http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Libri-reeks

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Libri-reeks

Die Libri-reeks bied die Afrikaanse leser van die bekendste werke uit die klassieke. Die boeke waarvan die inhoud en styl reeds vir baie jare jongmense oor die hele wÍreld geboei het.

Die volgende 41 boeke was in die Libri-reeks gepubliseer:

  1. Alleen op die wÍreld - Hector Malot
  2. Skateiland - Robert Louis Stevenson
  3. Die swart tulp - Alexander Dumas
  4. Die Kon-Tiki ekspedisie - Thor Heyerdahl
  5. Ben-Hur - Lewis Wallace
  6. Die avonture van Tom Sawyer - Mark Twain
  7. Die familie Robinson - Johann Rudolf Wyss
  8. Met Scott na die Suidpool - Adm. E.R.G.R. Mountevans
  9. 20 000 Myl Onder die See - Jules Verne
  10. Die avonture van Sherlock Homes - Sir Arthur Canon Doyle
  11. Byestad - Frank Stuart (1953)
  12. Die Kinders van die Groot Sneeuveld - Laura Fitinghoff
  13. Sherlock Holmes op die Spoor - Sir Arthur Canon Doyle
  14. Die Skarlaken Pimpernel - Barones Orczy
  15. Robinson Crusoe - Daniel Dafoe
  16. Die onsigbare man - H.G. Wells
  17. Die Skat van die Inkas - G.A. Henty
  18. Everest oorwin - Jonh Hunt
  19. Paddeltjie - Joh H. Been
  20. Lawrence van ArabiŽ - Eduard Robinson
  21. Die gevangene van Zenda - Anthony Hope
  22. Die Ark - Magot Benary
  23. Emiel en die Speurders - Erich Kastner
  24. Moby Dick - Herman Melville
  25. Vadertjie Langbeen - Jean Webster (1958)
  26. Sproetgesig - Gene Stratton-Porter
  27. White Fang, Die wolfhond - Jack London
  28. Die Wiel op die Skool - Meidert de Jong
  29. Die Koraaleiland - R.M. Ballantyne
  30. Jock van die Bosveld - Sir Percy Fitzpatrick
  31. Dr. Jekyll & Mr. Hyde - Robert Louis Stevenson
  32. Sewe jaar in Tibet - Heinrich Harrer
  33. Die verlore horison - James Hilton
  34. Winnetou - Karl May
  35. Johnny Treman - Esther Forbes
  36. Die kinderkaravaan - A. Rutgers v.d. Loeff
  37. Ou Broekies (lees ook die opvolg : Die broodwinner) - Ralph Moody
  38. Die muitery op die Bounty - Nordhoff en Hall
  39. Die broodwinner (vervolg op Ou Broekies) - Ralph Moody
  40. Rook en as oor Tristan - C Wilkehuis
  41. Shane - Jack Schaefer

koop 'n boek 4

 

Librireeks-Ben-Hur

Ben-Hur
‘n Roman deur Lewis Wallace
Boek 5 van die Libri-reeks

Ben-Hur het die eerste keer in 1923 in Afrikaans verskyn. Dit was ‘n vertaling uit die oorspronklike deur wyle dr. H A steyn. Hierdie boek is egter ‘n heeltemal hersiene en verwerkte uitgawe van die eerste Afrikaanse druk

Ben-Hur is een van die beroemdste vehaIe uit die gIanstyd van die Romeinse keiserryk. In hierdie tyd toe Rome onbetwisbaar die heersers van die hele beskaafde wÍreld was, het daar egter ook ‘n nuwe lig aan die hemel verskyn. Dit was die geboorte van Chrstus.

Teen hierdie agtergrond laat Lewis Wallace sy roman afspeel. Die held is Ben-Hur die laaste spruit uit- die Joodse vorstegeIag. Sy strewe na die herstel van dIe verlore heerskappy en onafhanklikheid van sy volk eindig aan die voet van die kruis, waar by moet erken dat die ryk van die beloofde Messias hoŽr is as alle aardse mag.

 

Librireeks-Winnetou

Winnetou
‘n Roman deur Karl May
Boek 34 van die Libri-reeks

Hierdie Afrikaanse vertaling van Winnetou, deur H J Pama is ‘n verkorte weergawe van die eerste deel van Karl May se beroemde avontuurverhaal met Winnetou as hoofkarakter, wat oorspronklik in drie dele verskyn het.

Hierdie verhaal, deur een van Duitsland se mees geliefde storievertellers; speel af in Amerika se sogenaamde ,,Wild West” — ‘n wÍreld wat bepaald nie die plek was vir ‘n geleerde Duitse jongman met ,,dameshandjies” wat maar nog net van die Weste in boeke gelees het nie.

Dieselfde man het egter beroemd geraak as ,,Old Shatterhand”. Hy het mede-opperhoof geword van die Apache-Indiane en bloedbroer van Winnetou, wie se leermeester die geheimsinnige Klekih Petra was.

Dis ‘n verhaal van spanning en avontuur soos Karl May wťťt om te vertel, maar dis geen storie van cowboys en skurke nie, want ridderlikheid en menslikheid voer altyd die botoon in die hoofkarakters.

 

koop 'n boek 4

Bo

Librireeks-Die Onsigbare Man

DIE ONSIGBARE MAN
‘n Roman deur H G Wells
Boek 16 van die Libri-reeks

DIE ONSIGBARE MAN is die verhaal van ‘n student in die fisika wat daarvan oortuig is dat hy die onmoontlike — algehele onsigbaarheid — sal kan bereik. Die nastreef van hierdie ideaal, op sigself prysenswaardig, ontwikkel egter tot ‘n obsessie waaraan hy sy vader en verskeie ander persone opoffer en ook self ten prooi val. Na jare se swoeg en swaarkry slaag hy daarin om hom onsigbaar vir die menslike oog te maak, net om te ontdek dat die voordele nie teen die nadele opweeg nie. Teleurgestel en ontnugter, begaan hy die een waansinnige vergryp na die ander en sterf uiteindelik ‘n gewelddadige dood.

Die spanning, mensbeelding en boeiende verteltrant van hierdie merkwaardige verhaal daargelate, tref dit die leser hoe Wells hier die individu teenoor die massa pIaas: die domme, onbegrypende samelewing wat Griffin se prestasies nie na waarde skat nie. In die onvermydelike botsings wat daarop volg, word al die oerinstinkte van die mens op dramatiese wyse vrygestel, en weerspieŽl die boek terselfdertyd die diepe tragedie van die wetenskaplike genie wat as maatskaplike verstoteling tot ondergang gedoem is.

 

Librireeks-lawrence van Arabie

Lawrence van ArabiŽ
n Roman deur Edward Robinson
Boek 20 van die Libri-reeks

Min heldefigure tot dusver het die verbeelding van die Engelssprekende wÍreld so aangegryp as Lawrence van ArabiŽ. Sy landgenote sal hom lank in herinnering hou, nie net ter wille van wat hy gedoen het nie — en in die geskiedenis het min manne meer in so ‘n kort tydsbestek aangedurf — maar ook omdat hy ‘n man van voortreflike eienskappe was.

 Vanselfsprekend wil die seuns en dogters van vandag alles omtrent Lawrence weet: vir hulle is hy ‘n groot romantiese figuur — ‘n waaghals in die ware sin van die woord. Uit die pen van Edward Robinson, wat onder Lawrence in die Arabiese veldtog gedien het, het ons ‘n raak en boeiende beskrywing van Lawrence as mens en as onverskrokke krygsman.

koop 'n boek 4

Bo

Librireeks-Die Wiel op die Skool - Meidert de Jong

Die Wiel op die Skool
Kinderverhaal deur Meidert de Jong
Boek 28 van die Libri-reeks

Hierdie is die verhaal van ses kinders wat ‘n ooievaar na Shora, hul klein Hollandse vissersdorpie, wil lok. Lina het daarmee begin, omdat sy geweet het dat ooievaars met ‘n nes geluk bring — net soos in die dae van haar ouma. Aan geesdrif by die vyf ander leerlinge van die skooltjie het dit nie ontbreek nie, maar die probleem was om ‘n geskikte wiel te vind wat op die skool se dak aangebring kon word. ,,Soek orals,” het hul onderwyser gesÍ, ,,waar ‘n wiel te vinde en nie te vinde is nie.” In die begin skyn alles teen hulle te wees, insluitende die woeste en gevaarlike see agter die dyke. Maar omdat hulle nooit moed verloor nie, slaag hulle en word ‘n droom bewaarheid.

Met hierdie verhaal het Meindert de Jong in 1954 in Amerika ‘n prys verower vir die beste kinderboek van die jaar.

 

Librireeks-Vadertjie Langbeen

Vadertjie Langbeen -
verhaal deur Jean Webster
Boek 25 van die Libri-reeks
JEAN WEBSTER is die skuilnaam van Alice Jane Chandlor wat in 1876 in New York gebore is. Sy is die skryfster van verskillende jeugromans maar het die meesre bekendheid verwerf met haar boek DADDY LONGLEGS wat in 1912 verskyn het. Twee jaar later gee sy DEAR ENEMY uit wat ook dadelik met sukses bekroon is, en waarin dieselfde karakters optree. Dit is bekend dat in hierdie boeke en ook in haar dogtersboeke WHEN PATTY WENT TO COLLEGE (1903) en JUST PATTY (1911) die hoof persoon ‘n getroue weergawe van haar vriendin Adelaide Crapsey is wie se bundeltjie gedigte sy in 1915 geredigeer het. Sy het DADDY LONGLEGS ook gedramariseer, In 1915 is sy op die jeugdige ouderdom van 40 jaar oorlede.

Vadertjie Langbeen is in Afrikaans vertaal deur W.O. Kuhne. Die illustrasies is met toestemming oorgeneem uit die oorspronklike boek. Lees ook meer van W.O. Kuhne se “Huppel-reeks” boeke

Hierdie is die warm en tere liefdesverhaal van Judy Abbott en haar onbekende weldoener — die persoon wat sy nooit spreek of ontmoet nie, maar van wie sy alleen maar ‘n skadubeeld deur ‘n venster gesien het. Dit is een van die oorspronklikste, menslikste en humoristiese inbrief-vertelde romans wat nog ooit geskryf is. Die waarheid is eintlik dat Vadertjie Langbeen nie die eerste persoon was wat op Judy verlief geraak het nie. Sy het sedert die eerste verskyning van die boek in 1912 die miljoene harte van haar lesers verower.

koop 'n boek 4

Bo Bo

Librireeks-Sherlock Holmes op die Spoor

Sherlock Holmes op die Spoor
verhaal deur Sir Arthur Canon Doyle
Boek 13 van die Libri-reeks

Hierdie is die tweede bundel Sherlock Holmesverhale in die Libri-reeks. Weer ontmoet ons die baasspeurder en sy vriend, dr. Watson. Hul eerste avontuur is die bekende Skandaal in Boheme, een van die eerste Sherlock Holmes-verhale wat Conan Doyle geskryf het. Ook is dit een van die weinige verhale waarin die speurder deur sy teenstander uitoorlÍ word — en dit nogal deur ‘n vrou.

Die volgende verhaal is Die Rooikop-legioen wat gevolg word deur ‘n geval van Identiteit, Die Geheim van Boscombevallei, Die Vyf Lemoenpitte en Die Man met die Skewe Lip.
In Die Avonture van Sherlock Holmes, die tiende deel in die Libri-reeks, verskyn ses van die bekendste Holmes-verhale waaronder byvoorbeeld: Die Avontuur van die Blou Karbonkel en Die Avontuur van die Gespikkelde Band

 

Librireeks-Byestad

Byestad
 verhaal deur Frank Stuart
Boek 11 van die Libri-reeks

Byestad is die verhaal van ‘n jaar in die lewe van ‘n bye-kolonie. Ons word deur die skrywer na ‘n heuwelrug gevoer waar ‘n swerm bye hul intrek in ‘n ou, hol akkerboom geneem het. Daar word hulle deur vyandige byevolke en ander diere soos motte, muise en dassies aangeval; dcer geheimsinnige siektes word die swerm soms byna uitgeroei en miere dwing hul partymaal om hul heuning af te gee. Maar naas die leed bestaan daar egter ook vreugde in die lewe van die bye, want hulle is meer as enige ander dier toegerus met vermoŽns wat hul in staat stel om die skone en die oorvloed in die natuur te geniet.

Deur sy skerp waarnemings en met ‘n deeglike, byna heilige ontsag vir sy onderwerp, slaag Frank Stuart daarin om met sy ongeloofbare feite en sy liriese verbeelding ‘n boek te skep wat werklik hoe letterkundige hoogtes bereik.

Die oorspronklike titel is CITY OF THE BEES en is in Afrikaans vertaal deur H. v.d. Merwe Scholtz

 

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

 

Librireeks-Die Kinders van die Groot Sneeuveld

Die Kinders van die Groot Sneeuveld
 verhaal deur Laura Fitinghoff
Boek 12 van die Libri-reeks

Die boek is uit Sweeds na Nederlands vertaal deur N Basenau-Goemans en hierdie Afrikaanse uitgawe is ‘n juiste weergawe daarvan. Die Afrikaanse vertaling is die van S.G. Meiring

Die Kinders van die Groot Sneeuveld is die meeslepende vertelling van ’n groep kinders wat met ‘n bok in die middel van die yskoue winter wegtrek uit hul dorp wat hoog in die noorde van Swede in die land van die Laplanders geleŽ is. Hulle ouers is oorlede en hulle wil ontkom aan die tehuis vir armes. Deur moed en volharding, geloof en vertroue kom hulle, onder aanvoering van die oudste, ‘n seun van dertien jaar, goed tereg. Die avonture wat hulle belewe, die moeilikhede wat hulle moet oorwin, die stryd teen honger en koue, maak dat hierdie boek van die begin tot die end boei. En die merkwaardige is, dat hierdie verhaal op werklikheid berus en nie verdigsel is nie.

koop 'n boek 4

Bo

 

Librireeks-Emielendie Speurders-ErichKastner

Emiel en die Speurders
 verhaal deur Erich Kastner
Boek 23 van die Libri-reeks

Emiel onderneem ‘n reis van sy geboortedorp na die wÍreldstad, Berlyn. Heeltemal teen sy sin raak hy in ‘n diefstal betrokke waarin dit om sy moeder se swaarverdiende spaargeld gaan. Vir Emiel is daar net ťťn besluit: hy moet dit terugkry. Hy staan sy man by die agtervolging van die dief wie se spoor hy baie maklik in die gewemel van Berlyn se mense en verkeer byster kan raak. Maar Emiel is nie alleen nie — ‘n skaar van hulpvaardige seuns staan hom in alles getrou by. Dit ontwikkel in ‘n onvergeetlike avontuur. Erich Kšstner, die man sonder kinders, het in werklikheid miljoene kinders met hierdie verhaal in alle dele van die wÍreld verwerf. Dit is omdat sy verhaal werklik in die wÍreld van die kind afspeel.

 

Librireeks-7 jaar in tibet

Sewe Jaar in Tibet
verhaal deur Heinrich Harrer
Boek 32 van die Libri-reeks

,,Een van die grootste reisbeskrywings van ons tyd” — so het al die kritici oor hierdie werk geoordeel. Dit is die verhaal van Heinrich Harrer wat uit ‘n interneringskamp in lndiŽ ontsnap het en saam met sy - vriend Peter Aufschnaiter na Tibet gevlug het.

Hulle het oral in botsing gekom met die owerheid wat streng gelet het op die indringing van vreemdelinge in hul land, maar die twee het deurgedruk. Twee maal het hulle die waterskeiding van die Himalaja oorgesteek, talle ontberings moes hulle verduur — maar soos in ‘n sprokie het die deure van Lhasa, die ,,verbode stad”, vir hulle oopgegaan en is hulle vriendelik ontvang.

Hier het Harrer intiem kennis gemaak met die geheimenisse van die Lamaisme en het by uiteindelik onderwyser van die Dalai Lama geword — die eerste Westerling wat in die teenwoordigheid van die godkoning gekom het en bowendien een van die heel weinige persone buite die kring van die Dalai Lame se persoonlike huishouding en leermeesters wat persoonlike kontak met die ,,lewende Boeddha” gemaak het.

Sewe Jaar in Tibet is ‘n merkwaardige boek — nie alleen omdat dit die sluier lig oor een van die gebeimsinnigste en merkwaardigste lande wat die wÍrreld ooit geken het nie, maar omdat die ornstandighede wat daanin beskryf word, onherroeplik verby is. Tibet is nie mccr ‘n teokratiese staat onder beheer van die Dalai Lama, die lewende Boeddha, nie. Die land is nou deel van China en die jong Dalai Lama voer ‘n eensame bannelingsbestaan in IndiŽ.

Sewe. Jaar in Tibet is tegelykertyd ‘n bekendstelling en ‘n afskeidsgroet.

 

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

Bo

Librireeks-Die Gevangene van ZendaAnthonyHope

Die Gevangene van Zenda
verhaal deur Anthony Hope
Boek 31 van die Libri-reeks

Die vertaling vanuit Engels na Afrikaans is deur Jacques van Zijl behartig

ANTHONY HOPE is die skuilnaam vir Sir Anthony Hawkins wat in 1863 te Londen gebore is. As seun en jong man was by besonder knap en het verskillende onderskeidings behaal. Hy het hom as advokaat bekwaam, maar was in die begin nie so suksesvol nie. In sy ledige ure op kantoor het by verhale begin skrywe en die eerste daarvan onder ‘n skuilnaam en op eie koste uitgegee. Teen dieselfde tyd dat hy as regsgeleerde bekendheid verwerf het, word by ook as skrywer erken. Hy besluit egter om horn voltyds aan die skryfkuns te wy en publiseer in 1894 twee boeke. Die eerste is THE DOLLY DIALOGUES wat destyds goed geresenseer is, maar vandag byna vergeet is, en ook THE PRISONER OF ZENDA wat as sy bekendste werk beskou word. Met hierdie romantiese verhaal het hy sy genre gevind en daarna baie ander dergelike boeke geskrywe. Die vervolg daarop is RUPERT OF HENTZAU en ‘n paar ander bekende titels uit die lys van 24 boeke is TRISTRAM OF BLENT, THE INTRUSIONS OF PEGGY en BEAUMAROY HOME FROM THE WARS. Hy is in 1933 oorlede.

 

Met hierdie boek het Anthony Hope sy bekendste werk gelewer. Hy skep daarin die denkbeeldige koninkryk van Ruritania, waarin ‘n jong Engelsman, Rudolf Rassendyll, op sonderlinge wyse en as gevolg van die sameloop van buitengewone omstandighede, as ,,Koning van Ruritania” gekroon word, terwyl die werklike koning deur sy broer, Swart Michael, in die kasteel van Zenda gevange gehou word.

‘n Uiters spannende verhaal ontwikkel. Rassendyll en ‘n paar van die koning se beste vriende probeer om hom van sy gevangenskap te bevry terwyl Swart Michael probeer om die Engelsman so spoedig moontlik uit die land of van die gras af te kry, sodat hy die wettige koning kan dood en self kan regeer.

 Terselfdertyd dring die onderdane van die koning aan op ‘n spoedige huwelik tussen hom en prinses Flavia. Dit vind Rudolf Rassendyll besonder moeilik omdat hy in werklikheid self op die prinses verlief is, maar nie aan sy hartstogte durf toegee nie, aangesien by nie die koning is nie.

Sonder twyfel is Rassendyll se heldhaftige pogings om die koning te bevry een van die redes waarom Die Gevangene van Zenda nog steeds, na al die jare sedert die eerste verskyning, so’n gewilde verhaal gebly het.

 

Librireeks-Muitery op die bounty Leon rousseau

Die Muitery op die Bounty
verhaal deur Charles Nordhoff en James Norman Hall
Boek 38 van die Libri-reeks

Die vertaling vanuit Engels na Afrikaans is deur Leon Rousseau behartig en met toestemming ook bietjie verkort. Leon Rousseau sal ook onthou word vir sy Fritz Deelman reeks boeke

Die Muitery op die Bounty is ‘n epos van die see: die wÍreldberoemde verhaal van ‘n skip wat in 1787 uitvaar na die destyds nog onbekende eilande van die Suidsee, om broodboomplante te gaan haal — en die tragiese einde van die tog. Getreiter deur die despotiese optrede van die gesagvoerder van die skip, kaptein Bligh, neem Fletcher Christian, die eerste offisier, in ‘n onbesonne oomblik die skip in besit. Dit het tot gevolg die mislukking van die ekspedisie, die ondergang van ‘n skip en die lyding van baie mense.

Die einde van almal wat aan die muitery deelgeneem het, was rampspoedig. Sommige het op ‘n stil, verlate eiland gesterf, ander is gehang. Die wat nie daaraan deel gehad het nie, moes op ‘n bootjie en sonder veel wapens en voorrade die dood trotseer op die oop see. Maar op wonderlike wyse bereik hulle uiteindelik die eiland Timor en veiligheid.

Die verhaal van die muitery is gegrond op gegewens van werklike gebeurtenisse en die geslaagdheid van hierdie klassieke oorvertelling word bewys deur die feit dat die boek al twee keer verfilm is.

 

koop 'n boek 4

Bo

koop 'n boek 4

 

Jock van die Bosveld - Sir Percy Fitzpatrick

Jock van die Bosveld
verhaal deur Sir Percy Fitzpatrick
Boek 30 van die Libri-reeks

Jock van die Bosveld is een van die weinige .Suid-Afrikaanse boeke wat as werklik kiassiek bestempel kan word. Dit is die verhaal van Sir Percy Fitzpatrick se ondervindinge as jong prospekteerder en transportryer in die Oostelike Transvaalse Laeveld van die Agtien tagtigerjare.

 Die hoofpersoon is egter nie die skrywer self nie, maar we! sy getroue hond, Jock, met wie hy sy spannende jag- en ander avonture belewe. Die meeste van die gebeurtenisse het die skrywer oorspronklik aan sy kinders vertel — hulle het egter alleen geluister ,,as dit waar was”. Dit is juis vanweŽ hierdie egtheid en die lewendige styl dat Jock van die Bosveld vandag nog deur oud en jonk in Suid-Afrika as een van hul geliefkoosde boeke beskou word.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Librireeks-Paddeltjie  Librireeks-Paddeltjie Joh H been

Paddeltjie
verhaal deur Joh H. Been
Boek 19 van die Libri-reeks

Die oorspronklike titel van hierdie boek is PADDELTJE DE SCHEEPSJONGEN VAN MICHIEL DE RUYTER en het verskyn by Uitgeverij Kluitman, Alkmaar, Nederland. Die Afrikaanse vetaling is van J Kromhout.

is die verhaal van ‘n kranige knapie wat onder die later so gevierde admiraal Michiel de Ruyter vaar. Hy begin as skeepsjonge — die allerlaagste rang — maar daar hy blyke gee van durf en daad, selfs in die aangesig van die dood, word hy naderhand tot volmatroos bevorder.

Tydens die Hollandse ,,Goue Eeu”, toe daar orals gisting en woeling was en toe die seemanslewe die hoogste eise aan moed en volharding gestel het, het roof en geweld ook dikwels hoogty gevier. Aan die noordkus van Afrika beland Paddeltjie in die moeilikheid; hy word deur vrybuiters ontvoer; hy verrig slawe-arbeid op Il Tigretto se Ianderye; dog hy ontmoet terselfdertyd sy bekoorlike dogtertjie...

Die boek gee ons ‘n brokkie avontuur uit die roemryke verlede van Nederland. Ons hoor die geklots van die golwe, die geklapper van die seile en ons proe die soutsmaak van die see. Ons vergesel die hooffiguur op al sy reise en bonte wedervaringe, met ingehoue asem!

 

 

koop 'n boek 4

Bo

Librireeks-Die Swart Tulp Alexander Dumas

Die Swart Tulp
verhaal deur Alexander Dumas
Boek 3 van die Libri-reeks

Die boek het vir die eerste keer in 1926 in Afrikaans verskyn en was ‘n vertaling uit die oorspronklike Franse werk (La Tulipe Noire) deur wyle dr C. Louis Leipoldt.

DIE SWART TULP is die verhaal van Cornelis van Baerle, ‘n jong Hollandse tulpkweker wie se lewensambisie was om hierdie seldsaamste van alle tuipsoorte te kweek. Hy het gelewe in ‘n tyd van groot politieke ontevredenheid en dit was daarom maklik vir sy afgunstige buurman om horn onder valse beskuldigings in die gevangenis te kry. Cornelis het egter volgehou en saam met Rosa, die tronkbewaarder se dogter, is die bolle geplant. Met spanning sien ons saam met die twee uit na die dag wanneer die blom oop sal gaan. Ongelukkig gebeur daar egter veel voor hierdie groot gebeurtenis. Op meesterlike wyse weef Alexander Dumas deur die verhaal die historiese gebeurtenisse uit die tyd van die botsing tussen die gebroeders De Witt en stadhouer Willem III. Uit hierdie verhaal blyk weereens waarom Dumas nog altyd as een van die wÍreld se grootste vertellers beskou word.

 

Librireeks-ROOK EN AS OOR TRISTAN

ROOK EN AS OOR TRISTAN
verhaal deur C Wilkeshuis
Boek 40 van die Libri-reeks

Op die klein vulkaniese eiland Tristan da Cunha in die Atlantiese Oseaan, lewe ‘n groepie van nouliks driehonderd mense, ‘n klein gemeenskap waar die mense op mekaar aangewys is. Kontak met die buitewÍreld is daar byna nie. Al is die lewe daar sonder weelde en dikwels hard — tog voel die mense die afsondering nie as ‘n gemis aan nie.

‘n Tyd gelede het die eiland en sy inwoners in die middelpunt van die belangstelling gestaan. Nuusblaaie en tydskrifte het opspraakwekkende berigte die wÍreld in gestuur: ‘n aardbewing het aangekondig dat die doodgewaande vulkaan nog lewe en dat dit nou rook en as oor Tristan strooi.

Die eilandbewoners moes hals oor kop uitwyk na Engeland; hulle maak vir die eerste keer in hul lewe te Kaapstad kennis met die moderne beskawing wat nie heeltemal was soos hulle dit voorgestel het nie.

Ook in Suid-Afrika is simpatie vir die mense sonder Vaderland gewek en ‘n nuwe belangstelling het ontstaan vir die voorheen taamlik onbekende eiland — ‘n geliefde eiland waarheen die inwoners so gou as moontlik weer teruggekeer het.

 

Librireeks-die broodwinner boek

Die broodwinner
verhaal deur Ralph Moody
Boek 40 van die Libri-reeks

DIE BROODWINNER is die voortsetting van OU BROEKJIES se seunsjare in Colorado. Dit is weer die seun wat self die verhaal vertel.

Na die skielike dood van die vader het die gesin geen vaste bron van inkornste meer nie. Dit is hoe dit gekom het dat, terwyl hy nog op die skoolbanke sit, die seun op twaalfjarige leeftyd die broodwinner van die gesin word.

Met die strenge, maar liefdevolle vermanings van sy moeder, en die raad van sy geliefde vader steeds in gedagte, kan Ou Broekies, onbedwingbaar en dikwels voortvarend soos hy is, maar net nie help dat hy nog steeds in situasies beland waarvan hy liewer nie wil hÍ dat sy moeder te hore moet kom nie. So kom dit dat hy, as kranige ruiter, ‘n gesogte jokkie word wat ‘n klomp geld verdien met wedresies — en tog kan by nie die geld vir sy moeder gee nie!

Net so vindingryk Ou Broekies in sy planne is om die gesin te voorsien, so moedig en knap is sy moeder en sy dertienjarige suster, Grace. En ten spyte van die swaarkry en teenslae is daar tog nog baie pret en avontuur vir die gesin beskore.

Soos sy voorganger, is DIE BROODWINNER boeiend vertel en dit sprankel weer eens met die droŽ humor wat so eie is aan Ralph Moody.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

koop 'n boek 4

Bo

Die boeke is nou weer in proses om weer uitgegee te word - Kliek hier om meer te lees

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738