http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Johan Vorster boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Johan Vorster se lys van boeke sluit in:

  1. Die man van nÍrens - Boek geskryf deur Johan Vorster
  2. Dokter Maureen - Boek geskryf deur Johan Vorster
  3. Geleende skoene - Boek geskryf deur Johan Vorster
  4. Goud en vonkelwyn - Boek geskryf deur Johan Vorster
  5. Lied in mineur - Boek geskryf deur Johan Vorster
  6. Minnares in mosaiek - Boek geskryf deur Johan Vorster
  7. Reis na die verdwaaldes - Boek geskryf deur Johan Vorster
  8. Voor die reŽn kom - Boek geskryf deur Johan Vorster
  9. JOHAN VORSTER dokter maureen

Dokter Maureen
Boek geskryf deur Johan Vorster

Die man op die kamervloer se wond bloei vinnig. Dis nog net ’n kwessie van tyd dan sal die dood hom inhaal. Die dood of die polisie.

Dis Peter Brooks, ontsnapte politieke vlugteling, wat raak geskiet is toe hy ’n polisiebevel verontagsaam het. En hy het na haar, Anmar Retief, toe gevlug om hulp. Sy moet hom aan die lewe hou en hom oor die grens van Botswana help.

Hy was vroeŽr haar man – voor sy geweet het wat sy politieke aktiwiteite behels. Sy het van hom geskei en hom verwerp, maar toe hy haar gister bel, het hy gedreig dat as sy hom nie help nie, hy haar ouers wat met vakansie is, sal laat verongeluk. Sy Kommunistiese organisasie sal dit doen.

Anmar weet sy sal weer medisyne moet steel. Morfien en petidien en verbande. Maar wat sal gebeur as dr. Maureen Taylor en matrone Basson haar betrap? Kan dr. Paul Immelman, dr. Maureen se verloofde by dieselfde hospitaal, haar weer red?

Sy weet dr. Maureen soek haar bloed.

Maar wat sy nie weet nie, is dat dr. Maureen ook weet wie Peter Brooks is. Dat daardie naam haar hart nog altyd vinniger laat klop. Iets uit die verlede seker…

En dr. Paul? Hy wat na haar begin kyk met iets anders in sy oŽ as bewondering vir haar hoedanighede as goeie verpleegster. As sy Brooks help, kan sy tronk toe gestuur word… en dalk vir Paul verloor. Dan sit dr. Maureen met die man wat sy begeer…

Bestel boeke by www.lizmarboeke.co.za

 

JOHAN VORSTER geleende skoene

Geleende skoene
Boek geskryf deur Johan Vorster

Deur ’n gelukskoot van die noodlot word Esme du Randt, ’n heeltemal onbekende mode-ontwerpster, voor die grootste uitdaging van haar loopbaan geplaas… en sy beland in ’n siedende maalstroom van intriges, skinderveldtogte en slinkse stappe wat teen haar persoonlik gemik word.

Die alles gebeur na die dood van die beroemde Cecile Naudť. Van al die mode-ontwerpsters in die land was Cecile Naudť die grootste. So ook was haar salon, die eksklusiewe Cecile-modehuis, die onweerstaanbaarste magneet vir die moedebewuste vroue onder die hoŽlui.

Na haar onverwagte doodsit Cecile se man, die aantreklike, weerbarstige Hugo Naudť indie middel van die wÍreld. Hy moet dringend iemand kry wat knap genoeg is om die ontslape Cecile se plek in te neem sodat die modehuis kan voortbestaan en voortgaan om groot winste af te werp.

Want Hugo, wat inderdaad onkant gevang is met die ontydige dood van sy suksesvolle vrou, het die winste van die salon dringend nodig. Hy is besig om ’n duur rolprent te maak en kan dit nie volhou sonder verdere geld uit die modehuis nie.

Die eens beroemde mantel van die grootste Cecile van op die skouers van die onbekende Esme du Randt. Sy aanvaar die pos as hoofontwerpster van die Cecile-modehuis vol idealisme en geesdrif… maar sy weet nie wat alles op haar wag nie.

Reg van die begin af word struikelblokke in haar weggelÍ deur die jaloesie en twis wat onder die modehuis se personeel ontvlam. Te midde van dit alles begin die weerbarstige Hugo Naudť ’n al te geheimsinnige rol in haar lewe speel.

En op die mees kritieke oomblik van haar loopbaan ontwikkel daar skielik ’n familieskandaal en Esme se lewe word nie net bedreig om haar eie toekoms te vernietig nie maar ook diť van die hele modehuis en al Hugo Naudť se toekomsplanne.

 

JOHAN VORSTER goud en vonkelwyn

Goud en vonkelwyn
Boek geskryf deur Johan Vorster

Hier is ’n boek wat u nie maklik gaan neersit nie. Want die verbete stryd wat Rudolf Gericke teen ’n hele dorp voer – en teen ’n meisie wat nie laat blyk aan wie se kant sy veg nie – is meer as net ’n spanningsverhaal.

Tegelyk is die stryd op hierdie dorpie – waar ’n goudmyn sy magnetiese houvas op sekere stadsraadslede kry – ’n stryd om die vryheid van die pers… Rudolf Gericke, die nuwe redakteur wat die dorp se koerant vir die waarheid wil inspan versus Gert Bruyns en die stadsraadslede wat glo dat die blad hul eie selfsugtige belange moet dien.

Terwyl aantreklike Myra Hanekom haar geheimsinnige rol speel, word die net al nouer om Gericke gespan… vriende, familielede, trouens die hele dorp, kom in opstand teen hom. Hy veg eindelik nie net vir die behoud van sy nuut gevonde liefde nie – maar ook om die behoud van sy selfrespek as koerantman.

Bestel boeke by www.lizmarboeke.co.za

Bestel boeke by www.lizmarboeke.co.za

JOHAN VORSTER minnares in mosaiek

Minnares in mosaiek
Boek geskryf deur Johan Vorster

Monica de Wet-Brink word gekies as een van die groep vooraanstaande kunstenaars wat sal meewerk aan die befaamde Basson-sentrum, die grootste geboukompleks wat nog ooit in Suid-Afrika verrys het. Sy ontvang ’n uitnodiging om saam met die ander kunstenaars ’n partytjie aan die huis van miljoenÍr Hartman Basson by te woon.

Tant Rykie, by wie Monica sedert haar egskeiding van Markus Brink ingewoon het, het haar bedenkings oor diť uitnodiging. Hartman Basson het die reputasie dat hy vroue verbruik soos sigarette en dat hy niks sonder ’n motief doen nie. Wat skuil agter sy keuse van Monica as een van die kunstenaars wat sy droomgebou moet versier en agter die uitnodiging? Monica lag hierdie bedenkings eenvoudig weg.

Maar tant Rykie se bedenkings is nie ongegrond nie. Hartman Basson is inderdaad meer in Monica die vrou as in Monica die kunstenares geÔnteresseerd. Wat Monica ook nie weet nie, is dat haar gewese man, Markus Brink, die een persoon is wat hardkoppig tussen Basson en die verwesenliking van die Basson-sentrum staan. Hierdie jong, opkomende sakeman wat nog altyd iewers ’n plekkie in Monica se hart vul, sal vernietig moet word voordat Hartman Basson sy ideaal in werklikheid kan omskep.

 

JOHAN VORSTER voor die reen kom

Voor die reŽn kom
Boek geskryf deur Johan Vorster

 

Bestel boeke by www.lizmarboeke.co.za

Boeke in jaar van uitgawe:

  1. 1961 - Die man van nÍrens - Boek geskryf deur Johan Vorster
  2. 1962 - Voor die reŽn kom - Boek geskryf deur Johan Vorster
  3. 1964 - Goud en vonkelwyn - Boek geskryf deur Johan Vorster
  4. 1966 - Minnares in mosaiek - Boek geskryf deur Johan Vorster
  5. 1966 - Lied in mineur - Boek geskryf deur Johan Vorster
  6. 1967 - Dokter Maureen - Boek geskryf deur Johan Vorster
  7. 1968 - Reis na die verdwaaldes - Boek geskryf deur Johan Vorster
  8. 1969 - Geleende skoene  - Boek geskryf deur Johan Vorster

 

Bestel boeke by www.lizmarboeke.co.za

Bestel boeke by www.lizmarboeke.co.za