http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Lize Swart boek

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Lize Swart het meer as 40 liefdesverhale / romans geskryf wat die volgende titels insluit:

Boektitles in blou, dui aan dat daar meer inligting oor die boek beskikbaar is

  1. Al die mores, 1982 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  2. Altyd ‘n renboog, 1975 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  3. Begrawe
  4. Boeie van die hart, 1983 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  5. Buite wink ‘n ster, 1976 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart (Witfontein se hospitaal )
  6. Confetti vir Corlia, 1984 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  7. Cupido, ai tog..., 1987 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  8. Daeraad oor Kinkelspruit, 1986 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  9. Drome is verniet, 1978 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  10. Een vir my, 1980 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart (op ‘n plaas naby Witfontein)
  11. En sy is myne,1965 /1972 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  12. Flonkering van fyn goud
  13. Fransien van oom Frans, 1985 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart (speel teen die agtergrond van Die Nes)
  14. Geliewe my lief te h
  15. Goudglans in die more - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  16. Huldig net die liefde, 1987 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  17. Impulsiewe harte, 1988 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  18. In die sterre geskryf, 1978 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  19. Jaag die sterre na, 1987 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  20. Jy is my beminde, 1979 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  21. Klein konkelaartjie, 1983 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  22. Kom saam met my, 1979 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  23. Laat my nooit Alleen, 1988
  24. Liefde soos klitsgras - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  25. Met jou gaan ek trou, 1976 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  26. ‘n Handvol sterre, 1975 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  27. ‘n Meisie soos Magriet, 1984 (speel teen die agtergrond van die Maritze op Die Nes)
  28. ‘n Nuwe dag, 1977 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart (Witfontein se hospitaal )
  29. ‘n Plekkie in jou hart, 1980 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  30. Na die hart se klop, 1988 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  31. Om te wen, 1976 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  32. Op wieke van die wind, 1988 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  33. Pandora op die Plaas
  34. Renboog van geluk, 1980 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  35. S jy min my, 1981 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  36. Soetlief Saartjie - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  37. Ter wille van die liefde, 1979 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  38. Trou is taboe,1980 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  39. Uitgeknip vir mekaar - 1981 /2001 spanningsverhaal deur Lize Swart
  40. Vra my nie my liefde, 1982 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  41. Vrou vir die erfgenaam, 1977 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  42. Waar die liefde bloei, 1978 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart
  43. Wees dan my geliefde, 1982 - liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

 

Lize Swart-Fransien van oom Frans liefdesverhale

Fransien van oom Frans
‘n liefdesroman geskryf deur Lize Swart
speel teen die agtergrond van Die Nes en die Maritz familie

Nadat hy twee jaar lank louwarm verloof was aan Loekie Kleyn het Herman Maritz besluit: of sy bepaal ‘n troudatum, of die verlowing bestaan nie meer nie. En nadat die spertyd van twee weke sonder ‘n woord van Loekie verstryk het, maak hy kennis met die lieflike Fransien Eybers wat saam met haar wewenaar-pa Die Nek gekoop het — en dit is liefde met die eerste oogopslag.

Daar duik egter twee groot probleme op. Eerstens weier Loekie om die verlowing as verbreek te aanvaar, en tweedens weier Fransien se pa om sy dogter — al wat oorgebly het nadat sy vrou en seun in ‘n motorongeluk gesterf het — aan ‘n man af te staan. Dan begin sells Herman se ouers bedenkinge koester, in so ‘n mate dat Herman en Fransien ook na ‘n ruk begin twyfel of hulle oorhaastig moet trou. En Loekie sien die gaping om haar ou verhouding met Herman weer te verstewig.

Lize Swart se Fransien van oom Frans, ‘n verhaal wat speel teen die agtergrond van Die Nes met sy Maritz-mense, is weer eens pragtig in die kol!

 

Lize Swart-Se jy min my liefdesroman

S jy min my
Liefdesroman / boek geskryf deur Lize Swart

Die dag toe Ewoud Liebenberg die pragtige, ongekunstelde Karien daar op die plaaswef sien, het sy reguit in sy hart ingestap — met kaal voete en al. Hier was sy uitsoeknooi op wie hy ag-en-twintig jaar gewag het.

Maar toe steek Karien in haar vier spore vas, al is haar hartjie glad nie ongeraak deur die aantreklike Ewoud nie. Want die sleutel tot haar hart is nie ’n trouring en ‘n spogplaas nie, maar die vier woordjies: “Ek het jou lief “

En hoewel Ewoud haar vurig die hof maak, hoor sy die woordjies nooit. Wat snoer sy mond?

Karien voel boonop soms Aspoestertjie wat moet meeding met ‘n slinkse, maar ook nog mooi ‘‘stiefsuster”. Dis nou Maryke van die buurplaas. Maryke gooi met mening flikkers vir Ewoud maar die wreld word vir haar warm toe die gladdemond-Vernon ook op die toneel verskyn en dreig om te “praat”.

Nou begin die kierang braai. Wie wen Ewoud se hart uiteindelik? En hoe gebeur dit dat Ewoud eers letterlik ‘n geweerloop teen sy kop moet voel voordat hy die towerwoorde s? Is dit aan Maryke, of wen Aspoestertjie tog?

Lize Swart-Laat my nooit alleen liefdesverhaal

Laat my nooit alleen
Liefdesroman / boek geskryf deur Lize Swart

 

Lize Swart-Trou is taboe liefdesverhale

Trou is taboe
Liefdesroman / boek geskryf deur Lize Swart

Erika de Jager is nie die trousoort nie. Koskook en knope aanwerk is sleurwerkies wat haar verveel. Sy is nie van
plan om haar vir ‘n man af te sloof nie. Sy lees storieboeke, maar glo nie regtig die romantiese ‘‘snert’’ nie.

Dan raak haar broer, Wikus, verlief op Jeanette Scheepers, hulle pa se aartsvyand se dogter. Erika moet hom help om haar te leer ken en haar hart te wen. Sy moet ogies maak vir die Engelsman, Dennis Scott, wat so om Jeanette kloek; dan sal Jeanette ‘n skouer soek om op te huil en hy sal haar gebroke hartjie kan heelmaak, reken Wikus.

Maar soms raak ‘n mens in jou eie plannetjies verstrik, ontdek Erika baie gou. Dennis Scott raak verlief op haar en kry trouplanne, en Jeanette se broer Carl besluit dat Erika die wilde perdjie is wat by wil tem.

Erika se hart begin skielik allerhande streke uithaal. Sy is nog vasberade om onafhanklik te bly, maar sy wonder tog hoe dit sal voel om haar eie kindjie in haar arms te hou.

Trou is taboe is ‘n heerlik humoristiese verhaal oor die liefde wat hom nie laat voorskryf nie — lekkerlees-verhaal soos net Lize Swart dit kan skryf.

 

Lize Swart-reenboog van geluk

Renboog van geluk
‘n Liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

Net Rona Ackermann weet van die vloek wat op haar rus — en daardie swarthaarvrou met die eienaardige blougroen o. Dit spook by haar, dryf haar tot op die randjie van waansin.

Sy sal nie berus nie! Sy sal die geluk vind waarop sy geregtig is! Hugo Degenaar sal hare word, al beteken dit ook dat sy die donker planne wat in haar kop vorm aanneem, ten uitvoer moet bring...

Nettie en Hugo is onbewus van die bose mag wat ingespan word om hulle uitmekaar t hou; Nettie voel net die seer, en Hugo die magteloosheid.

Smart en ongeluk skiet wortel in die Ackermann-huishouding en groei aan tot iets waaruit slfs Rona haar nie kan losmaak nie — totdat die oomblik van waarheid aanbreek.

Intrig voer die botoon in, Lize Swart se roman, wat begrip en woede, simpatie en wraaksug in die leser se gemoed mekaar laat afwissel.

 

Lize Swart-Om te wen liefdesroman

Om te wen
‘n Liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

Sy dans ligvoets deur die tuin. Hy het haar gesoen! Hy het haar gesoen en haar hart het drie maal omgeslaan.

Sy ken in sy o sien dat sy hom bekoor. As sy hom kon wen...S nou sy wen hom...? 0, s nou hy raak verlief op haar? Die liggies vonkel groen in haar o en sy lag sorgloos, en dit is haar hart wat sing ,,Charl, Charl, Charl, ek het jou lief”.

So het Estelle se hart gesing nadat Charl haar onverwags by die rivier gesoen het en sy tevergeefs gespartel het in die krag van sy arms. Maar haar ma wou niks met Charl te doen h nie want by was te slap in sy sokkies om ‘n boer te wees. Hy het glad nie in die boerdery op Lankgewag belanggestel nie en kort-kort, tot sy pa se ergernis, ‘n nuwe motor gekoop om die meisies, en veral Lilla Naud, te beindruk — Lilla wat hom jaloers gemaak het deur rnet Rowan van Heerden te flankeer.

Charl se pa wou h hy moes met Estelle van der Merwe van die buurplaas trou, want dan sou die buurplaas, Kanan, wat hy so lankal begeer het, dalk Minnaar-goed word, maar juis omdat sy pa wou h hy moes met haar trou, wou hy niks rnet Estelle te doen h nie. Maar sy het gedink: ,,Hy het my gesoen !“ En haar hart het gesing. 0, as sy hom kon wen . . .!

Hierdie meevoerende humoristiese verhaal deur ‘n gewilde skryfster sprankel soos sjampanje. Dit is ‘n boeiende liefdesverhaal uit die boonste rakke.

 

Lees ook liefdesverhale deur Ena Murray

Lees ook liefdesverhale deur Sarah du Pisanie

Lees ook liefdesverhale deur Nita Griessel

 

Lize Swart-n Nuwe dag liefdesverhale   Lize Swart-n Nuwe dag liefdesverhale romanse

‘n Nuwe dag
‘n Liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

Hierdie boeiende verhaal van menslike lief en leed voer ‘n mens onwillekeurig mee sodat jy saam met die karakters lag en saam met hulle huil. Dit is ‘n pakkende verhaal waarin liefde en haat, humor en trane mekaar afwissel soos son en skaduwees.

Toe Erna ‘n betrekking as verpleegsuster aanvaar het in die hospitaal op Witfontein was haar pad nie met rose besaai nie. Daar was probleme in die hospitaal en later, toe dokter Alexander Kleynhans haar hart in die holte van sy hand laat klop het, het sy veel groter probleme gehad. Toe was die nag skielik baie donker en dit het nie gelyk of die son ooit weer sou skyn nie. Maar daar kom altyd weer ‘n nuwe dag. Ook vir Erna het die nuwe dag weer in sy volle glorie aangebreek.

 

Liza Swart-altyd n reenboog liefdesverhale

Altyd ‘n renboog
‘n Liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

    Hy het vir haar by die kuil gewag — vir die meisie met die goudkop wie se naam hy nie geken het nie, maar wat by reeds liefgehad het met daardie een liefde wat een maal in ‘n leeftyd kom, die groot, ware liefde — ‘n liefde inniger as verliefdheid ‘n stil, rustige liefde, maar polsend en oorweldigend, sterker as hy of sy . . .

    ,,Sing die voltjies vir jou ook mooier as tevore, Tinus ?“ het sy gevra en hy het ges: ,,AImal het skielik nagtegale geword, meisie, soos wat die son skielik goud strooi en daar eensklaps meer blomme is. . .“ Hulle het soos kinders opgespring en begin tiekiedraai op maat van hul gelag wat hand-aan-hand oor die bosse galop het met uitbundige lewensvreugde . . .

    Maar dit was lank gelede en dinge het verkeerd geloop. Sy het hom verlaat en hy het sy seun, Johann, nooit gesien nie. . Nou het hulle paaie weer gekruis — Elaine en Johann woon nou op die buurplaas. Hy wil sy seun grag sien en Johann vra elke dag wanneer sy pappie dan na hulle toe terugkom. Hy wil dan so graag ‘n regte pappie en ‘n regte ouerhuis h soos die ander kinders..

    Maar Elaine en Tinus haat mekaar nou. En tog het hulle mekaar lief — nog al die jare. . . Maar die groot misverstand wat destyds hulle geluk verongeluk het, staan nog steeds tussen hulle, en Nita het ook vir Tinus lief . . .

    Daar is ook volop avontuur en spanning in hierdie boeiende liefdesverhaal uit die pen van Lize Swart.

Bo

Bo

Lize Swart-Daeraad oor Kinkelspruit liefdesverhaal

Daeraad oor Kinkelspruit
‘n Liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

Danela Visser se pleegpa sterf skieIik en sy bly alleen agter in die kliphuis wat net ‘n kilometer van Kinkelspruit se opstal af is. In die opstal woon die lang en aantreklike Eghard Hattingh ook alleen.

Die jaloerse Deirdr lig Eghard in oor die skinderstories wat die rondte doen, maar haar planne boemerang, want Eghard besluit om met Danela te trou en sodoende haar naam te beskerm.

Danela willig in om Eghard se vrou te word, want sy glo dat ‘n huwelik hom uit sy finansile verknorsing sal red. Tot sy ontsteltenis ontdek Eghard dat die dogter met die blonde vlegsels met wie hy nou getroud is, ontluik het in ‘n pragtige jong vrou teenoor wie hy nie onverskillig staan nie.

Toe die storm losbars en die ren mildelik oor die aarde uitsak, ontvang Danela ‘n telefoonoproep wat haar geluk aan skerwe laat spat.

DAERAAD OOR KINKELSPRUIT deur Lize Swart is ‘n spanningsvolle liefdesverhaal waarin die leser bewus gemaak word van die mooi dinge in die lewe.

 

Lize Swart-n Handvol sterre liefdesverhale

‘n Handvol sterre
‘n Liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

,,Jy bedoel die ou wil h sy dogter moet met Koningsrus se erfgenaam trou?”
Tania Erwee was verontwaardig toe sy hierdie woorde gehoor het. Volgens die kletspraatjies wou haar pa h dat Paul Maree, die erfgenaam van Koningsrus, met haar moes trou en hy het glo reeds met Paul daaroor onderhandel.

Koningsrus het eenmaal aan die Erwees behoort en dit het deur hulle vingers geglip. Sarel Maree wou h dat Koningsrus en Arbeidsgenot weer een plaas moes wees vir die Erwee-geslag en dit sou hy net kon regkry deur Tania met Paul Maree te laat trou.

Tania was nog bitter omgekrap oor haar pa se gekke idee toe sy ‘n aantreklike, sjarmante jong man langs die viswater ontmoet het — ‘n man wat geweet het wat hy wou h en haar voete sonder meer onder haar uitgeslaan het, Op daardie oombilk het sy nie geweet dat dit Paul Maree was nie. . .

Nog ‘n boeiende Iiefdesverhaal uit die pen van Lize Swart.

 

Lize Swart-n Plekkie injou hart

‘n Plekkie in jou hart
boek geskryf deur Lize Swart

In ‘n stofwolk langs die plaaspad het sy gestaan — Tillie Weber met haar koperrooi hare en hulpelose houding. Dinge sou nooit weer dieselfde vir Bernard Senekal wees nie. Daardie aand was hy ‘n getroude man. Maar wat ‘n gefrustreerde getroude man!

Voorheen het hy oor sy skuld en die droogte loop en tob, maar sy impulsiewe huwelik leer hom gou dat daar nog maniere is waarop ‘n man voor sy tyd grys hare kan kry, soos wanneer jou vrou en jou buurman alte verliefderig lyk — al is jou huwelik ook nou net ‘n saketransaksie.

En Tillie? Sy hou darem baie van die aantreklike Louw Heinrich, maar Bernard se skewe glimlaggie doen ook vreemde dinge aan haar hart . . . laat haar wonder of sy werklik net sy sakevennoot wil bly...

Maar hoe gemaak om ‘n plekkie in sy hart te kry met testanders soos die koerende blonde Wanda de Kierk en ‘n skoonma met ‘n skerp tong en slim planne?

‘n Plekkie in jou hart is nog een van Lize Swart se vrolike liefdesverhale oor die kaperjolle van die hart.

Bo

Bo

Lize Swart-cupido,ai tog liefdesverhale

Cupido, ai tog...
boek geskryf deur Lize Swart

Na jare van alleen boer, besluit Mabel Duvenhage om die familieplaas, Welgevonden, te verkoop en dorp toe te trek. Haar jonger dogters, Suzette en Sharon, is bly hieroor, maar die oudste, Tersia, keur dit nie goed nie. Sy wil maar te graag self op Welgevonden boer.

Wanneer Mabel en haar dogters egter met die wewenaar, Schalk Knoetze, kennis maak, word hulle wreld binne ‘n week behoorlik omgekeer. Schalk stel belang in dieselfde huis op die dorp as Mabel, maar help haar tog om ‘n koper vir haar plaas te kry.

Dis behoorlik asof iemand Cupido losgelaat het. Aan die een kant is daar Mabel, Sharon en Tersia en aan die ander kant Roux, Schalk en Dirk. Maar wie kry vir wie? En sal hulle al die struikelblokke wat in die pad van die liefde l, uit die weg kan ruim?

Cupido, ai tog . . is ‘n lekkerlees Iiefdesverhaal wat Lize Swart bewonderaars nie sal teleurstel nie.

 

   Lize Swart-Huldig net die liefde liefdes boekeLize Swart-Huldig net die liefde liefdesverhale boeke

Huldig net die liefde
boek geskryf deur Lize Swart

Vandat Richter Struwig, ongetroude jong predikant van Witfontein, die mooi, blonde Renette de Nysschen die straat sien oorsteek, is sy hart verlore.

Hy besef egter dat sy, rykmansdogter, hom, arm weeskind, waarskynlik nie beskore is nie. Boonop vertel ouderling Faan Germishuys hom dat sy en haar mense nie juis gerelde kerkgangers is nie.

In ‘n poging om ‘n geskil tussen Renette se pa en hulle buurman te besleg, gaan doen hy huisbesoek op Rachelsveld, die plaas waar Renette en haar ouers woon. Die geluk is aan sy kant, want op pad terug ontmoet hy haar uiteindelik op ‘n baie ongewone manier...

Vir Renette en Richter l ‘n stormagtige tyd voor. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar dit is asof ’n mag groter as hulle s’n hulle uiteen wil dryf. Aan die een kant is daar sy gemeente wat die verhouding om verskillende redes verbreek wil sien; aan die ander kant haar pa wie se hartewens dit is dat sy met Durant Hamman moet trou.

Huldig net die liefde van Lize Swart is ‘n boeiende verhaal wat die leser end-uit meesleur; met karaktertekening wat ‘n mens lank bybly omdat jy mense soos die ken.

 

Lize Swart-al die mores liefdesverhaal

Al die mores
boek geskryf deur Lize Swart

Waar het die mooi klein Pollie, wat soos ‘n skooldogter lyk, maar die o van ‘n ouer meisie het, so skielik vandaan gekom, en wie is sy tog? vra Ernst Hoffman homself af. Hy en sy pa het lekker saam gewoon in die nuwe opstal op Afsaal, maar toe sy pa weer gaan trou met Lydia Pienaar — trek hy en gaan woon in die ou opstal, want Lydia se dogter, wat sy stiefuster sal wees, kom ook daar woon, en sy pa wil h hy moet met haar trou.

En toe daag Pollie op en maak vir hom huis skoon en kook kos. Hy raak geheg aan Pollie, maar sy is net ‘n kind, reken hy. Pollie se teenwoordigheid in sy huis Iei tot misverstande en praatjies. Sy pa is teleurestel in hom en Lydia reken ‘n man soos hy is ‘n gevaar vir haar dogter.

Hierdie toedrag van sake dreig om sy pa en Lydia se voorgenome huwelik te verongeluk. Esther raak vermis, dit blyk dat Pollie allesbehalwe ‘n kind is, en die poppe dans. Natuurlik is Cupido die wenner toe Ernst sy liefde aan die meisie van sy hart verklaar — maar is dit nou Esther of Pollie?

Hierdie sprankelende, humoristiese liefdesverhaal uit die romantiese pen van Lize Swart sal die leser deurgaans boei.

 

Lees ook liefdesverhale deur Hannah du Plessis

Lees ook liefdesverhale deur Nita Griessel

Lees ook romanse deur Mike Heine

 

 

Lize Swart-Jaag die sterre na liefdesverhaal

Jaag die sterre na
boek geskryf deur Lize Swart

Tussen Brentorr en De Kroon is daar nie ‘n grensdraad nie en die twee plase funksioneer feitlik as een. Ook hul eienaars is buurmanne in die ware sin van die woord.

Toe die Oppermans se oudste seun en die Kemps se dogter verloof raak, bewaarheid die twee jongmense die onuitgesproke wens van albei die ouerpare. Eintlik volg hulle net in die voetspoor van iets wat byna al ‘n tradisie geword het, want Thomas Opperman en Gabriel Kemp is beste vriende van hul kruipdae af, terwyl die twee vroue, Regina en Edith, boesemvriendinne is.

Tog huiwer daar ‘n skaduwee oor hul geluk, want ten spyte van Edith en Gabriel se onskynlik gelukkige huwelik, bly die beeld van Gale Turner, Gabriel se eerste vrou, hul gedurig by. Op ‘n vreemde wyse word almal se lewens uiteindelik deur haar geraak — ook die geluk en liefde van die jong verloofdes word beproef— met verrassende gevolge!

Jaag die sterre na van die altyd gewilde Lize Swan is ‘n verhaal wat aan almal se verwagtinge sal voldoen — ‘n liefdesverhaal wat ware leesgenot beloof!

Bo

Bo

Lize Swart-Vrou vir die erfgenaam liefdesverhaal

Vrou vir die erfgenaam
boek geskryf deur Lize Swart

Oupa Kerneels du Plooy het ‘n probleem gehad: aan wie van sy twee kleinseuns moes hy die plaas n sy dood toevertrou Cor of NeIis?. Oupa Kerneels, altyd byderhand met ‘n nuwe plan, het die twee neefs, wat op ‘n haar na eenders lyk, Blinkstroom toe laat kom om hulle deur te kyk. Maar om te besluit, was moeilik. Albei was uitmuntende boere, ewe geleerd en ewe lief vir die ou familieplaas.

Toe moes hy ‘n ander plan bedink; ‘n slinkse plan, maar ‘n uiters geslaagde plan. Hy het skielik onthou van Engela
— ‘n regte boeremeisie met ‘n graad in landbou . . . en ‘n meisie wat boonop nie van plan was om deur enige man kansel toe gesleep te word nie. Wie haar liefde wen, erf Blinkstroom.

Maar het Oupa die regte ding gedoen? Hy moes immers rekening hou met Rita, Nelis se kunstenaar-meisie . . . en met die lieflike klein Wena wat net o gehad het vir Cor, maar op wie Nelis dolverlief was ... en met Cor se belaglikheid om verlief te wees op ’n droommeisie wat hy maande gelede een keer in ‘n kafee gesien het sonder om haar te ontmoet of eers te weet wat haar naam is.

En daar was Engela. Die noodlot het ook in haar lewe ingegryp. Nie omdat oupa Kerneels haar vir sy doel uitgekies het nie, maar omdat sy ook dringend, ondanks haar afsydigheid, na ‘n man gesoek het — maar om heeltemal ander redes as oupa Kerneels.

Bo

 

Lize Swart-Vra my nie my liefde liefdesverhaal

Vra my nie my liefde
boek geskryf deur Lize Swart

Toe Eckhardt Mellet groot skuld gemaak het om die plaas Begin te koop, het hy hom voorgeneem om nie te trou voordat hy die dag al sy skuld gedelg het nie.

Hy het egter nie daarmee rekening gehou dat sy buurman, oom Louis Prinsloo, so ‘n mooi dogter sou h nie. Maryke Prinsloo is Eckhardt se droommeisie, maar vanaf die eerste ontmoeting tussen die twee spat die vonke behoorlik.

Maryke dink Eckhardt is ‘n arm kerkmuis met geen eergevoel nie, maar hoekom gaan haar hart dan so woes te kere wanneer sy sy lang gestalte sien . . en hoekorn is daar so ‘n le gevoel in haar binneste toe ‘n ou skoolrnaat van Eckhardt se suster, Laetitia Meiring, op die toneel verskyn? In Eckhardt se o is Maryke ‘n snob. Waarom is hy dan so jaloers toe hy hoor dat ‘n baie aantreklike man by Maryke kuier?

Vra my nie my liefde is ‘n lekkerlees-verhaal soos net Lize Swart dit kan skryf

 

Lize Swart-Buite wink n ster liefdesverhaal  Lize Swart-Buite wink n ster

Buite wink ‘n ster
boek geskryf deur Lize Swart

Thea van Zyl en dokter Ewald Cloete het in ‘n Londense hospitaal ontmoet en is toe getroud — twee gelukkige jare lank. Toe Ewald een nag laat by hul, woonstelletjie kom, was Thea net weg. Sy het ‘n briefie gelaat waarin sy hom meegedeel het dat sy ‘n ander rnan liefhet en dat sy saam met hom weggaan.

Nou, na ses jaar, kom Thea huis toe, Witfontein toe, waar Ewald praktiseer as dokter en waar hy Thea se ouers leer ken en liefgekry het. Oubaas en Ounooi van Zyl van Aalwynkop is vir hom soos sy eie ouers, en na al die jare dra hy nog die beeld van hulle Thea in sy hart rond. Net soos hy kan hulle ook nie verstaan waarom Thea hom verlaat het nie, want hulle is oortuig daarvan dat daar ni ‘n ander man in haar lewe is nie. Daar moet ‘n ander rede voor wees .

Thea weet nie dat Ewald hom op Witfontein gevestig het nie en sy kom huis toe omdat haar voet ‘n holte soek, omdat sy rus en vrede vir haar geteisterde gemoed wil h. Ses jaar lank al vlug sy weg van die donker skadu wat haar bly inhaal, rnaar nou is sy te moeg. Sy het reeds ‘n pos aanvaar as verpleegsuster by Witfontein se hospitaal en sy is van voorneme om ‘n nuwe lewe te begin

Met hierdie diep rnenslike verhaal vol karakters van vlees en bloed vertel die gewilde Lize Swart van Thea en Ewald se soeke na geluk en die hartseer pad wat albei moes loop voordat hulle dit hul eie kon maak.

 

Lees ook verhale deur Nan Henning

Lees ook verhale deur Ela Spence

Lees ook hospitaalverhale deur Ella van der Mescht

Bo

Lize Swart -Ter wille van die liefdelize swart -Terwille van die liefde

Ter wille van die liefde
boek geskryf deur Lize Swart

Na die afsterwe van haar stiefvader, Bernard Ie Grange, verwag Laurika Labuschagne dat Louis Maartens, oom Bernard se enigste familielid, die begunstigde sal wees in sy testament.

Die erfgenaam is egter Frederich Schlebusch, die seun van oom Bernard se jeugliefde en Laurika se droomman volgens wat sy uit oom Bernard se vertellinge omtrent Frederich kon aflei.

So eenvoudig is dit egter nie. Hy word as Laurika se voog aangestel tot haar mondigwording en kry volle seggenskap oor die plase. Maar tensy hy binne ses maande met Laurika trou, erf die deurbringer Louis Maartens alles, onder andere die plaas Eigenaarsfontein waarvoor Laurika so lief is.

Maar . .. Frederich Schlebusch weier om die erfiating te aanvaar omdat by nie kans sien om met Laurika, wat hy nog nooit eens gesien bet nie, te trou nie. Uit pure verontwaardiging besluit Laurika om in te stem tot ‘n huwelik met Sarel Weidemann wat al so lank op die jawoord wag.

Intussen vra Frederich oom Cas en tant Lizzie Wallis om op die plaas te kom woon om ‘n ogie te hou oor sy nuwe verantwoordelikheid, Laurika. Om na die plase om te sien die volgende ses maande, word ‘n plaasbestuurder aangestel, die aantrekiike Frik Hugo...

Bo

Bo

 

Lize Swart-in die sterre geskryf liefdesverhaal

In die sterre geskryf
boek geskryf deur Lize Swart

Nadat sy al herhaalde kere die voortvarende Louis Human se huweliksaansoeke van die hand gewys het, besluit die skatryk maar pragtige Tina Gerieke om op ‘n klein dorpie, waar niemand haar ken nie, as verpleegsuster te werk. Sodoende, besluit sy, sal sy aan haarself kan bewys dat mense nie net om haar geld met haar wil vriende wees nie.

Haar eerste aand op Witfontein is byna noodlottig. Sy sien dokter Dewald van Rooyen se motor as haar eie aan en toe hy haar wil voorkeer, jaag sy in ‘n boom vas. ‘n Verhouding tussen die twee begin, maar word spoedig gebreek toe Dewald weier om haar aangebode geld vir die skade aan sy motor van haar te neem.

Tina se sake neem ‘n nog treuriger wending toe sy saam met die sjarmante Leon Claassen uitgaan — onwetend dat hy ‘n hartbreker van die eerste water is wat toevallig aan een van haar kollegas verloof is.

Om sake te vererger daag die beeldskone Zelda Gouws, voormalige verloofde van Dewald, by die hospitaal op. Haar huwelik met Dawid Gouws is op die rotse en sy stel net in een man belang Dewald.

In die sterre geskryf is ‘n hospitaalroman wat anders is — ‘n deernisvolle roman wat end-uit boei.

 

Lees nog hospitaalromans deur Ena Murray

Lees nog hospitaalromans deur Ela Spence

Lees nog hospitaalromans deur Nan Henning

Bo

 

Lize Swart-klein konkelaartjie liefdesverhaal

Klein konkelaartjie
boek geskryf deur Lize Swart

Arno Maritz is ‘n oujongkrel en hy hou daarvan. Maar sy familie wil hhy moet met Alma trou, en Alma wil self ook graag sy vrou word.

Dan kom sy vriend, Justus, met die voorstel dat hy vir hom ‘n verloofde moet huur sodat almal hom met rus kan laat. Justus ken ook net die meisie — sy niggie Wanda. Sy is mooi en stemmig en sy soek werk.

Maar die meisie wat Arno op die stasie om die hals val, is nie stemmig nie en haar naam is nie Wanda nie. Haar naam is Nickey en sy lyk skaars sewentien. Dit duur Arno nie lank orn te besef dat hy dalk ‘n mal perd opgesaal het nie. Nickey MacDonald is haar pa se baba, en Maxwell is bekend vir sy humeur wat hom sommer gou na sy haelgeweer laat gryp.

Klein konkelaartjie van Lize Swart is ‘n vrolike liefdesverhaal met ‘n verrassende einde.

 

Lize Swart-drome is verniet liefdesverhaal liefdesromans

Drome is verniet
boek geskryf deur Lize Swart

Theo Vermaak was bekend as ‘n pierewaaier wat die een na die ander meisie op hom verlief gemaak en haar dan laat staan het, maar met die aantreklike, vurige Engela Retief het hy sy rieme styfgeloop. Nie dat hy ‘n losbol was nie — hy was ‘n vooruitstrewende boerseun en sy pa se regterhand op Modderfontein en hy het ‘n stywe bankrekening gehad. Hy was maar net nie haastig om te trou nie — maar sy pa was haastig dat hy met die regte meisie moes trou. Gits, daar moes darem ‘n erfgenaam kom! Daarom het hy Engela Retief, die dogter van sy boesemvriend, aangestel om die boekhouwerk op die plaas te kom doen terwyl haar ouers drie maande lank oorsee is.

Maar Sally Winters en Welma Booyens was ook nog daar en Theo sou beslis nie toelaat dat sy pa vir hom vrou soek nie. Hy het Engela teensinnig op die stasie gaan haal, maar hy was aangenaam verras. Maar sy vriend, Henk Walters, die eienaar van die spogplaas, Panorama, wat aan Modderfontein grens, was ook verras en het dadelik gereken Engela sou net die regte vrou wees vir hom. Daarom het hy sy spogplaas spotgoedkoop vir Theo aangebied op voorwaarde dat Theo dan nie sou probeer om Engela die hof te maak nie.

Dit is die besonderhede waarvan die gewilde Lize Swart weer eens ‘n sprankelende liefdesverhaal gemaak het wat soos sjampanje bruis en borrel.

 

Bo  Bo

Bo

lize swart -Boeie van die hart liefdesverhale boeke

Boeie van die hart
boek geskryf deur Lize Swart

Roelof Jooste het maar swaar gekry, want hy het baie studieskuld gehad. Hy het Isabel de Kierk, die enigste dogter van regter De Klerk, liefgehad en sy vir hom. Sy het gewens hy wou haar vra om met hom te trou. Hy het egter geweet hy sou dit nooit kon doen nie, want sy was net aan die beste gewoond. Hy het haar net die beste gegun, en hy kon dit nie vir haar gee nie.

Hierdie is ‘n situasie uit die hart van die werklike lewe, want daar is presies net sulke gevalle in die werklike lewe. Miskien kry die rneisie of die vrou ‘n groter salaris as die man in haar lewe, en daarom voel hy minderwaardig, en die verhouding ly daaronder. Regter De Kierk het so iets verrnoed en gewens hy kon vir Roelof s dat die Iiefde belangriker is as enigiets anders.

Roelof moes weggaan uit die stad, en hy het hom voorgeneern dat hy nie vir Isabel sou skryf nie en dat hy haar liewer nooit weer rnoes lastig val nie, min wetende hoe sy daarna gesmag het om van hom te hoor, hoe sy veral daarna gesmag het om sy vrou te word.

Toe het daar iets gebeur . . . asof die lewe self wou ingryp . . .

Hierdie aangrypende liefdesverhaal — vol humor en spannende situasies — is nog ‘n sprankelverhaal uit die pen van gewilde skryfster.

 

Lees ook liefdesverhale deur Adam Timmerman

Bo

Lize Swart-Confeti vir Corlia liefdesverhale

Confetti vir Corlia
liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

Om te verhoed dat hy sy geliefde plaas Vorentoe verloor, is Douw Erlank verplig orn ‘n groot bedrag geld te leen by die skatryk Mauritz Keyzer. Die besondere voorwaarde waaraan die lening onderworpe is, verander Douw se persoonlikheid in so ‘n mate dat hy selfs die pragtige Gerda Smit daarna soos ‘n vreemdeling behandel.

Drie jaar later is die skuld terugbetaal, maar steeds is Douw nie in staat om Gerda die hof te maak nie.

Toe daag die dierbare Corlia Beukes op as eienaar van ‘n buurplaas — en Douw verloor summier sy hart. Hy besef egter ook dat hy magteloos vasgevang is in die web waarin hy drie jaar tevore beland het.

En Corlia probeer hom doelbewus op haar verlief maak, want sy het eintlik gekom om wraak te neem op hom...

Met Confetti vir Corlia skep Lize Swart weer eens vir haar talle bewonderaars ‘n klompie ure se leesgenot.

 

Bo

 

Lize Swart-Impulsiewe harte liefdesverhaal

Impulsiewe harte
liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

 

Lize Swart-Na die hart se klop  liefdesverhaal boekLize Swart-Na die hart se klop romans boek

Na die hart se klop
liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

Sarah Winefred McFarlane vertrek nie om dowe neute na Witfontein se horskool om daar te gaan onderrig gee nie. Sy soek Wouter Human se ondergang: Hy moet betaal vir ‘n misstap van toentertyd.

Die parmantige Engelse skooljuffrou verskans haarself agter onvleiende klere omdat sy geen man wil aanlok nie. Mans is gif!

Op die platteland verloop dinge egter nie soos sy dit beplan het nie. . . Die inmengerige tant Lotjie Smith se praatjies en Ross du Preez se tartende pittighede ontstig haar, maar dan is daar weerJacques en Barbara du Preez wat begripvol na haar uitreik — en die kordate klein Jessie Human wat die kwintessens van die liefde ken: eerlikheid . . .

Sarah kom te staan voor ‘n keuse tussen haat en liefde; vergifnis en wraak; haar ware self en die
mondering wat sy dra.

Sou die lig van die liefde ooit in haar mooi, bruin o weerkaats; die omvang van die liefde die kleur van die geel vlekkies in haar o verdiep, en die onstuitbaarheid van die hart se stem die skanse afbreek?

Die luimige insidente en fyn karakterbeelding gepaardgaande met die grondtone van lewenswaarhede maak van Lize Swart se Na die hart se klop ‘n mt vir elke boekrak

 

Lize Swart-waar die liefde bloei liefdesverhaal   LIZE SWART waar die liefde bloei

Waar die liefde bloei
liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

Toe Tessa Roux een sonnige oggend op die Durbanse strand oor Louw Theron se voete gestruikel het, was dit nie maar net die begin van ‘n aangename vakansieromanse nie — maar ook die begin van ‘n reeks gebeurtenisse wat vier jongmense se lewens ingrypend verander het.

Buiten Louw en Tessa is daar ook Paul, ‘n vooruitstrwende jong prokureur wat al van kleins af ‘n ogie op Tessa gehad het — maar vir wie Louw nou ‘n yslike bedreiging geword het. En daar is Cora — die meisie wat vir Louw op sy plaas gesit en wag het. Terwyl Louw vakansie hou, en ook terselfdertyd in ‘n hewige vete met Tessa se ouers betrokke raak, hoor sy reeds huweliksklokkies lui.

Maar toe — op die hoogtepunt van Louw en Tessa se verhouding — beland Louw voor ‘n motor, en kom by tot ‘n ontstellende ontdekking...

Waar die liefde bloei is ‘n heerlike roman met ‘n tema wat verrassend anders is, ‘n boek wat die leser end-uit in spanning hou.

 

Lize swart boeke- een vir my

Een vir my
‘n liefdesverhaal geskryf deur Lize Swart

Alta Boshoff het volgehou: dis net ‘n ongepoetste skobbejak wat dit geniet om hulle ongerief te besorg.

Tant Lettie was oortuig daarvan: dis die rustelose gees van ‘n plaaslike gestorwe Boer of Kakie wat hulle probeer verdryf.

De Waal Combrink het egter stilletjies ‘n groter bekommernis gekoester: dis ‘n man of mans in lewende lywe - met ‘n bose doel.

Die hele Witfontein het gepraat van die vreemde gebeure op Rykdom; die werkers het hule besittings bymekaargeraap en padgegee. Wat ook al op Rykdom kom moleste aanvang het, Brutus kon dit nie neertrek nie en Alta se geweer kon dit nie doodskiet nie...

Lize Swarboekt-uitgeknip vir mekaar liefdesverhaal

Uitgeknip vir mekaar
Liefdesverhaal / spanningsverhaal deur Lize Swart

Jenny Bailey, die beeldskone rooikopdogter van ‘n miljoenr, is ‘n gesogte model wat nie kan besluit of sy met Mervin, ‘n aantreklike don Juan, moet trou of nie. Sy vlug na Grootgewaag, haar tant Lalie se plaas, maar beland reg van die begin af in allerlei probleemsituasies.

Sy laat die hekke oopstaan sodat die beeste in die mielielande kom, sy val van die perd af, sy slaap laat en sy kan nie behoorlik kos maak nie. Jenny is duidelik nie ‘n goeie boervrou nie. Amanda Hattingh is wel en sien Jenny as ‘n bedreiging vir haar, want sy het ‘n oog op Franz, die aantreklike boer van Grootgewaag.

Maar Franz is nie van plan om op enige vrou verlief te raak nie. Totdat Mervin opdaag en die kaarte heeltemal deurmekaarkrap.

In UITGEKNIP VIR MEKAAR bou Lize Swart die spanning op tot ‘n verrassende einde wat die leser nie sal teleurstel nie.

 

Lees ook liefdesverhale deur Ena Murray

Lees ook liefdesverhale deur Vera Wolmarans

Lees ook verhale deur Elizabeth Vermeulen

Lees ook boeke van Regina Neser

 

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Koop die boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738