http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Mark Preston se lys van boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Mark Preston se boeklys sluit in:

  • Die blom van Bloemfontein - Mark Preston
  • Die goue anker - Mark Preston
  • Dogter van Lucifer (Rooi masker-reeks no 6) - Mark Preston
  • Goud en silwer - Mark Preston
    • Largo - Mark Preston
    • Skoentjies van silwer - Mark Preston
  • Held van my hart - Mark Preston
  • Largo, 1969 - Mark Preston
  • My God en ek - Mark Preston
  • Op goue vleuels, 1965 - Mark Preston
  • Skoentjies van silwer - Mark Preston
  • Spore van Kain, 1959 / 1971 - Mark Preston (verhaal begin in die Tweede WÍreldoorlog)

Die titels in blou het meer inligting beskikbaar. Kliek gerus op die titel om die inligting te lees

 

koop 'n boek 4

 

markpreston - Goud en silwer

Mark Preston - Goud en silwer, 1960 uitgawe. Omnibus met die gewilde Largo en
Skoentjies van silwer ingesluit.

 

koop 'n boek 4

 

mark preston-largo boek

Largo
Geskryf deur Mark Preston

‘n Verhaal soos hierdie — met so ‘n delikate tema — kon alleen deur ‘n persoon met die rype lewenservaring en skerp waarneming van Mark Preston gelewer word.

Die hoof vroulike figuur in die verhaal het, soos die oumense dit genoem het, ,,tot ‘n val gekom”. Maar soos Mark Preston dit sien — kenner van die mensehart en gemoed — maak die geboorte van ‘n kind, binne of buite die eg, vir die vrou wat werklik liefhet, uiteindelik nie groot verskil nie, maar die benaming ”optelkind” sou egter deur die lewe aan die kindjie vaskleef. So brandmerk en veroordeel die samelewing soms sonder om genade te betoon of omstandighede te deurgrond. Dramaties en gevoelvol is die oomblikke wanneer die ongelukkige, ongehude moeder God smeek om die kindjie wat van haar weggeneem is, weer aan haar terug te besorg.

Selfs nie die verset en kwaadwilligheid van ‘n bemoeisieke, konserwatiewe klompie mense kon die moed en daadkrag van bier- die vrou van innerlike adel demp nie.

Stadig en genadeloos draai die wiele van die tyd . . . Die leser word selfs meegevoer na die onbekende dieptes van Afrika, na die lewe in die hart van die ongerepte vasteland, na die bygeloof en leefwyse van mense waarvan ons nog min weet.

Largo is verfrissend. Die dialoog is lewendig en boeiend en die hospitaaltonele baie realisties geskets. (Hoe kan dit anders, as die skrywer die wonderman was wat die hospitale van sy eie land en die buiteland soos sy eie twiste leer ken het.)

Largo, ‘n verhaal van stryd en oorwinning is ‘n wonderlied - aangrypend, bekoorlik en meevoerend — ‘n wonderlied oor die siel van ‘n mens, sy wel en sy wee, die lewe insy volheid, soos Mark Preston dit geken het.

Lees nog meer oor navorsing van boek

 

mark preston-spore van kain boek

Spore van Kain
boek geskryf deur Mark Preston

Hierdie is een van Mark Preston se minder bekende verhale, maar dit is ook ‘n verhaal wat ,,anders” is; ‘n verhaal wat wegbreek van die gewone omstandighede en gewone karakters.

Chris Louw, ‘n besonder sjarmante en aantreklike man, verloor sy gesig in ‘n brand. VanweŽ die letsels besluit hy om nie weer in die samelewing te verskyn nie.

Maar dan verskyn sy jonger broer met sy aantreklike jong vroutjie op die toneel en Chris se lewensloop word nog ‘n keer deur die noodlot in ‘n ander rigting gedwing.

Stories van ‘n monsteragtige persoon wat sy gesig gedeeltelik versluier, doen die rondte onder die kleindorpse gemeenskap, en omdat Chris sedert sy ongeluk nog nie weer sy verskyning in die dorpie gernaak het nie, word sondermeer aangeneem dat dit hy is. Totdat ‘n skokkende moord die skare laat ontplof.

Hierdie boek van ‘n baie gewilde skrywer is vol verrassings!

 

koop 'n boek 4

 

mark preston-op goue vleuels boek

Op goue vleuels
boek deur Mark Preston

Vir die verpleegstersberoep en aan die dokter word hoŽ eise gestel, want ‘n fout ...kan maklik ‘n pasiŽnt na die dodehuis laat gaan. Adele Branders, ‘n pragtige rooikop— verpleegster en dr, Emile Moolman, ‘n knap geneesheer, beweeg gevaarlik naby die gevaargrens, so naby dat hul loopbane ernstig bedreig word.

Wanneer ‘n beeldskone sangeres, ‘n ou kennis van Adele, en ‘n hoogs temperamentele nooi wat niks in haar weg sal laat staan om die man van haar hart te wen nie, haar flikkers by Emile begin gooi, neem sake ‘n ingewikkelder wending. En in die agtergrond staan dr, Nico Muller, wat nog altyd ‘n ogie op Adele het. ‘n Hoogs ontplofbare situasie ontwikkel ...

Van die eerste tot die laaste bladsy sal u meegesleep word deur die drama wat agter die hoe wit mure van ‘n groot hospitaal afspeel. Komiese en ernstige situasies wissel mekaar gereeld af en telkens wanneer dit wil voorkom asof sake nou gaan regkom, duik daar weer ‘n splinternuwe kinkel in die kabel op.

Lees ook boeke deur Nan Henning

koop 'n boek 4