http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Kontak ons

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Kontak ons
                                       

Ons verwelkom besoekers. Dit is egter raadsaam om te bevestig of ons beskibaar is. Tel 012 345 4040 of 083 253 4932

e-pos : andre@springbokboeke.co.za

 

Let Wel:


Ons poog om enige navrae binne 48 uur te beantwoord; dus as u nie binne 7 dae 'n antwoord op u boodskap kry nie, moet u aanvaar dat u boodskap nie deur ons ontvang is nie. Ons versoek u hartlik om weer met ons in kontak te maak.

(2) As u ontevrede is met die toestand van `n boek, mag u dit aan my terugbesorg binne 7 dae van ontvangs. Slegs die koste van die boek sal aan u gekrediteer word. U is verantwoordelik vir die posgeld en verpakkingskoste. 

(3) Boeke in die katalogus is beskikbaar onderhewig aan die voorwaarde dat hulle nog nie verkoop is nie.

(4) Boeke bly die eiendom van Springbok Boeke totdat dit ten volle vereffen is.
5) Sodra u `n bestelling geplaas het, en bevestiging van Springbok Boeke ontvang het dat die bestelde boeke beskikbaar is, word van u verwag om die koop/verkoop-transaksie te eerbiedig, soos wat Springbok Boeke onderneem om die koop/verkoop-transaksie te eerbiedig, tensy onvoorsiene omstandighede u of Springbok Boeke redelikerwys verhinder om die koop/ verkoop-transaksie te eerbiedig.

(6) Bankbesonderhede sal aan u verskaf word sodat u `n elektroniese of internet-inbetaling kan doen of u kan per kredietkaart betaal. In laasgenoemde geval moet asseblief u 16 syfer kaartnommer, vervaldatum en CVV nommer (laaste 3 agterop)aan ons verskaf. BTW (indien van toepassing ) is ingesluit. dui ook aan indien u dit oor 6 ,12 , 24 of 36 maande wil afbetaal.

(7) Let daarop dat die prys per boek nie die posgeld en verpakking insluit nie. Alle tariewe op die webwerf kworeer is vir posstukke binne die Rep. van Suid-Afrika. Slegs die heersende postariewe EN verpakkingstariewe is van krag - geen ekstra posgeld word gevra nie. [Tariewe word elke jaar vanaf 1 April aangepas]

(8) Sodra u die betaling gemaak het, word die boeke per gewone pakketpos aan u gestuur. Slegs op aanvraag word boeke per versekerde pos gestuur. Laasgenoemde is uiteraard duurder as gewone pakketpos.

(9) Oorsese klante moet asseblief in gedagte hou dat bankkoste per transaksie betaalbaar is, wanneer van toepassing. U het ook die keuse of u van lugpos [duurder, maar vinniger] of van seepos [goedkoper, maar stadiger] gebruik wil maak.

(10) Springbok Boeke behou die reg om ter enige tyd enige prys, boek of promosie te staak of te verander, sonder verduideliking of vergoeding te bied aan enige persoon of party.

Die volgende afkortings word gebruik:
   s/o = stofomslag
   p. = pagina of bladsy
   aeb = agterste eindbladsy
   veb = voorste eindbladsy