http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Klaas Steytler boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Klaas Steytler se lys van boeke sluit in:

  1. Die doodkis-spesjel - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  2. Die goue kalf - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  3. Die leeukuil - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  4. Die walvisman - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  5. Die wondere van Judias Iskariot - Boek geskryf deur Klaas Steytler volgens binneblad van “In die somer van ‘36”
  6. In die somer van ‘36 - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  7. Ons oorlog - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  8. Toe die wereld nog anders en ek nog jonk was - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  9. Zap Zap : in Seepunt gaan dit pienk en plesierig - Boek geskryf deur Klaas Steytler volgens binneblad van “In die somer van ‘36”

 

Klaas Steytler - toe ‘n joernalis - is in 1950 met Elsa Joubert getroud. Klaas Steyler, later ook ‘n uitgewer en ook skrywer, is in 1998 oorlede.

KLAAS STEYTLER in die somer van 36

In die somer van ‘36
Boek geskryf deur Klaas Steytler
In die somer van ‘36 was in 1990 op die kortlys van Antenne / De Kat se romanwedstryd

Die soel jong vrou uit die Boland steek argeloos ’n vuur aan wanneer sy in die somer van 1936 as ’t ware soos ’n godin uit die lae wolke op die afgele dorp K- in die Vrystaat neerdaal. Sy is anders: sterk blas, intelligent, heldersiende. En haas geen man kan sy hande van haar-afhou nie.

Op K- heers ’n selfvoldane orde van Kerk en Gereg, mans en vrouens, bodorp en onderdorp en swart buurt. Elkeen ken sy plek, want die rels is duidelik. Maar di smeulende vrou laat mense rels oortree en wanneer n skiet gee, sidder die geheel.

En hoe verontwaardig raak die waardiges nie wanneer hulle in die vere – of in blakende daglig – betrap word! Van seks word nie op K- gepraat nie, maar die geskarrel tussen swyg en doen raak l hewiger, soos ’n tergspel, tot die masker afgeruk word.

In die somer van ’36 is die Anglo-Boereoorlog nog in eie heugenis, terwyl die volgende oorlog reeds dreig. Magte van onder af voer op K- ’n stryd teen die orde van bo. En met sy aweregse kyk bring die skrywer skokkend herkenning en deernis en ’n vereenselwigende lag.

Klaas Steytler ken sy mense deur en deur, hy klee hul mites in vlees en bloed en laat hulle kaalvoet in die Vrystaat dans vir iedereen om te eien. Sy fyn insig en waarneming en sy kenmerkend sardoniese humor maak van In die somer van ’36 een van die onthullendste, genietbaarste romans in Afrikaans.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
(maak gebruik van die “SEARCH” funksie)

 

KLAAS STEYTLER die goue kalf

Die goue kalf
Boek geskryf deur Klaas Steytler

Di boek gaan oor:

DIE PREMIER van die Wes-Kaap, Sy Ed. Paul Dawonder, wat deur die draad eet en toe ’n doring in sy kies kry.

’n MOOI JONG ding wat onweerstaanbaarhede aan die Premier se kant van die draad sien en begin droogmaak.

’n VERMAERDE oujongnooi op die dro veld wat die groene grasse anderkant die draad sien en insgelyks blaps.

’n VERMAARDE oujongnooi, ook van Hopefield, wat op die draad sit en die volk wil red.

KOOS VAN DER MERWE, die Premier se segsman en soms sy seksman, wat alkant van die draad akrobaties te kere gaan om al die balle tegelyk te speel.

ENE SOUTIE, verlief op ’n kalf, wat soos ’n kwelgees alkant van die draad vuur stook om sy kalf te red van ’n lot erger as die dood.

EN NOG ander waarskynlike karakters.

’n BOEK vol satiriese humor oor ons renboogvolk se politiek, korrupsie en sedes – maar bowenal oor seks en liefde en die liefde se spulletjies.

KLAAS STEYTLER die doodkis-spesjel

Die doodkis-spesjel
Boek geskryf deur Klaas Steytler
Uitgegee deur Juventus, 1982

“Wat moet ’n mens verkoop wat almal wil h?” het Gertjie se pa eendag gevra. En daarmee het alles begin, want dit was die dag toe die slang in hulle tuin van Eden kom nes maak het.

Vir sy pa het dit gegaan om geld, maar in Gertjie se hart was daar ’n ander begeerte – ’n verskriklike begeerte wat nie hardop genoem mag word nie. En een malse dag, na die groot ren, het Gertjie na die slang geluister en toegegee. Hy het die verskriklike ding gedoen. Lewies het meegedoen, maar dit was Gertjie wat die grt sonde gepleeg het.

En toe die dag van afrekening kom, was dit Lewies wat verwyt: “Dis jou skuld.”

“Is nie. Ek het jou ges Pa gaan ons foeter!”

Gertjie se woorde was profeties.

“Buk,” s pa. “Lewies eerste.”

En later. “Toe, Gertjie, buk en vat.”

Dit was die begin van die smarte.

Dit was die donker, wilde dae.

Dit was ook die dae van selfondersoek.

Dit was die dae van die groot afskeid en dit was die dag van die groot ontdekking.

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
(maak gebruik van die “SEARCH” funksie)

 

KLAAS STEYTLER toe die wereld nog anders en ek nog jonk was

Toe die wereld nog anders en ek nog jonk was
Boek geskryf deur Klaas Steytler
‘n gewysigde en uitgebreide uitgawe van boek wat vroer uitgegee was.
Uitgegee deur Quellerie - vantevore uitgegee deur juventis as Die doodskis-spesjel

In Toe die wreld nog anders en ek nog jonk was is Klaas Steytler terug daar ver en diep in die Vrystaat; dit is 1933, en ons woon saam met die De Langes op ‘n dorp amper soos K-, die plek waar sy vorige roman, In die somer van ‘36, hom afspeel.
 Dit was die beste tye waaraan ‘n mens kon dink; dit was die slegste tye wat ‘n mens kon ervaar — daardie jare van geweldige droogte, skurwe armoede en moeilikhede soms so groot soos berge.
 Jan de Lange is die dorp se afslaer en om te bestaan, probeer hy geld maak uit die dood: hy verkoop kiste. Sy seun Gertjie sien alles — dood en lewe — en vertel:
 van ‘n doodkis wat ‘n skip word, of ‘n kerk waarin kinders trou terwyl oorlede oom Fanie Ackerman in die takke van die peerboom sit om te kyk alles loop reg, of van Bettie wat die engeltjie sien toe sy in die kis opgehys word.

 Steytler se mense is s naby jy kan byna aan hulle raak. En hoewel alles met die tyd saam verander en tog dieselfde bly, besef jy hierdie karakters loop groter en hor deur hulle wreld as nou. Daarby luister jy na baie stories, soms diep, dikwels snaaks, terwyl die kluite klap en die kinders lag.

 Dit is Steytler op sy beste; dit is almal se leesstof.

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
(maak gebruik van die “SEARCH” funksie)

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
(maak gebruik van die “SEARCH” funksie)

 

KLAAS STEYTLER die leeukuil

Die leeukuil
Boek geskryf deur Klaas Steytler

Sakkie Morgan kom n ses jaar in die tronk met ’n geskenk by die huis van sy voormalige vrou aan in die hoop dat hy dalk ’n glimp van sy seun, Danil, op sy dertiende verjaarsdag sal kan kry. Deur ’n sameloop van omstandighede kry hy dit reg om sy seun saam met hom te neem “om die hele aand lank paartie te hou”.

Terwyl Sakkie en Danil wie weet waar in Johannesburg ronddwaal en daar ’n al hegter band tussen hulle begin ontwikkel, word daar wanhopig na hulle gesoek, want Danil ly aan epilepsie en het nie die pille gedrink wat ’n moontlik noodlottige aanval sal afweer nie…

Wat daardie nag gebeur, verander die lewe van elkeen wat nou daarby betrokke raak. Dit word ’n katarsisnag, ’n skroeiende belewenis wat die betrokkenes met nuwe o na di rondom hulle en ook hulself, laat kyk. In die krisis word alle pretensie gestroop totdat elkeen in die skerp lig van die waarheid staan, asof nakend voor die o van die ander. En wat sommige in hulself raaksien, is vir hull ’n nog groter skok as dt wat hulle in ander sien.

Die leeukuil is ’n meesterlik verweefde mengsel van spanning en menslike insig, ’n intense, maar tog nugtere verslag wat die leser emosioneel uitgeput laat wanneer hy die boek uiteindelik neersit. Die karakters kry ’n eie lewe deur die deernisvolle en simpatieke hantering van die skrywer, die situasies skryn deur die ironie daarvan, die gebeure stuur onvermydelik op die finale botsing af – daar word deurgesny tot op die been.

Die leeukuil is ’n totaal bevredigende leeservaring. Dit is ’n boek wat niemand behoort mis te loop nie.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
(maak gebruik van die “SEARCH” funksie)

 

 

Boeke gelys volgens jaar van uitgawe:

  1. 1982 - Die doodkis-spesjel - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  2. 1982 - Die leeukuil - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  3. 1986 - Die walvisman - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  4. 1991 - In die somer van ‘36 - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  5. 1993 - Toe die wereld nog anders en ek nog jonk was - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  6. 1995 - Die goue kalf - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  7. 1999 - Ons oorlog - Boek geskryf deur Klaas Steytler - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  8. Die wondere van Judias Iskariot - Boek geskryf deur Klaas Steytler
  9. Zap Zap : in Seepunt gaan dit pienk en plesierig - Boek geskryf deur Klaas Steytler

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
(maak gebruik van die “SEARCH” funksie)

Bestel boeke aanlyn by www.lizmarboeke.co.za
(maak gebruik van die “SEARCH” funksie)