http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Jasper m Cloete

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Jasper M Cloete het verskeie boeke geskryf waaronder die Noot Retief- reeks. Noot Retief is speurder, Noord-Transvaal rugbyspeler en opname-adviseur. Hier volg ‘n lys van boeke deur Jasper M Cloete wat verskeie van die “Held” Noot Retief insluit:

  1. Begeerlike mannehater - geskryf deur Jasper M Cloete
  2. Die kitaar-komplot - geskryf deur Jasper M Cloete
  3. Die rolprent is ‘n riller, (Klub 707) - geskryf deur Jasper M Cloete ‘n Noot Retief-spanningsverhaal
  4. Die kaarte voorspel moord, - geskryf deur Jasper M Cloete
  5. Die Blou Bul-Eskapade, (Klub 707) - geskryf deur Jasper M Cloete ‘n Noot Retief-spanningsverhaal
  6. Een lyk te min - geskryf deur Jasper M Cloete
  7. Een vermiste hippie - geskryf deur Jasper M Cloete
  8. Een musikant minder, (Klub 707) - geskryf deur Jasper M Cloete ‘n Noot Retief-spanningsverhaal
  9. Monsieur swartskaap - ‘n ou Kaapseverhaal deur Jasper M Cloete
  10. Of is dit moord? - geskryf deur Jasper M Cloete
  11. Ons mense slaap nie, geskryf deur Jasper M Cloete
  12. Swierige vreemdeling - ‘n ou Kaapseverhaal - geskryf deur Jasper M Cloete
  13. Sy naam is Seekat - geskryf deur Jasper M Cloete
  14. Waar lewende dooies loop, (Klub 707) - geskryf deur Jasper M Cloete - ‘n Noot Retief-verhaal

koop 'n boek 4

 

Jasperm Cloete-Die Blou bul-eskapade Noot Retief speurverhaal klub 707

Die Blou bul-eskapade
‘n Noot Retief-spanningsverhaal
boek geskryf deur Jasper M Cloete
deel van die Klub 707 reeks

Die Blou Bul is siek, gewond tot in sy hoofkwartier, en dit was ‘n dik pil vir oom Losper Malherbe om te sluk. En die prof, grootbaas van Noord-Transvaal se geluk, maar tans van die Blou Bul se pyn, was dit met hom eens daar in die buik van Loftus. Die Blou Bulle het hulle te lank oorvreet aan die beker en ander manne sleg honger gemáak.

Hulle is lankal nie meer die taaiste nie. Dus moet hulle berg uit om fiks te word. En nie die ou pieperige koppietjie daar agter die Polisiekollege nie. Die slag is dit berg Mlanje daar in Malawi, drie keer so hoog soos Tafelberg!

So kom dit toe dat Noot, Gellie, Ray Breker, Broekies, Piet Voetjies. . . die hele boksemdais saam met oom Losper afsit na sy plaas in Malawi, wat sy beeldskone dogter Tessa glo vir hom help bestuur.

Fiks het hulle toe geword. . . daar teen die hange van die einste berg Mlanje, maar nie saam met hul afrigter nie. As ‘n man ‘n terroris nie kan laagvat nie, dan lê jy die rieme neer. Want wie wil nou met AK 47’s stry?

Die Blou Bu/-Eskapade is ‘n splinternuwe Noot Retief-spanningsverhaal vir al die manne war so lekker rugby en politiek raas ...

 

Jasperm Cloete-Een misukant minder Noot Retief speurverhaal klub 707

Een musikant minder
1976 uitgegee as deel van Klub 707
‘n Noot Retief-spanningsverhaal
boek geskryf deur Jasper M Cloete

Sy weeg ten minste negentig kilogram. Nogal nie lelik nie, maar daardie voorarms! Dit sal vreeslik wees om langs haar te staan as sy skielik besluit om om te draai, veral op die vyftiende verdieping van Zethushof, my baksteenpaleis.

Koekoes de Beer snuif luid. ‘Hy hy is twee weke gelede ver.. . vermoor, meneer Retief. Ek sal enigiets betaal — André se moordenaar moet boet. Hy was so onskuldige mens, so ‘n goeie mens.” Sy begin weer snik.

Die manne van Hospitaalheuwel glo dat dit China Nel is wat Koekoes se broer so gruwelik vermoor het. Noot Retief glo dat China onskubdig is. Maar . . as China nie die moordenaar is nie, kan die skuldige één van baie mense wees: Donny Jones, Freddie Sacks, Okkie die Tokkelokkie, Griselda. Yster Malan, Zip de Lange, Cindy Nash . . . en Noot vind dit geen geringe taak om die verdagtes uit te dun nie.

Intussen raak die grote Koekoes al hoe ongeduldiger, die moordenaar al hoe kriewelriger, Noot al hoe dieper betrokke en kaptein Derm de Villiers al hoe vanglustiger. En die liefde wat die grote Koekoes vir die kleine Angelina ontwikkel het, vergemaklik nie Noot se taak om laasgenoemde op te spoor ná haar ontvoering nie.

In hierdie verhaal kan die leser saam met Noot Retief kopkrap, sommetjies maak en . . die antwoord vind.

 

koop 'n boek 4

Bo

Jasperm Cloete-Waar lewende dooies loop Noot Retief speurverhaal klub 707

Waar lewende dooies loop
1979 uitgegee as deel van Klub 707 reeks
‘n Noot Retief-spanningsverhaal
boek geskryf deur Jasper M Cloete

Noot knik sy kop. Dit was ‘n krokodil! Hy is vasgekeer! Stadig dring die werklikheid tot hom deur. Wat nou? Hier sit, hy in ‘n boom in die middel van ‘n pan vol water. Onder die boom kring die krokodil dronkgeslaan rond. Hy wag dat sy happie kos grond toe val!

Bo in die boom besluit Noot Retief, daardie skitterende flank van Noord-Transvaal, dat hy oor sy ergste skrik is. Hy besluit dat dit tyd geword het om uit die boom te kom sodat hy na Ansie en tant Queenie en Girlie kan gaan soek. Maar hy het ‘n paar probleme.

Hy weet dat in die water onder die boom iets met vreeslike tande is. Dit beboort ‘n logiese afleiding te wees dat dit dalk ‘n krokodil kan wees. Maar hy het ook gesien hoe hardloop die plaaslike bevolking nou die aand toe hulle die woord Damballe hoor. Hy is op ‘n eiland waar daar Zombies rondloop. Hy hoop dat dit net ‘n krokodil is.

Noot Retief word na die Malgassiese Republiek ontbied om ‘n beeldskone blondine te red uit die hande van die invloedryke baron Diable, wat die plaaslike bevolking terroriseer.

Die onverskrokke Noot, het egter nie rekening gehou met swart magte en lewende dooies wat net hulle Ieier gehoorsaam nie ...

En dan verdwyn oom Wessie, en Ansie en uiteindelik tant Queenie ook...

Jasper M Cloete vertel hier ‘n verhaal vol spanning en opwinding van vreemde magte op ‘n eiland waar die bygelowige inboorlinge deur ‘n bose man gebruik word vir sy eie twyfelagtige planne. Die verhaal word vertel op die skrywer se unieke styl en in vinnige tempo wat nie vir ‘n oomblik verslap nie.

Jasperm Cloete-Diekaartevoorspel moord Noot Retief speurverhaal klub 707

Die kaarte voorspel moord
1982 uitgegee deur Daan Retief uitgewers
boek geskryf deur Jasper M Cloete

Attie en Marta begin ‘n bou-onderneming in Mosselbaai. Hulle raak deurmekaar met die bedrieglike Bertie de Richter, wat hul lewens later totaal beheer.

Attie verdwyn geheimsinnig, blykbaar in Zimbabwe. Op sy ma se aanvraag besluit Koekoes, ‘n fisioterapeut, om ondersoek in te stel. Haar verhouding met sersant Koos, dra by tot die sukses daarvan. Net jammer dat Koos so lomp is met sy liefdesoortuigings en dat Koekoes so hardkoppig is ...

koop 'n boek 4

Bo

Jasperm Cloete-Die rolprent is n rillerNoot Retief speurverhaal klub 707

Die rolprent is ‘n Riller
1972 uitgegee as deel van Klub 707 reeks
‘n Noot Retief-spanningsverhaal
boek geskryf deur Jasper M Cloete

Haastig toets ek die kattebak van die motor. Dit is nie gesluit nie. Ek maak dit oop, en is halfpad in die kattebak voordat ek Shirley sien. Sy lê met starende oë na my en kyk. Dooie, starende oë. Dof glim haar tande in haar gapende mond in die donker. Die drie mans kom geselsend nader.

Ek kners op my tande en glip die kattebak in. Dit voel asof ‘n spul vlooie op my kop rondhardloop. My tande bly pal op mekaar geklem, want ek sit-lê bo-oor oorlede Shirley.

‘n Paar sekondes verstryk, dan wieg die motor soos die drie mans inklim. Die enjin word aangeskakel en ons begin beweeg. Goeie genade! Wat de joos is aan die gang? Moord. Ek het op moord afgekom. Die tweede moord in twee dae.

Skielik kan ek weer nugter dink. Ek was van plan om . . . As Shirley nou kreun, hardloop ek anderkant toe — sommer so in die ry sal ek afklim. Dooies sug partykeer — regtig. Dit gebeur. Dit moet net nie nou gebeur nie. Ek loer oor my skouer die donker kattebak in, en hoop Shirley bly rustig.

Ek was van plan om ongesiens saam te ry. Dis wat my hinder. Ek sal nie ongesiens saam kan ry nie — eintlik stilhou nie. Die spul in die motor het ‘n pakkie hier agter saam met my. En wanneer hule dit kom haal, gaan hulle my hier vind. lnstinkmatig tik ek my linkerbors, net om seker te maak dat die 0,38 nog daar slaap.
 

‘n Oomblik probeer ek my die drie in die motor se gesigte indink as hulle die kattebak sou oopmaak en ek skreeu “Sa! “

Kosie, hulle sal dalk verlam word vir die res van hulle lewens. Maar as een van hulle ‘n rewolwer in sy hand het wanneer dit met hulle gebeur, besluit die vent dalk — nie dalk nie, vir seker — om dit wat dood was en so skielik weer wil verrys, dood te kiap en te skiet. En die verrysende een sal ek moet wees, want my maat hier onder my stel nie in my probleme belang nie.

Nee, dit sal nie deug nie.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Die Kaarte Voorspel Moord  Die Rolprent is n Riller   Een Musikant Minder

 

 

Lees ook van ander speurverhale soos die Klub 707 reeks

Lees ook privaatspeurder Hugo Storm se verhale deur I.D. Lamprecht

Lees ook van dr Skip Wessels se verhale deur I.D. Lamprecht

Lees ook die Rooi masker-reeks

Lees ook speurverhale deur Ena Murray

Lees ook speur- en avontuurverhale deur Len Anthony / Derick Jacobs

Lees ook die Frans Lindenhof - speurreeks deur Karl Kielblock

Tuis 2

Monsieur Swartskaap

Monsieur swartskaap - ‘n ou Kaapseverhaal
deur Jasper M Cloete

Jean de Ia Fontaine is die slagoffer van die vete van sy vader se bure, die Vexins, as hy vir sy lewe moet vlug. Hv is rnaar veertien. Hy word natroos en besoek so die Kaap die Goeie Hoop waar by hom vestig as Jean Fourie.
Jcan se aangenome suster, Katharina de Lally, gaan soek na hom op versoek van sy oorlede vader. Sy weet nie van die Vexins se haat nie, en aanvaar dankbaar hulle aanbod van ‘hulp’…
 

koop 'n boek 4

Bo

Boeke deur Jasper M Cloete in jaar van uitgawe sluit in:

  1. Die kitaar-komplot - geskryf deur Jasper M Cloete
  2. Een lyk te min - geskryf deur Jasper M Cloete
  3. Een vermiste hippie - geskryf deur Jasper M Cloete
  4. 1972 - Die rolprent is ‘n riller, (Klub 707) - geskryf deur Jasper M Cloete ‘n Noot Retief-spanningsverhaal
  5. 1976 - Een musikant minder, (Klub 707) - geskryf deur Jasper M Cloete ‘n Noot Retief-spanningsverhaal
  6. 1977 - Ons mense slaap nie, geskryf deur Jasper M Cloete
  7. 1979 - Waar lewende dooies loop, (Klub 707) - geskryf deur Jasper M Cloete - ‘n Noot Retief-verhaal
  8. 1979 - Of is dit moord? - geskryf deur Jasper M Cloete
  9. 1980 - Swierige vreemdeling - ‘n ou Kaapseverhaal deur Jasper M Cloete
  10. 1982 - Die kaarte voorspel moord, geskryf deur Jasper M Cloete
  11. 1982 - Monsieur swartskaap - ‘n ou Kaapseverhaal deur Jasper M Cloete
  12. 1984 - Begeerlike mannehater
  13. 1986 - Die Blou Bul-Eskapade, (Klub 707) deur Jasper M Cloete ‘n Noot Retief-spanningsverhaal
  14. 1991 - Sy naam is Seekat

Bo

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738