http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Kennis van die aand

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Die eerste boek in Afrikaans wat verbied was...

Kennis van die aand (geskryf deur André P. Brink) is seker een van die mees omstrede boeke wat nog in Afrikaans verskyn het.

Toe die boek aanvanklik in 1973 gepubliseer is, het dit die eerste Afrikaanse boek geword wat deur die destydse Publikasieraad verbied is. Die oorspronklike uitgewer het na die Hooggeregshof geappelleer, ‘n prosedure wat op daardie stadium nog moontlik was. In die daarop volgende jaar, 1974, het ‘n volle bank van die Kaapse hooggeregshof die Publikasieraad se verbod bekragtig.

Vir die Afrikaanse skrywerskorps het “Kennis van die aand” simbolies geword van die stryd teen sensuur. Omdat “Kennis van die aand” verbied is, is die Engelse vertaling daarvan, “Looking on darkness, ook verbied. In 1980 het die Engelse uitgewers die boek opnuut voorgelê vir oorweging en het die Appélraad oor Publikasies bevind dat dit inderdaat ongewens is.

In 1981 het Human & Rousseau besluit om, in die lig van sy suksesvolle appél teen die hernieude verbod op “Magersfontein o Magersfontein!” deur Ettiene Leroux, met Kennis van die Aand na die Appélraad gegaan. Op 8 en 9 Februarie van 1982 word die uitgewers se vertoë gelewer. Die vertoë is gelewer deur adv. Anton Mostert S.C. asook adv Leon Kuschke. Op 16 April 1982 het die Appélraad met ‘n meerderheidsbeslissing uitspraak gelewer. die uitspraak deur die Appélraad was dat die boek, “Kennis van die aand” , nie ongewens is nie opvoorwaarde dat dit alleen in hardeband uitgegee word. “n Verdere voorwaarde was dat dit nie aan persone jonger as 18 jaar verkoop mag word nie.

Kennis van die aand

Kennis van die aand - koop die boek

andre p brink

foto: André P. Brink

Tuis 2