en Mias no5 67 Die Rooi Geruiterok (1961) 68 Die Rooi Lêer (1961) 69 Abednego die skilpad (1962) Sias en Mias no6 70 Speurder Sias (1962) 71 Die Steenbokkie (1962) Sias en Mias no8 72 Ounooi die Uil (1962) Sias en Mias no9 73 Die Dames Sestien (1962) 74 Kinders van Meraai (1962) 75 Afskeid (1962) 76 Die Goue Protea (1962) 77 Die Oranje Sneltrein (1962) 78 Die neef van die Goeweneur (1963) 79 T in die Blou Kamer (1963) 80 Twee Goue Beddens (1963) 81 Die Jongste Veldkornet (1963) 82 Die Blonde Haarkapper (1963) 83 Die Wit Perd van Tan Fienie (1965) 84 Dankie Adreanos (1965) 85 ‘n Span van 20 Muile (1965) 86 Die Poskoetsrower (1965) 87 Die Koperkanon (1966) 88 Oudepalmiet (1966) 89 Waar die Bokmakierie Fluit (1966) 90 Die Winkelvenster (1967) 91 Droomberg (1967) 92 Wit Seile (1967) 93 Sewejaartjies en een aand(1967) 94 Die Bruin Perde van Oom Tewie (1967) 95 Eerste dae op Biesielaagte (1967) (Sias en Mias reeks) 96 Bles van Soekmekaar (1967) 97 Die Harp (1967) 98 Die Goue Eekhorinkie en ander verhale(1967) 99 Kaptein Mias (1968) 100 Kleinjan (1968) (Sias en Mias reeks no 14) 101 Die Wiel (1968) 102 Napoleon die Blouskimmel (1968) 103 Hy koop toe vir hom 'n pen (1968) - Outobiografie 104 Osse van Klei (1969) 105 Vlam (1970) 106 Soetwater 107 Drielaag ( Geskryf deur Mikro, H S van Blerk en Dolf van Niekerk) 108 Slapjan 109 Ursula 110 Op die Spoor 111 Grootste Genot (Toneelstuk - 3 bedrywe) 112 Die Borreldien 113 Een Aand 114 Stille Uur 115 Matewis en Meraai : Die Kinders 116 Matewis en Meraai : Die Ouderling 117 Matewis en Meraai : Die vroeë jare 118 Matewis en Meraai : Die Weduwee

Lees meer van Mikro se boeke - boekelys

SIAS EN MIAS -Reeks
1 Sias en Mias (1960) 2 Sias se Spoetnik(1960) - Later uitgegee as Sias se ruimtetuig 3 Voëlvlei se konsert (1961) Later uitgegee as Die konsert 4 Jasper, die Molslang (1961) 5 Die Hanskalfies (1961) 6 Abednego die skilpad (1962) 7 Speurder Sias (1962) 8 Die Steenbokkie (1962) Wil jy die boeke koop? 9 Ounooi die Uil (1962) 10 Afskeid (1962) 11 Eerste dae op Biesielaagte (1967) 12 Die Harp (1967) 13 Kaptein Mias (1968) 14 Kleinjan (1968)
Afrikaanse Verhale: Toiings, 1934 Pelgrims, 1935 Vreemdelinge, 1944 Die donker stroom, 1946 Klaradynstraat, 1947
Kort Stories: Rou rieme Oeslande Huisies teen die heuwel Waar die bokmakierie fluit Droomberg Die winkelvenster
Novellas: Elke huis het sy kruis Nog geen herberg Lente Die wa-as Die houtswaan Die Porseleinkat Die nooiensuil Gonnakolk Die weduwee Meraai Drie vroue en 'n hond Kinders van Meraai
Jeugboeke en avontuur: Die ruiter in die nag Kaptein Gereke Boerseun Wagters in die nag Lente Die jongste ruiter Die wit arend Die eensame nag Die Kleingeld - Trilogy, 1956-1958 Die kleingeldkommando Die bont takbok - Trlogie, 1957-1958 Die jongste veldkornet Die Poskoetsrower
Speur verhale: Kompartement 1001E Daar was nege Die geheimsinnige M9 Moord na ete Moord in hotel Barnard Alberdine Bandjies speurder
Drama’s en opvoerings: Die dae van ons jare Die rooi lêer T in die blou kamer Twee goue beddens


Lees meer van Mikro se boeke - boekelys
|