http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Leon van Nierop

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

 

“Prins van Harte” - Jacquline Brink (skuilnaam van Leon van Nierop)

Die sexy Esmarié Lategan, op 27 een van die gedugste televisie-aanbieders in die land, kry ’n opdrag om te gaan soek na die nuwe Suid-Afrikaanse man. Dié beeld van ’n man sal gebruik word om die nuwe beeld van hulle TV-stasie uit te dra. En toe sy Meneer Perfek op ’n Bolandse wynplaas ontmoet, besluit sy sy kán hom nie aan Hedwig uitlewer nie…

prins van harte

 

“Paradys” - Leon van Nierop

"´n Meesleurende sage. Die onlangse dood van haar ouers spook nog by Larissa Lategan. En al trap sy diep spore in die filmbedryf as draaiboekskrywer, bring dit nie ware vervulling nie. Miskien moet sy die plaas, Paradys, eerder verkoop. Maar daar is Herman om aan te dink. Hy met sy bos blonde hare en sy vierkantige skouers en sy sterk lyf en sy blou-blou oë. Herman wat besluit het om op die plaas agter te bly terwyl sy stad toe getrek het. Wanneer ´n vreemde man egter een aand tydens ´n storm op haar drempel beland, neem Larissa se lewe ´n onverwagse wending. Want met sy eksotiese voorkoms en gespierde lyf maak die Justin emosies in haar wakker wat sy sukkel om te onderdruk.

paradys - leon van nierop

 

Adrenalien - Leon van Nierop

Die asem is koud in sy nek. Gustaf Prinsloo sit regop. Hy wil omdraai, maar dis of iets hom keer. Alles is pikdonker. Die teater is dolleeg. Hy is stoksielalleen in hierdie kaserm toegesluit! Hy voel weer die koue asem in sy nek.

Angs en adrenalien... dis al wat die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed het... wat hom laat skryf het. Maar toe droog dit onverklaarbaar op en hy begin aan onttrekkingsimptome lei. ‘n Tragedie dwing hom tot eensame afsondering in ‘n huis in ‘n godverlate deel van die bosveld met net sy verbeelding en die beeldskone Astrid as geselskap. Dan gebeur die onverwagte; hy raak bewus van ‘n derde dimensie - en skielik is die angs terug en kan hy weer skryf. Maar hy kom agter dat hy met ‘n doel na die huis gestuur is, erger nog - hat hy onafskeidbaar deel is van die gruwels wat die huis se fondamente laat kraak het.

adrenalien  -leon van nierop