http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Jacques Andres boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Jacques Andres se boeke speel meestal af in die ou dae van die Kaap

 

Jacques Andres- as die kavalier bemin liefdesverhaal

As die kavalier bemin
geskryf deur Jacques andrés

Met ‘n “Ha!’ asof hy el toro tart, spring don Tenorio rats na links en stamp in dieselfde beweging die loop weg en na onder. Die slag van die geweerskoot ruk die roer byna uit die groot hand uit en lood- en klipskerwe snerp deur die struike.

Toe slaan Tenorio hom met die linkervuis net agter onder die oor. Die groot vent se oë word glasig, maar hy bly op sy voete en spring agteruit. Sy aanvaller volg egter te vinnig op. Dit voel asof ‘n muil hom in die wind skop.

Vrees flikker in die skreefogies. Hy struikel oor ‘n klip. Tenorio is onmiddellik by en slaan twee vinnige houe, een weer skuins onder die oor. Dit laat die dikke oor ‘n volgende klip val.

Waar hy op sy rug lê en die los tande met sy tong voel, kyk hy op in Tenorio se gesig. Dan volg sy oë Tenorio se hand wat een pistool bale stadig uit die lyf band trek.
“Ek gaan jou skiet, Boepens. Maar voordat ek skiet: vir wie doen jy hierdie vuil werk?”
Stoppelbaard se tong gly oor sy vlesige lippe.
 “Jy en jou maat?”
‘n Stom stilte.
“Goed. Moenie sê ek het jou nie ‘n kans gegee nie.” Die pistoolloop lig meedoënloos totdat die gapende loop soos ‘n ronde oog vir hom kyk. ‘Ek tel vyf. Een. . twee
Die bebaarde kakebeen begin ruk.
‘Drie...
“Nee!” Dit skeur hees deur sy keel. “Ek....ek weet nie. Ek.
“Vier..
“Ek sal praat. Ek wou nie, maar mijnheer Ri-”
Sy liggaam ruk saam met die geweerskoot.
Die kavalier is don Ricardo Tenorio y Silvestre, gewild onder die setlaars en bemind onder die jong meisies... maar vir vele ‘die uitlander’ — die Spanjaard wat sake vir hulle kom omkrap.

Bo

Jacques Andres- Nina Die nimf en die kaptein liefdesverhaal

Nina - Die nimf en die kaptein
deur Jacques Andrés
 (Boek 1 in die NINA-reeks)

Toe Van Ronk later by die voetenend van haar bed staan, word sy wakker en lê roerloos na die plafon en staar.
“Meisie,” sê hy naderhand saggies. “Meisie.”
Wie is u?” Pleitend. Verlore stemmetjie uit die buitenste donker.
Sy kyk hom lank en deurdringend aan; skud verslae haar kop. Kerm:
“Nee, M’sieur, ek ken u nie. A moi.”

Toe draai sy haar gesig in die kussing en Van Ronk loop magteloos na buite. Die blonde meisie met die blou oë, wat soos ‘n orkaan in sy lewe gekom het ... wie is sy? Waarom vlug sy? Waarom stuur hulle skurke om haar te ontvoer? Hoe het hulle haar mishandel?

Leo van Ronk is vasberade orn haar identiteit vas te stel en sy soektog neem hom na Frankryk, waar hy swaarde kruis met gewetenlose arisrokrate, wat om een of ander rede die beeldskone meisie in sy sorg wil gevange neem.

‘n Kaapse verhaal deur die gewilde Jacques Andrés is altyd nuus en Nina Die Nimf en die Kaptein neem u weer terug na vervloë dae in die sewentiende-eeuse Kaap met sy romantiese geskiedenis.

Bo

koop 'n boek -geel 2

Bo

Let daarop dat Springbokboeke slegs inligting verskaf. Ons verkoop wel boeke - aanlyn sowel as in ons winkels in Pretoria. Bestel gerus van die boeke by www.lizmarboeke.co.za of kontak ons by 012 345 4040

Jacques Andres- Nina En die sjeik liefdesverhaal

Nina - En die sjeik
 deur Jacques Andrés
(Boek 2 in die NINA-reeks)

Ibn el Hakam staan nadenkend teen die lug en opkyk. “Waarom moet mense klein wees en haat en wraak neem?’

Hy antwoord of spreek Nina nie teë nie. Dit gee haar moed. Dan sê hy verder: “Ek is gewoonlik hier of saam met Kahena. As dit waar is waar is wat u sê, hoef u nie bang te wees nie. Ek sal haar altyd oortuig en oorreed. En Hadji, haar raadgewer, is u ook goedgesind.” Hy wys in die rigting van die dronk wag wat nou duidelik sigbaar word in die komende dag en, blykbaar om haar gedagtes van haar probleem weg te lei, sê hy laggend: “Dáár is iemand wat bang behoort te wees. Kahena duld nie onbekwaamheid en pligsversuim nie.”

Nina voel skielik swak na die brekende spanning en, toe sy haar kom kry, snik sy in haar hande. Die afgelope nag het te veel gevra. En onmiddellik voel sy ‘n arm om haar gaan en die digter se stem kIink soos ou bekende musiek wat tog ook maar net half bekend is. Weer eens leun sy teen sy bors en sy voel sy lippe op haar hare en op haar wang

Nina het alleen in Algerië na haar vermiste moeder gaan soek en Leo van Ronk het in die Kaap agtergebly — hy weet dat sy nooit werklik aan hom sal behoort alvorens sy haar moeder gevind het nie. Maar sou hy haar laat gaan het as hy geweet het watter avonture, wreedhede en hartstog in die vreemde op haar wag?

Bo

 

Jacques Andres- Nina Die slavin liefdesverhaal

Nina - Die slavin
deur Jacques Andrés
(Boek 3 in die NINA-reeks)

Uiteindelik het hulle die lyke van die jongmanne war agtergebly het om Nina en die ander jongmeisies te bewaak, byeengebring. Maat geen enkele vrou kan opgespoor word nie.
“InsjAllah,” sê die lmrad gelate.
Nina se twee stawe is vaat-verslae.
lbn el Hakam bid in sy hart. Vrou van die vreemde, moenie wanhoop nie. Ek sal jou soek tot aan die eindes van die aarde.

En asof in antwoord op sy bede, kom Edlejeh van bo van die noordelike hang en lê n voorwerp in lbn se hand. Groot Sjeik, dis van die meesteres. Dit hang aan ‘n doringbos daarbo.”

Op Ibn se handpaltm lê ’n stukkie doek wat halfpad deur ‘n ring getrek is...‘n hemelsblou akwamarynsteen gemonteer in ‘n dubbele goue band. Die doek . . . ‘n uitgeskeurde hoek van lap. En op die stuk doek is onhandige letters aangebring met kohl wat vir die grimering van die oë bedoel is: Ontvoer. . . Nina.

Die feit dat sy die boodskap deur middel van haar moeder se ring oordra, beklemtoon vir Ibn haar gemoeds toestand. Iets soos ‘n laaste wanhoopspoging.

Nina weggevoer as slavin. Verskillende mense wat na haar soek. Ibn el Hakam, die Sjeik, Leo van Ronk, die man wat sy in die Kaap agtergelaat het en ook die bose comre Cotbert de Sevigné, war haar wil vermoor. Erens in die onherbergsame sandwildernis van die Sahara moet hulle haar vind . . . maar sal hulle betyds wees voordat die comre haar kan vernierig?

Nina — Die Slavin is die derde in Jacques Andrés se Nina-verhale en ook so spannend en aangrypend soos Nina Die Nimf en die Kaptein en Nina en die Sjeik.

 

Lees ook ander boeke / verhale wat in die ou Kaapse dae afspeel

 

Lees ook verhale deur Madelein Kelsey

lees ook verhale deur C.F. Beyers-Boshoff

Lees ook Gerrie Radlof se Buiter-reeks

 

Bo

koop 'n boek -geel 2

Let daarop dat Springbokboeke slegs inligting verskaf. Ons verkoop wel boeke - aanlyn sowel as in ons winkels in Pretoria. Bestel gerus van die boeke by www.lizmarboeke.co.za of kontak ons by 012 345 4040

Bo

Bo

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738