http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Libri -reeks

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Libri -reeks

 

Die Libri-reeks is reeds jare bekend en bemind en het al vele ure se leesgenot verskaf. Die boeke is nou weer hervrygestel deur Human & Rousseau. Buiten die splinternuwe omslae is die boeke ook hervertalings deur die bekroonde skrywer en vertaler Janie Oosthuysen.

DIE vier boeke - Skateiland, White Fang, die Wolfhond, Die Avonture van Sherlock Holmes en Die Avonture van Tom Sawyer is die eerste paar boeke wat vrygestel is. Later sal daar nog twee van die verhale met hul avontuur, humor, drama en die skrywers se fyn waarneming van mens en dier, vrygestel word.

Robert Louis Stevenson se Skateiland word beskou as een van die beste avontuurverhale wat nog geskryf is. In die verhaal ervaar mens “die liefde vir die see”, en kry mens ‘n onvergeetlike beeld van die seemanslewe. Skateiland is maar 'n klein stippeltjie in die grootte oseaan, maar ęrens is daar 'n skat begrawe. Ons weet seerowers is “gemene” mense met ‘n groot begeerte om skatte te buit wat nie hulle s’n is nie. Baie seerowers weet dan ook van die skat op Skateiland en maak planne, slinkse planne, om die skat te buit. Jim Hawkins, 'n jong seun, is een van 'n groep wat op die skip, Hispaniola, uitvaar om die skat te vind. Sy ondervinding aan boord en later op die eiland is spannende leesstof en nie sonder die nodige humor nie.

White Fang, die Wolfhond is die aangrypende verhaal oor een van die bekendste diere wat nog in letterkunde uitgebeeld is. Dit speel af in die koue, ysbedekte Kanada en handel oor 'n jong hond (driekwart wolf en een kwart hond ) wat uit die wildernis van die koue noorde by mense beland. Ná baie ontbering en swaarkry vind hy kameraadskap en begin hy hom aanpas by die gewoontes van sy baas. Ongetwyfeld seker Jack London se beste werk.

Die Avonture van Sherlock Holmes en sy getroue vriend, dr. Watson, word steeds beskou as klassiek onder die węreld se speurverhale. Hierdie twee karakters het al oor baie jare só 'n indruk op lesers gemaak dat hul lewe, gewoontes en karaktertrekke selfs groter belangstelling uitgelok as die avonture wat hulle saam beleef. In hierdie bundel is 'n aantal van die beste verhale saamgevat: Die avontuur van die Rooikopliga, Die avontuur van die blou karbonkel, Die avontuur van die berilkroon,

http://etrader.kalahari.net/referral.asp?linkid=5&partnerid=8178&sku=28362861

<img src="0798145544.jpg" alt="Libri-reeks: Die Avonture Van Sherlock Holmes">

Die Avonture van Tom Sawyer is een van die bekendste en beroemdste van die groot aantal boeke wat Mark Twain geskryf het. Die avonture van Tom Sawyer en sy vriende, Huckleberry Finn, Becky Thatcher, Injun Joe en tant Polly is węreldbekend. Die verhaal van hul lewens en manewales speel in 'n klein Amerikaanse dorpie af en is vol spanning en humor, drama en kwaaijongstreke en steeds vandag relevant, dat jong lesers nog daarmee kan identifiseer.

Diegende wat die hele Libri-reeks wil lees of versamel kan hier loer na al die titels in die reeks.