http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Jeanette Ferreira

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Jeanette Ferreira is gebore op 20 April 1954 en word groot op die familieplaas Deerpark, naby Tzaneen in die Laeveld. Sy voltooi haar skoolloopbaan aan die HoŽr Landbouskool Merensky en verwerf later die grade B.Hons en M.A. aan die Universiteit van Pretoria, en die Doktorsgraad (Ph.D.) aan Rhodes Universiteit. Sy doseer Afrikaanse letterkunde aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en word in 1993 tot professor bevorder. In die jare 1988 en 1989 is sy voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde. Sy was vir 15 jaar redakteur en uitgeweryhoof aan verskillende uitgewerye.

Sy publiseer 16 boeke in verskillende genres. Origens maak sy sowat 70 bydraes tot tydskrifte; en resensies in ’n verskeidenheid vak- en populÍre tydskrifte. Haar vroeŽre kreatiewe werk het ’n sterk politieke inslag en sentreer om die demokratiseringsproses in Suid-Afrika, maar haar latere werk konsentreer op die groter mensliker vraagstuk van oorlog, in die besonder die drie romans wat oor die Anglo-Boereoorlog handel, Babette, Catharina en Charlotta. Die Universiteit van Johannesburg het in Julie 1999 Babette as ’n Engelse musiekspel aangebied met ’n speelvak van twee weke. Haar nuutste roman, Die son kom aan die seekant op, het in 2007 verskyn en handel oor Louis Tregardt se trek.

Dr. Ferreira is tans ’n vryskutredakteur en gee skryfkursusse. Sy en haar twee worshonde, Jorik en Liesabetjie Ferreira, woon in Pretoria.

 

Jeanette Ferreira skrywer

‘n Foto van skrywer Jeanette Ferreira deur Bonny Tubbs (Martin Gibbs studio)

 

Kliek hier vir ‘n lys van haar boeke

 

Jeanette Ferreira skrywer2

‘n Foto van skryfster Jeanette Ferreira deur Abrie Swiegers

 

Kliek hier vir ‘n lys van haar boeke

 

Bo