http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Leon van Nierop boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Leon van Nierop is geen onbekende nie.Ons hoor dikwels van sy stories op radio of televisie. Hy het ook ‘n weeklikse gesprek op RSG oor die nuutse oor films asook resensies vir Sarie, Huisgenoot en The citizen. Hier volg ‘n lys van boeke deur hom geskryf asook die liefdesverhale onder sy skuilnaam - Jacqueline Brink.

  1. Adrenalien -1995, Leon van Nierop
  2. Die Huis in Hertestraat - 1981, Leon van Nierop
  3. Die Mense van Hertestraat - 1982 (opvolg van Die huis in Hertestraat)
  4. Die plesierengel, 1997, Leon van Nierop
  5. Die Sielsmokkelaar - 1996, Leon van Nierop
  6. GoŽlfabriek, 2001, Leon van Nierop
  7. Hotel Shwalane - 1980, Leon van Nierop
  8. Kabaret : Girly Lubbe se Konstitusie Kwellings, Leon van Nierop
  9. Laksman - 1998 , Leon van Nierop
  10. Movies Made Easy : A Practical Guide to Film Analysis- 2008, Leon van Nierop
  11. Paradys - 2005, Leon van Nierop
  12. Seeing Sense - 1998 , Leon van Nierop
  13. Seeing Sense: On Film Analysis - 2000, Leon van Nierop
  14. Skrikkelkind - Girly se storie - 2000, Leon van Nierop
  15. Stralejakkers - radiovervolgverhaal
  16. Wolwedans in die skemer - 1982 (as vervolgverhaal op Springbokradio uitgesaai vanaf 4 Augustus 1980 - 30 Januarie 1982), Leon van Nierop

 

  1. Liefdesrapsodie
  2. Paradys van begeerte - 2002 (geskryf as Jacqueline Brink)
  3. Prins van harte - 2003 (geskryf as Jacqueline Brink)
  4. Romanse op Rondommooi - 2003 (geskryf as Jacqueline Brink)
  5. Spel van betowering - 1994 (geskryf as Jacqueline Brink)
  6. Venus - 1996 (geskryf as Jacqueline Brink)

 

koop 'n boek 4

Bo

Klik hier om meer te lees van Leon van Nierop

 

leonvannierop-jacqueline brink- verbode paradys

Venus - 1996 geskryf deur Jacqueline Brink
(skuilnaam van Leon van Nierop)

“Die tyd van speletjies is verby Sharon. As ons ooit hier uitkom, is jy myne”

Toe Sharon haar in ‘n Kubaanse tronk bevind, verwens sy die noodlot wat haar in hierdie situasie laat beland het. Vandat sy in Havana aangekom het, het sy net die een ellende op die ander beleef. Om die kroon te span, ontmoet sy die man van haar drome. Vir die eerste maal in jare is haar sinne bedwelm. Maar sy weet ťťn ding: sy moet wegkom van hom af, want daar is geen toekoms vir hulle nie. Of is daar?

koop 'n boek 4

Bo

 

 leonvannierop-jacqueline brink- prins van harte

“Prins van Harte” - Jacqueline Brink
(skuilnaam van Leon van Nierop)

Romanse is ‘n mite wat nie bestaan nie. Eintlik is romanse dood, dink Esmariť. Mors-morsdood. Mans sien vroue net as ‘n verlengstuk van hul eie opgeblase ego’s...

Sy is wreed ontnugter. ‘n Hemelse droom lÍ aan skerwe. Hierdie man is toe al die tyd net soos die res van sy spesie. En dit terwyl sy ewe naief geglo het hy is anders, dat hy romanse ontwerp het, dat hy onbedorwe en eerlik is. Sy wat dwarsdeur slimpraatjies kan sien, wat die waarheid meedoŽnloos kan ontrafel, wat tot ministers op haar aktualiteitsprogram kan ontmasker, is mislei deur sy dodelike sjarme. Dra kastig rose aan, skryf vir haar die allermooiste briewe, nooi haar vir pieknieks, leer haar hoe om in die oomblik te leef, hoe sy ‘n geleentheid van elke klein dingetjie kan maak soos om druiwe te eet en port te drink.

En om te dink sy het veilig by hom gevoel, gedink sy kan haarself wees by hom, gedink hy waardeer haar menswees..... Sy moes hom lankal aan Hedwig uitgelewer het, hom in die addernes ingegooi het en opgehou het om te wens en te droom! Dan was haar hart darem nog in een stuk.

xvxvxvxvxvxv

Die sexy Esmariť Lategan, op 27 een van die gedugste televisie-aanbieders in die land, kry ’n opdrag om te gaan soek na die nuwe Suid-Afrikaanse man. Diť beeld van ’n man sal gebruik word om die nuwe beeld van hulle TV-stasie uit te dra. Sy het die plakaatprins van alle tye gekry. Dis die gesig waarvoor die hele land sit en wag. Hy gaan op elke advertensiebord langs die snelweŽ pryk, op elke tweede plakaat, op elke meisie se muur.

En toe sy Meneer Perfek op ’n Bolandse wynplaas ontmoet, besluit sy sy kŠn hom nie aan Hedwig uitlewer nie…

 

koop 'n boek 4

Bo

 

leonvannierop-jacqueline brink- spel van betowering

Spel van betowering geskryf deur Jacqueline Brink
 (skuilnaam van Leon van Nierop)

Hy steek een van haar vingers in sy mond, asof hy daaraan proe. Haar hart klop in haar keel toe sy hand teen haar arm opbeweeg en teem haar wang tot stilstand kom. Dis taai van die waatlemoensap. Sy mond is ‘n paar sentimeter van hare. Sy sien hoe sy lippe oopgaan, hoe hy stadig nader aan haar mond beweeg. As sy aan hom raak, is dit asof ‘n elektiese stroom deur albei gaan.

Sy lippe is nou by hare en hy lek tydsaam oor haar wang. Dan dwing hy haar mond saggies oop.

Sy proe die malse soet smaak van die waatlemoen en die warmte van die binnekant van sy mond...

koop 'n boek 4

Bo

JacqulineBrink- Paradys van begeerte LeonvanNierop

Paradys van begeerte - Jacquline Brink
 (skuilnaam van Leon van Nierop)
Jasmyn liefdesverhaal

Dis nie aldag maklik om ‘n joernails by Nuusblad te wees nie. Larissa se baas is knorrig, haar beste vriendin word gedurig voorgetrek, en boonop is sy sat van skryf aan sensasioneie, sappige nuusbrokkies wat die publiek soos soetkoekverslind.

Sy stem dus effe Iangtand in om ‘n storie te doen oor die liefdeslewe van Roland Sebastiaan Jonker, miljoenÍr en eienaar van Paradys Stoomtreinsafan’s. Maar sy moet erken: die man fassineer haar. Sy sonore stem, sy liefde vir kinders, en bowenal sy reputasie as gesogte minnaar. As sy net kan uitvind hoe hy lyk...

leonvannierop-jacqueline brink- liefdesverhaal romanse op rondommooi

Romanse op Rondommooi - Jacquline Brink
 (skuilnaam van Leon van Nierop)
Jasmyn liefdesverhaal

Tanja Liebenberg is op pad na die gasteplaas RondommooI, In die hartjie van die Karoo. Sy brand van nuuskierigheid om die sjarmante eienaar van die plaas, Charl Prinsloo, uiteindelik te ontmoet. Dit was sy idee om die plaas in ‘n soort “Hoekie vir eensames” te omskep, en sy wil graag sien hoe lyk ‘n man wat beweer hy verstaan die hart van ‘n vrou.

Maar voor Tanja die geleentheid kry om met horn kennis te maak, beland Charl in ‘n ernstige motorongeluk. En al word hy dieselfde aand nog uit die hospitaal ontIaan, het hy tydelike geheueverlies. Hy kan skaars onthou hoekom hy die plaas besit; sy gewese meisie, Anťl, verskyn weer uit die niet; en intussen probeer Tanja haar ontluikende liefde vir hom in die kiem smoor. . .

 

Lees ook liefdesverhale deur Vera Wolmarans

Lees ook liefdesromanse deur Lize Swart

 

 

paradys - leon van nierop

“Paradys”
boek geskryf deur Leon van Nierop

"īn Meesleurende sage. Die onlangse dood van haar ouers spook nog by Larissa Lategan. En al trap sy diep spore in die filmbedryf as draaiboekskrywer, bring dit nie ware vervulling nie. Miskien moet sy die plaas, Paradys, eerder verkoop. Maar daar is Herman om aan te dink. Hy met sy bos blonde hare en sy vierkantige skouers en sy sterk lyf en sy blou-blou oŽ. Herman wat besluit het om op die plaas agter te bly terwyl sy stad toe getrek het. Wanneer īn vreemde man egter een aand tydens īn storm op haar drempel beland, neem Larissa se lewe īn onverwagse wending. Want met sy eksotiese voorkoms en gespierde lyf maak die Justin emosies in haar wakker wat sy sukkel om te onderdruk.

 

adrenalien  -leon van nierop

Adrenalien
boek geskryf deur Leon van Nierop

Die asem is koud in sy nek. Gustaf Prinsloo sit regop. Hy wil omdraai, maar dis of iets hom keer. Alles is pikdonker. Die teater is dolleeg. Hy is stoksielalleen in hierdie kaserm toegesluit! Hy voel weer die koue asem in sy nek.

Angs en adrenalien... dis al wat die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed het... wat hom laat skryf het. Maar toe droog dit onverklaarbaar op en hy begin aan onttrekkingsimptome lei. ‘n Tragedie dwing hom tot eensame afsondering in ‘n huis in ‘n godverlate deel van die bosveld met net sy verbeelding en die beeldskone Astrid as geselskap. Dan gebeur die onverwagte; hy raak bewus van ‘n derde dimensie - en skielik is die angs terug en kan hy weer skryf. Maar hy kom agter dat hy met ‘n doel na die huis gestuur is, erger nog - dat hy onafskeidbaar deel is van die gruwels wat die huis se fondamente laat kraak het.

koop 'n boek 4

Bo

 

leonvannierop-diehuisin hertestraat

Die huis in Hertestraat- boek geskryf deur Leon van Nierop
was ook ‘n radiovervolgverhaal.

Wanneer Ilse Cilliers as eerstejaarstudent na Stellenbosch vertrek, sluit sy haar dagboek met: Alles is verby. Verby is die eindelose dae in die winkel saam met ‘n moeder wat elke beweging van haar dophou, omdat sy dan “anders” sou wees, iemand met onverklaarbare vrese.

Maar toe sy aanland in Charlotte Heyns se donker dubbelverdiepinghuis in die Laan, weet sy dat alles is niť verby nie. Nou is dit Charlotte wat beslag lÍ op haar - beklemmend, vreesaanjaend. Vir haar is sy nie Ilse nie, maar Linda, haar lieflingskind, Linda wat volgens die menigte foto’s orals in die huis net soos sy lyk, Linda was dood. Tot elke prys wil Charlotte Linda hierdie keer behou.

Gelukkig ontdel Ilse ook ‘n ander soort lewe - die van die mense van Hertestraat.

Deur die uitbundige rooikopbibliotekaresse Petro, alias Peet, ontmoet sy vir Tobie en sy gesin: die penkop Niklaas, die verstandelik vertraagde Lena, en sy simpatieke moeder Erika. In hulle huis word daar gelťťf, en ‘n verskoon-dat-ek-hier-is-mens soos Ilse kan by hulle ontdooi.

Maar dan vind Ilse uit dat Tobie met Linda getroud was, en dat Charlotte hom haat. Charlotte beskuldig hom daarvan dat hy eers haar kind van haar weggeneem en daarna na haar graf gestuur het. daarom verbied sy hom om naby die nuwe Linda te kom. En as Tobie nie na haar luister nie,sal sy weet hoe om hom te laat boet. Daar is genoeg in sy verlede wat sy teen hom kan gebruik.

Nou begin Ilse twyfel: Al sou Charlotte nie tussen hulle gestaan het nie, kan sy verseker wees van Tobie se liefde? Is sy Ilse of Linda vir hom?

 

leonvannierop-diemense van hertestraat

Die mense van Hertestraat- deur Leon van Nierop
vervolg op “Die huis in Hertestraat

 

Klik hier om meer te lees van Leon van Nierop

koop 'n boek 4

Bo

 

leonvannierop-goelfabriek

GoŽlfabriek
boek geskryf deur Leon van Nierop

“Wat presies beplan jy met my, Zander?

Toe hy praat, is sy stem so sag sy kan skaars hoor. “Jy gaan my die hoogste kykersyfers gee wat enige program nog ooit op televisie gehad het. Jy gaan my iets gee wat nog nie tevore op televisie was nie.”

“Soos wat, Zander”

Hy soen haar vir die eerste keer saggies op haar lippe. “Verras my more...”

 

koop 'n boek 4

LeonvanNierop-Laksman

Laksman
boek geskryf deur Leon van Nierop

Wiehan Cilliers is banger vir emosies as vir ‘n koeŽl. Sy loopbaan as sluipskutter het hom immers van vroeg af laat vriende maak met die dood. Tot op ‘n dag toe hy nie meer die sneller kon trek nie...

Charlize Human beskerm haar privaatheid tot elke prys, want sy is die land se bekendste radio- en televisiepersoonhikheid. En dan gebeur dit wat sy bo alles gevrees het: haar openbare beeld word haar grootste vyand.

‘n Mal bewonderaar voer sy obsessie met haar so ver dat Wiehan as haar lyfwag gehuur word. Teen wil en dank moet Charlize by die reŽling inval as sy besef dat haar lewe bedreig word.

Sy maak egter geen geheim daarvan nie dat die inbreuk op haar privaatheid haar tot in haar siel toe grief. Dit veroorsaak onmiddellik konflik tussen hulle - veral wanneer dit later in ‘n onweerstaanbare aantrekkingskrag verander. Want die kanse dat so ‘n verhouding kan werk, is onwaarskynlik. Sy is ‘n gesofistikeerde glansmeisie en hy ‘n swerwer wat sy rol as laksman begin bevraagteken.

En deurentyd moet albei rekening hou met sinistere magte agter die skerms wat die lyfwag en slagoffer enige oombllk rolle kan Iaat omruil.

Laksman handel ook oor die herinstelling van die doodstraf, die rol van sluipskutters as staatsregters waar die regering nie kan of wIl ingryp nie, en, soos in Leon van Nierop se vorige roman, Die Plesierengel, oor die rol van die media en sensasionele beriggewing in tragedies.

 

koop 'n boek 4

Bo

LeonvanNierop-Plesierengel

Die Plesierengel
boek geskryf deur Leon van Nierop

Hy was ‘n meester in die liefdeskuns. Soos die aartsengel Raphael oor verliefdes waak, het Tristan Hamilton oor die romantiek gewaak.

Want die een vrou wat hy liefgehad het, kon hy nie kry nie en hy het homself voorgeneem om haar te vergeet deur sy liefde te verkoop.

Vroue het hom aanbid, hom besing as ‘n engel van plesier, die minnaar van die eeu genoem... Hy was alles wat vroue in ‘n man wou hÍ en meer... baie, baie meer.

Wanneer die skandaal van een van die land se flambojantste ministers en haar verbintenis met die Plesierengel die media tref, besef sy suster Erika, dat sy haar broer nooit werklik geken het nie.

Met Tristan se kliŽnte as gidse ontdek Erika wat werklik in die skemerwÍreld van die oudste beroep op aarde gebeur. Dit word duidelik dat Tristan sy werk veel verder as plesier gevoer het en dat sy kliŽnte sorgvuldig deur hom uitgekies is. Dit verklaar waarskynlik waarom soveel mense nou na hom soek.

En sy besef: prostitusie gaan nie net om seks nie. Dis ‘n sielkundige spel waarvan die genot nie altyd in geld gemeet kan word nie. En dit is maar die eerste van ’n reeks skokke wat op haar wag.

 

 

leonvannierop-sielsmokkelaar rillers grillers

Die sielsmokkelaar
boek geskryf deur Leon van Nierop

Ramůn skommel die tarotkaarte en terwyl hy dit doen, voel dit of die kaarte lewend word. Hy vryf met sy duim oor die onderste kaart en dit voel of ‘n skerp speldjie in sy duim gedruk word. ‘n Druppel bloed val op die tafel . Hy ruk terug en draai die kaart om. Dis die doodskaart. Die sens van die man met die mantel het sy vinger geprik!

Ramůn Fraser was sy hele lewe lank gewoond om tussen die paradys en die hel blyplek te soek. Sy ma, half sigeuner, half Turk, vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is ‘n fortuinverteller, maar weier om sy toekoms te lees. Tot op daardie verskriklike dag toe die Mantelman hulle ingehaal het...

Ramůn moet weer vlug, maar hierdie keer beland hy in die paradys. Sommerso is die mooiste plaas in die Chrissiesmeer-distrik met sy wuiwende grasvelde, sy boesmangrotte en sy poue met angsgille wat die dood naderroep. Die poue met die sterte wat bestaan uit ‘n duisend oŽ wat na hom kyk. En iewers in daardie oŽ sien hy Die Wagter raak. Die Wagter wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opluit.

Hy wink Ramon om deel te word van sy duisend-jaar ryk van donkerte, moord en waansin. En so begin die stryd tussen die Mantelman en die seun wat boesmans die Sielsmokkelaar noem. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer. En wie se eie siel as losprys gebruik word om die Donker Ryk ‘n ewige vastrapplek op aarde te besorg.
 

koop 'n boek 4

Bo

 

Lees ook Boeke deur Pieter Pieterse

Lees ook radioverhale deur Mike Heine

Lees ook verhale deur Derick Jacobs

Lees ook speurverhale deur I.D. Lamprecht

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738