http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Jack Hurter

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Jack Hurter het boeke geskryf wat die volgende titels insluit:

  1. Aan Rusland k.b.a. - boek geskryf deur Jack Hurter
  2. Bloedhond van die gereg - boek geskryf deur Jack Hurter
  3. Die Dolk van Alfonse - boek geskryf deur Jack Hurter
  4. In die sand van die Kalahari - boek geskryf deur Jack Hurter
  5. Kaapstad - Noordwes by Wes - Klub 707 boekklub. - boek geskryf deur Jack Hurter
  6. ‘n Skip het verdwyn - boek geskryf deur Jack Hurter
  7. Oos van Mangele - boek geskryf deur Jack Hurter
  8. Operasie afkap - boek geskryf deur Jack Hurter (‘n majoor Taffy O’Neill verhaal)
  9. Uit die Noorde - boek geskryf deur Jack Hurter (‘n majoor Taffy O’Neill verhaal)
  10. Wie is Stoffelina? - Klub 707 boekklub. - boek geskryf deur Jack Hurter

 

koop 'n boek 4

 

jack hurter- wie is stoffelina

Wie is Stoffelina?
boek geskryf deur Jack Hurter

Die kommuniste beplan om duisende mense in Suid-Afrika op die wreedste denkbare manier om die lewe te bring… deur hul drinkwater te besmet met ’n onbekende virus wat hulle ’n pynlike dood sal laat sterf.

Die veiligheidspolisie word daarvan in kennis gestel deur ’n geheimsinnige persoon wat as Stoffelina bekend staan. Stoffelina lig hulle telkens in oor die kommuniste se planne en kolonel De Witt besef dat as hulle die komplot wil oopvlek en die mense se planne wil fnuik, hulle Stoffelina in die hande moet probeer kry.

Maar wie is Stoffelina? Niemand weet nie en hulle kan ook nie ’n leidraad kry nie. En intussen hang die swaard dreigend oor Suid-Afrika…

Die veiligheidspolisie se soektog loop telkens op niks uit nie en hulle is steeds aangewese op Stoffelina se aanwysings om ’n tragedie te verhoed. Dit lyk uiteindelik asof Stoffelina net met hulle gekskeer. Dit krap kolonel De Witt om en vreet aan kaptein Slabbert. As hulle net kon weet wie Stoffelina is…

Wie is Stoffelina? is ’n spannende avontuurverhaal met kiemoorlog as agtergrond en is so werklik geskilder dat ’n mens eintlik verlig voel wanneer jy dit klaar gelees het en besef dat dit slegs fiksie is.

 

Lees ook boeke deur Hendrik Brand : Adriaan Hugo speurverhale

Lees ook verhale van Lennet - Luitenant X

Lees ook Die rooi masker reeks

 

koop 'n boek 4

 

jack hurter- n skip het verdwyn

n Skip het verdwyn
boek geskryf deur Jack Hurter

 

 

koop 'n boek 4

 

JACK HURTER bloedhond van die gereg

Bloedhond van die gereg
‘n speurverhaal
geskryf deur Jack Hurter

Ettienne Celliers is die jong polisiekonstabel wat so graag ’n speurder wil word. Sy meerderes stem toe om hom aan te stel as proefspeurder en sommer gou is dit duidelik dat hy ’n gebore speurder is.

In die loop van een van sy ondersoeke ontmoet hy vir Estelle, die pragtige, lewenslustige, jong tikstertjie wat Ettienne se hart sommer agteroor bollemakiesie laat slaan. Dit is duidelik dat sy ook van hom hou en wanneer hy die dag uiteindelik genoeg moed bymekaargeskraap het om haar te vra om met hom te trou, stem sy sommer dadelik in – maar onderhewig aan ’n voorwaarde: Ettienne moes eers ’n sersant wees voordat hulle kan trou. Vir hom was daar geen ander keuse as om dadelik te begin studeer nie.

Dit is besonder interessant om met die jong speurder op sy ondersoeke uit te gaan en te verneem presies hoe hy te werk gaan om die saak na ’n suksesvolle uiteinde te voer, om saam met hom avonture mee te maak, om soms saam met hom net so ’n bietjie skrikkerig te wees. Die leser verneem van die donker hole in die stad waarin die speurder hom moet begewe en van die stille rustigheid van die nag in die woestyn wat tog nie minder onheilspellend is nie. En wanneer Ettienne sy ideaal verwesenlik, is ons saam met hom bly, want so ’n pligsgetroue jong dienaar van die gereg het dit verdien.

koop 'n boek 4

 

JACK HURTER die dolk van alfonse

Die Dolk van Alfonse.
boek geskryf deur Jack Hurter

Alfonse Lamoral is ’n soldaat in die Vrye Franse Magte in Noord-Afrika. Hy word gewond en beland met ’n ompad in Suidwes-Afrika waar sy soektog na diamante ‘so groot soos duifeiers’ begin.

Jack Hurter lewer met die omswerwinge van Alfonse ’n boeiende avontuurverhaal. Sal Alfonse ooit daarin slaag om die meisie met die saffier-blou oŽ weer te sien? Sal hy ooit die fabelagtige skat vind waarvan hy terloops gehoor het en later in ’n vergeelde ou dagboekie gelees het?

Met knap situasiebeheer en ’n strakke spanningslyn voer die skrywer die verhaal na die ongetemde wildernis van Suidwes-Afrika – na die ‘wit ster van die berge’ en die ruie klowe waar die watervalle soos onweer raas.

Die Dolk van Alfonse is ’n avontuurverhaal wat van die begin tot einde boei.

 

koop 'n boek 4

Lees ook Sahara avontuur - Meiring Fouchť

koop 'n boek 4

 

JACK HURTER kaapstad noordwes by wes

Kaapstad - Noordwes by Wes
Klub 707 boekklub.
boek geskryf deur Jack Hurter

“Hy het skerp spoed verminder, Skipper. Ek kan net-net sy skroewe oor die hidrofoon – aaa-a-a-aagh…!”

Frans pluk die gehoorstuk van sy kopaf en smyt hom van hom af weg terwyl sy gil deur murg en been sny. Hy spring penorent asof ’n koeŽl hom getref het, slaan sy hande oor sy ore en val in die kajuit rond, sy gesig verwronge van pyn. Dit is nie nodig om te vra wat fout is nie hulle het almal die slag gehoor, gevolg deur ’n skudding wat hulle laat steier.

Verdwaas staan hulle na mekaar en kyk. Die water is stil en geen torpedo’s is sigbaar nie. Wat sou sů gemaak het? Dan gebeur dit: ongeveer ’n kilometer van Noorkapper af oor sy stuurboordwindveer verrys ’n berg van water wat vinnig aangroei tot verbysterende omvang. Dit kom teen ’n geweldige spoed na hulle toe aangerol, word steeds groter en groter totdat hulle net ’n muur water voor hulle kan sien.

Die vloedgolf waarvan die meisie gepraat het – die Russe se troefkaart!

As ’n mens ’n gewone ou sleepbootjie opknap en daarmee afsit na die koue Suidpoolstreek op ’n onbekende sending, moet jy enigiets te wagte wees. Eugene Markgraaf en sy makkers vind dit uit voordat die hawe nog goed buite sig is.

koop 'n boek 4

 

JACK HURTER operasie afkap

Operasie afkap
boek geskryf deur Jack Hurter
‘n majoor Taffy O’Neill verhaal

Operasie Afkap! ’n Lewensgevaarlike operasie wat ten alle koste suksesvol uitgevoer můťt word, want die toekoms van Suid-Afrika is op die spel. Hierdie operasie verg nie alleen mannemoed en deursettingsvermoŽ nie, maar dit hou ook die belofte van ’n groot avontuur in.

Van die gedugte majoor Taffy O’Neill en sy rofskofte word verwag om gelyktydig ervare guerrillavegters en paddamanne te wees, taai, roekeloos, onverskrokke, betroubaar en met ’n groot liefde vir hul vaderland.

Hulle opdrag is om op ’n diepte van honderd voet of meer duikbote en ander vaartuie aan te val en te vernietig. So ’n opdrag was nog nooit aan paddamanne gegee nie. Dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat so iets aangedurf word.

Dwarsdeur hierdie verhaal is daar een woord wat duidelik uitstaan: Spanning! Spanning wanneer die manne opgelei word vir hulle groot taak; spanning soos die dae verbysnel en D-dag aanbreek; spanning gedurende Operasie Afkap. Hierdie spanning word egter telkens deur humoristiese voorvalletjies verlig, net om weer tot ’n klimaks opgebou te word.

Hierdie werk sal voorwaar deur die avontuurlustige geniet word!

koop 'n boek 4

 

JACK HURTER uit die noorde

Uit die Noorde
boek geskryf deur Jack Hurter
‘n majoor Taffy O’Neill verhaal

Uit die noorde sou die terroriste in hul honderdtalle die gebied van Suidwes-Afrika binnestroom. Hulle sou roof, moor en brandstig totdat Suid-Afrika verplig sou wees om soldate in die stryd te werp. Dit sou die pad oopmaak vir ’n luidkeelse en volgehoue protes in die V.V.

Maar die beplanners van hierdie set het vergeet dat die Suid-Afrikaanse Polisie beskik het oor die Rofskofte van O’Neill: daardie ervare groep guerilla-vegters wat die terroriste reeds meer as een keer op die neus laat kyk het met hul onortodokse maar hoogs suksesvolle gevegsmetodes.

Uit die noorde sou die sogenaamde vryheidsvegters kom en in wilde angs sou hul probeer om terug te vlug na die noorde… bitter min sou egter ooit weer na enige plek terugkeer, behalwe na die rusplek van hul ontslape voorvaders.

’n Ervare polisieman gee hier aan die leser ’n verdere blik op die onortodokse optrede van die manne wat belas is met die taak om binnelandse veiligheid te verseker.

Jack Hurter se boeke volgens jaar van uitgawe sluit in:

  1. 1964 - In die sand van die Kalahari. - boek geskryf deur Jack Hurter
  2. 1966 - Aan Rusland k.b.a.. - boek geskryf deur Jack Hurter
  3. 1967 - Operasie afkap. - boek geskryf deur Jack Hurter
  4. 1968 - Die Dolk van Alfonse. - boek geskryf deur Jack Hurter
  5. 1968 - Oos van Mangele.. - boek geskryf deur Jack Hurter
  6. 1976 - Kaapstad - Noordwes by Wes.- Klub 707 boekklub. - boek geskryf deur Jack Hurter
  7. 1981 - ‘n Skip het verdwyn. - boek geskryf deur Jack Hurter
  8. 1985 - Wie is Stoffelina? - Klub 707 boekklub. - boek geskryf deur Jack Hurter
  9. Uit die Noorde - boek geskryf deur Jack Hurter
  10. Bloedhond van die gereg - boek geskryf deur Jack Hurter

koop 'n boek 4

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738