http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Kobus snyman-lys van boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Kobus Snyman se boeke sluit in:

 

Klik hier om meer te lees van die “SEEHEKS-reeks”

 

kobussnyman-wraakoordiesee-seeheks

Seeheks: Wraak oor die see - geskryf deur Kobus Snyman - is deel van Klub Saffier en in 1982 die eerste keer uitgegee.

Jare lank reeds verkies die beeldskone Marise du Val die opwinding van ‘n seerowerbestaan bo die rustigheid van ‘n huwelik en ‘n man se liefde.

In haar omswerwinge ter see met ‘n ontsaglike fortuin in die ruime van Seeheks, het sy te kampe met die sluheid van markies Junot Faggot en kapteins Coligney en du Toit wat die skat vir hulself wil inpalm. Na ‘n seegeveg in Madagaskar word Marise so te s gedwing om saam met Lefras Courtelle na die Kaap die Goeie Hoop te vaar, met die verstandhouding dat sy daar in die huwelik sal tree en haar seerowersbestaan prys sal gee. in diem Kaap word sy egter onder Lefras se o ontvoer en beland sy in die wrede kloue van die geheimsinnige Bakkebaard. Daar is ook die skurk, Nicolas Lajard, wat sy vir dood in sy villa in Indi laat l het wat skielik weer op die toneel verskyn met wraakgedagtes van sy eie.

Sal Marise du Val ooit uit hierdie penarie kom? Selfs vir die onverskrokke meisie is daar die keer geen uitkomkans nie, wil dit voorkom. Of sal Lefras Courtelle, die enigste man wat nog ooit haar belangstelling gaand egemaak het tot haar redding kom? En indien hy daarin sou slaag: sal die ontembare Seeheks ooit aan sy dwingwende huwelikseis gehoor gee?

Naelbyt spanning, moord, swaardgevegte en listige intrige maak “Wraak oor die see” ‘n besonderse leeservaring.

 

koop 'n boek 4

 

Lees meer oor nog ou-Kaapse verhale

 

kobussnyman-armandfouchet

Armand Fouchet - geskryf deur Kobus Snyman

Dit is die jaar 1742 aan die Kaap die Goeie Hoop. Gedurende sy kort verblyf aan die Kaap, het Armand fouchet, the Marquis de Trinville homself reeds bewys as ‘n eerlike en hardwerkende aristokraat.

Ewe bekend in die Kaap was ook Simon la Mont; maar nie om dieselfde goeie hoedanighede as Armand Fouchet nie. Simon la Mont was ‘n gevreesde teenstander en ‘n vyand om mee rekening te hou.

Toe Armand Fouchet besluit om kragte te meet met Simon la Mont, was hy onbewus van die verreikende gevolge wat hierdie besluit van hom sou h. Maar Simon la Mont het nou lank genoeg haantjie gekraai, en Armand was des te meer vasberade toe hy van sy goeie vriend Pierre de Brie verneem van Simon se belangstelling in Pierre se suster, Louisa de Brie. Juis noudat Armand self bewus geword het van die jong Louisa se lieflike, ontluikende skoonheid.

Kobus Snyman voer die leser mee deur twaalf spanningsvolle jare. Jare van lding, van hoop en van wanhoop. Jare waarin die liefde van twee jongmense nie kon sterf nie, maar ook jare wat die haat in twee harte nie laat verflou het nie.

Hierdie jare was ook wrede jare - jare van die folterbank, die swaard, die kats en galeislaaf. Die skrywer laat hierdie veelbewo tyd van storms en drang so realisties herleef dat die leser onbewustelik meegevoer word om ook deel daarvan te word.

 

koop 'n boek 4

kobussnyman-geliefdeonderdie swaard

Geliefde onder die swaard - deur Kobus Snyman

Dit is Oktober 1685. Lodewyk die veertiende het die Edik van Nantes herroep. Teen die middag van dieselfde dag begin die soldate met hul moord- en rooftogte. Teen die aand, skuins na sononder, hang daar ‘n digte rookwolk bokant Parys en Fontainebleau. Oral brand huise en in die strate l dooies en verminktes. Die soldate ruik die Protestante uit en hulle ontsien niemand nie.

Tonette de Terentais is ‘n vurige kampvergter vir die Katolieke saak. Haar regering se stryd teen die volgelinge van Navarre, is ‘n persoonlike stryd. Sy is beelskoon en met haar raafswart hare en donker, amandelvormige o; die heldin van die dragonders, van Antoine de Ville en van kaptein Du Buys. Maar, met die invloed wat sy in hul kringe het, is sy so gevaarlik as wat sy mooi is.

Planne word in Louvre beraam - planne wat duisende mense hul lewens gaan kos; planne waarby Tonette, de Ville en Du Buys nou betrek is, en waarvan Pierre de Arnauld die spil is.

“Dit sal miskein nie maklik wees nie, Ekselensie” s Tonette “maar ek sal nie faal nie.” Louvois hou die toutjie in sy hand. Hy lig sy arm; sy vingers begin liggies speel.... en dan begin die poppe dans.

 

Lees meer oor nog ou-Kaapse verhale

kobussnyman-seeheks

Seeheks - geskryf deur Kobus Snyman (1978)

Kobus Snyman se Seeheks speel af teen die romantiese agtergrond van die Kaap in die agtiende eeu, toe seerowery nog hoogty gevier het, en galante edelmanne die lewens van hulle geliefdes met die swaard verdedig het.

Die skrywer slaag daarin om ‘n spanningsvolle verhaal te vertel, gelaai met intrige en romantiese karakters, wat nog lewensgetrou geskets is en ons ‘n kykyie gee in die lewenswyse van ‘n vergange tydperk in die ou-Kaap.

 

Lees meer oor nog ou-Kaapse verhale

 

koop 'n boek 4

 

Godin van die Boekaniers (1979),

Godin van die Boekaniers (1979), deel van die “SEEHEKS-reeks”

 

kobussnyman-sporevandie wolf

Spore van die Wolf - Kobus Snyman (1977) - klub707-reeks

“Ek is Alfonso. Baie noem my sommer net Wolf!. Vir die volgende paar dae gaan julle drie my gasvryheid geniet.” Hy grynslag en geel-bleek tande blink tussen die dik lippe. “Solank julle julle gedra, is daar niks om te vrees nie.”

“Dan is jy die sogenaamde Alfonso!”. s Diane sag. “Koos verwey het jou spel agtergekom toe hy jou trawante bo in die tante doodgeskiet het.”

“So het ek afgelei toe daar gisteraand geen kontak met hulle gemaak kon word nie. Daarom het ek my gehaas.”

“En wat gaan jy met ons maak?” vra David astrant?

“Jy, my vriend, gaan nuttig vir ons wees. Jy sal more jou eerste opdrag ontvang. Daarna gaan nog baie dinge gebeur.”

En is Spore van die Wolf gebeur daar voorwaar “baie “ dinge. Daar gebeur opwindende dinge, verskriklike dinge en romantiese dinge. Kobus Snyman is ‘n spanningsverhaalskrywer wat die kuns verstaan om die spanning in sy aangrypende verhale te span.

Spore van die Wolf is die dramatiese verhaal van Koos Verwey se volgehoue agtervolging van een van die mees gevreesde terroristeleiers in die land. Koos Verwey is ‘n man met ‘n wrok - ‘n wrok wat hom voortdryf op die Spore van die Wolf .

 

koop 'n boek 4

 

kobussnyman-Mademoiselle Madeleine

Mademoiselle Madeleine - geskryf deur Kobus Snyman

Mademoiselle Madeleine is ‘n jong belowende operasangeres van wie haar vader die Duke Au Roulett, en ook haar sangmeester die Marquise Egmont de Louvois, groot verwagtings koester.

Onbewus daarvan dat haar vader haar reeds as vrou aan Egmont de Louvois belowe het, kom Madeleine se aankondiging dat sy op ‘n vreemsdeling, Reubell la Fayette verlief is, as ‘n groot skok vir haar vader. Die skok is des te groter omdat Reubell la Fayette uit Oostenryk kom , en daar juis op daardie tydstip oorlog tussen Frankryk en Oostenryk heers, terwyl Napoleon reeds ‘n inval in Wenen beplan.

In die roes van haar nuutgevonde liefde, is Madeleine onbewus van die planne wat deur haar vader en die markies Egmont de Louvois saam gesmee word om La Fayette uit die weg te ruim - want Egmont is vasbeslote om nie alleen van Madeleine ‘n beroemde sangeres te maak nie, maar sou terselfdertyd ook sy vrou word.

Egmont de Louvois smoor dus die flou stemmetjie van sy gewete dood, toe die gekastyde liggaan van Reubell la Fayette later vanuit ‘n voortrammelende koets geslinger word, waar dit stil in die sneeu bly l. Selfs toe hy met Madeleine na Oostenryk vlug om nie aan die oorlog deel te h nie, probeer hy haar oortuig dat hy aldaar vir Napoleon tot groter hulp kan wees, terwyl sy terselfdertyd onder die grootste sangmeester aldaar kan studeer.

Egmont se planne was egter nie deeglik genoeg deurdink en beplan nie, want spoedig sou die naam Reubell la Fayette op elkeen se lippe wees, waar hy aan die hoof van ‘n Franse verkennerkorps verwoesting onder die vyand se geledere gesaai het.

Min het Madeleine egter gewis dat sy nie alleen op die verhoog ‘n belangrike rol sou moes vertolk nie, maar dat die vyand haar ook sou gebruik om die skrikbewind van haar beminde wat sy as dood gewaan het, die nek in te slaan.

Mademoiselle Madeleine is propvol spanning, ontberings in die ysvelde en op die oorlogsvelde , maar ook deurspek met die tere liefde van twee jongmense wat vele vyande moes oorwin.

 

kobussnyman-n Bruid vir die Markies kaapseverhale

‘n Bruid vir die Markies - deur Kobus Snyman

Dit was in,die voorjaar van 1750 dat die Markies Galton de la Valliere vir die tweede keer getrou het.

Vir sy vriende en ook vir sy enigste seun Raoul was dit ‘n skok, te meer omdat die middeijarige Markies se tweede vrou Javotte de Brienne slegs sewentien jaar oud was.

‘n Jaar na die huwelik word ‘n seuntjie, Raymond, gebore. En met die geboorte van hierdie tweede seun, het Galton de Ia Valliere se probleme ‘n aanvang geneem.

Streng volgens tradisie, sou Raoul de la Valliere as oudste seun van die Markies,die enigste erfgenaam van sy vader se skatte wees, en ook die voIgende Markies.

Maar Javotte het haar eie planne vir die toekoms van haar seun Raymond gehad. Sy sou geen steen onaangeroer Iaat om toe te sien dat Raymond die enigste erfgenaam van die De Ia Valliere skatte word nie.

Mettertyd oorreed sy dan ook die Markies om ‘n kodisil aan sy testament te voeg, waarvolgens Raoul slegs een kwartvan sy vader se boedel sou erf, indien hy nie trou voordat hy dertig jaar oud is nie.

En daar sou vele maniere maniere wees om te verhoed dat Raoul gou vir hom ‘n lewensmaat kies.

Toe hy dan ook vir die eerste keer ‘n jongmeisie na die Chateau bring, begin Javotte en Raymond met fynbeplande lis hul planne in werking stel stel om Raoul se vriendin ontslae te raak . . .

Die Markies ontdek egter sy vrou en haar seun se Iistige pianne, maar ook vir hom het dit noodlottige gevolge...

‘n Bruid vir die Markies is ‘n spanningvolle verhaal wat afspeel in die kleurvolle glorie-tydperk van Frankryk, en die vroe Kaap van die l6de eeu.

 

kobussnyman-Rebel uit die Witzenberge

Rebel uit die Witzenberge - boek deur Kobus Snyman

Arnoux Woudberg, held van hierdie avontuurryke verhaal uit die ou Kaapse dae, groei aan die oosgrens op in die waan dat hy die seun van ‘n Fransman is. Later ontdek by dat hy inderdaad die seun van ‘n Engelse lord is en dat die jongman, Marcel Graham, wat voorgee om hierdie lord se seun te wees, ‘n indringer is wat hom intussen saam met ‘n paar ewe slinkse belhamel-vriende selfs ingewurrn het tot vertrouelinge van die Kaapse goewerneur.

Marcel Graham is in werklikheid die seun van ‘n slaaf in die huishouding van lord Lee Graham en sy vrou, wat juis aan die hand van dieselfde slaaf gesterf het, sodat Marcel Graham aan die wreld voorgehou kan word as lord Lee se seun.

‘n Ander troue slaaf Andr Morat ontvlug egter met die lord se wettige seun, Arnoux, om te voorkom dat die Carrs, Marcel en pa, die baba ook vermoor. In die Kaap word Arnoux deur die grensboer, Anton Gevers en sy vrou as hul eie kind grootgemaak.

Terug in Europa vertel die slaaf Andr die hele konkelspul aan sir Glen Graham, ‘n neef van lord Lee, wat dan ook dadelik na die Kaap vertrek om die onreg te vergeld. Sir Glen word egter vermoor, maar nie voordat hy die ou Kaapse notaris, Rene du Toit in sy vertroue geneem het nie, en hom ook vertel dat by al sy besittings aan sy neef se wettige seun Arnoux nagelaat het.

Die poppe begin behoorlik dans veral toe Arnoux die notaris Du Toit se beeldskone dogter, Simone, ontmoet en hulle op mekaar verlief raak.

Toe Marcel Graham ontdek dat Arnoux op sy spoor is, ontvoer hy en sy trawante Simone se vader en word die ou man gemartel om te probeer uitvind waarom Arnoux Woudberg, die wilde grensboer dan sir Glen Graham se enigste erfgenaam Is.

Marcel se poging om Arnoux in ‘n lokval le lei, misluk en by ontvoer vir Simone ten einde Arnoux flnaal uit die weg te ruim.

Hierdie spanningsverhaal bereik sy hoogtepunt tydens ‘n oujaarsbal in die Kasteel waartydens Marcel en Arnoux in ‘n spannende swaardgeveg sake finaal beklink.