http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Leon van Nierop

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Leon van Nierop - gebore 1953. Leon van Nierop voltooi sy skoolloopbaan op Brakpan, waarna hy Stellenbosch Universiteit toe is om Tale en Drama (BA) te studeer. In 1975 begin hy as omroeper/regisseur by die SAUK te werk. Hy skryf verskeie trefferradioverhale, waaronder byna 9000 episodes van Wolwedans in die skemer, Herberg vir 'n vlugteling, Stralerjakkers en Die huis in Hertestraat. ‘n Veelsydige man is hy beslis en sedert 1984 skryf hy ook verskeie TV-dramas en TV-reekse soos Ballade vir 'n enkeling I and II, Villa Rosa, Wolwedans in die skemer, Huisjakker, Moord op die lug. 

Hy was ook behulpsaam met die verwerking, vir televisie, van: Het van Verlangekraal, Die Hartseerwals, Laat vrugte, Die sondaar en Uitdraai en Jantjie. Hy was ook die regiseur van Skoolplaasstories en verder was hy vir die eerste 2 jaar wat die uitgesaai was, verantwoordelik vir die teks van die immer gewilde sepie, Egoli (MNet). Hy was ook verantwoordelik vir meeste van die teks van die sepie - Glaskasteel- wat op SABC 2, uitgesaai was. Hy was ook betrokke by “De Kat” saam met onder andere NataniŽl

Verder doen hy rolprentresensies vir verskeie tydskrifte en koerante en is hoof van die Rolprentakademie by die TSHWANE UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE. Hier lei hy jong rolprentmakers op en het ook 'n program oor S.A. kortfilms op SKY TV se NSAT-kanaal in Europa aangebied. Hy bied ook werkswinkels aan oor die maak van films. As vryskut joernalis skryf hy rubrieke, reisartikels en tydskrifverhale. Hy het reeds meer as 18 romans gepubliseer. Sy nuutste roman, “Prins van harte” het hy onder die skuilnaam, Jacqueline Brink, uitgegee.

leon van nierop 4 

Hotel Shwalane - 1980
Die Huis van Hertestraat - 1981
Adrenalien -1995
Die Sielsmokkelaar - 1996
Laksman - 1998
Seeing Sense - 1998 
Seeing Sense: On Film Analysis - 2000
Skrikkelkind - Girly se storie - 2000
GoŽlfabriek, 2001
Kabaret : Girly Lubbe se Konstitusie Kwellings
Paradys - 2005
Movies Made Easy : A Practical Guide to Film Analysis- 2008

 

Klik hier vir ‘n lys van sy boeke

 

“Prins van Harte” - Jacqueline Brink (skuilnaam van Leon van Nierop)

Die sexy Esmariť Lategan, op 27 een van die gedugste televisie-aanbieders in die land, kry ’n opdrag om te gaan soek na die nuwe Suid-Afrikaanse man. Diť beeld van ’n man sal gebruik word om die nuwe beeld van hulle TV-stasie uit te dra. En toe sy Meneer Perfek op ’n Bolandse wynplaas ontmoet, besluit sy sy kŠn hom nie aan Hedwig uitlewer nie…

prins van harte

koop 'n boek 4

Bo.

 

“Paradys” - Leon van Nierop

"īn Meesleurende sage. Die onlangse dood van haar ouers spook nog by Larissa Lategan. En al trap sy diep spore in die filmbedryf as draaiboekskrywer, bring dit nie ware vervulling nie. Miskien moet sy die plaas, Paradys, eerder verkoop. Maar daar is Herman om aan te dink. Hy met sy bos blonde hare en sy vierkantige skouers en sy sterk lyf en sy blou-blou oŽ. Herman wat besluit het om op die plaas agter te bly terwyl sy stad toe getrek het. Wanneer īn vreemde man egter een aand tydens īn storm op haar drempel beland, neem Larissa se lewe īn onverwagse wending. Want met sy eksotiese voorkoms en gespierde lyf maak die Justin emosies in haar wakker wat sy sukkel om te onderdruk.

paradys - leon van nierop

 

Adrenalien - Leon van Nierop

Die asem is koud in sy nek. Gustaf Prinsloo sit regop. Hy wil omdraai, maar dis of iets hom keer. Alles is pikdonker. Die teater is dolleeg. Hy is stoksielalleen in hierdie kaserm toegesluit! Hy voel weer die koue asem in sy nek.

Angs en adrenalien... dis al wat die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed het... wat hom laat skryf het. Maar toe droog dit onverklaarbaar op en hy begin aan onttrekkingsimptome lei. ‘n Tragedie dwing hom tot eensame afsondering in ‘n huis in ‘n godverlate deel van die bosveld met net sy verbeelding en die beeldskone Astrid as geselskap. Dan gebeur die onverwagte; hy raak bewus van ‘n derde dimensie - en skielik is die angs terug en kan hy weer skryf. Maar hy kom agter dat hy met ‘n doel na die huis gestuur is, erger nog - hat hy onafskeidbaar deel is van die gruwels wat die huis se fondamente laat kraak het.

adrenalien  -leon van nierop

 

koop 'n boek 4

Bo